Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Is daar lede wat hulle punte self giet? Ek moet binnekort begin om vir my .404 Jeffery(.423) punte te giet as ek die kaliber meer wil skiet , om van die rak af te koop is net te duur. Ek gaan nou binnekort vir my `n gietblok bestel by `n plaaslike man, Mike Neumann wat `n gereedskap maker(tool&die) is van beroep. Ek stuur gietpunte vir hom wat ek by `n vriend in New Zealand gekry het.Die punte is 350gn teen 2200 v/s wat redelik vinnig is, jy het in elke geval nie meer spoed as dit nodig om daarmee te jag ook nie....

Ek dink in elke geval dat ek genoodsaak gaan word om vir my .375 H&H Magnum ook te giet...dit bly `n goedkoper opsie, op die staduim sal ek dit slegs gebruik vir papier skiet en gekoopte punte gebruik vir jag.

Ek hoor graag van julle manne.

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Opdatering:

Ek het vir Mike Neumann `n paar gietpunte van my .404 Jeffery(.423") gestuur met gas checks , Mike gaan nou vir my `n mold bou sodat ek 320gn giet punte kan giet vir my .404 Jeffery wat dit baie meer bekostigbaar gaan maak om die geweer tydens BASA kompetisies te skiet. Ek sal nog steeds Impala 320 gn punte gebruik om mee te jag, dit is nou die 320 gn Bosvelders wat so akkuraat skiet. Ek sal begin om fotos op te laai as ek die mold terug kry van Mike Neumann af...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Ek gaan die week tyd spandeer om punte te giet vir die .404 Jeffery. Dan wil ek die punte tot maat druk en smering doen. Ek het ook gietpunte nodig om die .375 H&H doppe te vuurvorm na .404 Jeffery mates. Die proses moet ook die week plaasvind.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by vriell »

Gert Odendaal wrote:Is daar lede wat hulle punte self giet? Ek moet binnekort begin om vir my .404 Jeffery(.423) punte te giet as ek die kaliber meer wil skiet , om van die rak af te koop is net te duur. Ek gaan nou binnekort vir my `n gietblok bestel by `n plaaslike man, Mike Neumann wat `n gereedskap maker(tool&die) is van beroep. Ek stuur gietpunte vir hom wat ek by `n vriend in New Zealand gekry het.Die punte is 350gn teen 2200 v/s wat redelik vinnig is, jy het in elke geval nie meer spoed as dit nodig om daarmee te jag ook nie....

Ek dink in elke geval dat ek genoodsaak gaan word om vir my .375 H&H Magnum ook te giet...dit bly `n goedkoper opsie, op die staduim sal ek dit slegs gebruik vir papier skiet en gekoopte punte gebruik vir jag.

Ek hoor graag van julle manne.

Gert
Teen daai spoed met loodpunte mag jy moontlik probleme kry met "lead fouling"
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Pvdw »

Teen daai spoed met loodpunte mag jy moontlik probleme kry met "lead fouling"
Solank jy gas checks opsit kan jy tot 2200ft/s jaag maar nie meer nie.

Die koeël self word egter 0.001 tot 0.002'' grootter gesize as jacketed koeëls en so seël hulle mooi.

Gert watse lood gebruik jy vir daai koeëls?? Ek sou reken dat jy darm so 3% tin en 3% antimoon in daai mengsel inwerk as jy kan.

Mike is in 'n klas van sy eie. Daai oom maak die beste Creedmore sights vir LR swartkruit in die wêreld. Die Amerikaners keyl oor sy werk. Het hy jou van sy sights gewys??

Lekker cast.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Pvdw
Ek sal sekerlik maar in die omgewing van 2100 f/s bly, die idee is om die punte te gebruik om baie oefen met die hantering van die .404 Jeffery te kry, ek gebruik tans Impala punte wat die goedkoopste is om mee kompetisies te skiet by BASA. Maar ek sal meer oefening moet kry as net een maal `n maand skiet dae...daarom sal ek moet gaan vir `n goedkoper opsie soos die giet punte wat ek definitief as `n goedkoper opsie sal gebruik, dit is net nog `n fasset van gewere en herlaai aspekte.

