Ek het een van die ou enkelskoot Harrington&Richardson haelgeweer, die loop meet 34duim.
Kan ek die loop korter maak, bv 26-28duim want die ding is so lank soos n visstok? Ek kry nerens n geweersak vir hom, hy strip nie so vinnig af want die pin moet uitgetik word om korter te kom.
Ek weet die choke gaan in die slag kom, bedoelende die sprei v.d korrels gaan groter word, kry n mens n "after-market" choke om weer te installeer?
Ek skiet normaalweg kolgans, makou en tarentaal met hom, so 2-3keer n jaar.
Loop sny op Harrington&Richardson - raad?
-
Wildeboer
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Loop sny op Harrington&Richardson - raad?
Ek sal nie die ou geweer verander nie. Kostes gaan dit nie regverdig nie en die lang loop is tops vir watervoëls. Kyk liewers om 'n nuwerwetse dubbelloop te koop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Loop sny op Harrington&Richardson - raad?
Wildeboer ek weet El Paso in Magaliesburg maak pasmaak geweersakke. Hoor by jou plaaslike geweerwinkel miskien kan hulle vir jou een bestel. Anders kontak hulle self. Gaan goedkoper wees as om jou geweer te molesteer.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
Wildeboer
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Mon Nov 05, 2012 9:20 pm
Re: Loop sny op Harrington&Richardson - raad?
Ek het gedink om sommer n grinder te vat en korter te sny...
Ek spot, sal maar die ou n lang-loop geweer hou, wil bietjie slugs in hom probeer. Ek verstaan hul print mooi groepe met slugs omrede die loop so lank is.
Ek spot, sal maar die ou n lang-loop geweer hou, wil bietjie slugs in hom probeer. Ek verstaan hul print mooi groepe met slugs omrede die loop so lank is.
