.375H&H Restorasie en herbou projek

Guys who collect arms can have a chat here/Versamelaars kan hier vergader.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sun Apr 06, 2014 5:23 am

Die week behoort `n normale werks week te wees, vakansie is verby en ek kan die week konsentreer om die voorste korrel-basis skoon te maak en "silver solder" om mooi in posisie te wees. Die v-express visier kan dan ingeskiet/ingevyl word , vaste v-plaatjie op vyf en twintig meter. Eerste opklap plaatjie , honderd meter, tweede opklap plaatjie, twee honderd meter wat maar nie regtig prakties is nie , die "scout "teleskoop sal die afstand hanteer.
Image

Die Leopold scout scope word voor die aksie monteer.
Image
Image

Die ghost ring sal ek instel om vanaf vyf meter tot vyf en sewentig meter te skiet.
Image

As al die instel/inskiet werk afgehandel is sal ek nog checkkering/graveer werk op die 1/4 rib moet doen.

Dan sal ek nog `n magasyn kolf frees en in die kolf versink om `n kassieke vertoon aan die geweer te verleen.
Image
Image

Die week moet ek ook nog herlaai vir die BASA skietdag anderkant Bronkhorstspruit.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 3710
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Frederik » Sun Apr 06, 2014 11:32 am

Gert, daar is altyd tyd om te gesels voor en na die tyd en tussen in. Ek gaan tog ook die keer Range officer speel of help op een van die banne. Die manne maak maar beurte so deur die jaar en volgende week is myne.

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sun Apr 06, 2014 11:58 am

Teminste gaan jy nie kans kry om my "stukkend " te skiet op die baan nie, as jy nie deelneem nie behoort ek darem so `n punt of meer as jy te kry.... :laugh: :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 3710
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Frederik » Sun Apr 06, 2014 8:06 pm

Gert, nee ons kry kans om deel te neem moenie bekommer nie.

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Mon Apr 07, 2014 8:42 pm

Dit is goed so Frederik, ek sal graag wil gesels na die skietwerk en miskien saam `n lekker T-been en braaibrood op die kole gooi. Ek het vandag my voorste visier /korrel voltooi, ek dink dit het regtig goed uitgekom. My kamera is gebreek, so ek kon baie van die werk nie oplaai nie, maar ek gaan definitief more Iwan se kamera leen en fotos neem.

Ek het `n 2.5 mm geelkoper korrel opgesit wat Ruan(my seun) vir my op die draaibank gedraai het. Ek sal nie mis met die korrel nie.... ;D Ek moet more die "barrelband/visier silversolder sodat ek die v-visier kan inskiet en die klappies vyl.

Ek het weer Impala koeels/punte by Kobus van Impala bestel, dit neem net een e-pos, dan pos hulle die punte/koeels en `n dag of twee later land die punte hier om herlaai te word vir die BASA skiet dag, die diens wat ek van Impala ontvang is skitterend, en elke keer se Kobus , "dit is geen probleem nie, ek doen dit gou vir jou. Abe, sy assistent wat die verkope hanteer skakel my en maak seker die bestelling is reg, gooi die pakkie in die pos, bel my en se" meneer, jou pakkie is in die pos dit sal so twee dae neem " geen probleem met die Impala mense nie, net skitter diens...

Dit is niks om iets te koop nie , elke mens kan `n item koop, die probleem is dat elke mens nie sulke na verkoop diens ontvang nie, maak nie saak nie, Sondae, Saterdae, laat aande e-posse, skakel met selfone, daar is altyd iemand soos Kobus van Impala Bullets wat antwoord en hoor hoe hy my kan help...

Ek sit more fotos op van die visier/korrel.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Wed Apr 09, 2014 9:06 pm

Ek het vandag `n tegniek gebruik wat ek by Johan Greyling geleer het , dit is om die "barrel band" invoeging op die draaibank aan die onderkant van die visier basis in te sny. Ek het ook nog `n tweede tegniek vanaand geleer deur `n frees beitel in die draaibank vaskop te sit en die invoeging sodoende uit te sny. Dit lyk my tog `n mens leer om sulke tegnieke te onthou... ;D Ek gaan more die barrel band en visier silver solder . Dan kan ek die barrel band met die visier op die loop sag soldeer.
As die proses afgehandel is kan ek die uitvyl en inskiet van die .375 H&H Magnum doen. Die volgende sal wees om die grafeerwerk en checkkering werk te doen.

