Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post Reply
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post by Hennie Oelofse »

Hi Almal,

Ek hoop iemand kan help.

Ek is opsoek na n lekker jag plek wat goeie biltong pryse op Springbok, Blesbok en Ribbok het.

Ek woon in Pretoria, ek sou verkies om nie langer as 4 - 5 ure te ry nie. Maar ek weet dis nie altyd moontlik nie.

Groete,

Hennie Oelofse
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post by win270 »

Welkom op hierdie forum! Vertel ons lede gerus wat jou belangstellings alles behels. Dan kan ons op die manier sommer lekker aan die gesels raak.

Hennie, gaan loer maar bietjie rond op hierdie forum vir jaggeleenthede. Daar is baie inligting. Koop ook jagtydskrifte soos SA Hunter / Jagter, Wildland, ens waar daar baie inligting hieroor verskyn.
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post by Hennie Oelofse »

Hi Win270,

Ek en my vrou gaan jag maar gewoonlik in die bosveld, Alldays gebied. Ons het besluit ons soek hierdie jaar n paar springbokke vir die pot. Ongelukkig ken ons niemand met n plaas in die Vrystaat of Kalahari nie.

Ons soek redelik rond, maar het nog nie n plek gesien wat ons oog gevang het nie...
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post by win270 »

Snuffel ook op die webwerf www.ibookdirect.com rond. Ek is seker ander forumlede sal julle mettertyd van goeie raad kan bedien. "Goeie" pryse bestaan ongelukkig nie eintlik nie - om deesdae te jag, kos maar taamlik. Werk op so ongeveer R25/kg geslagte gewig, dagfooie, akkommodasie, vervoer, ens nie hierby ingesluit nie.

Kyk op die webwerf http://www.stealthadventures.co.za/Carc ... lator.aspx om aanduiding te kry hoeveel kg verskillende spesies uitslag. Laat weet gerus waar julle uiteindelik reggekom het.

Groete
MONTIE
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Thu Dec 20, 2012 7:07 am

Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post by MONTIE »

Ry bietjie verder na Murraysburg. Ian Hattingh sal kan help met springbok en ribbok. Ek en my vrou gaan elke jaar soontoe.Sy jag nie en geniet dit steeds.
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post by Hennie Oelofse »

Hi Montie,

Baie dankie vir jou terugvoering. Het jy dalk vir my Ian se kontak besonderhede?

Hoeveel vra hy min of meer vir Springbok en Ribbok?
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post by win270 »

Oelof, ek glo jy weet hoe ver Murraysburg vanaf Pretoria is . . .
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post by Hennie Oelofse »

Ja nee, ek glo dit is so 8 of 9 ure se ry. Dis dalk die moeite werd as die pryse goed is...

Ek dink maarnet aan Ribbok in die toekoms, ek het reggekom met springbok, ek is genooi vir n Springbok "cull". Sien nogals uit daarna.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post by win270 »

Die afstand is sowat 923 km . . . kyk by:

https://www.google.co.za/maps/dir/Murra ... 25.7461111
MONTIE
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Thu Dec 20, 2012 7:07 am

Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post by MONTIE »

Oelof, Ian Hattingh 0828799233. Laat hy liewers die prys vir jou gee. Netnou maak ek foute daarmee.Ek is tevrede daarmee. Is 880 km vanaf Boksburg met N1.Bly vir my die moeite werd. Weet wat ek kry tov.akkomodasie en etes.Jy sal nie spyt wees nie.
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: Goeie jag pryse vir Springbok, Blesbok en Ribbok!?

Post by Hennie Oelofse »

Baie Dankie Montie!
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
Post Reply