Skelm jakkals terug en net slimmer

projag

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by projag »

Ambessa
Van my bure s? gooi gif. :'( :'( :'( Dit sal 'n hartseerdag wees -- wie moet ons bedank.
Ek betaal my arbeiders bonus op lam bemarking en hulle stel die slagysters ( behoorlik opgelei ) en raai ek wil sien wie hulle gaan keer???
Ek lees dat 'n toebek 'n heelbek is. So gaan maar net aan soos in die verlede om my skaap te beskerm.

Het Dinsdag en Woensdagaand 2 rooikatte en 2 Rooijakke afgehaal in selfbeskerming -- sommer so by my skaap. Nie een van hulle het 'n permit gehad om skaap te vang nie -- het baie mooi gekyk.
rednat

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by rednat »

Het gelukkig nog baie goeie ysters wat jare kan hou. Sal maar doen wat nodig is om te doen.

Die staat vang net 10% van alle misdadigers en NB sal nie beter vaar nie.
Dries Barnard

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Dries Barnard »

Ek het baie sukses met rondry en lig!! Doen so nou en dan "Lipsqueeeeeek" of "Kiss of death" sommer so terwyl ek ry maar!!!NB!!! jou vuurlat moet reg wees vir gou skiet, ek het 'n hele paar OU KARNALLIES so platgetrek!! Hou lood in die lug!! Groukat.
projag

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by projag »

Wees baie versigtig vir jakkalse slim maak met rondry en soek en roep.
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Rednat

Op baie grond kom 'n jagter aan en as die eerste jakkals inkom kan jy sommer sien dat die ou die lig werk en nie die klank nie. Met die uitvraery laat die man jou weet dat nog nie geroep is nie, maar so nou en dan sommer net rondgery is en so paar net met die lig geskiet is.

Ek reken en kan natuurlik verkeerd wees dat dit die grootste oorsaak van ligsku jakkalse is. Met roepsku jakkalse kan jy nog 'n plan maak, maar ai die ou July-jakkies is en bly maar 'n wrede turksvy.

Taffie
projag

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by projag »

Tafjak
Dink nie jy is verkeerd nie.
Tot die bakore gee later nie meer oog nie.
rednat

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by rednat »

Tafjak/Projag

Ek moet saamstem. Rondry en skiet gee aan die begin sukses, maar in die proses bied mens opleidig wat later baie kopseer veroorsaak. By hoeveel ry mens verby wat daarna die voertuig en die lig met mekaar assosieer. En as daar ook nog tussen in geroep word kry die jakke sommer 'n goeie geheel prentjie en BComm-nie-weer graad.
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Rednat

Van hulle kom nog so laaste keer met clipbord en pen onder die arm aan vir extra aandklasse.

Taffie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Dawie »

Slimkoppe

Kan 'n ou dit voorkom om Jakkalse slim te maak deur op jou eie uit te gaan sonder 'n drywer na beplande roepplek? 

Is dit nie standaard om te ry en lig oppad nie? 

Dawie 

Ns. dink ook nie dis goeie plan om te ry terwyl roep nie,  ook nie as hy weghol en klaar weet wat aangaan en probeer terugroep nie
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Dawie

Soek met die lig terwyl jy ry is niks mee verkeerd nie, inteendeel is dit goeie taktiek. Moet net oordeelkundig gedoen word. Kan nie week in en week uit dit doen op dieselfde jakkalse doen nie. Hulle begin die lig dieselfde ervaar as die roep en lig. As dieselfde jakkalse 2keer in een week raakgelig is en nie geskiet is nie, laat die situasie eers weer rus voor dit weer geprobeer word. Of hoe dink die ander manne?

Ou maat, hierdie ouens leer vinnig en moet daar tog nie gepoog word om mislukkings op hulle afgedwing nie, jy SAL spyt wees.

