Musgrave Lope

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Musgrave Lope

Post by Eugene »

Ek praat oor die naweek met 'n ou wat s? hy het met 'n ex werknemer van Musgrave gepraat, wat beweer dat Musgrave se lope uiters swak was en dat hulle (Musgrave) glad nie goeie lope kon vervaardig nie en uiteindelik maar lope ingevoer het!  ???

Ek het altyd verstaan dat Murgrave van die beter lope vervaardig het!

Wat is nou nie waarheid?

Groete
Aim small, miss small
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Frikkie Coetzee »

Dalk van die later Musgrave lope, ek weet nie.

Musgrave het wel Ferlach lope ook gebruik veral op die RSA teiken gewere. ( Daan Els het my daarop gewys dat dit nie so was nie)

EK het twee Musgrave RSA gewere met Musgrave lope en hulle skiet deur een gat. 7mm loop, gereeld onder 20 mm op 100m. Johan v Rensburg se Musgrave 7x57 is net so akkuraat.

Ek sal seker nie weet of dit dalk ingevoerde lope is nie, maar daar staan Musgrave op hulle.

Frikkie
Last edited by Frikkie Coetzee on Sun Jan 20, 2013 12:55 pm, edited 1 time in total.
Cradock
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Musgrave Lope

Post by Eugene »

Frikkie, myne het dieselfde akkuraatheid en daar staan musgrave op daai loop ook!
Last edited by Eugene on Mon Nov 05, 2012 9:24 am, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Musgrave Lope

Post by Johan JvR »

Gromit wrote: Johan v Rensburg se Musgrave 7x57
Jy bedoel seker my ex-Musgrave  ;)
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Musgrave Lope

Post by johan »

Meeste Musgrave lope kan uitgeken word aan die kruisie masjineer merke binne die loop,het dit nog by geen ander fabrikaat gesien nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Musgrave Lope

Post by James Wilson »

Het 18 maande terug my 308 se loop vervang. Ek het behoorlik rondgesoek en my naam op waglyste by gunsmits geplaas as daar n 308 musgrave inkom watse loop hulle goedkeuring wegdra.

Dit is noggal n tall order want daar is baie sulke versoekke. My 308 skiet met van110grn tot 180 grn onder 20mm, waarvan my 110grn 12mm doen en die 130grn 9mm.  As ek op nog musgrave lop afkom sal ek hulle koop en berg
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Frikkie Coetzee »

johan wrote: Meeste Musgrave lope kan uitgeken word aan die kruisie masjineer merke binne die loop,het dit nog by geen ander fabrikaat gesien nie.
Interessant

Op my7x57 wat ek in 92 gekoop het sien jy die kruis patroon baie duidelik. Jy sien dit nie op die RSA se loop nie, minstens die een wat ek het.

Frikkie
Cradock
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Frikkie Coetzee »

Johan JvR wrote:
Gromit wrote: Johan v Rensburg se Musgrave 7x57
Jy bedoel seker my ex-Musgrave  ;)
Ja ja OK
Cradock
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Daan Els »

Musgrave het sy eie lope vervaardig en ons sou net n ander fabrikaat pas as die klient hom saambring, ons het nooit in my tyd lope ingevoer nie, wel baie uitgevoer. Daar was n paar wapenwinkels wat Ferlach, Walther, ens ingevoer het. Ons moet aanvaar dat daar n klomp skuts en jagters was wat nie van Musgrave gehou het nie, en ons het hul siening respekteer! Dan was daar manne wat gese het dat hulle net met ingevoerde gewere skiet...........nou-ja......so ook die manne oorsee!
Trevor Musgrave het eendag voordat ons n wapenskou bywoon gese ons moet onthou dat daar baie kundiges is wat nie vir Musgrave werk nie!
Sterkte
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Musgrave Lope

Post by Armand Steenkamp »

My on akkurate 308 met Musgrave loop skiet 8mm groperings  ;D. Dink nou net as Musgrave akkuraate lope gemaak het hoe  sou hy dan skiet ;) ;)!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Musgrave Lope

Post by Eugene »

Armand Steenkamp wrote: My on akkurate 308 met Musgrave loop skiet 8mm groperings  ;D. Dink nou net as Musgrave akkuraate lope gemaak het hoe  sou hy dan skiet ;) ;)!
;D ;D ;D ;D ;D, Yip! Myne skiet net so onakkuraat soos joune! ;) Moes nou die dag tevrede wees met 'n 20mm groep op 300m... ???
Aim small, miss small
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Frikkie Coetzee »

Daan

Dankie, ek was altyd onder die indruk dat Musgrave wel Ferlach lope gebruik het. Dit was nooit vir my gese nie, maar mens het dit maar aanvaar uit die ou skuts se monde.