Fotos van vannaand se tegniek:
Image
Image
Image
Image
Image
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Wed Apr 16, 2014 7:19 pm

Ek het die nuutste fotos gekry van die voorste visier /korrel wat ek gebou het, hou ingedagte dat ek nog die visier basis moet smaller maak onder die "surface grinder" wat nou eers nog gediens word. Daar sal nog fyn veranderinge aangebring word maar dit is hoe die visier lyk nou dat hy klaar is, nou nog net op die loop vas sit deur te silver solder. Ek sal die barrelband en visier basis weer uitmekaar moet haal want dit is net gesoldeer om `n idee te kry van hoe dit op die loop gaan lyk.
ImageImage
Image
Image
Image
Image
Image
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Thu May 01, 2014 8:13 am

Ek het weer die week gewerk aan die "v-express sight". Nadat my eerste "barrelband " iewers in die kluis rond le moes ek `n tweede een draai om die visier/korrel basis op die barrelband vas te "silversolder"

Ek het die hele item op die loop ingedruk en was baie bly oor `n baie stywe pas op die loop, in so `n mate dat ek die invyl werk van die v-express visier kon begin en die geweer zero op twintig meter...dit is die lengte van die skietbaan by die kluis. Johan het my gehelp om uit te werk hoeveel metaal ek sal moet wegvyl op die v-visier om te zero op twintig meter. Miskien `n verduideliking rakende die groepering saga.... ;D

`n Ruk terug het ek dit genoem dat die geweer nie baie goed groepeer nie, dit nadat ek rondtes gebruik het wat op die rak in die kluis gestoor word , aangekoop uit boedels en mense wat gewere kom ingee met hulle voorraad. Dit is standaard ammo soos 300 gn en 270 gn ronde punte, skerp punte , soliede punte ens. Ek het die rondtes gebruik om te sien hoe die geweer groepeer en was erg terleurgesteld. Die 300 gn ronde punte het die swakste groepering gegee, as `n mens dit `n groepering kan noem...bont skiet is miskien `n beter woord....die skerp punte 270 gn het `n beter groepering gegee ....maar nog steeds nie wat ek `n groepering sal noem nie.

Natuurlik was ek baie bekommerd...ek spandeer twee jaar aan die bou van `n geweer net om uit te vind dat die loop moeg geskiet is, want die punte 'key hole" vir die vale duiwel. Johan gee my toe `n lood punt om in die loop in te kap (slugging the barrel) Ek neem mates en sien dat die mates.375 is, met ander woorde die loop is in `n baie goeie kondisie...wat `n redelike groot verligting is.

Tydens die Huntex 2014 koop ek 270 gn punte by Kobus Du Plessis. Ek het Maandag die rondtes gelaai, en begin om die visier te vyl en zero op 20 meter.(skietbaan se lengte) Groot was my verbasing en geluk toe die punte sommer uit die staanspoor mekaar sny....en perfekte koeel gate maak. Ek het SONCHEM S 335 dryfmiddel , 60 gn en 270 gn Impala punte gebruik.

Ek is tans besig om die v-visier te vyl tot op vyftig meter , dit is nou die eerste vaste staande plaatjie. Die tweede plaatjie (toevou) plaatjie sal ek op die plaas gaan invyl op waterbottels.

Ek sal vandag weer fotos oplaai met Iwan se kamera want my kamera is nog steeds buite werking.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 3710
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Frederik » Thu May 01, 2014 9:58 am

Gert praat met my as jy lading soek vir die 270gr Impalas ek het 'n lekker lading vir hulle.

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Thu May 01, 2014 11:25 am

Hallo Frederik, goed om weer van jou te hoor....ek gaan definitief by jou aanklop vir die 270 gn Impala punte se ladings vir my .375 H&H Magnum. Ek sit nogal en dink aan die Bosvelders, in die 220 gn gewig.

Ek het nog glad nie gejag met die Impala punte nie, twee aspekte wat ek definitief reeds weet rakende die Impala punte is die skitter na verkoop diens en die goeie roepering uit my .375 H&H Magnum en dan skiet my .404 Jeffery baie lekker met die Impala punte. As die punte nou nog goed jag ook dan kan ek hulle seker maar reken as perfek vir waarvoor ek hulle gebruik... ;D ;D

Ek lees nogal raak op die Impala werf dat daar `n punt soos `n Moosestopper is , wat net `in Europa beskikbaar is, soos ek verstaan, (kan verkeerd wees) kan die punt omklink. Soos ander algemene punte..????

