More Almal,
Indien daar van julle hier in die Bloemfontein omgewing is 11 en 12 April kom kuier gerus saam met ons!!
Groete
Johan
Nul agt twee 324 7847
NG Kerk Waterbron Skietdag
- JohanB29
- Newbie

- Posts: 49
- Joined: Sun Aug 19, 2012 12:25 pm
NG Kerk Waterbron Skietdag
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: NG Kerk Waterbron Skietdag
More Johan,
Hoe werk die nagskiet?
Hoe werk die nagskiet?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- JohanB29
- Newbie

- Posts: 49
- Joined: Sun Aug 19, 2012 12:25 pm
Re: NG Kerk Waterbron Skietdag
Dankie vir die navraag, Frederick,
Die beplanning tot dusver is die volgende:
n Skut sal agter op n bakkie met n skietraam ry op n kort roete, wapen leeg. Daar sal n person (telling houer) saam met die skut agterop wees om veiligheid te verseker. dieselfde person gaan ook n skietlig hanteer.
Die voertuig sal op n gemerkte plek stop, die skut sal geleentheid gegee word om een patron te laai. Die teiken sal aan die skut uitgewys word. Die lig word afgeskakel en sodra die skut reg is kan hy die slot toemaak, die lig sal dan aangeskakel word en vir 5-7 sekondes op die teiken gehou word. Sodra die skoot afgevuur is of die tyd beperking verby is sal die lig weer afgeskakel word.
Die proses sal dan vir nog twee teikens (verskillende afstande) herhaal word terwyl die bakkie op een plek staties bly staan. Wapen word veilig gemaak....
Daarna ry die bakkie met skut en tellinghouer na die teikens om tellings te neem en gate toe te plak. Skut teken vir sy telling en word by die klubhuis afgelaai waar hy die beskikbare verversings sal kan geniet en net sommer kuier en sosiaal verkeer. Die volgende skut word by die klubhuis opgelaai.....
Jy kan wel meer as een kaartjie koop, maar agv tydbeperking om nie te laat klaar te maak nie, is kaartjie beskikbaarheid beperk.
Hoop dit help

Dankie Johan,
Dit help baie.
My kaartjie is geboek vir die Nagskiet.
Dit help baie.
My kaartjie is geboek vir die Nagskiet.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- JohanB29
- Newbie

- Posts: 49
- Joined: Sun Aug 19, 2012 12:25 pm
Re: NG Kerk Waterbron Skietdag
Baie dankie aan al die ondersteuning!!!!!
Ons kerk se skietdag was n groot sukses danksy die goeie ondersteuning.
Aan God die eer.
Ons kerk se skietdag was n groot sukses danksy die goeie ondersteuning.
Aan God die eer.
- Foxhound
- Sr. Member

- Posts: 284
- Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am
Re: NG Kerk Waterbron Skietdag
Dankie johan vir al julle moeite, dit was regtig lekker, groete dassie
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3645
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: NG Kerk Waterbron Skietdag
Hoe het die manne met die nagskiet oefening gedoen?
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: NG Kerk Waterbron Skietdag
Ek het maar 'n skamele 30 punte geskiet.JPS wrote:Hoe het die manne met die nagskiet oefening gedoen?
Die aand skiet was wel 'n baie lekker oefening veral as jy moet vinnig en akkuraat kan skiet.
Daar was 'n Dassie op sowat 40m 'n tarentaal op ongeveer 100m en toe 'n jakkals op omtrent 180m.
Die dassie was maklik omdat hy so naby was, veral vir 'n bosveld jagter. Die tarentaal het nie probleme gebied nie. maar daai jakkals het my gevang. Ek het die skoot getrek en ook te laag geksiet met so 2 duim. Die laag skiet het ek sommer geweet toe ek die skoot laat loop het.
Die organiseerders het baie moeite gedoen.
Wat my erg gepla het was die wapen veiligheid. EK het dit ook die aand aan Johan genoem. Die manne het rondgeloop met gewere met toe slotte en dan het hulle die gewere se lope heen en weer geswaai tussen die toeskouers en mense wat hulle beurt afgewag het om te gaan skiet. Johan het gevra dat ek dit onder 'n dame se aandag bring, maar sy het niks daar omtrent gedoen nie.
Wat egter vir my die ergste gepla het was die man wat saam my op die bakkie was. Die man was al lankal diep onder die prop toe ons moes skiet. EK dink nie daai man moes ooit op die bakkie toe gelaat gewees het nie.
My 2c, ek sal weer vir Johan hulle ondersteun as ek die geleentheid kry.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- JohanB29
- Newbie

- Posts: 49
- Joined: Sun Aug 19, 2012 12:25 pm
Re: NG Kerk Waterbron Skietdag
Dis weer daardie tyd van die jaar. Kontak my gerus...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.