Daar was latyd die geloof dat as jy wil goed doen is n ingevoerde ding altyd beter.

So verbreed mens jou kennis. DAnkie daarvoor.

Frikkie
Cradock
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Daan Els »

Ek kan bevestig dat Musgrave nie lope ingevoer het nie. Die Bisley manne het egter sterk geglo in Ferlach.......en hy is n goeie loop!
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
Charles.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Sun Nov 04, 2012 9:09 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Charles.308 »

Naand Oom Daan,is daar n manier wat ons die verskil tussen Musgrave en Ferlach kan uitken(Ek het n Bisley geweer en op die loop staan Musgrave & Son Bloemfontein)As dit n Ferlach loop is sal daar seker erens Ferlach op hom staan.
Dankie
Charles
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Daan Els »

Jou geweer het n Musgrave loop. Ons sou nooit Ferlach op n Musgrave loop sit nie!
Groete
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Musgrave Lope

Post by NEGE3 »

Ek was verlede Vrydag middag by Sahara Wapenwinkel in Pretoria Wes.
Die mense het baie musgrave lope.
Daar is verskeie kalibers van 223 tot 9.3.
Het selfs agt kantige lope gesien.
Ek het self 'n 7x64 gekoop.
Die lope is klaar geprofiel, gekamer, skroefdraad en gekroon.
Op sommiges is die gaatjies vir die visiere ook klaar geboor en getap.
Die lope verkoop teen R2500 tot R3600 vir die agtkantiges.
Daar is vir K98 en Musgrave skroefdraad.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: Musgrave Lope

Post by DanieDegenaar »

Ek het n musgrave wat my pa in 1974 gekoop het. Daai 30-06 het nou die dag net onder 18mm geskiet met die pro amm. Glo nie ek sal in my lewe n beter geweer besit nie. En ek en my pa het al ongelooflik baie met hom gesiet. Wens ons kon daai kwaliteit nou kry.....
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Dries101 »

My 7x57 met Musgrave loop- laaste 5 skoot groepering wat ek geskiet het op 100meter toe ek klaar was met lading ontwikkeling so paar jaar terug. NIKS verkeerd met daai lope nie. Ook gekoop by Sahara in 2001.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Daan Els »

Musgrave HET NIE LOPE INGEVOER NIE! Dit is n groot bog storie! Daar was n totale boikot op invoere. Ons het dit wel reggekry om lope uit te voer. Persoonlik by Blaser gewees wat baie in ons akkuraatheid belang gestel het en ons het ook getender om aan hulle te verskaf. So se maar vir "die ou wat weet", Musgrave het altyd sy eie lope vervaardig, behalwe in sy kinderjare toe LIW die verskaffer was.
Daan
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Nico Harris »

Wat is sahara se nr?
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Daan Els »

Ek weet nie wie sahara is nie?
Jammer
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Musgrave Lope

Post by NEGE3 »

Sahara is 'n wapen winkel in die weste van Pretoria. Die plek het aan Maarten van Tonder behoort wat verlede jaar oorlede is.
Jy kan hulle kontak by 0123864049 of vra vir Alta 0824684722

Kloppers in Bloemfontein het ook musgrave lope geadverteer.
Groete,
Koos de Beer
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Daan Els »

Die "Musgrave" lope moet seker van die "nuwe Musgrave" wees ?
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Johan Nel »

Daan,
Maarten van Tonder (Sahara) het op 'n stadium 'n klomp Musgrave komponente gekoop, ek dink op 'n veiling nadat LIW ook gesluit het. Hy het toe die komponente aanmekaar gesit en dit as wapens verkoop. Daar was 'n berig daaroor in die Magnum, as ek reg onthou. Sahara het dalk nog van daardie komponente, soos lope.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Musgrave Lope

Post by Daan Els »

Jammer v my onkunde oor wie Sahara is, ek het geweet Martin was betrokke by n wapenwinkel. Het hom goed geken, hy was ons Rep in Tvl area in die laaste jare v Musgrave!
Groete,
Daan
Post Reply