Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by Piet Breedt »

Om doppe te anneal is seker een van die fristrerendste, maar nodigste komponente van herlaai wat daar is. Ek anneal nou al vir n hele klompie jare my doppe met die hand deur dit in n dop houer te plaas en met n boormasjien in die rondte te tol in n vlam van n gas brander. Ek gebruik wel Tempilac as ek dit in die hande kan kry as maatstaf, maar dit was baie skaars vir twee of drie jaar, en moes ek maar op vorige ondervinding staat maak om die doppe te anneal. Nodeloos om te se, loop dit dan eintlik op n geraaiery af en is die uindresultaat maar redelik verdag.

Toe ek so 2 jaar gelede in die Czech Republiek gaan skiet het as lid van die Jaggeweer Protea span het ek met JP Wessels, wat een van my spanmaats was gesels oor die anneal probleem. Hy se toe vir my dat hy n annealing masjien ontwerp het, en dit by van die groot geweer winkels bemark. Ek en n ander vriend het toe so pas geld bele in n Amerikaanse “Ken Light” anneal masjien, waarmee ek nie regtig baie tevrede was, en het dus nie regtig indringend na sy eerste model gekyk nie.

So paar weke gelede staan ek in S & O en bekyk JP se nuutste model, die “Auto Anneal Gen 2” model, en na so kort demonstrasie deur oom Kassie besluit ek net daar dat dit die oplossing vir baie van my pyne sal wees en koop hom. By die huis gekom, pak ek hom uit en lees vinnig deur die handleiding en neem so paar ou doppe vir die eerste proeflopie. Ek was absoluut oorstelp met die eindresultaat en kon nie glo dat so oulikke masjien hier in ons midde deur een van ons eie boerseuns ontwerp en vervaardig word. Ek het dadelik vir JP gebel en hom geluk gewens met die puik produk wat hy self ontwerp en vervaardig.

Die masjien word voor die tyd gepak en kan sowat 150 x .25 06 doppe hou. Die vlam word dan gestel en so paar doppe wat voor die tyd met Tempilac ge merk is, gevoer. Ek stel dan die spoed van die elektriese motortjie wat bepaal hoe lank die dop in die vlam moet roteer totdat die Tempilac net begin verkleur, en as ek tevrede is, begin ek met die doppe wat ek wil anneal. So elke nou en dan druk ek weer een met Tempilac in om seker te maak die vlam is nog op dieselfde intensiteit. Die vlam word so gestel dat hy slegs op die nek van die dop konsentreer, en glad nie op die skouer en skag van die dop. Die tydsduur wissel afhangende die intensiteit van die vlam, maar ek vind dat so tussen 9 en 11 sekondes baie goed werk op meeste van die kalibers wat ek herlaai.

Die “Proof is in the pudding” soos die ingelse se, en die konstantheid van die anneal proses kan dadelik gevoel word as ek die koeels seat. Elke koeel vereis dieselfde drukking en daar is nie meer van hulle wat stywer en losser ingaan nie.

Wat voorheen loshande die grootste effort was in die herlaai proses, is nou die lekkerste deel daarvan. Ek kan met groot vrymoedigheid hierdie Trots Suidafrikaanse produk uit eie bodem aanbeveel vir elkeen wat herlaai. S & O bied hierdie masjien tans op n spesiaale prys aan van R 3800.00, en as mens die prys van goeie doppe in ag neem, betaal hierdie masjien homself redelik vinnig af.
Behalwe vir doppe wat kraak as hulle te hard word van te veel herlaai, is akuraatheid ook n probleem met “spring back” wat plaasvind nadat hy deur die sizing die gedruk was. Daar is byna geen konstantheid in doppe wat te veel herlaai was sonder behoorlikke annealing nie

Hierdie masjien maak nie net die uiterste beslommernis van annealing n plesier nie, maar verseker dat jou duur doppe baie langer hou, en ook hul optimum akuraatheid ook behou vir baie langer.

JP verseker my ook dat sy nasorg op die masjiene vir hom n saak van trots is en dat hy geen een ooit in die steek sal laat daarmee.

Ons sein is maar redelik sleg hier waar ek bly, en sal weer vir Geno vra om n video te plaas van hoe hy werk sodra ek dir vir hom kan aanstuur.