Taffie
Ja-jagter
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Jan 22, 2009 8:38 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Ja-jagter »

Tafjak


Ek jag op die oomblik op 'n boer se plaas wat die jakkies elke aand vir ongeveer 4 mnde geroep het met 'n Hi-Fi op vol volume.Nadat hy raadop was laat kom hy toe vir my.  Sien toe dat dit 'n hopelose saak is, en vra hom toe om die plaas so vir 5 mnde te laat rus.  Ek probeer toe weer, en probeer so min moontlik van als.  Ek jag een keer 'n maand daar, en elke keer as ek roep kom daar meer as 2 jakkies in.  Sodra die jakkies my lig gewaar is dit die laaste sien.  My lig is baie dof en my moed amper op. Gee raad asb.

Ja-jagter
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Ja-jagter

Ek sou persoonlik die ou in sy peetjie gestuur het met sy onnosel en nog astrante jag metodes!!!

My antwoord op die vraag egter is dat as dagroep nie 'n opsie is nie, ek sou wag tot die 20 September en neste/broeiplekke locate en die ouers by gate skiet. Dit sal die klient 'n aansienlike bedraggie aan dienste gelewer kos, buite rekening is natuurlik die jakkalse se rekening (gevangde vee) aan die boer.

Dit is al opsie met roep en skiet. Slagysters en honde is natuurlik ander oplossings wat die probleem behoort te kan hanteer.

Dit is nogal 'n moeilike een, want jy sal nie eerste een wees wat al genader is om die probleem op te los nie. Stel voor om die plaas met jakkalse as byvoordeel aan Bob Smuts te verkoop.

Groetnis en sorg dat klient 'n bankwaarborg teken voor jy iets verder doen, lyk na die persoon wat dit kort.

Taffie
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Ja-jagter

Jammer oor die uitbarsting, voel net dat die roep en skiet metode nou al lank bekend is en as iemand nie die moeite doen om iets meer uit te vind/kursus daaroor nie raak ek nogal trigger happy. Daar is geen ander manier om die skiet+roep te doen nie, kry raad ens. eers voor jy iets probeer.

Groetnis

Taffie
Ambessa

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak en almal op die onderwerp

Dit smaak my die slagyster en roep-en-skiet is die metodes wat die wydste vir rjakkalse gebruik word. Honde staan ver in die derde plek.

Die sterkste argument wat teen BS en sy makkers gebruik kan word is dat enige metode net so effektief is as wat die gebruiker dit aanwend. Maw dit is nie die metode wat afgeskryf (of verban) moet word nie. Die persoon wat die metode (enige metode) gebruik moet goed opgelei wees met baie ervaring om dinge reg te doen.

Daar is baie mense wat kla dat rjakkalse vinnig geleer word om lig, voertuie, klanke, ens. wat met roep-en-skiet geassosieer word en die rjakkals nie doodmaak nie, daarna vir 'n lang periode vermy. Is dit moontlik dat die rjakkalse mekaar en veral die groter kleintjies ook van die gevare vertel en hoe om dit te vermy?

Indien ons die skade wat rjakkalse aanrig oor groot gebiede wil veminder sal elke metode wat bedoel is om dood te maak so goed en effektief as moontlik moet gebruik.

Hoe lyk dit?

Ambessa
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Ambessa
dat enige metode net so effektief is as wat die gebruiker dit aanwend
Van die waarste woorde nog op hierdie site en ek stem heeltemal saam.

Nee, groot jakkalse kan nie vir ander "vertel" van gevare nie. Wat wel gebeur is dat die grotes deur hulle optredes die kinders kan leer om sekere gevare te vermy en slegs hulle eie kleintjies en ook net as hulle nog beheer het oor die kinders.

