Ons is Maandag so 6:00 uit Vanderbijlpark en was so 8:30 op die plaas. Afgepak en die nodige papier werk gedoen , is ons toe skiet baan toe. Sy skote was op 100m van die tafel en oor die stoke. Die skote was mooi en oom Piet was tevrede.
Ons het sommer van die baan af saam met die gits begin stap. Die oggend sessie was so 2 ure en ons is net na 12:00 die kampe in. Na middag ete en kort slapie was ons terug in die veld vir die middag sessie, 14:30 – 18:00. Ons het nie baie gesien nie en oppad huis toe het ek ‘n mooi BWB uit die bos sien beweeg so 100m voor ons. Ek wou wag dat hy agter ‘n boom ingaan wat ons tyd sou gee om agter ons bos te beweeg en die stokke op te kry vir ‘n skoot. Ons was haastig en hy het ons gesien.
Volgende oggend is ons 7:00 weer uit. Die oggend was die wind stil, maar later het hy lekker gewaai wat ons baie gehlp het. Ons het op ‘n stadium 20m van 3 BWB gekom, ‘n OU koei en 2 jong BWB, dit was nogal pret. Teen die tyd was ek op en seer en selfs my retreads het nie gelp nie. Ons was weer so 12:00 in die kampe en ek het gevoel ek gaan nie die middag sessie maak nie…
Ek het met oom Piet gesels en gevra of hy ‘n problem gaan hê as ons dalk by ‘n watergat gaan sit vir die middag want ek gaan nie kan stap nie. Hy was baie tegemoedkomend en so is ons weer 14:30 uit na die naaste watergat.
Teen so 16:30 het die wild ingekom, rooibok ooie, Zebra, Kudu, Waterbok. Teen die tyd was my pa-hart al sag en ek het Zander 3 kanse gegee om ‘n rooibok ooi of kudu koei te skiet, maar hy wou nie. Hy wou ook nie die skoot op Ruan se ram vat nie…
Ek het Ruan se bok so 17:45 hier geskiet. Die donker het ons gevang en hulle het die Jack russel gebring, wat reguit na die bok toe gehardloop het nadat hy die spoor gekry het.
Woendag is ons weer 7:00 uit en het vroeg rooibok ooie gekry, maar hy wou nie ‘n ooi skiet nie. So voor 10:00 het ons BWB gekry maar die gras en bosse was so dat ons net die bokant van hulle rue gesien het. Uit eindelik het hulle ons geruik en is weg. Ek het vir die gits gesê dis tyd om kamp toe te draai, ek wou so 12:00 terug wees.
Oppad terug het ons ‘n groot vark gekry, hy was te vining en ons het ‘n ruk gesoek met die hoop om om te kry. In die proeses het ons in ‘n trop BWB vas geloop, dinge was te vining en hulle is weer weg, ons agterna. Dis toe dat ons ‘n trop mooi rooibokke sien almal ramme. Ek het gevoel tyd loop uit en my seun verdien ‘n bok. Die ramme het op so 150 – 180m gestaan, een was oop maar het QT gestaan. Ek het gesê hy kan die skoot vat…
Ek het deur die verkyker gekyk en wag vir die skoot, die bokke het gedraai en is die bos in. Ek vra toe nou waarom hy nie die skoot gevat het nie. Ek dink nie dit was reg nie pa….
Dis nie die eerste keer in sy lewe wat hy sa pa verantwoordelik hou nie…
Ons het omgedraai en is weer agter die BWB. Ons het hulle 2 keer gekry maar nooit ‘n oop skoot nie.
Oppad terug Vanderbijl toe sit ons en gesels en dit raak vir my duidelik dat hy dit baie geniet het. Gisteraand sit ons en lag soos hy oomblikke van die 3 dae met my vrou deel.
Ek dink beide seuns, Zander en Ruan, het hulle bok verdien. Hulle het geoefen, tyd in gesit, meer as 5 ure ‘n dag gestap….
Maar nou ja, dis jag, verdien mens ooit ‘n bok?
