Springbok Jag Kompetisie Graaff Reinet

Jarcal het hier 'n platform geskep vir sy lede om kompetisies te adverteer vir Skole en Organisasies waarby die lede direk betrokke is soos bv. "raffles" met die volgende kriteria.
Die Lid moet meer as 25 "posts" geplaas het.
Hierdie is slegs 'n platform en die lid wat dit plaas is verantwoordelik vir sy plasing en Jaracal sal geensins betrokke raak by enige geskille nie.
Telefoon nommer, e-pos adres en fisiese adres van instansie moet gelys word
Post Reply
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Springbok Jag Kompetisie Graaff Reinet

Post by tokjak »

Op 29 Augustus 2014 word ‘n Springbok Jag Kompetisie in Graaff-Reinet aangebied ten bate van Huis Cronje, Hoer Volkskool se koshuis.

Kompetisie Bepalings:
Daar is 4 manne in ‘n span. Elke man skiet 2 bokke. Daar word punte vir skootplasing, sowel as gewig van die bok ( tot maksimum) , toegeken. ‘n Volle stel reels sal aan spanne wat inskryf gestuur word.

Kostes:
R550 per jagter - Sluit in die dag se jag
Ligte ontbyt en aandete
Ingangsfooi na Kudufees[ stalletjies , biertuin en musiek] wat op 29 en 30
Augustus 2014 ook by die skool plaasvind
R24 per kg - Springbok se prys, net die pens uit.
R50 per person wat kampeer ( Eie toerusting).

Vir ander akkomodasie in Graaff-Reinet kontak inligtingskantoor by 049-8924248

Daar is net plek vir 15 spanne. U plek word bespreek sodra daar R2200[R550x 4Jagters] inbetaal is.

Betalings kan gedoen word in die volgende rekening:
Oudskolierebond
FNB - Graaff-Reinet
62268799685
Tak kode: 210216
Gebruik verwysing: “kaptein se van “ + jagkompetisie bv. Smit jagkompetisie

Bewys van betaling moet per e-pos gestuur word na, vriespoort@gmail.com.
Vir verdere navrae kontak gerus Tokkels Lombard by 049-8490005 of e-pos na vriespoort@gmail.com

Indien daar ‘n maatskappy of individue is wat ‘n prys of kontant wil borg, sal dit waardeer word.
So maatskappy of individue mag dan ook sy of haar produk, teen geen koste, kom vertoon.

Jagters groete
Tokkels Lombard - Organiseerder
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: Springbok Jag Kompetisie Graaff Reinet

Post by tokjak »

nog net plek vir 11 spanne
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: Springbok Jag Kompetisie Graaff Reinet

Post by tokjak »

nog plek vir 8 spanne
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Springbok Jag Kompetisie Graaff Reinet

Post by GreyGhostGear »

Wie van die Jaracal manne gaan ons in Graaff Reinet sien einde Augustus?
Ons spannetjie is in en betaal.

Tokkels sê vanoggend vir my daar is nog net plek vir 4 spanne! so gou speel..

Ek het so paar weke terug by Tokkels gejag en lekker gesels oor die naweek - hulle het groot planne.
Een van die pryse is 'n nuwe Howa 6.5 x 55.
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Springbok Jag Kompetisie Graaff Reinet

Post by GreyGhostGear »

So wie van die Jaracal manne sien ons volgende week in Graaff-Reinet?
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: Springbok Jag Kompetisie Graaff Reinet

Post by tokjak »

laat ontrekking...................nog plek vir 2 spanne[ 4 jagters per span] R48 000 + se pryse 10% afslag vir jaracal manne


laat weet by vriespoort@gmail.com
Post Reply