Ek sal graag by Kobus wil hoor omtrent die punte wat hulle net vir Europese markte bekendstel.

Ek hoor graag weer van jou Frederik.

(Ek sou vandag in die kluis werk maar Johan Greyling moes vertrek om `n ander afspraak te gaan nakom.) Ek glo more sal weer `n werksdag wees dan wil ek fotos neem en oplaai.


Groete

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Fri May 02, 2014 8:03 pm

Ek het vandag die visier op my loop vas gesoldeer. Die v-visier lyn baie mooi op, ek moet nog die vylwerk op die v-visier mooi afrond. Die 'gostring" lyn ook baie mooi op regoor die v-visier. Ek wou vandag verder vyl en inskiet maar moes eers al die .375 H&H Magnum doppe "resize",de-cap, en terugsny na die minimum lengte ...voor dit alles klaar gedoen was moes ek eers `n komponent op die draaibank draai om op die dop sny apparaat te pas sodat ek die doppe almal ewe lank kon terug sny.

Ek kan more met Iwan se kamera fotos neem, dit is gereel met hom. Ek sal soveel fotos neem van die hele proses sover moontlik, die invyl werk , inskiet werk ens. Die meeste werk gaan nou wees om al die dele waaraan ek op my geweer gewerk het mooi skoon te maak en af te werk, alle soldeersel, silversolder moet verwyder word met die draadborsel en fyn vyl.

Ek gaan nog net een komponent doen op die .375 H&H Magnum, dit sal die kolf magasyn wees. Ek sal eers more toestemming by Johan Greyling daarvoor kry. More gaan weer `n vol dag met lekker werk wees, die geweer werke raak regtig baie lekker..... ;D ;D

Ek wil noem dat my .375 H&H Magnum soos `n droom groepeer en skiet noudat ek 270 gn Impala punte skiet. Ek wil net more die geweer se v-visier instel op vyftig meter , dan wil ek weer fabrieks ammo skiet en kyk wat die verskil op die teiken is.....dit gaan `n baie leersame oefening wees...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

chrisman
Full Member
Full Member
Posts: 133
Joined: Tue Sep 24, 2013 2:05 pm
Location: Centurion

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by chrisman » Fri May 02, 2014 9:02 pm

Klink lekker Gert.
Kan nie wag vie die foto's....
Israeli 7.62 (.308)
Marlin 30-06
Mauser .22
Taurus .40 S&W
Ou windbuks

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sat May 03, 2014 9:56 pm

Chrisman , baie dankie ek waardeer die positiewe opmerking. Hier is fotos van die afgelope twee dae se werk wat die draai van die nuwe barrelband insluit, die silver solder van die visier op die loop, invyl van die visisier, ek trek nou so op sewentig meter zero. Daar is ook fotos van Johan se .375 H&H Magnum wat hy as `n boskaliber bou, die geweer het `n buffel grip cap op, die kolf moet nog afgewerk word en die geweer moet nog geblou word. Intussen het ek by die herlaaiwerk ook uitgekom, ek het die .375 H&H Magnum en die .404 Jeffery se doppe "ge-resize" en almal terug gesny na die vereiste lengtes. Ek het vandag die herlaai stel se de-capping pin gebreek op `n Berdan primer en moes weer een draai om die doppe verder te de-prime en te re-size...die buffel gripcap se lyne moet nog mooi afgewerk word met `n miniatuur vyltjie...en geskuur word met baie fyn staalwol...die draai van `n nuwe de-capping pin was ook vandag op die program nadat my de-capping pi gebreek het toe `n dop met Berdan primer ingesluip het...as jy op die fotos klik sal hulle vergroot.... ;D

Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Fri May 16, 2014 8:14 pm

Ek was vandag weer besig om my v-expressight te zero op vyftig meter, ek het reeds verlede Saterdag die .375 H&H Magnum begin inskiet op vyftig meter. Die groepering is so 25 mm uit mekaar uit, regs bo so sewentig millimeter hoog. Ek het vabdag die agterste v-visier na links ingekap, weg van die fout af. ek lyn noy ook my ghost ring na regs op, die ghost ring kan skuif omdat dit op `n swaelstert in die cocking piece ingesny is...Johan het my gehelp om uit te werk hoeveel millimeter ek nog moet wegvyl op vyftig meter as ek wil zero met die v-visier. Daar is nog so .07 mm wat afgevyl moet word....

