Sniper Ligte
-
Dirk
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Tue Mar 04, 2014 2:09 pm
Sniper Ligte
More almal, ek wil net hoor of hier van julle is wat al bietjie met die Sniper ligte gejag het , en of dit beter is as die Night Force. Ek oorweeg dit baie om die 35w HID een aan te skaf omrede hy so bietjie ligter as die 100w Night Force op die batery sal wees. Ek sien daar is ook die rooi filters te koop maar is nie seker hoe die op die HID ligte sal werk wat so helder is nie.
Ek waardeer julle terugvoering. Baie dankie.
Groete
Ek waardeer julle terugvoering. Baie dankie.
Groete
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Sniper Ligte
Dirk. HID ligte kan nie gedim word nie, dus het hulle geen nut vir my vir nagjag nie.
Jy bedoel seker Lightforce, en nie Nightforce nie? NF is 'n teleskoopvervaardiger.
Jy bedoel seker Lightforce, en nie Nightforce nie? NF is 'n teleskoopvervaardiger.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sniper Ligte
Ek het 'n jaglig prakseer met 'n klein vliegtuig se landings lig, dis 'n sealed beam tipe lig. Kry in 100w en 250w. Gooi 'n groot ovaal vormige kol, baie lekker as jy iets teen 'n berghang of straat tussen duine soek of in 'n plaat bosse agter 'n bv 'n kat aanjaag. Die 250w baie skerp, menige dier draai sy kop weg, maar jy sien sy lyf maklik. Vir bokke in die nag skiet is hy weer nie so prakties nie oor die groot area rondom die bok ook verlig word.
Maar hy is SWAAR op 'n battery.
Maar hy is SWAAR op 'n battery.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Sniper Ligte
bly maar liewer by lightforce.ek het al skoolgeld betaal
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Sniper Ligte
Sniper ligte werk goed, maar soos Geno se, hulle kan nie gedim word nie.
As n soeklamp, verseker n goeie koop vir sy prys.
As n soeklamp, verseker n goeie koop vir sy prys.
Too many to mention ;-)
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Sniper Ligte
Pasop ook vir n baie wit/blou lig as daar vog of stof in die lug is.Dit weerkaats kwaai terug.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Sniper Ligte
Too many to mention ;-)
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Sniper Ligte
johans wrote:bly maar liewer by lightforce.ek het al skoolgeld betaal
volgens my is hulle rugget, hanteer elemente goed. myne hou nou al jare. nog net 1 bulp verloor tussen 2 ligte in 3 jaar.
en, dink 99.9% van jagters gebruik hulle.
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Dirk
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Tue Mar 04, 2014 2:09 pm
Re: Sniper Ligte
Baie dankie vir die terug voering, waardeer baie. Ai Geno weet nie waaraan ek gedink het to ek nou staan en night force tik nie maar het Light Force bedoel. Hehe.
Dink ek sal maar by Light Force bly omdat hy kan dim. Ek het nie geweet dat die HID ligte nie kan dim nie, my kennis rondom hulle maar baie swak daarom wat ek hier by julle ervare manne kom raad soek het, en ek het my antwoord ook gekry. Baie dankie julle.
Baie groete
Dink ek sal maar by Light Force bly omdat hy kan dim. Ek het nie geweet dat die HID ligte nie kan dim nie, my kennis rondom hulle maar baie swak daarom wat ek hier by julle ervare manne kom raad soek het, en ek het my antwoord ook gekry. Baie dankie julle.
Baie groete
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Sniper Ligte
Dirk wil ook net noem n pel van my het n sniper wat my pla van die lig is dat hy ook eers moet opwarm (lol) dit pla my as ek lig soek, soek ek dit en dan wil ek nie eers wag vir die lig om wam te raak nie. Dan is die weerkaatsing baie soos G-Force se ek het dit ook ondervind
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Sniper Ligte
Manne, ek het 'n sniper met dim funksie. Hy skyn baie lekker. Ek sal more details opsit sodra ek by die huis gedraai het. Die prys was so R1100. Hy is nie op die katalogus nie.
Groete
KK
Groete
KK