Hier is n video op Youtube: http://www.youtube.com/watch?v=pfEJHe7- ... e=youtu.be

https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... _gen2__jpw


http://youtu.be/Er6jfAiB07M




http://youtu.be/jKxbHY_wfKc


User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by prohunt »

Piet ek stem heelhartig met jou saam, wat 'n uitstekende produk!!! Dis ook 'n plesier om met JP besigheid te doen.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by henning »

Piet, is die verskillende lengte en dikte doppe n beperking met hierdie masjien of nie?

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by JPS »

Henning glad nie,

Ek het my masjien by JP opgetel verlede week. Jy stel net die burner in oyn op met jou doppie se nek so ek het al van 260 to 375hh ge anneal. En soos om Piet se iets wat voorheen 'n frustrasie was is nou regtig 'n plesier. Ek het altyd so elde 4de skoot op doppie Anneal. Nou is dit elke skoot en ek glo ook die masjien gaan homself betaal as mens kyk hoeveel doppe nou al kos.

Julle kan die masjien regtig met vrymoedigheid koop. My mater het ook gister een by SO Rivonia opgetel na hy na myne kom kyk het.

Mooiloop
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by Piet Breedt »

Henning, Geno sal more die videos wat ek geneem het op sit, dan sal jy sien dat dit glad nie moeilik is om dit te stel vir enige dop. Hy kan selfs die klein doppe soos n .222 en .223 doen met slegs n klein verstel plaatjie wat jy in posisie bring met 2 x allen cap skroefies.

Dit is so lekker om die masjien te gebruik dat ek nie kan wag om dievolgende batch doppe te doen. Ek het selfs nou al van my ou doppe wat al eenkant toe geskuif is weer nader getrek om weer lewe in hul te blaas met n goeie anneal jopie.
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by PJS »

Manne

Ek het ook so twee weke gelede een gekoop en wat n plesier. Ek het tussen 350-400 doppe gedoen in minder as 90 minute. Dit is regtig n uitstekende masjien.
Mooiloop
PJ
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by Wouter Roets »

Hallo Piet

Ek weet julle het nou gese dat die masjien alle doppe sal kan aneal, maar sal graag wil weet of hierdie 416 Rigby en 505 Gibbs doppe ook sal insluit? MAW is daai draai kop aan die onderkant van die tregter se breedte breed genoeg vir hulle en sal die burner hulle ekstra lengte kan hanteer?

Groetnis
Wout
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by prohunt »

Hallo Piet/JP,

Ek sien JP laat val die doppe in water en jy los dit om self af te koel. Wat dink julle is die beste om te doen en enige rede?

Dankie

Johan
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by JPS »

Pro hunt van alles wat ek al opgelees het oor brass moet jy hom vinnig laat afkoel na jy die nek ge anneal het. Dit is sodat die hitte nie verder afbeweeg as die nek ge anneal is nie sodat dit nie die body van die brass sag maak nie en slegs die nek so ek laat hom ook in bakkie met water val.

Groete
JP
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by prohunt »

Dankie vir die terugvoer JP, dit maak vir my sin wat jy sê. Dit sal interessant wees om te hoor of Piet dan nie ervaar dat sy doppe verswak nie.
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by william007 »

Goeie dag manne ek het vandag vir my so masjien gekoop so ek sal hom hier oor die naweek gaan uit toets ek nou bly om die deel te sien en lees , ek het ook altyd met die hand en boor masjien gedoen en het ook my doppe vinnig laat af koel ek dink ook dis die regte mannier om doppe in water te laat val om af te koel.

as n mes nou nie van die poeier het nie om dit nou so te noem dink julle die 10 sek is goed genoeg vir die aniel of is ek besig met nosens want n mens kry dit nogal nie maklik te koop nie
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by Pvdw »

Johan jy sal daai dop vir vrek lank moet warm.maak om die web so warm te kry dat die dop tot daar gaan aneal.

Ek gooi hulle ook nooit in water nie. Maak die nek vinnig genoeg warm en die web word nie te warn nie.
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by Johan Reyneke »

Wouter Roets wrote:Hallo Piet

Ek weet julle het nou gese dat die masjien alle doppe sal kan aneal, maar sal graag wil weet of hierdie 416 Rigby en 505 Gibbs doppe ook sal insluit? MAW is daai draai kop aan die onderkant van die tregter se breedte breed genoeg vir hulle en sal die burner hulle ekstra lengte kan hanteer?

