BLOK wrote:
1 - Nou wat reken jy onder die stelling van "eerste windaf lig om jakkals deurmekaar te maak."
2 - n Helper sal terug gehou word om aan te bly om die volgende werpsel te help met grootmaak en kos aandra, tot die ouer paar hulle verjaag. So helper sal terug gehou word indien daar genoeg voedsel in die gebied is.
3 - Die rede hoekom jakkals getalle toeneem is onder andere.
a -Verwydering van top predatore
b -Werpsels vergroot hoe meer n jakkals bedreig word
c -Wyfies word meer vrugbaar agv verhoogde druk op die spesie
d -Nie dominante tewe word vinnig vrugbaar agv dominantes wat vrek.
4 - Jy mag nie rook tydens jag nie.
5 - b]As jy teelgate kry, wat maak jy?[/b]
-Roe n klein jakkals in nood.
-Neem 70m windaf stelling in
-Wag vir 15min in stilte
-Roep klein jakkals in nood vir 30secondes
-Dan 20-30min stilte
-Teef behoort na 4min in te kom.
As die reun of teef nie wil inkom
-Weer jakkals roep
-As geen reaksie skiet die jonges
Blok ek gaan die stellings beantwoord soos wat ek dit deur die jare ondervind het. Dit is nie wet nie maar het dit vir my gewerk en sekere goed is slegs logika - dink ek.
1) Jy begin wind-af van jouself lig om die jakkals te sien wat van daardie rigting inkom na die roeper om te voorkom dat die jakkals jou wind tref en hom/haarself uit die spore maak. Daarna lig jy na die wind-af kant van die roeper. Ek staan ook 45 grade skuins wind-af van die roeper om te verhoed dat enige jakkals wat die wind-af kant van die roeper werk my wind eerste tref. Op die manier verhoog jy jou kanse 25%.- Deurmekaarmaak stelling is vir my duister.
2) Ek het slegs helpers gevind in areas waar baie jakkalse is. Min kos kan hier 'n rol speel en dink ek dit is logies dat hoe meer jakkalse in 'n area is hoe kleiner is die gebiede en hoe minder sal die kos in die gebied wees. Ons het helpers die eerste keer in ongeveer 1999 of 2000 gekry in die Willowmore area (werklik baie jakkalse in daardie area gewees). Daar is egter genoeg kos want dit is skaap area so ek dink dit is iets waaroor ons kan debateer maar nog nie bewys is nie. Dit mag ook wees dat agv die baie jakkalse die kleintjie agter bly (nie vol selfvertroue is om weg te beweeg nie) en dan as helper werk. Hierdie dinamika dink ek nie is al nagevors nie.
3) a- korrek
b- Die groot leun wat deur greenies versprei word. Indien dit die geval is moet ons alle diere wat op die uitsterwings-lys is skiet om hulle meer te laat teel. BS
c- selfde as b
d- amper korrek - slegs dominante tewe teel aan. Indien jonges in 'n area kom waar geen ander jakkalse is nie is hulle dominant en begin aanteel.
Ons het ondervind dat indien daar min jakkalse in 'n gebied is is die aanteel hoe"r. Hier is 'n ander aspek wat moet bykom en dit is die beskikbaarheid van kos. In sekere dele van die weste van Namibie is daar areas waar daar 1 jakkals op 5-10 000 ha gevind word. (volgens navorsing) Daar is min jakkalse maar ook nie groot aanteel nie agv baie min kos.
In areas waar min jakkalse is en baie kos kry ons 5-9 kleintjies. So die hoeveelheid jakkalse het 'n rol te speel en die hoeveelheid kos het 'n rol te speel.
'n groot rede hoekom jakkalse toeneem is wildplase, boere en naweek boere wat
nie 'n probleemdier beheer program het nie. Indien die aanteel van gemiddeld 5 nie elke jaar gedood word nie sal jakkalse met daardie getal toeneem en hulle kleintjies teel weer aan en so aan en so aan.
Rook - Ek dink nie dit is 'n goeie ding om te rook terwyl jy roep nie want die gloed van die kooltjie sal jou gesig verlig, maar kan dit toegehou word. Die reuk sal nie 'n invloed he^ nie. Die jakkals sal jou en jou bakkie deur die rook ruik. 'n Pyp behoort beter hier te werk.
5 - baie na aan korrek.
Ek sal eers wind-af stelling inneem. Dan die kleintjie in nood vir 30 sek, dan die stilte van 20 min, weer die kleitjie in nood vir 30 sek, stilte vir 20 min - vir ten minste 3 ure. Indien die groot jakkalse dan nog nie ingekom het nie sal ek die kleitjies skiet. Ek sal weer 2 ure voor dit begin lig word terugkom na die gate of net daar wag. Ek het al kleintjies en grotes verloor omdat die grotes nie ingekom het nie en getrek het met die kleintjies deur die dag.
Groete