Battery vir skietstoel

Post Reply
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Battery vir skietstoel

Post by Suidwes »

More,

Wil net graag hoor by julle wat batterye op jou skietstoel het. Watse battery vind julle hou die langste.
As moontlik, soek ek maak en model asb. Ek moet n nuwe een koop vir my, maar wil seker maak ek kry n ordentlike een.

Groete
Suidwes
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by G-force »

Sommer die een wat in my bakkie is.Ons skiet net van ons bakkies se battereie af.Ons skiet dikwels deur die aand en nog nie een keer pap geword nie.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by cassie_calvinia »

G-force wrote:Sommer die een wat in my bakkie is.Ons skiet net van ons bakkies se battereie af.Ons skiet dikwels deur die aand en nog nie een keer pap geword nie.
dit werk 100% as jou bakkie battery reg is. maar as hy begin pap word, gaan jy problem kry
HOU HOM DAAI DIKTE
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by Suidwes »

Kom ek verduidelik net bietjie meer oor my situasie.

Ek het sommer n willard 622 wat ek nou al vir so amper 2 jaar gebruik, dit is my een bakkie se battery wat ek uithaal as ek gaan jag. Die bakkie staan onder die boom en word net opgestart as ek jagters het, dit is nie my werksbakkie nie. So die battery is heeltyd buite op n rak en of in my skietstoel as ek gaan jag. Ek charge die battery op n battery charger vir so 24-48 uur voor ek gaan jag.

Nou kom die ding in, die jaar sit ek meeste voor by die waters met nagsig en ek moet heeltyd lig as dit donkermaan is, so die battery is hier na so 2 ure se kant toe pap. Ek kan seker nie kla oor 2 jaar vir die battery as mens in ag neem dit is nie n deep cycle nie en dat hy maar hele paar kere pap gewerk is en dan weer moet opcharge.

Ek het maar net gewonder of iemand anders n deep cyle battery of iets dergliks gebruik wat hard werk en langer hou. Die battery moet ook nie groter as my jagstoel wees nie natuurlik....

Groete
Suidwes
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by cassie_calvinia »

my deepcycle hou ook so 2 jaar.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by G-force »

Kan jy nie daai batterei op koppel sodat hy laai terwyl jy ry tussen staan plekke nie?Mens kan dit met n relay doen.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by cassie_calvinia »

G-force wrote:Kan jy nie daai batterei op koppel sodat hy laai terwyl jy ry tussen staan plekke nie?Mens kan dit met n relay doen.
dit werk lekker, en hou jou battery heel aand, maar so elke 3de keer, laai ek maar die battery ook op die laaier, die bakkie loop te kort ente om hom 100% te laai.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Battery vir skietstoel

Post by JTM »

Daar is 'n nuwe tipe battery nou beskikbaar wat ons begin gebruik vir ons radio hi-sites en telemetrie stasies. Dit is Lead Crystal batterye en hulle kan jy dood pap trek en weer laai sonder dat dit hulle lewensduur affekteur. Dit laai ook 20% vinniger as 'n gewone battery en maak geen gas wat plofbaar is nie. Totaal geseël. Ook baie langer lewens verwagting as gewone batterye.

Kyk by http://www.deltecpower.co.za
Jannie Welman
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by Katefbessie »

Hoekom sukkel.... Kry dual battery sisteem in jou bakkie en laat LA Sport of iemand vir jou net die plugs van jou keuse binne jou bakkie se bak instaleer.
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by Suidwes »

Manne, al die raad en advies wat julle gee is 100%.

Ek het nie probleem met n battery as ek ry en roep en skiet in die nag nie. Wanneer ek wel n probleem het is as ek voorsit by die waters. Dan staan die bakkie 1km weg, ek stap in en die battery is al reeds in die stoel. Daar sit ek tot so 11:00pm en dan weer van 2:00 am tot sonop. My nagsig sien te swak in donkermaan met sy illuminator so ek gebruik n LF 170 met n swart filter vir verder sig.

En julle weet hoe vinnig n jak inkom water suip en uitgaan. So ek kan nie elke 20sek of 10 sek lig nie, want dan was die meneer in en al weer uit. Ek swaai permanent, so my lig is permanent aan, al is dit op lae dim. Dan hou die battery dit nie.

Hoop dit verduidelik beter waarna ek soek.
Ek sal bietjie gaan loer na die website.

Groete
Suidwes
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Battery vir skietstoel

Post by JK »

Try Raylite se AGM battery, battery centre (whk) hou hulle aan, kleinste een is 70Ah. Of koop enige groter willard/sabbat battery by Agra, maar sit hom op n slim laaier (ctek - by Cymot, of n benton) voltyds as jy hom nie gebruik nie. Gewone kar batterye hou nie daarvan om te diep te ontlaai word nie, dus hoe groter hy is hoe ligter werk hy, en hoe langer sal hou hy. Enige deepcycle van dieselfde grootte sal ook langer hou.
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by Arno Pienaar »

Maklikste opsie is sit n plug agter op die bakkie wat van die bakkie se battery af werk...sit dan jou stoel ook n plug aan...jou bakkie se battery laai soos jy van staanplekke verander...al sit jy 5 ure by n nes sal jou bakkie steeds start indien nie vol nonsense...skiet al hele paar jaar lank so en my bakkie{s} het my nog nie een aand gelos nie...jy het ook nie die bekommernis die aand as jy uitgaan laat die ekstra battery sal pap wees nie...dis ook vir my te veel mooite om die battery elke dag of 3 te laai en weer op te sit...partymaal laat tyd dit nie toe nie...

mooiloop Doons
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by Willie »

Deapcycle is maar net beter vir daardie doel gebou. Gewone bakkie battery wil nie so laag ontlaai word nie.

