Rooikat vang met hokke
-
Groukat
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm
Re: Rooikat vang met hokke
Hi almal,
Ja ek het ook catnip gebruik sonder sukses, vismeel en as jy 'n kat gevang het se urine werk vir my die beste.
Ons het braaikuiken hokke, ek het ook al van dai hoendermis en vere gebruik in hok met goeie sukses.
My basiese opstel is soos volg.
Lappie met vismeel op die trapplaat met tinfoil wat hang van bo dan gooi ek gras oor die bodem van die hok om yster toe te maak, ek het altyd sand gebruik, maar vind dit laat my hokke roes. Moenie die hok toe maak nie want kat moet die blink van die foil sien.
As ek 'n kat gevang het sny ek sy blaas oop en trek sy urine uit. Ek grou dan 'n gat in die grond en sit die urine in 'n botteltjie in die gat en sit dan hok bo die gat (reg onder die trapplaat), sodat as jy iets vang dit nie die urine kan omgooi nie dan kan jy dit weer gebruik.
Dankie Willie ek sal dit verseker probeer.
Ek het altyd katte in die hok geskiet, maar STOP nou met dit want ek dink dit is baie gevaarlik en ja die bloed sit ander katte af.
Ek druk hul met chipboard blank wat ek gemaak het in die hoek dan wurg ek hul vinnig en skiet hul buite die hok. Dit klink baie erger as wat dit is, maar hulle lyk my het 'n klein long kapasiteit en hulle baas ongelooflik baie vinnig uit. Dit lyk of hul dood is, maar glo my hulle is gewoonlik net uit gepaas.
Ek persoonlik dink dit is die veiligste en etieste manier om hul vankant te maak in 'n hok of mens moet grootter hok bou sodat jy hul van 'n afstand af kan skiet, my hokke is van daimond mach en is klein so dis gevaarlik om met .22 daar rond te werk.
Ek weet nie of iemand anders dalk beter raad het nie?

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Rooikat vang met hokke
Ek skiet altyd my katte in die hok, en laat hom goed uitblooi voor ek hom uit haal, ook gevind dat ek meer wyfies vang as daar bloed in die hok is.
Elkeen moet maar doen wat vir hom werk.
Elkeen moet maar doen wat vir hom werk.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
Groukat
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm
Re: Rooikat vang met hokke
Mac,
Ja daar is mos 'n gesegde, "there is more than one way to skin a cat" haha.
Die groot rede hoekom ek nie in my hokke wil skiet nie (ek het altyd) is omdat my hok van diamond expanded metal gemaak is en die gaatjies is klein, my .22 se loop kom net net deur 'n gat.
Daar is baie planne wat 'n ou kan maak ek het gedink om aan een van my deure 'n stuk af te grind en deurtjie in sit sodat ek van 'n afstand af kan skiet.
Of 'n man moet sub sonic ammo gebruik wat gewone .22 ammo is te vinnig vir so klein afstand en ek het al gehoor hoe fluit die pitroon uit aan die ander kant dis hoekom ek dit gestop het.
Die uitblooi in die hok sal ek so bietjie mee verskil. Ek glo dit sit katte af (kat bloed) en dit laat 'n man se hokke roes. Dis net my mening.
Hokke is duur (jaar terug vir myne R2900 vir een betaal, glo hulle sal nou baie duurder wees) om te maak en man moet hul so mooi as moontlik oppas.
As my hokke vuil begin word vat ek hul huis toe en spoel hul met hoe' druk spuit af. Ek skuur hul ook een keer elke jaar af en verf hulle weer oor met anti roes basis en dan 'n tipe van khaki olie basis verf.
Ek sal dit geniet as manne nog goed hier se' wat hulle mee sukses het in die hokke, ek geniet my hokke baie en my sukses op die twee spesies wat my baie pla is goed (rooikatte en ystervarke).
Goed waarmee ek al gevang het.
*vismeel
*fisant/tarentaal
*rooiaas
*kat urine (die beste resultate vir my)
*hoender mengsel wat ek gemaak het met mis en vere
*geblikte sardines, maar dis duur en die ander goed werk net so goed.
*blikkies katkos die wat na vis stink
*pilchards die met tamatie basis (ek is bang die chillie brand die kat se mond (haha))
Groete