Groetnis
Wout
Wouter
Ek weet nie wat is die doppe soos genoem se lengtes nie maar jy kan die voer area tot omtrent 69 mm vergroot en die burner gedeelte behoort dan ook te akkomdeer.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by Piet Breedt »

Hallo Wouter, ek het nie sulke groot asdromme soos jy om te anneal nie, maar sal vir JP vra of dit moontlik is. Die burner kan nog baie verder uitstel.

Johan, ek het eenmaal n verslag oor brass gelees wat n metalurg geskryf het, en annealing spesifiek aangespreek het, en dit is ook die rede waarom ek nie raai nie, maar meet deur Tempilac te gebruik. Wanneer die dop die vlam verlaat, is daar definitief nie genoeg hitte om die res van die dop te verhit tot so n mate dat die skouer en skag van die dop ook sag sal raak. Dit is n ander saak as mens dit blindelings doen, en nie meet soos met Tempilac.

Op die video kan gesien word dat ek hom so stel dat hy die dop uitgooi, net wanneer die Tempilac begin verkleur. Ek kan die dop nog vat aan die agterkant, alhoewel hy redelik warm is daar, maar nie so warm dat hy my brand.

Daar is ook geen newe efekte om die dop in water te lat val, en anders as staal wat vinnig afgekoel word, temper dit nie weer die brass nie.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by Spanner »

Ai Piet, jou verslag het my finaal laat besluit om self die masjientjie te gaan aanskaf. Hy sal vrydag hier wees. Ek wik en weeg al lank oor die anneal storie en die masjien sal my lewe baie vergemaklik - ek hou nie van sukkel nie.
Dankie vir die verslag.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
jacojrdn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 305
Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by jacojrdn »

Piet. Net n interesante vragie, watter temperatuur Tempilac gebruik jy. As ek moet gaan op die meeste "sites" praat die manne van +-600 tot 700F (315-370 c) vir n 10 tot 15 sek periode)vir die aneal proses.

As jy die een gebruik wat plaaslik vrylik beskikbaar is, is dit 400 tot 450F (200-230 c). Volgens die sites het jy nodig om die temeratuur vir 10 tot 15 min te handhaaf om die metaal te versag en die hele dop word dan warm oor die lang tyd en sodoende word hy beskadig.

Hulle gebruik die 600/700F Tempilac op die nek en die 400F op die dop om te verhoed dat die wand meer as 400 F bereik.


Ek weet Google lieg nooit, :laugh: :laugh: daarom my vraag.
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag, 
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by DawieKotze »

Dis 'n baie lekker masjientjie die! Geluk!

Ek wonder of mens die "release" meganisme kan verstel sodat die nuwe dop vinniger kan inval na die vorige een ge-"anneal"is. Soos hy nou opgestel is, anneal hy vir 10 - 11 sekondes en dan loop die vlam vir 4 - 5 sekondes verniet. Maw - vir elke 2 doppe wat jy anneal, gebruik jy 3 doppe se gas. Dis 'n effektiwiteit van net 66.6% op gasverbruik. Natuurlik 100% effektief vir die anneal :)

Dis nie van ingatgeit dat ek vra nie - net die bietjie swaargrootgeword wat vra ;D ;D

Groetnis

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by Reggie Gerber »

Ek het nou al oor die 300 doppe anneal met die Gen 2 en my blik is nog nie klaar nie. Teen so 7-8sec per dop en die blik was R25.00 by Safari. Vandag by die mica gaan loer en hulle is R49.99 vir die selfde blik
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by Piet Breedt »

Oor die temperatuur wat die doppe moet anneal word is meeste kenners dit eens dat brass so tussen 650 - 700 grade farnheit eers sag word.

Die slim manne wat die goed baie nagefors het, reken dat dit redelik akuraat is om die 475gr farnheit Tempilaq wat ons hier kry, so 2mm weg van die rand van die skouer, op die skag van die dop te verf. As die Tempilaq dan begin verkleur, is die nek dan by die 650 - 700 grade farnheit. Hulle het al ondervind, en my eie waarnemings staaf dit, dat die nek dan behoorlik ge anneal word wanneer die Tempilaq dan begin verkleur daar waar ek dit geverf het, so 2mm bokant die skouer.

