Warm voete ?

Post Reply
User avatar
Karooklong
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm

Warm voete ?

Post by Karooklong »

Kêrels wat trek julle in die koue aan om die pote warm te hou ?
Dit is nou in die nag as jy in die stoel is.

PJ
Karooklong

.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Warm voete ?

Post by Hein M. »

Oskavas

;)
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Warm voete ?

Post by Pvdw »

Skaapvel pantoffels
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Warm voete ?

Post by G-force »

MUCK gumboots.Hou my voete lekker warm.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Warm voete ?

Post by Cobus(Cobb) »

2 pare sokke en skaapvel toffels...maar die geheim vir my is om jou pote heeltyd te laat werk..as hulle eers koud is word hulle nie weer warm nie. Ek loop plaas en haal roeper self...bloed toevoer na voete is daar..ek loop haal jakke self, beweging van voete...in die stoel rek en trek ek my pote heeltyd, punt my tone en trek voete op...als net vir bloed toevoer...en dit hou jou wakker as daai slaap oor jou kom sak so na 1am..
Dit werk in Gauteng waar ons max so -2 of 3 kry...nie julle ander manne met -10-18 nie..
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Chrisjan

Re: Warm voete ?

Post by Chrisjan »

Dischem verkoop spesiale kouse, dit word HEAT HOLDERS genoem.

Ek sukkel met koue voete, maar hulle het my probleem opgelos. En hulle kos maar iets soos R69 per paar. Jy sal verbaas wees hoe lekker warm hulle is.
User avatar
Karooklong
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm

Re: Warm voete ?

Post by Karooklong »

As mens Chrisjan se Heat Holders in hierdie groen waterboots met wol in aantrek behoort dit mos te werk?

+ wolsokkies

of Hunter se fleeze inners vir boots - net duur.

Die lyk ook of dit kan werk - ek het 'n pryslys aangevra.
http://karu-africa.co.za/ftrug_oskie.htm
Karooklong

.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Warm voete ?

Post by BLOK »

Karooklong wrote:As mens Chrisjan se Heat Holders in hierdie groen waterboots met wol in aantrek behoort dit mos te werk?

+ wolsokkies

of Hunter se fleeze inners vir boots - net duur.

Die lyk ook of dit kan werk - ek het 'n pryslys aangevra.
http://karu-africa.co.za/ftrug_oskie.htm

Ek het waterboots met baie kouse ens probeer en glo vir my jy gaan koud kry. Plastiek boots se plastiek word kliphard yskoud en maak dan jou voete ook so. Ook sweet jou voete soms in hulle en as daai sweet klamigheid kom nat word het sit jy met frostbite ;)
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Warm voete ?

Post by RUPERT »

Ek het geleer met die jare van hengel in die winter dat jou skoene die belangrikste ding is.Skoene met n harde plastiek sool trek baie gou koue na jou voete en skoene met n sagte rubber werk beeter.

As jy tewarm sokkies aan trek nyg jou voete om te sweet en die vog nyg om jou voete baie gouer koud te maak.Die groot triek is om n balans te kan handhaaf dat jou voete nie sweet deur tewarm aan te trek nie maar ook weer genoeg weerstand te kan leewer sodat die koue nie in kruip nie.

My raad dik rubber sole.
Post Reply