Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

jmb

Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by jmb »

Ek sit en vang myself al weer dat ek die advertensies dophou om te kyk of daar nie 'n interresante geweer of handwapen iewers geadverteer word nie. Ek weet nie of dit net ek is wat die probleem het nie? Ek weet op hierdie forum is meeste van julle eintlik een kaliber ondersteuners weens die feit dat julle heeldag of moet ek eintlik se heel nag met die goed werk vir 'n spesifieke doel en al lankal besluit het wat vir julle werk. Ek boer met druiwe en behalwe vir bobbejane mag ek nie die ander ongediertes wat my druiwe vreet skiet nie. So my gewere is maar vir jag en speel meeste van die tyd.

Gewere doen net iets vir my. Elke keer as ek 'n mooi geweer sien in 'n kaliber wat ek nog nie het nie begin ek al aan redes dink hoekom ek dit moet kry. Vir my is 'n geweer 'n ongelooflike mooi stuk masjinerie en die feit dat ek vir hom kan herlaai en elkeen se akkuraatheid konstant kan verbeter deur met punte, ladings en patroonlengte te eksperimenteer dra net by tot die genot wat ek daaruit put.

Manne nou vra ek julle mooi. Is daar iets fout met my?
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Francois Marais »

JMB
Hoeveel gewere is eintlik genoeg?
Net een.......want jy kannie met meer as een op n slag skiet nie......my vrou se redenasie.

Ek he so n paar inni 20 roere, en kan sommer so vinnig aan nog n paar dink waarvoor ek kan plek maak, sou my bank saldo dit kon verdra. So ek dink nie ek sal OOIT genoeg gewere he nie. My kluis is soos n TAXI, altyd plek vi nog enetjie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Danie Lombard .243 »

Sal ons ooit genoeg he? Daar is nog so 'n paar wat ek wil he.

En na hul sal daar verseker nog wees.  LEKKER
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by KSV »

JMB,

1, 10, 100 sal nooit weet nie.

Niks fout met jou nie.  As daar fout is het ek en ander dieselfde siekte ;D

Sien hoeka ek moet begin kyk na 'n groter kluis.  Het al 5 en daar is een besig met 'n aansoek en parte vir nog een is by die smid.

My vrou se: "Jy het net twee hande wat wil jy met nog maak."  Dink sy het nou moed opgegee ;D

Ai daai reuk van 'n vars skootjie, dink ek vat nou sommer af en gaan maak 'n paar doppe.

Kalahari Gunnut.
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Stefan764 »

7x64..... niks meer nodig nie....  ;)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Arnold »

Kalahari Sands Varminting wrote: My vrou se: "Jy het net twee hande wat wil jy met nog maak."  Dink sy het nou moed opgegee ;D
S? nou vir haar sy het net twee voete en vra dan wat sy met nog skoene wil maak ...  :o
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Jagtersdok »

Soveel as wat my bankrekening en die regering my toelaat om te h?.
Mens kan nooit genoeg h? nie. Nie omdat jy met elkeen werk nie, maar omdat dit net lekker is om te h
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Wouter Roets »

Ek kry my gereeld dat ek net in die herlaai/geweerkamer kamer sit en vir n halfuur na een van die gewere sit en kyk en voel. Die patrone wat n mooi stuk okkerneut maak, die kleure! Ek het met altwee my seuntjies hulle kotte met Shaftol houtolie gesmeer! Ek dink ek sal dit makliker vat as hulle uitkom en se hulle is gay of n WP ondersteuner as wat hulle se hulle stel nie belang in jag nie! Cartiges of the world  kan ek al se of watter bladsy kry jy watter kalibers, elkeen van die 3 verskillende uitgawes wat ek het!
Ekis soos n klein seuntjie as dit kom die verskonings wat ek uitdink om net nog n kaliber/geweer te koop. Volgende jaar wanneer ek kan registreer as n versamelaar by SAJWV gaan die poppe behoorlik dans! Ek sal seker een of ander tyd moet erken dat ek n probleem het en vir hulp moet aanklop. As een van julle dalk so n persoon van weet wat kan help kontak my vrou asb! Sy sal dit baie hoog op die prys stel! ;D
Lekker om te weet ek is nie al malle nie!
Groetnis
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
jmb

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by jmb »

Dankie Wouter ek voel nou soveel beter. Ek loop met 'n koeel in my sak rond om mee te speel. Ek tumble my doppe vir 2 dae om hulle so blink te kry as moontlik. As ek die reuk van Youngs 303 kry kry ek trane in my oe. Ek loop in ewige vrees dat my vrou die dag wanneer ek sterf my gewere gaan verkoop vir die prys wat ek vir haar vertel ek vir hulle betaal het. Ek dink 'n Steyr hammerforge loop is die mooiste ding op aarde, ek kan ure lank kyk hoe die lig daarop val.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by KSV »

Geweer sonder 'n kolf is nude?
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
jmb

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by jmb »

Nee man ek dog dis 'n skoon site. :D
jmb

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by jmb »

Haai Majuba. ek kon myself al weer nie help nie nou net 'n Colt Delta Elite gekoop. Ek besit reeds 'n 243 Steyr, 'n 7mm Rem mag Steyr, 'n 7mm STW Sendero, 'n 308 Ferlach RSA,'n 30 06 Ferlach P14, 'n 375 H&H Sako,'n FN Fal,'n 12 Boor Semi Beretta, 'n 12 Boor O/U Browning, 'n .22 Burchmuller 'n 22 BSA Martini,'n Browning HP 9mm, 'n H&K P7 9mm, 'n Sig P226 9mm en ek het 'n STI 45 op bestelling en 'n opsie op 'n 300H&H Steyr.Ek dink ek benodig nog kluis spasie! Miskien moet ek begin kyk na wat 'n "strongroom" my gaan kos.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by JACQUES BOTHA »

as jy n 243 het , het jy mos kla genoeg of hoe?
Dan is daar plek  vir n bonzai243...
En vir n "makulu"243.
i rest my case...
your honor
JB
Shoot straight and tell the truth!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Wouter Roets »