Ek het ook die ghost ring vanaand groter geboor sodat ek net die waas van die ring uit die hoek van my oog sien as ek die korrel oplyn op `n teiken...

Ek gaan more agt doppe herlaai wat ek verlede Saterdag geskiet het, die doppe is nou perfek gevorm in die .375 H&H Magnum se kamer...dan is ek weer op die plot om die inskietwerk klaar te doen...

Die aksie mold wat Johan Greyling bou vorder fluks, die surface grinder staan nou en ons sal more eers herstelwerk moet doen om die dele van die mold te verwyder ..daar moet 20 000 stes verwyder word oor die oppervlakte van die hele gietstuk...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Location: Pretoria

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by NEGE3 » Fri May 16, 2014 9:55 pm

Lyk goed Gert. 20,000 stes is nogal baie op 'n vlakslyp masjien as jy dat 40,000 stes 'n millimeter is.
Groete,
Koos de Beer

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sat May 17, 2014 7:55 am

Goeie dag Koos
Dit is nogal `n ander perspektief as `n mens net gewoond is om in millimeters en sentimeters te werk. Met die werk op die masjiene het `n mens nogal agter gekom dat `n baie goeie kwaliteit digitale meet passer jou beste vriend is, anders gaan jy baie ure meer agter so `n masjien staan tot jy geleer het om die "dials" korrek te gebruik. Ek het in die begin gegaan op "gevoel" het nie sleg gevaar nie... :laugh: :laugh: maar as dit by 0.004 mm dan is `n goeie voorgevoel nie eers meer voldoende nie..

Johan is nou naby die eindpunt, die hele Mauser 98 aksie is basies nou in negatiewe spasie omgebou, wanneer die gietstuk reg is om gegiet te word sal daar was-giet materiaal in die aksie gietopeninge gegiet word, as die eerste was produk voldoen aan al die vereistes sal Johan `n hele paar giet, dan is dit tyd om veranderinge aan die was produk aan te bring, nommers, name, "square bridges" monteer gate vir teleskope , enige iets wat jy op die aksie wil aanbring, selfs gravering word dan gedoen. As jy teverede is word dit dan gebruik om met jou keuse staal te giet.

As die aksie dan uitkom kan jy weer kyk of dit is wat jy wou gehad het, indien nie gaan jy terug na die oorspronklike gietblok en verander daar...op die was giettuk sal jy dan kan sien of die verandering is soos jy dit wil doen...

So `n mens kan lekker speel op so vorming van jou verlangde aksie....

Ek hoor graag van jou.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Wed May 21, 2014 12:56 pm

Ek skiet vandag die v-visier op 50 meter in, ek het weer vylwerk op die visier gedoen, nou behoort ek naby die 50 meter teiken te wees. Ek het ook die ghost ring na links gestel/geskuif wat die ghostring is op `n swaelstert monteer in die coccing piece...Ek gebruik `n 270 gn Impala solid punt/koeel , 68gn S355 teen 2400 v/sk.
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4028
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Location: Moreleta Park; Pta

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by BRNO (Pierre) » Wed May 21, 2014 4:45 pm

Mooi so Gert. Kom laat weet wat maak hy die keer.
Veiligheid eerste manne!

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Wed May 21, 2014 8:06 pm

Goeie dag Pierre
Soos dit maar in die bouproses gaan gebeur dinge nie altyd soos ek dit beplan nie, oppad na die plaas toe om die nodige inskiet werk te gaan doen skakel Johan Greyling my en vertel dat hy die gietwerk met die was nou gaan doen, net daar draai ek om en ry na die kluis toe om Johan te gaan help en sommer te sien hoe dit gedoen word. Die was-vloeistof , was reeds warm toe ek daar aankom en die mould reg om die was in te giet...die gietproses is vinnig want die was vloeistof vloei vinnig deur die mold...na twintig minute was die was-vloeistof gestol en kon Johan die mold dele uitmekaar skroef om `n perfekte was-mauser 98 aksie te vertoon, die loop het sommer mooi opgedraai in die aksie in met die sluitskouers perfek, die slot het pragtig gepas in die aksie.....die eerste stap was geslaagd.

