Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post Reply
OomKobus

Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by OomKobus »

Goeie more,

Hoekom is jagplek so duur in Noord Wes.

Veral dagfooie.

Ek verkies om self te kamp en alles self te voorsien Al wat ons nodig het is 'n water punt, ek kook die krip se water.

Sulke plek is onbekombaar en die beste wild plase se tarief is R350 / p / dag en meer vir plaashuis of chalet.

Oom Kobus
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by James Wilson »

Kobus, wat wil jy skiet?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
OomKobus

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by OomKobus »

Jagbehep,
Dankie,
Ek het twee seuns (25) en twee skoonseuns(26&27 wat almal veldmal is. Die nagte buite en die "Soetsuur" lewer is belangriker as die warm beddens, baddens en boude.
Enigiets wat ons gereeld kan bekostig, Blesbokke, Springbokke, Koedoe of wat nog. "n Billike Gemsbok koei" wat 'n dag se sweet uit 'n jong man uithaal, sal beslis werk.

Groete,
KT
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by James Wilson »

Kobus, jammer vir die laat terugvoer, ek was op n konferensie.
moet ek vir jou pryse uitvind? hoe ver is jy bereid om te ry?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by BLOK »

Jagbehep

Ek het die stel in die selfde belang as Kobus jag sonder fitterjasies, kamp in die veld langs n vuur, as jy plekke kan kry laat my ook weet. Stel meer belang in springbok, blesbok, rooibok en vark jag. Ry is nie n probleem vir my nie enige iets in so 300km radius om Potchefstroom.

Ek wag om te hoor van jou.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by James Wilson »

Blok Kobus, ek wag net vir vriend om sy pryslyste vir my deur te stuur,. sy plek is tussen Kby en Boshoff.  ek is so 180km van Klerksdorp af. so, Kobus se maar dit gaan so 280-300km van jou af wees. se as ek iets nader aan jou moet kry
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by BLOK »

Klink vir my reg met die afstand, Miskien moet ek en Kobus mekaar reel dan maak ons dit dalk n saamtrip.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by Flip Fouche »

Kobus

Jy kan gerus vir Pieter Grove by die volgende No skakel

0832654729 / 0823420064 n/u 0727284181

e-pos pieter@oppiknoppi.co.za

Pieter is nie in Noordwes nie, maar so 70km vanaf Hotaszel.

Groete

Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by Gert Odendaal »

Dit lyk my daar is so `n behoefte vir `n jagplek wat kamp-geriewe behels vir `n aangepasde prys...want dit is verstane dat as `n jagter in `n luukse opset bly hy daarvoor sal moet betaal...nou wonder ek of die jagplaas met `n kampeerplek in die bos dit gaan regkry om die geriewe by die prys per persoon sal aanpas?? Op `n ander skakel onder "Lekker Jagplek" is daar so `n behoefte ook uitgespreek maar dit lyk my of die fasiliteite maar aan die skaars kant is in die jag gemeenskap....Soos Hendry Ford altyd gese het" You can choose any colour for the Ford motor you buy from me as long as it is a black colour.." 
Hier is `n skakel van dieselfde onderwerp....

http://jaracal.com/index.php/topic,1625 ... 6.html#new
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
winmag300
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Sun Feb 02, 2014 8:55 am

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by winmag300 »

sal u asb vir my pryse stuur van blou wildebeest of gemsbok.e pos fred.archer.sa@gmail.com
User avatar
tokelossie
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Mar 22, 2012 4:53 pm

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by tokelossie »

Hello al julle manne, het iemand nou al vir ons 'n jagplekkie gekry waar ons in die bos kan slaap sonder al die fensie goeters?
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by Pvdw »

Manne die post is in 2011 begin. Ek weet nie of James nog aan die uitkyk is vir so 'n plekkie nie. Neem hom ook nie kwalik nie. ;D
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by Johan Nel »

Ek sien wel in die nuutste Magnum is daar 'n advertensie vir plek in Louis Trichardt, Limpopo waar die jagters genooi word om 'n eie tentkamp op te slaan. Wild en jagfooie lyk baie billik. Bl 22, 6de advertensie van bo af in die linkerkantse kolom.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tokelossie
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Mar 22, 2012 4:53 pm

Re: Koste van Jagplek in Noordwes Provinsie

Post by tokelossie »

Ek het so gesien ja en ongeveer 3 jaar later is nog nie so jagplek gekry deur enigiemand nie.
Post Reply