Taffie
Last edited by tafjak on Sun Mar 29, 2009 9:35 am, edited 1 time in total.
rednat

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by rednat »

Skiet 2 jaar terug 'n groot skelmreun se teef. Hy kry 3weke later ander jongteef en ek roep die in. Soos die teef inkom kon ek sweer dat hy haar probeer wegkeer deur skuins voor haar in te hardloop. Dit het hom so besig gehou dat ek hom toe kon skiet terwyl hy op sy eie nooit sou inkom nie.

Die slagyster vir die skelmjak is vir my goud werd.
Ja-jagter
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Jan 22, 2009 8:38 pm

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Ja-jagter »

Tafjak

Dankie vir die raad,  en ek verstaan jou uitbarsting. Ek is ook moedeloos en weet dat ek dit moet los,  maar die uitdaging is nog steeds daar.  My verstand se los en my hart wil die skelms sien hang.  Die plaas is net te ver van my af om te help met ysters en ander metodes.  Self het nog nie dagroep gedoen nie , maar oorweeg dit sodra ek tevrede is dat ek voldoende kennis het.

Ja-jagter
rednat

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by rednat »

Ja Jagter

Kyk onder NET VIR LEDE by TAFJAKTIPS en miskien tel jy daar iets op om die skelm te skiet. Taffie gee daar baie waardevolle tips.
Ambessa

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak

Reg so. Ek bedoel dit werk maar net soos die gesegde "woorde wek maar voorbeelde strek."

Ambessa
Ambessa

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Ambessa »

Hallo Rednat

Dit lyk my julle jagters wat gereeld jag kom dikwels op hierdie soort gevalle af? Rjakkalse wat reeds iets geleer het en ander probeer weghou ("...voorbelde strek") van die gevare?

Ambessa
Ambessa

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Ambessa »

Hallo Rednat

Ter inligting (aan my en andere): hoe groot skat (of weet) jy is die loopgebied van 'n rjakkals. Verwys na die groot reun wat so probeer het om sy nuwe jongteef te beskem/weg te keer.

Ambessa
projag

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by projag »

Ambessa
Ek glo sy gebied sal bepaal word deur die aantal kos beskikbaar.
Het 'n geval gehad waar 'n reunjakkals by my gevang het vanuit die buurman se grond. Die buurman vang toe 'n reun binne sy kerngebied op sy plaas met die slagyster yster 15 kilometer van my af en die vangery stop toe by my. Dit kan dus aanvaar word dat daardie jakkals 15 kilometer vanaf sy blyplek gevang het.
Daardie spesifieke jakkals het deur 'n deel my wildkampe (2800ha) geloop om my lammers te vang en het nooit my wild gepla nie.
rednat

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by rednat »

Ambessa
In die ekstensiewe gebiede loop hy seker sy 30 kilometer per nag as dit 'n lekkeraand is met so 'n halwe maan dws. as hy doelgerig na 'n spesifieke bekende gebied gaan om te vang en nie langs pad vir Tafjak teenkom nie. Dan ook hoekom hy deur Projag se wildkamp draf sonder om te vang -- skaaplam vang in elk geval makliker as wild.
Izak02

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Izak02 »

Ek het by my ook `n spesifieke deel van die plaas, waar as ek daar lammers verloor ek teen die grens draad gaan stop en vir jakkie oor die draad skiet. Hoekom ek oor die draad skiet is omdat die grensdraad `n km van my huis is en as ek moet om ry tot daar dit omtrent 20km sal wees. ek het al `n hele paar so geskiet wat nog elke keer die verliese gestop het.
Ambessa

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Ambessa »

Hallo Projag / Rednat / Izak H

Dankie vir die ervaring wat julle so ruimskoots deel.

Hoekom is dit nodig vir hom om so ver te loop vang? Of is dit net makliker, ten spyte van die groot afstand? Of wil hy net almal verwar met waar sy eintlike blyplek is?

Nou as die rjakkals so ver in een nag beweeg, kan/doen hy dit elke nag? Hoeveel kos het hy nodig vir al die aktiwiteite?

Laat weet asb meer.

Ambessa
Post Reply