En die slim laaier (soos reeds voorgestel) is volgens my ook die regte antwoord.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by Dawie »

Ek het 2 (maar een is genoeg) batterye agterop die bakkie wat permanent met dik drade parrallel gekoppel is aan my bakkie se battery. Noggie nodig gehad om te charge nie. Het al gesien by my vriende wat net van die bakkie se battery af werk, as jy nog 'n battery agterop sit in parrallel dan skyn jou lig ook effe helderder agv voltage drop van lang drade of dit kan ook wees dat die voltage drop in die enkel battery van die dik stroom wat die gloeilampies trek.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Battery vir skietstoel

Post by JK »

Die regte manier is om te kyk hoeveel amps die lig trek en hoe lank jy dit will gebruik, maw die Amps x uur (Ah) die lig benodig, as jy dit het weet jy hoe groot die battery moet wees, vir n deepcycle is x2 (50% dod) (dod= depth of discharge), vir n start battery is Ah/.2 (80% dod), dis te se as dit n los staande battery is. As dit aan die alternater of laaier op die voeruig gekoppel is, maak die berekening hoeveel Ah dit kry van die alternater, en trek dit af van die hoeveelheid Ah getrek deur die lig, en x2 of /.2.

Ter illustrasie: lig trek 8 amps vir 3 ure per nag = 24Ah dws vir n deepcycle is min 48Ah of vir high cycle is 24/.2= 120Ah
As dit van die alternater aflaai wat 40Ah gee en jy ry n half uur is dit 20Ah, nou het jy effektief 24-20= 4Ah dus die bakkie se battery kan werk.
Of jy staan n uur en ry 10 min lyk die som so 1x8 - 10/60x40 = 8-6.7 = 1.3Ah kort, en as jy dit 5 keer per aan doen is die totale te kort 5X1.3 =6.5Ah .
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by Willie »

Suidwes wrote:Manne, al die raad en advies wat julle gee is 100%.

Ek het nie probleem met n battery as ek ry en roep en skiet in die nag nie. Wanneer ek wel n probleem het is as ek voorsit by die waters. Dan staan die bakkie 1km weg, ek stap in en die battery is al reeds in die stoel. Daar sit ek tot so 11:00pm en dan weer van 2:00 am tot sonop. My nagsig sien te swak in donkermaan met sy illuminator so ek gebruik n LF 170 met n swart filter vir verder sig.

En julle weet hoe vinnig n jak inkom water suip en uitgaan. So ek kan nie elke 20sek of 10 sek lig nie, want dan was die meneer in en al weer uit. Ek swaai permanent, so my lig is permanent aan, al is dit op lae dim. Dan hou die battery dit nie.

Hoop dit verduidelik beter waarna ek soek.
Ek sal bietjie gaan loer na die website.

Groete
Suidwes
Manne ons lees nie lekker wat hier gevra word nie. Suidwes sit by die water vir die nag ver van sy bakkie af. Daardie battery moet heel nag nag hou sonder enige herlaai of die gebruik van die bakkie .
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by Dawie »

As dit vir nagsig is moet jy nie dalk na iets kyk wat nie met 'n gloeilamp werk nie, wat minder krag gebruik.

My vriend wat met nagsig jag het 'n sterker dimbare illuminator op sy nagsig. Gaan bietjie by hom uitvind oor sy Verstelbare Laser Illuminator.
cbm
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Tue Jan 01, 2013 9:16 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by cbm »

As ek dit reg het, is daai 622, 60Ah. Ek sal 'n 674 battery gebruik hy het 'n Ah van 90 (90Ah). Ek gebruik 'n Bosch 674 en hy het al 2 nagte deurgewerk sonder om te laai (nagte het gestrek van19:30 tot 02:00)

Dis my persoonlike ervaring.

Groete
Jacobus
Albert84
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm

Re: Battery vir skietstoel

Post by Albert84 »

JTM wrote:Daar is 'n nuwe tipe battery nou beskikbaar wat ons begin gebruik vir ons radio hi-sites en telemetrie stasies. Dit is Lead Crystal batterye en hulle kan jy dood pap trek en weer laai sonder dat dit hulle lewensduur affekteur. Dit laai ook 20% vinniger as 'n gewone battery en maak geen gas wat plofbaar is nie. Totaal geseël. Ook baie langer lewens verwagting as gewone batterye.

Kyk by http://www.deltecpower.co.za
+1

Die Lead Crystal batterye is duurder, groter en swaarder maar oor die lang termyn gan jy spaar want hulle hou baie langer. Die dat mens n gewone "cranking" battery leeg trek met n lig, maak hom seer. Ek het nou 3 x 100Ah in my pa se SAMIL in gebou vir kamp. Daar is n plek in Somerset Wes was hulle baie goedkoper as Deltec verkoop, sal moet gan soek deur my email.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Battery vir skietstoel

Post by smitjs »

Ek kan net saamstem met Dawie. Om battery vir 'n LF 170 (50w) saam te dra is die verkeerde manier. Daar is darem nou al baie LED ligte op die mark, in allerhande kleure, van helder wit tot totaal onsigbaar infrarooi, in flitse en 'spotlights'. Flitse wat tot 500m kan gooi is beskikbaar, en lang afstand infrarooi flitse maak 'n goedkoper nagsig baie effektief.
Dan kan jy afkom tot op die ergste 3watt.
Daarvoor is daar 18650 lithium herlaaibare batterye of op die ergste 'n klein 12v geseelde loodsuur alarm battery.
Deesdae is daar net een lamp en dis LED, en net twee batterye, loodsuur en lithium. Alle ander behoort tot die verlede tyd of is geldmors. Meeste led ligte het ingeboude dimmers of werk met dimmers soos reeds in gebruik op skietstoele.
Post Reply