308Win: Skerpskutter vs. jagter

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Hein M. »

Hallo almal,

Sommige skuts noem iets van 'n gradeboog, terwyl ander weer sweer by die 308Win se akkuraatheid met spesiaal ontwikkelde ammunisie.  Hierdie kaliber word egter deur meer as 80% van die internasionale gemeenskap se spesialis-sluipskutter eenhede as wapen gebruik - met groot sukses.  Die vraag is:  Wat maak van hierdie kaliber een van die beste vuurwapen suksesverhale ooit?  Hoekom gebruik sluipskutters vandag nog 'n 308Win/7.62 en nie die 6mm PPC nie?
Last edited by Hein M. on Mon Nov 29, 2010 5:03 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Hein M. »

Dalk verkies die sluipskutters 'n swaarder koeel wat minder windsensitief is oor langer afstande

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by raychell »

Hein
Hulle gebruik wat hulle het, voor die .308win was dit die 30 06 en so vir die Britte hulle .303 ek dink tot vroeg in die tagtigs net voor die Fulcklands oorgeslaan na die .308 win vir Skerpskutters.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Hein M. »

Raychell,

Die rondte is eers in 1952 ontwikkel en sederdien het sluipskutters dit stelsematig begin gebruik.  Selfs die Russiese Druganov se patroon is ook 'n 7.62.  So die afleiding wat ek maak is dat die rondte sekere kwaliteite het wat dit steeds gewild maak. 

Hoekom juis hierdie rondte/patroon en nie een van die magic 6mm's nie?

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by KSV »

Hein,

Dink of het gehoor dis die beskikbaarheid van ammo op die oorlogsveld. Die skutter het net 40 by hom as ek nou reg kan onthou.

Kalahari groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Hein M. »

KSV,

Beslis sal dit 'n faktor wees.  Ek is wel nuuskierig om uit te vind of koeelgewig en ballistiek oorwegende faktore is.  Volgens die langafstandskiet ouens is daar min wat kan kersvashou by die 7.62 x 51.  Moontlik is dit die koeel se doodmaakvermoe.  Daar is wel rondtes met 'n laer koeebaan, maar teen 'n prys.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by raychell »

Hein Ek verstaan nie mooi wat jy wil weet nie ,praat jy oor doe .308kal in die algemeen of van die .308 Win?
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Hein M. »

hein wrote: Hoekom gebruik sluipskutters vandag nog 'n 308Win/7.62 en nie die 6mm PPC nie?
Rachell

Spesifiek van die 7.62x51 -  Soos hierbo genoem. ;)

As jagpatroon is daar uitdagings.  Wat laat sluipskuts vasklou aan hierdie patroon?

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by raychell »

Logestieke
Hou minder verskillende ammuniesie hoe beter,ek neem niks weg van die .308 nie.Die .308 word gebruik 175gr Match ladings vir medium afstand op sagte teikens en die .300WinMag 190gr Match tot 1000 dan die .338Lapua met 300gr vir ver afstand ,die Spesiale magte gebruik ook die .416 en vir harde teikens en baie ver die .50 Browning .Die swaarder koeel van die .30 bo die 6mm sal beslis in berekening gehou word.En dan kan jy net gebruik wat jy gegee word onthou in Vietnam het VSA met .30 06 Winchester jaggewere met 8x Unertel teleskope en later na .308 met Redfield Accutrack,Was die 30 06 nie al in Koerea uitgevaseer nie het jy dalk nou nog 30 06 Snipers gesien.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Nico Harris »

Die antwoord is maklik... die 308win is oorerflik(inherently) die akkuraatse kaliber indie wereld. n Ander ding wat ek ook al lank vir mense vertel en n groot voorstaander van is, is die volgende- akuraate gewere laat jou toe om lang skote te skiet-n vinnige platskieter wat nie akuraat is is soveel werd soos n ice-cream toaster! maaaaar as jy twee gewere/kalibers wat ewe akuraat is(bv; n duim op 200m) sal die een wat platter skiet dit maklikker maak.

net my 2c

groete
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Giela

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Giela »

Harris, dis 'n baie goeie punt wat jy maak.

