Daar was gister `n ouerige persoon wat by die kluis kom draai het om fotos van sy windbuks versameling op die skootrekenaar vir Johan te wys. Die Oom het seker by die vier honderd ou windbukse al versamel. Hy sien toe ek is besig om die 404 Jeffery doppe te re-size en te decap. Hy is nogal heel opgewonde want ek gee toe vir hom `n soliede punt .sagte punt rondte vir sy versameling ou ammo.
Ek gee toe sommer vir hom die .404 Jeffery om te skiet, na die eerste skoot geloop het, helder sy gesig op soos `n skietlamp in `n donker nag, hy glimlag van oor tot oor en roep opgewonde uit" Jis dis lekker, jis dis lekker .....ek laat hom toe `n tweede skoot skiet en toe was hy werklik in die wolke...

Hy het oor en oor vir my bly vertel dat ek vandag sy dag gemaak het....wys jou net die klein dingetjies in die lewe tel ook soms meer as geld....

Ek dink met sy volgende draai by die kluis sal hy sy deposito neersit vir `n .404 Jeffery....

Dis hoekom ek se Kalahari Pretoruis, kry vir jou `n .404 Jeffery , jy sal die geweer elke dag wil skiet, dan het jy nie meer die .458 Lott nodig nie....
