.500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnut

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Ralph Badenhorst »

Geno wrote:Ralph,
Wat weeg so 'n dubbel? Moet seker redelik swaar wees met die groot fore-end?

Hoe kry julle oor julle hart om so 'n pasmaak geweer vir proofing te stuur? Of gaan julle self SABS toe om seker te maak dat die gewere nie beskadig (gekrap en gestamp) word nie?

Groete,
Eugene
Dagse Geno

Ons .500 Nitro's weeg tussen 12 - 16 pond afhangend wat die klient wil he. Hierdie dubbel is ook op n grooter aksie platform gebou as ons ander dubbels en is dus redelik swaarder. Die forend self is nie swaar nie maar gewig word meestals bepaal deur die loop dikte en lengte van elke loop. Baie manne kyk met vraagtekens op hule gesigte na daai fore-end tot dat hulle hom skiet dan verstaan hulle hoekom mens greep plek op n 500 of 577 nodig het.

Ons stuur gladnie ons dubbels vir Proef by SABS nie (al ons ander wapens word wel gestuur om geproef te word). Die SABS het nie die regte klampe om n dubbel korrek vas te klamp nie - die eerste en laaste dubbel wat ek gestuur het het hulle n G-clamp gebruik om die geweer aan die tafel vas te trek en het die middel ribbe beskadig (gebuig).

Ons het n cradle wat in die grond gesement is in ons skietbaan wat elke loop afsonderlik klamp - ons skiet wel dieselfde lading as die SABS gebruik. Ons doen n 133% proeflading - 3 skoote deur elke loop en dan foreseer ons n double discharge op die geweer om al2 skote gelyk te skiet - die drukking en proef lading op n double discharge sal jou n goeie idee gee of die geweer sal hou of nie.

Sal bietjie n video neem as ons weer so dubbel proef met n double discharge. Laaste 500 Nitro wat ons gedoen het het 2 570gr Rhino's geskiet

Ek't daai dag toevallig die 2 proef doppe afgeneem nadat hulle geskiet is- 2x nuwe norma doppe

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/IMG_0273_zps767a0550.jpg[/image]

Die lope op die cradle word sommer op n wit papier geskiet vanaf 30m - ekt tussen die 2 skote n kol gaan inteken net om te wys hoe naby aanmekaar die 2 proef skote skiet nog voor ons eers aan die reguleering begin werk of dink. Tydens hierdie skiet haal ons die middelste ribbe uit en die mono -blok en 2 loope word was getrek.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/IMG_0274_zpsa239c128.jpg[/image]

Hoop dit help jou, laatweet as ek iets nog moet verduidelik

Groete

ralph jr.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Geno »

Ralph Badenhorst wrote:die eerste en laaste dubbel wat ek gestuur het het hulle n G-clamp gebruik om die geweer aan die tafel vas te trek en het die middel ribbe beskadig (gebuig).
Eina. Dis juis oor sulke gevalle wat ek gevra het oor proofing.

Dankie vir die deeglike verduideliking, Ralph.

Groete
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Drenalinjunkie »

Ek moet self se dat hoe meer ek kyk na die fotos hoe meer sien ek dat mense se smaak en standaarde verskil. Die wereld sou bitter vervelig gewees het as almal dieselfde was.

Ek moet se ek is bitter bly om onder die .0000001% te val wat bitter baie van mooi Engelse gewere hou wat "par none" is. Vir my lyk n mooi splinter forend net reg op n klasieke dubbel. Ralph julle vakmanskap is goed met die CNC toerusting maar in my boek kort die donkie projektiel voorkolf aandag.

Daar sal baie wees wat nie saam stem nie en hierdie is uit en uit my opinie. Ralph soos genoem bou julle puik gewere vir die algemene verbruiker wat goeie werks gewere benodig.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by DawieKotze »

Ralph Badenhorst wrote:
tau wrote:Hie kry julle die hout se glans om so vnnig te "settle"? EK poleer my kolwe met Scaftol dan blink hy so en as ek hom uit die kluis haal na 2 weke is hy weer dof.
Goeie naand tau.

Die geheim is baie liefde - :laugh: . Nadat ek my olie lae op gesit het, hand poleer ek my kolwe met skoon skaapwol vir omtrent 2 ure elke dag.
.........en daardie olie wat julle gebruik se naam is??? :angel: :angel:

Baie geluk met 'n pragstuk van 'n geweer!!

Groetnis

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Ralph Badenhorst »

Drenalinjunkie wrote:Ek moet self se dat hoe meer ek kyk na die fotos hoe meer sien ek dat mense se smaak en standaarde verskil. Die wereld sou bitter vervelig gewees het as almal dieselfde was.