Ek het na Mike se sights gekyk, ongelooflik, die man het talent...hy is regtig skitterend in dit wat hy doen...ek is seker ek gaan `n baie netjiese gietblok kry wat my nog baie gaan spaar. Ek wonder net hoekom nie meer manne wat skiet gietpunte gebruik nie? Is dit maar omrede daar `n konnektasie van lood "fouling" met die proses saamgaan? Of is die punte wat `n mens koop nie so duur as wat ek dink dit is nie??
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Ek het die .404 Jeffery gietblok van Mike Neumann af terug gekry, ek het reeds koeels gegiet en dit lyk werklik baie goed. Die gietblok is van hoogstaande gehalte, ek sal verseker nie eers daaraan dink om uit Amerika `n gietblok te bestel as Mike Neumann nog steeds gietblokke maak nie. Die produk is werklik iets besonders. Gister het ek tyd gehad om koeels te giet en sal more van die gietpunte laai en kyk hoe die groepering met die punte lyk. Ek sal fotos oplaai van die gietblok, en die punte wat ek gegiet het.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Bertie375
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Tue May 22, 2012 3:42 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Bertie375 »

Hi Gert,

Ek het 264gr lood punte gebruik in my 375 Ruger en hulle werk goed. Ek het egter onder die 2000fps merk gebly.

Het jy al na die opsie gekyk om die punte met epoxy te bedek. Ek is besig met navorsing om goedkoper lood punte te ontwikkel vir papier skiet.

Groete

Bertie
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Hallo Bertie
Hou my asb. op hoogte van jou navorsing, ek kan altyd by iemand anders leer, dit is goed om te weet dat jy sulke navorsing doen, ek sal definitief meer van die tegniek wil weet...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by vriell »

Bertie375 wrote:Hi Gert,

Ek het 264gr lood punte gebruik in my 375 Ruger en hulle werk goed. Ek het egter onder die 2000fps merk gebly.

Het jy al na die opsie gekyk om die punte met epoxy te bedek. Ek is besig met navorsing om goedkoper lood punte te ontwikkel vir papier skiet.

Groete

Bertie
Bertie375 wrote:Hi Gert,

Ek het 264gr lood punte gebruik in my 375 Ruger en hulle werk goed. Ek het egter onder die 2000fps merk gebly.

Het jy al na die opsie gekyk om die punte met epoxy te bedek. Ek is besig met navorsing om goedkoper lood punte te ontwikkel vir papier skiet.

Groete

Bertie
Ja asseblief hou ons op hoogte. Watter epoxi praat ons van ?...klink heel interessant !
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Opdatering rakende die gietpunte vir die .404 Jeffery.

Ek het vandag `n .423" lubresizer die gedraai om my .423 " punte te size. Ek sal more die finale produk beskikbaar he dan moet ek nog net die staal dowl draai wat die punt deur druk. Die volgende wat ek sal moet draai is `n gas-check die om die gas-check plaatjies uit te druk en te vorm, ek wil die twee stappe met een slag doen...uitdruk en omklink en dan nog op die koeel aanbring...so dit is eintlik drie stappe...ek sal fotos oplaai.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Ek het gister die staal dowl gedraai wat keer dat die lube oral uitdruk as die koeel gesizeen gelube word. Die moeilikste deel is om die gat presies .423" te draai . Ek het die eerste die te groot gedraai, die tweede die se laaste deel het ook te groot gedraai omdat die snybeitel daar gevryf het.