Oor die in water gooi of nie, is daar ook baie menings verskille. Die feit bly staan dat die brass tussen 650 - 700 gr F moet wees voor dit sag word, en die Templaq wys dan juis dat dit nog nie naby daardie temp is op die skag teen die tyd wat die dop die vlam verlaat. Die oomblik as die dop die vlam verlaat, begin die temp dadelik af te neem. Die oorblywende Tempilaq op die dop hou ook onmiddelik op om te verkleur die oomblik as die dop die vlam verlaat, en die res wat oorgebly het, bly wit. Dit is n bewys dat die temp nie verder stuig nie.Ek het al altwee metodes beproef, en kan geen verskil agterkom. Maar as jy bekommerd is, en dit jou meer gemoedsrus gee, gooi dit dan in water.

Daar is baie te se oor die onderwerp op die internet en baie verskillende menings.

Lees gerus hier. Kyk ook spesifiek heel onder in die deel wat nie verlig is wat se hulle oor in die water gooi of nie.

http://bisonballistics.com/articles/the ... -annealing

Dawie, ek het ook die ding van die gas bekyk, en glo nie daar is n manier om dit te verander nie. Al wat my troos daaroor is dat ek al oor die 450 doppe met die eerste blik gas gedoen het, en as ek hom afhaal en skud, is daar nog heelwat oor. Soos gesien kan word in die video, stel ek my vlam kleiner om die dop se nek langer bloot te stel aan die vlam sonder om die res van die dop te verwarm. Ek het een batch gedoen met die vlam op maksimum, en die timer op 6.8 sekondes voor die Tempilaq smelt. Ek sal die verskil waarneem as ek met hulle skiet en kyk wat werk die beste.

Ek gebruik die 475gr farnheit Tempilaq
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by JuanPaul »

Dagse almal, ek het maar my hand in my sak gedruk en een van die masjiene gekoop, ek kan met eerlikheid rapporteer dat dit 'n goeie belegging was en dat ek verder baie beindruk is met JP Wessels se raad en na verkoops diens. Dankie vir 'n puik produk JP.

Juan
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by PWV »

Piet Breedt wrote: Maar as jy bekommerd is, en dit jou meer gemoedsrus gee, gooi dit dan in water.
Daar is baie te se oor die onderwerp op die internet en baie verskillende menings.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 86#p406678
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by Piet Breedt »

n Maat van my het gisteraand hier by my kom doppe anneal vir hom en n ander pel, en altesaam oor die 850 doppe ge anneal met n nuwe blik gas, en daar is nog heelwat oor. Ek skat dat hy meer as n 1000 doppe sal kan doen op een blik. Vir net R25.00 by S & O is dit nie eers n faktor om in berekening te bring nie. Dit werk uit op 2.5 sent per dop. Hy het .223, .243, .308, .93 en .375 doppe anneal, almal het baie mooi gewerk.

Hy het my nou net gebel en gese hy gaan ook maar vir hom een koop nadat hy gesien het hoe mooi die masjien werk.
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by Yogi »

Verskoon vir die dom vraag, maar as dit tyd raak om jou doppe te anneal, doen jy dit nadat jy die dop gesize het of nog soos hy uit die kamer kom,klaar geskiet met primer in? Of sal dit nie saak maak nie. Gaan dit dan my spoed beinvloed as ek nou ewe skielik met doppe skiet wat ge anneal is?
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by andre007 »

Piet Breedt wrote:n Maat van my het gisteraand hier by my kom doppe anneal vir hom en n ander pel, en altesaam oor die 850 doppe ge anneal met n nuwe blik gas, en daar is nog heelwat oor. Ek skat dat hy meer as n 1000 doppe sal kan doen op een blik. Vir net R25.00 by S & O is dit nie eers n faktor om in berekening te bring nie. Dit werk uit op 2.5 sent per dop. Hy het .223, .243, .308, .93 en .375 doppe anneal, almal het baie mooi gewerk.

Hy het my nou net gebel en gese hy gaan ook maar vir hom een koop nadat hy gesien het hoe mooi die masjien werk.
Net vit interresantheid daai blikke gas word by ons plaaslikke Checkers vi onder R 20 verkoop. Die maak is bush baby (sorry vir die hi jack)
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
FDV
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Tue Jan 15, 2013 8:31 am

Re: Auto Anneal Gen 2 - Trots Suidafrikaans deur n Boerseun.

Post by FDV »

Waar kry mens nou hierdie anealers?
Post Reply