Ek moet se ek is bitter bly om onder die .0000001% te val wat bitter baie van mooi Engelse gewere hou wat "par none" is. Vir my lyk n mooi splinter forend net reg op n klasieke dubbel. Ralph julle vakmanskap is goed met die CNC toerusting maar in my boek kort die donkie projektiel voorkolf aandag.

Daar sal baie wees wat nie saam stem nie en hierdie is uit en uit my opinie. Ralph soos genoem bou julle puik gewere vir die algemene verbruiker wat goeie werks gewere benodig.
Baie dankie! Bestel nou een dan verander ons die voorkolf vir jou ;D
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Ralph Badenhorst »

Geno wrote:
Ralph Badenhorst wrote:die eerste en laaste dubbel wat ek gestuur het het hulle n G-clamp gebruik om die geweer aan die tafel vas te trek en het die middel ribbe beskadig (gebuig).
Eina. Dis juis oor sulke gevalle wat ek gevra het oor proofing.

Dankie vir die deeglike verduideliking, Ralph.

Groete
Eugene
Eugene

Dit laat my dink aan n paar jaar terug het ek fotos gesien hoe die SABS n dubbel in stukkies geskiet het. Die 2 merke sit nogsteeds teen die dak waar die lope vas geslaan het. Wens ek was daardie dag daar gewees om dit te sien :laugh:
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Ralph Badenhorst »

Dagse manne

Ek't vandag 16 Walnut blanks ontvang. Al hierdie blanks is Graad 5 tot Exhibition grade blanks. Volgende week land daar nog 24 hoe graad blanks wat op bestelling is. Wens ek kan hulle almal vir myself hou maar ek dink nie hulle base gaan so baie vriendelik met my wees as ek n dubbel vir hom gee wat nie n kolf het nie.

Groete

Ralph jr.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/wood%20257/IMG_0748_zps2065a81b.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/wood%20257/IMG_0759_zpsb8a4a66f.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/wood%20257/IMG_0729_zps326562e4.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/wood%20257/IMG_0727_zpsb4b93c06.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/wood%20257/IMG_0732_zps2de33eb8.jpg[/image]
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by DWB »

Ralph, ek kom vlgde week my bakkie diens in Ermelo.

Sal maar self moet kom kyk en aan die forum terugvoer gee ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Ralph Badenhorst »

DWB wrote:Ralph, ek kom vlgde week my bakkie diens in Ermelo.

Sal maar self moet kom kyk en aan die forum terugvoer gee ;D
Maak so Deon

EK is hoeka besig om n Suhl drilling te restoreer van n Duitse klient daar van jou wereld. Geweer is laasjaar gesteel uit sy huis uit en het hom laasweek in n plantasie gekry. Hy het beter dae gesien maar ons gaan hom mooi regkry - die bores het gelukkig minimale roes spikkels maar die buitekant lyk bietjie erger.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/drilling/IMG_0792_zpsafa324ff.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/drilling/IMG_0791_zps8a4689a0.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/drilling/IMG_0790_zpscb0ee6c2.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/drilling/IMG_0789_zpsc572e7aa.jpg[/image]

Groete

Ralph jr.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by DWB »

Sien môre (Woensdag)

Ralph - wys asb ook die "after" fotos vir ons. Hoe de h&l kry mens so 'n geroesde geweer weer mooi?

Groete

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by tau »

Lyk soos 'n Brenneke??? Baie hartseer.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Ralph Badenhorst »

madako wrote:
Ralph Badenhorst wrote:
DWB wrote:Ralph, ek kom vlgde week my bakkie diens in Ermelo.

Sal maar self moet kom kyk en aan die forum terugvoer gee ;D
Maak so Deon

EK is hoeka besig om n Suhl drilling te restoreer van n Duitse klient daar van jou wereld. Geweer is laasjaar gesteel uit sy huis uit en het hom laasweek in n plantasie gekry. Hy het beter dae gesien maar ons gaan hom mooi regkry - die bores het gelukkig minimale roes spikkels maar die buitekant lyk bietjie erger.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/drilling/IMG_0792_zpsafa324ff.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/drilling/IMG_0791_zps8a4689a0.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/drilling/IMG_0790_zpscb0ee6c2.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/drilling/IMG_0789_zpsc572e7aa.jpg[/image]

Groete

Ralph jr.
Ralph - wys asb ook die "after" fotos vir ons. Hoe de h&l kry mens so 'n geroesde geweer weer mooi?

Groete

Dawie
Dagse Dawie

Ek maak vir jou so. Ek gooi al die parte in diesel vir n dag of 2. @DWB - hier is die loope wat jy gister gesien het na 4 dae se skuur en mannekrag. Ek kon omtrent 90% van al die roes en pitmerke verwyder sonder om die lope se wande dun af te werk. Ongelukkig sal mens nooit als kan uitkry nie...