Ek wil byvoeg dat die 6mm PPC 'n maksimum punt van 85 grein hanteer. Ek het nog nie gehoor van iemand wat met die ronte jag nie, enigsins

Die kaliber is ontwerp vir papier skiet. Ek is dus van mening dat dit nie voldoende doodmaak vermoe het nie. Dus sal dit nie 'n goeie skerpskut kaliber wees nie.

Die 6mm PPC word gesien as akkurater as die 308 WIN op 100meter met 'n paar milimeter,maar na 250meter is die PPC nie eers iets werd op papier nie a.g.v die ligte punt wat sy snelheid vinnig verloor en deur wind beinvloed word

Dis wat ek dink
Groete
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Gerhard »

Ek was 10 jaar in die weermag waar van die laaste 2 jaar ek die weermag se wapen depot bevelvoerder was.

Mens moet nie net vas kyk in 'n kaliber nie die 7.62 x 51 of 308 win is 'n baie goeie kaliber wat hom self bewys het tot op maks 900m

Maar wanneer daar na 'n "sniper wapen" gekyk word kyk 'n word daar na die hele wapen stelsel gekyk.

Dit sluit die alles in wat die wapen betref, van alle onder dele tot opleiding van wapen smede om die wapen stelsel instand te hou tot wie die verskaffer van ammunisie gaan wees tot die finale skut opleiding en aanwending op die skerp kant.

Wanneer daar na al die faktore gekyk word sal dit moeilik wees om die 7,62 x 51 uit die kussings te lug as die algemene "sniper" kaliber in die militer omgewing vandag.

Ja, wanneer dit by spes magte en polisie taakmag kom is daar meer spesialis stelsel wat ander kalibers insluit.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Francois Marais »

Manne

Het van julle die Discovery program Ultimate weapons gesien oor die naweek, het gehandel oor SNIPER WEAPONS, as ek reg onthou, het bietjie laat daop afgekom, was daar NIE n 308 onder die top 5 wapens nie, 50 BMG, 338 Lapua, en die wenner was n complete weapons system 408 Cheyanne Tac.

Weet polisie snipers gebruik redelik 308's.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Francois Marais »

Hein

n Sniper bepaal die afstand PRESIES voor hy skiet, met vandag se tegnologie, kan hy sy scope stel om presies te skiet waar hy gaan korrel, binne doenbare afstande, so die trajek van watse geweer hy mee skiet speel GEEN rol nie, die 308 is een van die mees akuraatste gewere op basies enige platform wavan jy hom wil skiet, en soos iemand genoem het, die alom beskikbaarheid van ammo, dit maak hom gewild as kort/medium afstand sniper. Ek het nog nooit gese die 308 is nie akkuraat nie, net gese dis nie DIE AKKURAATSTE nie, verder maar net gese, hy skiet soos n gradeboog, en dit weet ons almal is tog waar.

Wil graag vi jou n stukkie aanhaal wat n 308 skut vir my ge-PM het.
Ek skiet ook 308 met 47gr kruit en 110 vmax, maar wil 243 bou, want ek ken die 308

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
jmb

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by jmb »

Francois ek het nie veel erg aan die gradering wat Discovery se " Biggest baddest" programme aan goed gee nie. Oor die algemeen het dit 'n baie groot oorhel dat alles in die VSA beter is as enige ander land s'n en meeste gevalle is groter en swaarder en vinniger al wat tel.

Die Barret en Mcmillan wapenstelsels gebaseer op die 50 is baie groot, baie lomp en baie swaar. Dus beteken hulle niks waar daar van die sluipskutter gevra word om baie beweeglik te wees nie. Soos byvoorbeeld in stede en bos omgewings nie.

Die 50 en 416 is albei baie hoe energie wapens wat dit ook baie gevaarlik in veral stedelike gebiede maak waar die polisie opereer en waar meeste sluipskutters deesdae aangewend word. Hulle oor penetreer en kan dus maklik onskuldige omstanders beseer of dood.

Hoewel ons almal lees van die 2km plus "kills" maar ek twyfel of 1% van alle "sniper kills" op meer as 500m gedoen word. Hier is die 7.62x51 nog steeds koning. Dit is die beste kompromie wat daar op die oomblik bestaan. Is inherent baie akkuraat, het genoeg energie om mens te dood to verder as 1000m, kan in 'n ligte wapen gebruik word, het min terugskop, is inherent sag op loop ens.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Geno »

Kyk, ek's 'n groot .308 ondersteuner, almal hier weet dit en Stefan764 het ook die naweek gesien wat daai roer van my maak, MAAR
Francois Marais wrote: hy skiet soos n gradeboog
Dis hoekom ek die 25-06 kry, juis daaroor, maar ek sal altyd 'n softspot vir my kleilat h?.
As die pawpaw die fan slaan en ek moet 'n gun gryp sal dit 9 uit 10 keer die ou staatmaker drie nul agt wees.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by raychell »

Ek stem saam met alles wat oor die .308 geskryf word maar dit is nie sy legendariese akuraatheid wat hom aan die skiet hou nie dit is eenvoudig die feit dat daar van 30 06 en .303 oorgeslaan is na die .308 toe .As die VSA nie 30 06 performance in 'n kleiner verpakking gesoek het nie sou die .308 nie bestaan het nie.Die feit dat dit deur NATO aanvaar is maak dat omtrend almal dit gebruik.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Hein M. »

Dankie vir alle inligting.  Heerlik om alle opinies te lees.

Gerhard,
Die inligting oor die logistiek agter die wapen en die wapen self is baie insiggewend. 

Francois,
Soos ek dit verstaan:  Jy het TYD en tegnologie nodig om 'n uiters akkurate skoot met 'n 308 te waag - veral oor langer afstande.  Tyd is iets wat die spesialis roofdierjagter nie het nie.  So dis makliker om raak te skiet as jy 'n geweer met 'n platter trejek het -bv. 'n 243. 


Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by James Wilson »

oor ver afstabde lees 600-900m sal die 243 met sy oorspronklikke platter trajek heeltemal uitval. n mens moet versigtig wees om alles wat oor skerpskutters opgedis word as die waarhied te aanvaar. skerpskutters is nie so prominent in n konflik soos wat algemeen geglo word nie. daar is maar n bietjie romantiek wat oormatig aan hulle toegedien word. die belangrikste aspek van die manne is die taktiese voordeel wat die teenwoordigheid van n skerpskutter op die slagveld het. in kort is n skerpskutter n "force multiplier".

maar oor die algemeen was die 7,62 akuraat genoeg om sy eie langslewendheid te verseker en lees daarmee saam wat Gerhard gese het oor die logistiek van n weermag. wat ek wel sal byvoeg oor die kaliber is dat dit altyd vir my voorkom of die kaliber "vergewensgesind" is, teenoor die skut wat nie noodwendig alles reg doen nie.

in DR Lucas Potgieter se woorde:" Man, die ding is gemaak, om mense te skiet!"
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by Christo »

Jagbehep! wrote: skerpskutters is nie so prominent in n konflik soos wat algemeen geglo word nie. daar is maar n bietjie romantiek wat oormatig aan hulle toegedien word. die belangrikste aspek van die manne is die taktiese voordeel wat die teenwoordigheid van n skerpskutter op die slagveld het. in kort is n skerpskutter n "force multiplier".
Dit is so, wat jy nie buite rekening moet laat nie is dat die taak van doding net een aspek van sy doel is. 99% van sy tyd is hy 'n observasie pos en beteken die inligting wat hy inwin meeste van die tyd meer vir sy bevelvoerder se taktiese skuiwe as die enkele "kills" wat hy het. Sy geweer is 'n klein gedeelte van sy "kit".
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by fanie17 »

Daar is na die 308 toe verander oor die gewig van sy ronte en ook oor sy akuraatheid. n Soldaat kan baie meer 308 as 3006 se dra vir dieselfde rede is daar late na223 toe verander. die 308 is egter een van die akuraatste gewere wat bestaan. Oom Fanie van Sabie wapens het nog altyd gese n 308 is n 30 06 waarvan die stront uitgehaal is .As gekyk word na die balisties verskil hulle min.Die ander rede hoekom die 308 gewild bly en nie een van die nuwer ligter platskiet gewere nie is oor wat hy doen waar hy tref.n Skerpskutter skiet eerstens na die senuwee stelsel dan na ander belangrike organe.Dit kan wees dat n teiken dadelik uit aksie moet wees.Dit het al gebeur dat byvoorbeeld met n rug skoot met n 223/R4 die teiken n skoot kon skiet voor hy dood is en n , hostage, nog skiet,
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by henslin »

Mag ek dan die vragie vra ?  ??? Nie dat ek so oud is nie ! Hoekom het van ons outjies wat ons deel gedoen het dan soms die versoeke van die manne op ops/kaalvoetmanne gekry om liewers ons ou houtkolf FN'e te ruil vir die nuwe ligter en vinner modelle ? 'n 12" Dolfkiaat kon al die vinniger en nuwer goete keer - die ou FN 7.62mm het hom deur die boom uitgehaal. OK nou weet almal hoe oud ek is !  ;)  Elke spanner het sy doel. Geniet die 22-250's. As ek net die kans het staan hy ook in my kluis.
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by spekieries »

Ek stem saam met alles wat oor die .308 geskryf word maar dit is nie sy legendariese akuraatheid wat hom aan die skiet hou nie dit is eenvoudig die feit dat daar van 30 06 en .303 oorgeslaan is na die .308 toe ..
Raynie
[/quote]

Raychel jy bedoel seker met hierdie stelling dat hy in die weermagmillieu behoue bly. Ek weet nie waar jy jag nie, maar as jy in die bosveld jag het elke tweede boer 'n .308 en as ons 'n opname gaan maak onder jagters is ek oortuig baie manne het .308's.Ek is van mening dat indien dit nie eens 'n weermagkaliber was nie, die waarde van die geweer vir algemene jag deur jagters raak gesien sou word. Ek sal nou nie so ver gaan om jou gat te lek nie, maar nadat .308 as 'n weermagkaliber begin het ,ja met goedkoop PW en seuns ammo het die bokjagters sy waarde besef en baie koop hom nou sonder om eens te weet dit was vir lank die Nato kaliber. Ja ek het 'n .308, maar dit was my laaste toevoeging nadat ek 'n 9.3,8mm,.270 ,22H en .303 gehad het.

Henslin, lyk my ons is omtrent tydsgenote want ek weet Fort Doppies se manne het gesweer by die Belgiese gewere, self het ek die R4 gedra, maar as kamper en komando lid is ons uitgereik met die R1's.

Groete 



l
theterminator

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by theterminator »

MANNE

VRA BIETJIE VIR PIERRIE BOSCH OM JULLE MEER TE VERTEL VAN DIE SKERPSKUTTER EN DIE 308
HY WAS JARE BY TAAKMAG EN HET AL DIE GOEDJIES WAAROOR ALMAL SKRYF SELF GEDOEN
EK SAL VIR JULLE FOTO'S PLAAS VAN SPRINGBOKTEIKENS WAT HY OP 300M GESKIET HET WAT 'N NUWE LUS SAL WAKKERMAAK OM WEER MET DIE 308  TE SKIET EN DIE ANDER ROERE MAAR 'N BIETJIE TE LAAT RUS

GROETNIS

CLARENCE
Last edited by theterminator on Sun Jan 16, 2011 10:36 pm, edited 1 time in total.
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: 308Win: Skerpskutter vs. jagter

Post by worshond »

Vra maar vir Johannes Schoeman van Natal se wereld, daai man verstaan self n .308 en het nog tot onlangs in die top 10 van die Jaggeweer Skiet gele met daai selgde .308. Hey van wanneer af is jy CLATENCE piepietol?
Last edited by worshond on Sun Jan 09, 2011 10:35 am, edited 1 time in total.
Post Reply