Daisy BB gun

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Daisy BB gun

Post by Beer (Christo) »

Naand almal

My oudste seuntjie word een van die dae 6. Ek wil vir hom 'n Daisy Red Ryder Model 1938 of iets soortgelyks koop.

http://i1076.photobucket.com/albums/w443/Beer375/e6543a50a0087aeef871c6454f992856_zps6715b31e.jpg

Jammer die foto is swak. My neef het een gehad toe ons klein was. Het enige van julle ondervinding met die nuwe modelle? Is daar iets soortgelyks waarna ek kan kyk?
baas
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm

Re: Daisy BB gun

Post by baas »

Dink daai is omtrent al wat jy kry, of hier in bloem in elk geval.
Het wel gesien daar is 2 van daai modelle, 1 wat net die BB balletjies skiet en 1 wat BB balletjies en windbuks petroontjies kan skiet. Albei modelle is so R1000 hier in bloem.

Wil self vir my meisiekind een koop vir haar 6de verjaarsdag maart maand.
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Daisy BB gun

Post by Jake1 »

My seuntjie van 5 het so een. Jy kry hulle in verskillende grotes. Hy skiet op kort afstand binne 'n blikkie in. Hy skiet net onder toesig met hom. 'n Balletjie het al terug gespring toe hy teen plastiek vasgeskiet het en hom net onder sy oog getref. Hy is dus gevaarlik. Dit gaan jou net so onder R1000 kos.

Jake1
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Daisy BB gun

Post by Beer (Christo) »

Baas, ek het gesien jy kry een in pienk. Jou dogter sal daarvan hou?

Jake, die geweer sal ook net onder toesig gebruik word. Daar is nog 'n kleiner boetie ook, hy word dalk 'per ongeluk' raak geskiet. Sal die regte teikens kry, dankie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Daisy BB gun

Post by DWB »

Ek het myne nou nog :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
HeinrichPrinsloo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 314
Joined: Mon Apr 16, 2012 3:09 pm

Re: Daisy BB gun

Post by HeinrichPrinsloo »

Het self myne nog wat ek 30 jaar terug as geskenk gekry het
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Daisy BB gun

Post by Chris Swart »

Ek het ook nog my Daisy.

Camdix in Krugersdorp verkoop hulle nog.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Daisy BB gun

Post by Eugene »

My seuntjie skiet ook nog met so een! Is akkuraat genoeg dat hy 'n 2L bottel op so 20m kan raakskiet en is lekker om hom basiese geweerveiligheid en skietvernuf te leer! Hulle is darem van staal en hout gemaak, so hulle is redelik duursaam. Jy kan met geruste hart koop!
Aim small, miss small
Jonie
Full Member
Full Member
Posts: 229
Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm

Re: Daisy BB gun

Post by Jonie »

Beer

Koop gerus het vir my seuntjie een gekoop toe hy 4 was en dit was nog net ure der ure se plesier, hy gebruik hom op die skietbaan ook oor die skietstokke en hy glo sy koeltjie het daai bok op 100m getref en hy is maar te gelukkig as ons gaan jag dan neem hy hom saam, as die bokke so verbyhardloop op 200 300m dan skiet hy tog te lekker.
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Daisy BB gun

Post by Beer (Christo) »

Dankie vir almal se terugvoer.

Julle manne wat so BB gun gehad het toe julle klein was, is blerrie gelukkig. Ek was baie jaloers op my neef se gun!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Daisy BB gun

Post by douw »

My vrou se klein boetie het so drie jaar terug in Bfn 'n TLB se voorruit met so einste geweertjie stukkend geskiet. As ek dit nie op my skoonpa se sekuriteits kameras gesien het nie, sou ek dit nie geglo het nie. Die goed is "potent"

Groete
Douw
baas
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm

Re: Daisy BB gun

Post by baas »

Beer het gehoor jy kry so pienk nommertjie. jy iz dood reg, sy gaan mal wees oor daai pienk gun.
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
User avatar
HeinrichPrinsloo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 314
Joined: Mon Apr 16, 2012 3:09 pm

Re: Daisy BB gun

Post by HeinrichPrinsloo »

Het juis Saterdag na die pienk Daisy gestaan en kyk

Blades and Triggers in Pta het twee in voorraad

Laat weet gerus as ek kan help om een op te tel
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Daisy BB gun

Post by Trevor »

Ek verkoop ook die hele reeks van Daisy hier in Nam. As ek mag wil ek graag 'n voorstel maak. Die Daisy wat jy wil koop is baie nice maar ge limit op 350fps. Ek sou voorstel jy na die Daisy powerline 901 hy het chrony spoed van 870fps en my seuntjie skiet tot hase met hom. Wat lekker is hy vat die bb's en windbuks patrone en hy werk met hoeveelheit pompe. Bv. as hy hom tweekeer pomp is hy gelyk staande aan die een wat jy nou wil koop. So soos hy vorder kan hy meer pompe gee. Die 901 kan ook klein scope op sit. Net 'n voorstel...
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Daisy BB gun

Post by Hein22 »

Stem, dit is die perfekte begin geweertjie vir 'n jong man / dame. Dit is nie so kragtig soos 'n windbuks (pellet gun) nie maar steeds voldoende om genot daaruit te kry. Ek het baie voëls met myne geskiet op my oupa se plaas - 'n mooi skoot skiet 'n duif ook dood.

PS: Ek (en my pa) het ons glas skuifdeur stukkend geskiet met so Red Raider toe ek klein was. :confused:
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Daisy BB gun

Post by Chris Swart »

Ek lei dalk aan swak geheu, maar dit voel deesdae vir my asof ek kleintyd die mynahs makliker met my Daisy doodgeskiet het, as wat ek dit deesdae met die windbuks doen :confused:
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Daisy BB gun

Post by Beer (Christo) »

Ek dink die manne wat nog hulle Daisy het, moet vir ons 'n fototjie kom plaas. Dalk twee... Een van jare terug en een van nou?....
baas
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm

Re: Daisy BB gun

Post by baas »

Heinrich , baie dankie maat. Sal op jou knoppie druk as ek nie hier een kan kry nie.

Beer, dink dis n goeie plan, sal self van daai ouer Daisys wil sien.
Kom manne sit vir ons n n fototjie op, asb man!
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Daisy BB gun

Post by LUAN »

My Daisy Rogers mod 95b. Dink hy kan 650 balletjies vat. Hy werk nog 100% het hom gechrony eendag maar hy loop nou onder 300fps. Kan ook nie goeie groepe op 5m skiet nie maar daai dae het ek nie eers geweet van groepe skiet mar hel het ek ver en raak geskiet alle voels tot en met duif gedrop.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply