ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13641
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Geno »

African Long Range Hunters Association bied 'n pret skiet aan op die 29ste Maart naby Heilbron om 08:00.

Google Maps van skietpunt

Die skiet vind plaas op die gronde van Donsveertjie Gastehuis
Persone wat die skiet bywoon kan gerus van hierdie gastehuis gebruik maak indien hulle die Vrydag en/of Saterdag wil oorslaap daar.

Inskrywings is R150 vir ALRHA lede met bewys van lidmaatskap en R180 vir nie-lede. Dit is 'n vooraf-registrasie skiet en persone wat eers die oggend van die skiet registreer sal 'n bykomende heffing van R50 per persoon betaal. Daar is ook beperkte plek vir 48 (12 Aflosse) inskrywings, so om jou plek te bevestig vir die pret skiet laai die registrasie vorm af en stuur so gou moontlik aan ludwig@africanlrhunters.co.za. (Sien Registrasie vorm onder vir verdere besonderhede)

Aflosse sal ingedeel word in volgorde van registrasie vorms en bewys van betalings ontvang.

Formaat

Die formaat sal staal gonge wees wat wissel van 450m tot 1000m en daar sal slegs van die lê posisie gebruik maak om te skiet. Geen beperkings op toerusting geld nie en alle hulp middels insluitende afstand meters en windstasies mag gebruik word. Ons vra wel dat daar slegs van sagte loodkern koeels gebruik gemaak sal word om die skade aan die gonge te minimaliseer. Inksrywings moet verkieslik gedoen word as 'n span van 2 waar beide persone om die beurt per aflos die rol van skut en spotter moet vervul. Indien jy nie 'n spotter het of aandui wie jou spotter gaan wees nie, sal die organiseerders dit so indeel dat jy wel iemand het wat vir jou sal spot en jy dan dus weer vir daardie persoon moet spot.

Alhoewel hierdie 'n pret skiet is, sal ons die eerste rondte vir punte doen met 'n vasgestelde formaat en sodra alle aflosse klaar is, sal die baan vir 'n 2de rondte oopgemaak word waar daar na willekeur sonder puntetelling geskiet kan word. 'n Aflos sal uit 4 persone bestaan, waarvan 2 persone op 'n slag die rol van skut sal vervul en 2 persone die rol van spotter. Nadat die skuts al hulle teikens (5 of 6) geskiet het, sal die rolle omruil en die spotters sal nou die skuts wees. Nadat beide persone kans gehad het om beide rolle te vervul is die aflos voltooi. Ongelukkig laat ons skietpunt net 4 persone op 'n slag toe en daarom dan juis hierdie formaat. Daar sal dus tydbeperkinge toegepas word per aflos wat ons op die dag van die skiet sal bepaal.

'n Moontlike maksimum van 30 skote sal geld per skut om die punte telling rondte te voltooi. Die minimum skote benodig sal 6 wees in die geval waar 'n skut sy teiken in elke geval met die eerste skoot tref.

Registrasie Vorm - Pretskiet Heilbron
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Biltong »

Hi Geno, dit klik interressant.

Verduidelik asb bietjie meer oor die formaat van skiet. Klink of jy tot vyf skote op 'n teiken kan skiet afhangende of jy dit met die eerste skoot tref of nie.

Groete
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Biltong »

Hi Ludwig, goed om van jou te hoor -dankie vir die terugvoer.

Is ek ook reg om aan te neem dat die afstande dan bekend sal wees asook die grootte van die teiken op elke afstand? Of is die plan dat elke skut self die afstand moet bepaal met sy eie afstandmeter?
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Biltong »

Dit maak sin. Dan kan skuts wat nie noodwendig al die toerusting het nie ook kom deelneem. Julle moet dit geniet. Ek sal nog eendag daar uitkom.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Marc »

Is daar enige Jaracal manne wat gaan probeer kom, sal lekker wees om nuwe kennise te kan opbou 8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Cobus(Cobb) »

Marc wrote:Is daar enige Jaracal manne wat gaan probeer kom, sal lekker wees om nuwe kennise te kan opbou 8)
Ry jy deur?? Is daar plek links voor??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Marc »

Ek gaan in die Gastehuis op die plaas slaap Vrydag aand, bietjie braai saam die manne
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Jean Marais »

Marc, Cobus, Ek sal bietjie kyk hoe my dinge loop. Ek het nou nie fancy gunne nie, maar ek wil graag kom saamspeel met wat ek het.

Cobus, kan jou oplaai as jy wil.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Marc »

Jean Marais wrote:Marc, Cobus, Ek sal bietjie kyk hoe my dinge loop. Ek het nou nie fancy gunne nie, maar ek wil graag kom saamspeel met wat ek het.

Cobus, kan jou oplaai as jy wil.

