Herlaai van 270 Win

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
jedlo
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Wed May 21, 2014 8:50 am

Herlaai van 270 Win

Post by jedlo »

More

Ek skiet nou al baie jare met my 270 en het altyd n lading geskiet van 53.5gr S365 met 130gr punte. die groepering was nog altyd goed. Ek het onlangs my loop vervang en skiet nou met 'n 26" loop en moet 'n nuwe lading kry. Met alles wat ek probeer het is 54gr S365 by verre die beste. Ek kry 5 skote wat almal aanmekaar raak op 100m. Klink dit reg vir julle slim manne. Daar is effense drukmerke op die slagdop maar steeds aanvaarbaar. Met 53.5 gr het die geweer 3110ft/sek geskiet en ek aanvaar dit sal vinniger wees met die 54gr. Wat is julle opinie oor die lading?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Herlaai van 270 Win

Post by Carl »

Wel dit is Somchem se huidige maks lading so behoort veilig te wees-ander veranderlikes in ag geneem. Terloops die spoed van 53.5 op die 24" loop is hoër as wat Somchem gee as die maks spoed.
Drukmerke op die slagdop? Oom Cassie se artikel som dit mooi op in Junie se SA Jagter, as die tekens die verkeerdes is sal ek kyk na 'n laer node.
Die ander punt van maks ladings is jou loop gaan vinniger groet veral op 270W wat 'n overbore kaliber is.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai van 270 Win

Post by tripodmvr »

Met sekere lotte gaan die 54gr heelwaarskynlik baie oordruk wees. Meer detail sal 'n beter ontleding kan vermag. Kyk onder QL herlaai en gee die nodige besonderhede sodat veilige drukke bereik word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Herlaai van 270 Win

Post by Jean Marais »

Ek het Saterdag 'n maat van my gehelp met sy 270. Ons het heeltemal wegbeweeg van S365, en oorgeslaan na S385. 150gr Spartan loop pragtig, goeie dopvulling, en die spoed lyk ook baie mooi. Ek kan netnie onthou wat die lading en TPL was nie, maar spoed so by 2850 rond.

Ek is g..vol vir die wisselvalligheid van S365.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai van 270 Win

Post by tripodmvr »

Stem vir S385. Dit het in my 7x64 die akkuraatheid gegee met die ou Barnes X. Druk is af en spoed is billik. Nou my rekords deurgeloer en die nuwe 150gr TSX het 'n 16mm groep met spoed van 2910vps gegee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Herlaai van 270 Win

Post by Henry 7 »

Is 385 bestendiger as 365 in terme van verskillende lotte?
Henry
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai van 270 Win

Post by tripodmvr »

Henry 7 wrote:Is 385 bestendiger as 365 in terme van verskillende lotte?
Henry
Ek wil nie daaroor 'n mening uitspreek nie, want selfs S355 en S335 begin al snaakse tekens toon. Wees maar op die uitkyk vir afwykings.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
r1ch@rds
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Sun Oct 06, 2013 7:36 pm

Re: Herlaai van 270 Win

Post by r1ch@rds »

Ek laai self 385 op my 270 en kry spoed van so net onder 3000 ft/s en is baie tevrede daarmee! Sterkte
Post Reply