Ek het my gewere/kalibers so gekoop dat elkeen van my 2 seuns n oordentlike battery wapens kan he. Ek het nog so paar goetertjies in gedagte, laat weet my wat dink julle. Taurus PT92 Compact 9mm; Wichester Mod 1600 Defender 12 Boor; Ruger Redlabel 28 duim 12 Boor; Ruger .22 LR; Ruger Target .223 Ack; Ruger Tactical 243 Ack; Ruger Target 25-06 Ack; Ruger No 1 RSI 7x57 Ack; Ruger Sporter 7mm Rem Mag; Ruger M77 Mark II 30-06 Ack(hout); Ruger Sporter 300 Win Mag; Ruger African 338 Win Mag; Ruger Magnum 375 H&H Ack; Ruger Magnum 458 Lott. Dink nog aan 400-450 in No1, 270 Ack, 500 NE, 280 Ack ens, ens, ens! My vrou se Taurus Millineum moet vir ander man gaan. Een oompie wat ek ken het vir sy vrou gese toe sy hom vra of hy nie nou al genoeg gedrink het nie? Sskaatttie daallk THe Veell Mhaar NHog nhnie Gehnoeg nhie!!! Seker maar so met die roerre!
Van my eerste memmories met die roerre was reuke. Elke geweer het anderste geruik as jy hom geskiet het,22,12 Boor,grootgeweer. Hoe die beestekrale geruik het, die reuk van die dipwater, dierre se binnegoed, die slagkamer, speserye. Dit voel vir my deesdae of ek net nie meer die dinge so intens kan beleef soos daar in die begin nie. Dit veroorsaak defnetief nie dat ek ophou probeer nie!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Geno »

Wouter, lyk my jy is Ruger se beste klient!
Goed, beter, 6millimeter!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Wouter Roets »

Geno
Ek laaik die goed kwaai. Die basiese eienskappe is vir my goed, maar ek verander nogal redelik aan hulle sodra ek hulle kry. Die klaarproduk is dan baie naby aan iets soos Dekota se gewere. Ruger is so n bietjie suinig op n paar goedtjies, maar gelukkig kan n ou dit vinnig regstel. Gewwonlik is Ruger's baie lig, behalwe met die Magnum model, hulle is te swaar. Om alles te kroon gaan my 'compulsive disorder' oor na die teleskope toe ook! Alles daar is ook die selfde! Wanneer ek daai versamelaar status kry gaan ek n paar van hulle rollies en pistole ook aanskaf, daar is n paar semi outo geweertjies wat ook mooi sal loop!
Het jy ook vices?
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
jmb

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by jmb »

Hi Wouter. Of jy en ek het dieselfde sielkundige probleem of ons is eintlik ok. Waar gaan jy aansoek doen vir versamelaar status?
jmb

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by jmb »

In die Kaap. 6k betaal.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Wouter Roets »

Jmb
Soos wat ek verstaan gaan SAJNV ook daardie status volgende jaar vir n persoon kan verleen. Die kreteria is net noggal streng soos ek verstaan. O-ja ek tumbel ook my doppe vir 2 dae! Gedag ek is die enigste een! Weet jy iets van die versamelaar status?
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by KSV »

JMB,

Sal ook graag wil weet?

Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
jmb

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by jmb »

Nie regtig nie. Stel wel baie belang. het al op SACCC se website rondgespeel. Het egter gehoor dat hulle baie streng is rondom versamelaars status. jy moet 'n tema he en duidelike kennis van die betrokke kategorie kan openbaar. Om te se jy wil gewere versamel omdat jy die laaik gaan nie water hou nie. jy moet byvoorbeeld iets he soos die verskillende deriwate van die 1911. Of Steyr Mannlicher gewere tussn 1957 en 1996. Of handwapens wat deur die SAS gebruik word ens. Dit sou nogal nice wees as SAJV so iets wil begin doen. SACCC is meer militer georienteer en ek stel baie meer belang in jaggewere.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Wouter Roets »

Ek verstaan dit ook so. Dit lyk regtig goed dat SAJWV dit wel gaan aanbied, ek het weer met ons voorsitter daaroor gepraat. Ek gaan die Ruger kaart speel met my aansoek, nogal nie n slegte maak as jy alles in ag neem wat hulle aanbied nie! Hopelik werk dit.
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
jmb

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by jmb »

Wouter ek het weer 'n ding vir Steyr Mannlichers spesifiek voor 1996. Ek wil ook kyk na 'n 1911 versameling.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by Wouter Roets »

Johan
Die 1911 is ook my favourate, nog altyd. Het maar destyds vir n 9mm gegaan anders het ek ook defnetief n 1911 gekoop. Daar is darem n paar make wat daai kettie bitter mooi inkleur!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
jmb

Re: Hoeveel gewere is eintlik genoeg?

Post by jmb »

Majuba ek dink nie die 10mm is 'n goeie idee vir 'n wapen wat jy baie wil gebruik nie. Die 40 is baie meer gebruikersvriendelik en beskikbaar. Ek het die Delta gekoop omdat ek 1911's baie laaik. Dit is 'n skaars wapen wat dit vir my interresant maak. Ek gaan egter nog steeds eerder my 9mm's gebruik. Die 10mm is regtig meer vir die pret. Ongelooflik baie energie maar ek dink vir SD is die 40 die beste.
Post Reply