@tau - Dit is n JP Sauer and Sohn - Suhl
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Capt. Yoda »

Ralph Badenhorst wrote:Dagse manne

Ek't vandag 16 Walnut blanks ontvang. Al hierdie blanks is Graad 5 tot Exhibition grade blanks. Volgende week land daar nog 24 hoe graad blanks wat op bestelling is. Wens ek kan hulle almal vir myself hou maar ek dink nie hulle base gaan so baie vriendelik met my wees as ek n dubbel vir hom gee wat nie n kolf het nie.

Groete

Ralph jr.

Ralph stain vir hom n stuk tamatiekas en hou daai planke. Fantastiese houd daai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Ralph Badenhorst »

Capt. Oblivious wrote:
Ralph Badenhorst wrote:Dagse manne

Ek't vandag 16 Walnut blanks ontvang. Al hierdie blanks is Graad 5 tot Exhibition grade blanks. Volgende week land daar nog 24 hoe graad blanks wat op bestelling is. Wens ek kan hulle almal vir myself hou maar ek dink nie hulle base gaan so baie vriendelik met my wees as ek n dubbel vir hom gee wat nie n kolf het nie.

Groete

Ralph jr.

Ralph stain vir hom n stuk tamatiekas en hou daai planke. Fantastiese houd daai
:laugh:
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by DWB »

Lekker man, kan amper nie glo dis dieselfde goed nie.

Dankie dat ek kon inloer gister.

Was prettig.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1700
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Vlakvark Soldaat »

Ralph, daai 500 is onsettend netjies. Wat gaan ek vir so mooi graad 5 blank betaal? En wat sal dit kos om hom te pasmaak vir my ruger no1 375?
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Ralph Badenhorst »

Vlakvark Soldaat wrote:Ralph, daai 500 is onsettend netjies. Wat gaan ek vir so mooi graad 5 blank betaal? En wat sal dit kos om hom te pasmaak vir my ruger no1 375?
Dagse

Jong dit wissel maar tussen R10 000 tot R20 00 vir die blank met n matching fore-end en R8800 vir die arbeid. Stuur my jou epos adress dan forward ek vir jou fotos van Rugers wat ons oorgebou het. Het jy daai geweer se sneller al verstelbaar gemaak en geaccurize? Briljante gewere watongelooflik akuraat is as hulle net bietjie liefde kry. Ons besit tans 23 ruger no1's in ons versaameling en almal is mooi gemaak

Groete

Ralph
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1700
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Vlakvark Soldaat »

Vlakvarksoldaat@gmail.com
Dankie ek sal die pics waardeer. Verduidelik net asb vir my die trigger accurise ding? Al my ander bolt action rugers se snellers is verstel om ligter te trek as dit dalk is wat jy bedoel...
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Ralph Badenhorst »

Vlakvark Soldaat wrote:Vlakvarksoldaat@gmail.com
Dankie ek sal die pics waardeer. Verduidelik net asb vir my die trigger accurise ding? Al my ander bolt action rugers se snellers is verstel om ligter te trek as dit dalk is wat jy bedoel...
Sal jou epos stuur
Proudprado
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:37 am

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Proudprado »

Eendag, oor so tien jaar, as my kinders uit die huis is, gaan ek een koop ... ek belowe.
Glock 17 en 21, CZ550 Lux .308 en 'n Winchester 1300
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Ralph Badenhorst »

Alwyn Alwyn kom in!

My .300 WSM is nou 50% kla - wil hom einde Augustus kla he. Ek gaan n 5-10skoot mag vir hom maak met n AR15 tiepe release. EK't vir my n Kahles K624i 6-24x56 AMR bestel en sal vir nou maar my Swarovski Z6 op hom hou.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ralph%20sniper/20140802_114725_zps7de2e321.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ralph%20sniper/20140802_114752_zpsd420cf1a.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ralph%20sniper/20140802_114757_zps66f23e17.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ralph%20sniper/amr_zps4ac8f6b6.jpg[/image]

Die volgende kolwe gaan ek heetemal anders ontwerp - paar foute op hierdie een. Ek moet nog die Quad rail op die cnc mill sny wat oor die kolf trek en aan die kolf vas bout.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ralph%20sniper/railralph_zps9e38f3ea.jpg[/image]

@proudprado - my pa se altyd "as hulle klein/jonk is breek hulle alles in die huis - as hulle groot en getroud is vat hulle alles wat hulle nie gebreek het nie"

Groete

Ralph jr.
Last edited by Ralph Badenhorst on Sat Aug 02, 2014 2:58 pm, edited 2 times in total.
Proudprado
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Jan 10, 2013 10:37 am

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Proudprado »

So jy stel voor ek moet maar vasbyt en nou koop?
Glock 17 en 21, CZ550 Lux .308 en 'n Winchester 1300
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: .500 Nitro Express Bespoke Double rifle in Turkish Walnu

Post by Ralph Badenhorst »

Hulle vat hom dalk saam eendag...hahaha
Post Reply