Groete
Dit sal lekker wees om julle manne weer 'n slag te kan sien, kom maak 'n draai man O0

Die baan uitleg vir die dag lyk so iets, dit gaan redelik uitdagend wees, maar dit kan verseker gedoen word ;D

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/AlbertBaanUitlegV_zps108c648d.png

Daar gaan ook hier en daar 'n vlaggie aangebring word om te help indien die wind sou wou pla. Ek hoop regtig van julle manne daar te sien 8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by vriell »

Marc wrote:
Jean Marais wrote:Marc, Cobus, Ek sal bietjie kyk hoe my dinge loop. Ek het nou nie fancy gunne nie, maar ek wil graag kom saamspeel met wat ek het.

Cobus, kan jou oplaai as jy wil.

Groete
Dit sal lekker wees om julle manne weer 'n slag te kan sien, kom maak 'n draai man O0

Die baan uitleg vir die dag lyk so iets, dit gaan redelik uitdagend wees, maar dit kan verseker gedoen word ;D

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/AlbertBaanUitlegV_zps108c648d.png

Daar gaan ook hier en daar 'n vlaggie aangebring word om te help indien die wind sou wou pla. Ek hoop regtig van julle manne daar te sien 8)
Lyk na baie goeie oefening.Sal die spasie dophou vir uitslae...
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Marc »

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3620_zps74cc0fff.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3619_zps6469b4d8.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3618_zps13c378ca.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3626_zps9beaddc0.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3625_zps17f9b579.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3629_zps83585a5a.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3630_zpse86d0568.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3635_zps43de910c.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3638_zps5d87fba2.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3623_zpsb09ab9ea.jpg
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Marc »

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3632_zpsda51b3e6.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3631_zps0ff45396.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3637_zps36798183.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3634_zpsd845ae19.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3639_zpsc367c6a9.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3633_zps3e5c3cc6.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3636_zpsc3f6e6b7.jpg
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Marc »

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8000
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Arnold »

Marc wrote: http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3637_zps36798183.jpg
Hierdie is die oulikste geweertjie! Ek hou mos van die kort lopies.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Marc »

Arnold daai kort geweertjie het ons manne met die lang lope en baie recoil sleg op ons neuse laat kyk :-[

Dink dis 'n Rebel aksie op 'n Krieger loop en die kaliber is 6,5x47 dis is voorwaar 'n netjies roer daai en hy en sy baas verstaan mekaar ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Shaun Flink
Newbie
Newbie
Posts: 49
Joined: Sun Mar 09, 2014 6:25 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Shaun Flink »

Hi all
Just want to thank you guys for a really fun day.it was really awesome. Thanks for the great hospitality.
Shaun Flink
Shaun Flink
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by tripodmvr »

Lyk asof dit 'n baie lekker dag was. Die boere verspieders op die koppie wat die kakhis op die vlakte aanvat. Wat was die uitslae van die vêr skiet?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Marc »

tripodmvr wrote:Lyk asof dit 'n baie lekker dag was. Die boere verspieders op die koppie wat die kakhis op die vlakte aanvat. Wat was die uitslae van die vêr skiet?
Daai Martine het die stof laat staan by die 1000m gong, glo dit of nie :o

Ons wag vir Ludwig om bietjie meer terugvoer te kom gee Oom, ek is seker hy sal teen more ietsie opsit
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
bor
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Tue May 28, 2013 12:58 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by bor »

Puik dag dankie almal moet nou net leer skiet
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Marc »

bor wrote:Puik dag dankie almal moet nou net leer skiet
Of ons moet 'n manier kry om die wind aan 'n boom vas te maak >:D

Dankie ook vir al julle hulp met die sny van gonge, bou van rame ens Robbie. Dit word baie waardeer O0
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Boogjagter
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Boogjagter »

Baie dankie aan almal wat aandadig was met die reelings en die werk om die plek reg te kry. Dit was klomp lekker en ek het baie geleer.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Fritz »

Arnold wrote:
Marc wrote: http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMG_3637_zps36798183.jpg
Hierdie is die oulikste geweertjie! Ek hou mos van die kort lopies.
En hy skiet!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by BRNO (Pierre) »

Dit lyk nie vir my asof John Wright op die forum is nie(hoop nou nie ek is verkeerd nie), kan jy dalk bietjie meer info oor sy komponente en dope vir ons nuwe AI manne gee asb.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by BRNO (Pierre) »

Ludwig wrote:Ek is nie seker oor al die komponente wat John vir sy 243 AI gebruik nie maar hy skiet die 105gr A-Max. Dis 'n Howa Varminter 1:10 met taktiese kolf en 'n Sightron SIII 8-32x56 scope.
Dankie. Jy het nie net dalk die spoed wat hy skiet nie?
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: ALRHA Pret Skiet 29 Maart 2014 @ Heilbron

Post by Fritz »

Pierre, hy het vir my gesê 3100fps.

Of dit binne aanvaarbare drukvlakke is kan ek egter nie vir jou sê nie. Ackleys steek mos druk weg. Ek vermoed dis baie naby aan 60000psi met sy 24" loop.
Post Reply