Punte om na te kyk, die boonste dop deel moet in nog `n deel verdeel word om makliker uit mekaar te haal. Ek kyk nou of ek nie Silicone Moulding rubber in die hande te kry om van die pratley patty te kan vervang nie....daar is nog baie fyn dele om af te werk, poleer sodat die buitekant wat sigbaar is van die was mold gladder vertoon...selfs die Mauser, Obendorf gravering kan duidelik op die linkerkant van die was afdruk gesien word, dit sal natuurlik verwyder moet word omdat dit plagiaat sal wees as dit op die aksies sigbaar is...ons sal ons eie aksie naam inpons...

Die inskietwerk is nou geskuif na Vrydag middag.....

Ons is werklik baie opgewonde rakende die wendings omtrent die giet van die aksies... ++>: ++>:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Location: Pretoria

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by NEGE3 » Wed May 21, 2014 8:47 pm

Gert Odendaal wrote:Goeie dag Koos
Dit is nogal `n ander perspektief as `n mens net gewoond is om in millimeters en sentimeters te werk. Met die werk op die masjiene het `n mens nogal agter gekom dat `n baie goeie kwaliteit digitale meet passer jou beste vriend is, anders gaan jy baie ure meer agter so `n masjien staan tot jy geleer het om die "dials" korrek te gebruik. Ek het in die begin gegaan op "gevoel" het nie sleg gevaar nie... :laugh: :laugh: maar as dit by 0.004 mm dan is `n goeie voorgevoel nie eers meer voldoende nie..

Johan is nou naby die eindpunt, die hele Mauser 98 aksie is basies nou in negatiewe spasie omgebou, wanneer die gietstuk reg is om gegiet te word sal daar was-giet materiaal in die aksie gietopeninge gegiet word, as die eerste was produk voldoen aan al die vereistes sal Johan `n hele paar giet, dan is dit tyd om veranderinge aan die was produk aan te bring, nommers, name, "square bridges" monteer gate vir teleskope , enige iets wat jy op die aksie wil aanbring, selfs gravering word dan gedoen. As jy teverede is word dit dan gebruik om met jou keuse staal te giet.

As die aksie dan uitkom kan jy weer kyk of dit is wat jy wou gehad het, indien nie gaan jy terug na die oorspronklike gietblok en verander daar...op die was giettuk sal jy dan kan sien of die verandering is soos jy dit wil doen...

So `n mens kan lekker speel op so vorming van jou verlangde aksie....

Ek hoor graag van jou.
Die aksie moet nog steeds gemasjineer word nadat dit gegiet is. So julle sal moet toelaat vir dit op die giet modelle wat julle maak. Toe ek my vakleerlingskap as Gereedskap en Setmaatvervaardiger gedoen het was dit ook deel van ons opleiding. Ek weet hulle giet vandag baie akkurater as in ons tyd.

Ons het maar altyd 'n "Clock gauge" gebruik as dit by die finale masjinering van baie klein toleransies gekom het tot die CNC masjiene oorgevat het. Sommige masjiene moes in 'n kamer staan waar die temperatuur gekontroleer was.

Sterkte met julle projek.
Groete,
Koos de Beer

User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4028
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Location: Moreleta Park; Pta

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by BRNO (Pierre) » Thu May 22, 2014 6:49 am

Gert, sit asb fotos op van die gietstukke.
Veiligheid eerste manne!

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Thu May 22, 2014 8:20 am

Goeie dag Pierre

Ek het met Johan gesels, hy het nie `n probleem as ek die gietproses en die gietblok se fotos oplaai nie. Ek moet nou egter sy seun Iwan se kamera gebruik om fotos te neem, ek sal vir Iwan vra vandag om sy kamera beskikbaar te stel. Ek gaan die naweek Pretoria toe en sal my eie kamera ingee om te hoor of hulle die kamera sal kan herstel. Dan kan ek weer na hartelus fotos neem en oplaai.

Koos
Jy is een van die min manne wat ongelooflike kennis moet he rakende gereedskap vervaardiging en set maat instrumente....Ja , jy is reg, daar sal poleerwerk gedoen moet word op elke aksie, wat baie lekker is ,is dat as `n mens die nodige veranderinge aan die was afdruk aanbring wat insluit mooi gepolleerde oppervlaktes en gravering dan kom dit presies uit soos dit op die was-aksie aangebring is.