Vandag sal ek die gat heel eerste draai ..dan voordat die gat op die korrekte tolleransie gedraai is sal ek die lube gate boor, dan die gat op tolleransie draai en sommer so ook dan die "bur" afdraai wat nog in die gat uitstaan...eers dan sal ek die buitekant van die die draai...met my stappe en prosesse nou mooi uitgewerk (geleer uit my foute :laugh: :laugh: ) sal ek verseker die die nou reg draai... ;D ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Ek het dit ten einde laaste reg gekry...die lubsizer die werk...alles pas mooi in die pers in, ek het net uit tyd uit gehardloop om die staal pen te draai wat die lube blok en dit by die regte gate uit druk. Ek moes intussen drie varke gou gaan skiet , krap en slag...toe weer terug keer na die kluis om verder te gaan werk aan die lubsizer die...ek sal Maandag begin om `n gas-check punch te maak sodat ek my gas-checks self kan maak.... `n paar fotos :

Begin om die item te senter boor:
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter016/DSC02734_zpsbdc66368.jpg
Boor nou met `n frees beitel, dit sorg vir `n perfekte gat, gewone boorpunte is geneig om te vibreer en skewe gate te boor..
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter016/DSC02735_zps2a5a2407.jpg

Stel die binne diameter sny beitel op dat dit nie vryf aan die kante van die gat nie...
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter016/DSC02738_zpsdf2775a2.jpg

Gebruik "markers blue" om maatlyne oor te dra op die projek om die gate op die regte plekke te boor
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter016/DSC02740_zps90995269.jpg

Boor die gate om die oortollige was uit te laat
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter016/DSC02742_zps73dc43fc.jpg
Polleer die finale afwerking
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter016/DSC02743_zpsf9ca0d34.jpg

Die res van die proses sal Maandag opgelaai word...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by vriell »

Baie netjies Dis darem lekker as mens die regte gereeddkap het om sulke dinge te doen.Sien uit na die volgende stappe.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Christo »

..... Die res van die proses sal Maandag opgelaai word...

Eish, erger as die sepies. Op die beste gedeelte moet jy maar weer Maandag verder kyk.

Netjies.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by vriell »

Sien uit daarna !
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Vriel/Christo
Baie dankie vir die positiewe aanmerkings, man julle sal nie glo hoe hard probeer ek om alles wat ek draai die eerste keer reg te kry nie...dit gebeur baie min..net as ek dink ek het die draaiwerk mooi onder die knie dan draai ek iets te groot , te kort of skeef...dit is somtyds werklik `n groot frustrasie...maar aan die ander kant leer dit `n man om met stappe en prosesse te werk...ek moet dan nog my aanpas by wat in die werks winkel gedoen moet word...sekere take moet uitgevoer word voor `n sper tyd dan is die draaibank nie altyd beskikbaar nie, dan moet ek eers met `n ander proses of taak aangaan...

Maar alles bly `n baie lekker ondervinding, net om in die wapenwinkel te werk en deel van die proses te wees is `n voorreg...om saam met `n besonderse persoon soos Johan Greyling te kan werk is `n dubbele voorreg...ek behoort more nog tyd op die resizing/lube die te kan inwerk, miskien kan ek hom voltooi dan kan ons die eerste gietpunte skiet uit die .404 Jeffery.... ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by vriell »

Gert Odendaal wrote:Vriel/Christo

"Goed" om te hoor dat draaiwerk nie altyd die 1ste keer reggedoen word nie.Ek het maar klein draaibankie en maak gewoonlik 2 of 3 keer voordat dit "min of meer reg uitkom" probleem is skoolgeld word betaal met beperkte materiaal tot my beskikking.Sien baie uit na die eind resultaat.Dankie vir die deel...
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Vriel , die beste ding wat ek kon leer was geduld , meet twee keer , sny eenkeer... ;D Ek het die staal pen wat die lube keer om uit te druk nou klaar gedraai...die .423 " giet punt word te lekker na `n .422 " gesize .ek moet nou nog `n top punch draai wat mooi op die staal pen sal indruk .....ek begin nou `n gas check die draai wat die gas checks kan uitdruk en in vorm druk...later wil ek `n two stage gas check die bou wat alle op een slag kan doen...ek sal die gedraaide item wat nou klaar is van fotos oplaai...die size/lube die het regtig nie sleg uitgekom nie, ek moet net noem dat Johan ook darem hand by gesit het.... ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by vriell »