Groot mannetjie vanoggend gevang in hok. Langs die skaap wat hy dinsdag gevang het.
Kan julle my verduidelik hoe om foto te post?
Groete
Kan julle my verduidelik hoe om foto te post?
Groete
-
pyp76
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Sun Mar 09, 2014 7:44 pm
Re: Rooikat vang met hokke
More,
Ek het groot sukses met dassies of tarentale wat ek agter in die hok hang, my hokke staan gewoonlik waar twee of meer voetpaaie bymekaarkom. Ek pak my hokke toe met bosse, lekker donker binne. Wil noh die cd en oom Schneutkluth se lokaas probeer, daar is manne wat glo daarin. Buite die hok sit ek 'n stukkie wol aan 'n bossie vas wat die kat se aandag trek. Ek het een hok waarin ek al naby aan tien katte die laaste paar jaar gevang het. Soek nou een wat groot ooie vang.

Tampie
- Full Member

- Posts: 183
- Joined: Wed Jun 05, 2013 2:03 pm
Re: Rooikat vang met hokke
My pa het die meeste sukses met deense bloukaas. Smeer so teelepel vol op skaapwol en sit dit op of onder die trap plaat. Om een of ander bisarre rede wil die katte rol in die kaas... My pa boer in Kroonstad en het laasjaar 18 katte met 10 hokke verspreid oor die plaas gevang. Hoop dit help. Groete.
-
Groukat
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm
Re: Rooikat vang met hokke
Hi pyp,pyp76 wrote:More,
Ek het groot sukses met dassies of tarentale wat ek agter in die hok hang, my hokke staan gewoonlik waar twee of meer voetpaaie bymekaarkom. Ek pak my hokke toe met bosse, lekker donker binne. Wil noh die cd en oom Schneutkluth se lokaas probeer, daar is manne wat glo daarin. Buite die hok sit ek 'n stukkie wol aan 'n bossie vas wat die kat se aandag trek. Ek het een hok waarin ek al naby aan tien katte die laaste paar jaar gevang het. Soek nou een wat groot ooie vang.
ek het nog nie dassies (geen rede net nog nie daarby uit gekom nie) gebruik nie, maar wel tarentale.
Ek glo ook aan blink ding in hok, sal dan net voorstel dat jy die hok nie toe maak nie, sonlig en maanlig moet op die cd of tinfoil kan skyn.
groete
-
Groukat
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm
Re: Rooikat vang met hokke
Tampie wrote:My pa het die meeste sukses met deense bloukaas. Smeer so teelepel vol op skaapwol en sit dit op of onder die trap plaat. Om een of ander bisarre rede wil die katte rol in die kaas... My pa boer in Kroonstad en het laasjaar 18 katte met 10 hokke verspreid oor die plaas gevang. Hoop dit help. Groete.
Hi tampie,
dis baie goed ek sal dit probeer, groot deel van jou sukses is jou aantal hokke, man kan nie te min hokke he nie.
Ek staan sopas op 12 rooikatte vir die jaar, ek het 6 hokke.
groete
- dorsland
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am
Re: Rooikat vang met hokke
Ek is bly ek het op hierdie fred afgekom. Ek het hier 'n rooikat wat in 3 weke 10 van my Boerbokke gevang het. Ek haal Maandag nog 2 hokke wat ek laat bou het op die dorp. Ek laat weet hoe dit gaan.
Last edited by dorsland on Sun Oct 09, 2016 6:30 am, edited 2 times in total.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
-
Dewitt
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Re: Rooikat vang met hokke
As julle dassies vir jul hokke soek, ek het ruim voorraad.
-
Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: Rooikat vang met hokke
As jy nog n hok stel langs die een wat reeds n kat gevang het vang jy gewoonlik sy maatjie baie maklik. Hou net die kat aan die lewe vir n paar dae.
Groette
Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
- Geno
- Administrator