Wat vir my ongelooflik was is dat Johan `n Walther loop ingeskroef het in die was-afdruk tot dit teen die kamer styf vas gedraai het, hy het toe die slot ook ingedruk en die slot met die locking lugs pas perfek....die skroefdraad van die was -afdruk het pragtig ingeskroef in die staal skroefdraad van die loop, nommer pas... ;D

Ek is nou opsoek na Sillicone Moulding Rubber met die katalisator eenheid wat ek die Saterdag kan aankoop in Pretoria, as julle vir my `n besigheid se naam kan gee wat die produk aanhou sal ek dit werklik hoog op prys stel....ek het drie plekke opgespoor op die internet en sal vandag skakel , een is in die Irene omgewing...

Ek hoor graag van enige iemand wat my met die produk sal kan help. Ons wil van die produkte soos pratley putty vervang in die proses wat sekerlik `n baie meer akkurate gietblok sal verseker en wat nie op stall oppervlaktes sal bind nie...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sat May 24, 2014 8:18 pm

Ek moes Pretoria toe vandag om sillicone rubber te gaan haal wat ek by `n maatskappy gekry het wat die produkte vervaardig. Nou is ek opsoek na casters wax waarmee ons die aksies kan giet...ek sien tandartse gebruik ook die tipe produkte en mense wat porselein produkte giet. As daar mense is wat weet waar ek maatskappye kan opspoor wat porselein produkte vervaardig sal ek dit waardeer.

Ek hoop om more tyd te kry om my .375 H&H Magnum te gaan inskiet op vyftig meter...ek moet more `n skaap op `n spit vir mense braai maar sal probeer om gou die geweer ook in te skiet.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sat May 31, 2014 8:55 pm

Ek was vandag gelukkig om my .375 H&H Magnum op vyftig meter te kon inskiet. Die vorige keer wat ek gaan inskiet het , het die groepering op 2uur ,150 mm hoog gesit. Johan het my gehelp om die nodige berekeninge te doen om te weet hoeveel mm moes ek nog weg vyl. Vandag kon ek toe inskiet ...hier if `n foto van verlede week se inskiet....
Image


Die tweede keer wat ek weer ingevyl het vandag se fotos vanoggend :
Image

Toe het ek weer die mates geneem en gaan uitwerk hoeveel ek meer moet invyl, en ek het die voorste korrel geskuif om na die middel toe te beweeg, ek het gou die geweer geneem en gaan inskiet(plaas is naby die kluis) hier is die laaste inskiet wat ek vandag op vyftig meter gedoen het, ek het toe net weer `n baie klein stukkie ingevyl, 0.25 mm so ek is nou definitief in die middel van die kol....my lading is S355 68gn, Impala solid 270gn teen 2450 v/s wat `n heerlike sagte lading is om te skiet...my groot vriend Willie Koekemoer van Middelburg het die lading vir my ontwerp en ek sal nie weer `n ander lading oorweeg nie, dit is die lading wat ek my .375 H&H Magnum mee gaan skiet....

Vandag se laaste inskiet rondte:
Image

Kan ek beter verwag? Ek glo nie... ;D ;D

`n Paar fotos van die invyl werk...
Image
Image
Image

Ek gaan die tweede klappies plaatjie op honderd meter invyl....ek moet net weer eers `n klomp rondtes laai...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Location: Witbank

Re: .375H&H Restorasie en herbou projek

Post by Gert Odendaal » Sat May 31, 2014 9:41 pm

Ek het ook vandag tyd spandeer om `n resize /lubsizer die te draai op die draaibank ...die die sal ek gebruik om `n .404 Jeffery giet koeel te size en te lube dat ons die .375 H&H Magnum doppe wat halfpad gefire form is kan uitblaas na .423 " om in my .404 Jeffery kamer te pas. Wat einlik gebeur is dat die .375 H&H Magnum wat op die "belt " heads-pace basies nou net op die skouer head-space...die dop vul ook die hele .423" kamer spasie en skiet dan soos `n gewone .404 Jeffery rondte...dit help maar as `n mens te kort aan doppe vir die .404 Jeffery het..ek sal weer `n paar fotos van die proses opsit en verslag lewer hoeveel keer so `n dop gekiet kan word voordat daar enige gebreke ontstaan...

Image
Image
Image
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

Post Reply

Return to “Arms collectors/Wapen Versamelaars”