MY EERSTE GROOT BOK

Enigeiets wat die jongklomp interresant mag vind/Anything wich might be worth mentioning among teenagers
Post Reply
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

MY EERSTE GROOT BOK

Post by BLOUVALKIE »

Hallo al die ooms hoe gaan dit met almal ek was so lanklaas hier want eks in st5 die jaar en skoolwerk en sport is mal die jaar

ek kon nie wag vd vakansie in die winter nou vd jag nie

ek en pa pit was tweekeer uit om n kudu vir my te skiet maar elke keer het ek niks gekry nie

baie dankie oom taffie vd lekker dag op oom se oom se plaas ek het nie een gekry nie maar sal hom vlgd jaar weer kom soek as dit reg is met oom dit was lekker om by oom te kuier

ek en my pa het donderdag by oom jannie van wyk in steynsburg gaan jag en toe skiet ek my eerste bul alles voor die was net ramme hahahaha

my eerste rooihartebees bul
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG_20140717_124723_zpse901ff5d.jpg

sy horings meet altwee 19 7/8" en hy het 74.7kg uitgeslag

ek het hom met die 270 op 240m geskiet in wind wat 36km/h gewaai het

ons laai frontier spartans die jaar en hulle bevange goed
hier is die een wat my bok geskiet het

http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG_20140720_114855_zpsb52febe6.jpg

dit was 140gr gewees en die is wat oor was
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG_20140718_201335_zps7e11e533.jpg

ons skiet hulle so 2860v/sek

die een links kom uit n kudu van my pa uit
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG_20140720_115015_zpsa7db1956.jpg

hulle maak ook omtrent niks vleis skade nie

baie dankie pappa vir my jag dis n baie baie mooi bok en ons het lekker gejag

as alles goed gaan skiet ek volgende naweek my eerste kudubul

mooi dag al die ooms

groete

BLOUVALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: MY EERSTE GROOT BOK

Post by win270 »

Pragtig, Blouvalkie!! Jy gaan nog onafskeidbaar van daardie .270 raak. Geniet die res van die jagseisoen en kom vertel verder met foto's hoe dit afgeloop het.

Groetnis
Peruvs72

Re: MY EERSTE GROOT BOK

Post by Peruvs72 »

Baie geluk. Lyk my daai koeels werk baie goed.
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: MY EERSTE GROOT BOK

Post by Wismit »

Baie gelluk. Mooi bul daai !!

W.S
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: MY EERSTE GROOT BOK

Post by Marc »

Baie geluk, dis n prag Hartebees daai. Wonder wie se bors is die breedste, joune of Pa sin ;D Mooi gaak !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: MY EERSTE GROOT BOK

Post by henried »

Baie mooi, geluk jong man.
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: MY EERSTE GROOT BOK

Post by Beer (Christo) »

Baie geluk. En nogals 240m.
AntonF
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm

Re: MY EERSTE GROOT BOK

Post by AntonF »

Baie geluk aan jou en jou pa
Hoop jou jag loop mooi volgende naweek en onthou die fotos

Groete
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: MY EERSTE GROOT BOK

Post by BLOUVALKIE »

hallo al die ooms

dankie vir al die boodskappe
oom marc. ek dink myne is :laugh:

groete
VALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
Sako264
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:54 pm

Re: MY EERSTE GROOT BOK

Post by Sako264 »

Baie geluk Blouvalkie. Mooi bok daai.

Sako264
Sako 264 Win Mag
Truvello 8x57 JS
Brno .22
Smith and Wesson .357
Rossi 44
Mendosa Windbuks
CZ 75 9mm
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: MY EERSTE GROOT BOK

Post by Cobus(Cobb) »

Mooi so Blouvalkie, ja nee, ou Dewald staan ook nog net op ramme, hy kan volgende jaar sy eerste BWB skiet, hy moet maar kies vir bul of koei,
Jy moet nou jou pa begin druk vir daai eerste jakkals, dan kom post jy bietjie vir ons jou storie.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: MY EERSTE GROOT BOK

Post by PITSMIT »

Baie dankie vd mooi wense manne. Ek is bitter trots op valk vd skoot wat hy in onmoontlike kondisies moes skiet. Die afstand en wind maak dit besonders. Pa pit het natuurlik "raak gespot" vd skerpskutter 8) en natuurlik kon hy nie anders as met n 270 dit reggekry het nie hahahahahaha. Hier kom die houe nou!!!

Hy het toe sy eerste kudubul geskiet. Sal dat hy foto en verslag kom opsit sodra ons kan uitfigure hoe om fotos op die tablet van photobucket af te plaas

Die man raak nou groot en kry nou ander bokkies in sy scope deesdae hahaha

Mooi dag vir almal.
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Post Reply