Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek kwyl self vir so 'n tuimeldrommetjie.
Dit is nie te moeilik om saam te vlans nie, maar die prys van die media sit my ook 'n bietjie af. Op 'n ander draad het een van ons erg handige lede iets soortgelyks gebou en vlekvrye staal sweisdraad opgeknip vir media. Sy koste, ongeveer R300. Sy mengsel vir die seep is opwasmiddel, water en wynsteensuur.
Ek het ook al van die fyngemaakte appelkoospitte gebruik. Die wat ek gekry het is egter dubbel die nodig deursnee en kompakteer binne in die 243 se doppe en maak nie mooi die doppe binne skoon nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Het vandag die firma gebel. Nou Organic Abrasives. Tel nr 023- 614 1139. In Montagu .Kry in grote vanaf 0.2>mm: Die een wat ek tans gebruik. 0.4>0.2mm: Het al van die een ook gebruik. 0.7>0.4mm. Volgende een behoort ook te werk. 1.6>0.7mm. Mag hier en daar een in primer gaatjie bly sit.
Ek dink die gaan dalk bietjie grof wees maar moontlik vinniger skoon maak .2.5>1.0mm: 4.5>2.5mm. Pryse wissel vanaf 142.77 vir heel fyn tot 127.80 vir 25kg sak.
Ek gooi baie maal so 'n teelepel brasso by die mengsel. Kon nog nooit enige newe effek van dit op doppe sien nie.laat hulle wel baie mooi blink indien die media nog nie te vuil is nie.Skiet Sako doppe in my 30-06 wat meer as tien jaar oud is en al by laai nr 15/16 is.
Gawie die een wat ek gebruik pak nie saam in die doppe nie .Ek gebruik hom sonder vloeistof.
Arnold ek moet eerlik sê dat die primer pockets en binne kant nie blink soos Willem se doppe nie. Dit is wel heel vry van aanpaksel. Buitekant blink soos Willem se doppe.Ek het nog nooit probeer om 'n watermengsel met seep en iets soos wynsteen suur te gebruik nie. Ek glo ek gaan dan moontlik ook 'n blink binnekant kry. Dit mag dalk net 'n probleem gee met die heel fyn gemaalde pit. Hulle gaan so lekker uit die dop val nie.Sal wanneer ek weer 'n kansie kry die toets doen.
Die stainless pennetjies uit 'n tegniese oogpunt gesien, behoort vinniger skoon te maak en gaan lekker uit dop uitval saam met water mengsel. Sal egter nie my doppe oornag wil inlos nie.
Manne ek het Vrydag een van die Tumbler aangeskaf bY Safari en my morsige doppe wat ek anneal het daarin gesit.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/doppe1_zps8c40105d.jpg
Ek neem aan die pennetjies kan oor en oor gebruik word. So dis n eenmalige uitgawe ? Indien wel sal ek ook na die tumbler kyk. Het nie baie sukses gehad met my RCBS tumbler nie. Moes hom ure aaneem aanlos selfs met nuwe media en dan was die dope nooit werklik skoon nie.(Moet byse dit was n stokou tumbler wat ek destyds by n namibier gekoop het.)
Enigste advies wat ek het is moenie .222/.223 doppe saam met .375 tumble nie, hulle druk inmekaar en vang dan baie pennetjies so op. En tweedends die S321 resedue het die water vrek vuil gemaak en al my doppe so vaal gelos ek moes elkeen na die tyd met 'n lap buff wat nie gewoonlik nodig is nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.