- Posts: 13655
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Rooikat vang met hokke
Jakkie 321 wrote:As jy nog n hok stel langs die een wat reeds n kat gevang het vang jy gewoonlik sy maatjie baie maklik. Hou net die kat aan die lewe vir n paar dae.
Groette
Ek wonder nou...
Wat sal die wetlike vereistes wees om 'n rooikat wat jy gevang het aan te hou vir 'n paar dae?
Kort jy nie dan 'n aanhoudingspermit om binne die wet te bly nie?
Groete
Goed, beter, 6millimeter!
-
Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: Rooikat vang met hokke
Sal seker n permit moet he om dit wetlik te doen. Gewoonlik vang jy die maat al die 2de aand al.
Sent from my SM-G361H using Tapatalk
Sent from my SM-G361H using Tapatalk
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
- kwagga
- Full Member

- Posts: 176
- Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Re: Rooikat vang met hokke
As jy jouself gaan besig hou met wetlike vereistes rondom roofdiere wat skade aanrig, kan jy netsowel nou al ophou boer! Jy sal bankrot gevreet wees teen die tyd wat jy in "compliance" is"................ Ek het onlangs kommentaar gelewer op nuwe voorgestelde wetgewing. Indien die nuwe wetgewing gaan intree het ons 'n moerse probleem.
Ons het 'n rooikat wyfie gevang en toe in hok aangehou. Binne 'n week het ons 'n moerse groot mannetjie gevang! Binne in my Nyala teelkamp. Ons sit die tweetjies toe saam in een hok om hulle te skenk. Groot was ons verbasing toe ons weer by die hok kom en die mannetjie het daai HELE wyfie opgevreet! Alles! Ja, dis die waarheid.

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Rooikat vang met hokke
My oorle oupa het bitter baie rooikatte so in die yster en in die hok gevang. Die urine op die goiingsak is beslis een ding wat hulle nie kan verbystap nieWilliel wrote:Groukat, hou een kat lewendig in n hok by die huis as jy kan. Daar waar sy urieneplek is los net n goiingsak daar en plaas die sak dan uit na die gestelde hokke. Werk goed.
Groetnis!
- dorsland
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am
Re: Rooikat vang met hokke
Ek het 'n rooikat wat hier langs die rivier een van my Boerbokramme (so 65kg) gevang het. Ek stel toe die vanghok naby sy vangs, pak die agterkant en kante dig met doringtakke toe. Agter in die hok sit ek 'n lam wat paar dae terug gevrek het en sprinkel van Pieter Schneekluth se lokdoepa daaroor, CD hang agter in die hok.
Gisteroggend toe ek gaan kyk het die kat wel daar kom loer maar die deur het toegeval nog voor hy in was. Vanoggend gaan kyk ek weer, geen vars spore nie en deur staan nog oop.
Wat sê julle manne, gaan daai kat weer kom of moet ek die hok skuif?
Gisteroggend toe ek gaan kyk het die kat wel daar kom loer maar die deur het toegeval nog voor hy in was. Vanoggend gaan kyk ek weer, geen vars spore nie en deur staan nog oop.
Wat sê julle manne, gaan daai kat weer kom of moet ek die hok skuif?
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
-
Groukat
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm
Re: Rooikat vang met hokke
Kyk vir mis en krapbome en stel hok daar
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Rooikat vang met hokke
Sal daarvan hou as hier meer fotos was, goeie werk Groukat.
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
-
Groukat
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm
Re: Rooikat vang met hokke
Ek sal bietjie probeer fotos op sit. Het al n paar keer probeer maar kry dit nie reg nie