Gert Odendaal wrote:Vriel , die beste ding wat ek kon leer was geduld , meet twee keer , sny eenkeer... ;D Ek het die staal pen wat die lube keer om uit te druk nou klaar gedraai...die .423 " giet punt word te lekker na `n .422 " gesize .ek moet nou nog `n top punch draai wat mooi op die staal pen sal indruk .....ek begin nou `n gas check die draai wat die gas checks kan uitdruk en in vorm druk...later wil ek `n two stage gas check die bou wat alle op een slag kan doen...ek sal die gedraaide item wat nou klaar is van fotos oplaai...die size/lube die het regtig nie sleg uitgekom nie, ek moet net noem dat Johan ook darem hand by gesit het.... ;D
Wonderlik ! Niks lekkerder as om terug te staan en mens se handewerk te beskou nie....sien uit na die fotos so steel ek maar met die oog....
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Ek kon nie vandag die top punch draai nie, ek het Johan Greyling gehelp met die silicon mold vir die Mauser slot..ons sal more die mold uitmekaar haal en dan sien hoe lyk die mold waarmee ons gaan was afdeukke giet...dan behoort ek die top punch te draai en solank ook die gas check die te begin draai...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Ek het vandag die gas check die klaar gedraai en die eerste gas checks uitgedruk op die draaibank. Die gas checks pas baie goed op die .423" punte ...ek sal fotos oplaai van die hele proses.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by vriell »

Gert Odendaal wrote:Ek het vandag die gas check die klaar gedraai en die eerste gas checks uitgedruk op die draaibank. Die gas checks pas baie goed op die .423" punte ...ek sal fotos oplaai van die hele proses.
Dankie Gert sien uit daarna !
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by Gert Odendaal »

Hier is fotos van `n baie eenvoudige gas check die en punch wat op `n draaibank mee gedruk kan word. Ek is tans besig om met `n konsep te werk wat ek in die RCBS rock chucker te gebruik...die eenvoudige konsep bestaan uit die die( ronde staaf wat aan die bo-kant `n sny gat het van 13 mmm (die koeel se skag diameter +die dikte van die koper plaat =0.4mm aan elke kant +die hoogte an die kant van die gas check= 1.2 aan elke kant reg rondom...dit gee vir my gietpunt =13 mm diameter wat uitgedruk moet word..

Jy kan net die mates kry as jy die koeel meet wat jy self gegiet het,,...die mates is baie koeel spesifiek...net onderkant die opening wat die ronde gas check knip is die opening waar die gascheck gevorm word as jy die punch omdraai in die loskop en die skyf deurdruk sodat die gevormde gas check uitval aan die ander kant van die die wat oop is...
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter028/DSC02870_zpsad0831e4.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter028/DSC02869_zps2da7ae1b.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter029/DSC02878_zps33350425.jpg

Ek behoort die week die meer ingewikkelde gas check wat in die reloading press gebruik word te maak, dan sal ek stap vir stap fotos op die DIY afdeling plaas...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Gietpunt afdeling-Cast bullets afdeling- Nuwe Kalibers

Post by vriell »

Gert dit lyk goed !! Wonder of ek dit op my ou Myford draaibankie dieselfde sal kan doen.Hoe hard is die staal wat jy gebruik het of kan dit maar gewone staal wees ? Sal graag wil sien hoe lyk en werk die een wat in die RCBS gaan pas.Ek sal graag vir my 'n .30 gas check "die" wil maak.Watse specs koperplaat het jy gebruik ? Verskoon al die vrae maar wil baie graag ook een probeer maak.
Baie dankie vir die deel...

Post Reply