Ek wil vir my 'n dubbel kajuit voertuig koop en soek graag inligting oor die diesel verbruik by die manne wat self die voertuie ry of weet van. Ek gaan baie kilometers/jaar doen met die voertuig so diesel verbruik is vir my belangrik.
Ek kyk na die die volgende voertuie:
Toyota Fortuner en Hilux 2.5 en 3.0 D4D's. (bygevoeg)
Ford Ranger 2.2 Manual 4x2
Ford Ranger 3.2 Manual en Auto 4x2 of 4x4
Nissan Navara 2.5 Manual 4x2 of 4x4
Ek sal enige terugvoer waardeer, en as julle ook net kan byvoeg watter ander probleme julle van weet m.b.t. die voertuie en watter tipe Kilo's julle ry eg. baie langpad of net in stad etc.
Enige ander voorstelle sal waardeer word......onthou net die Toyota gee nie goeie diesel verbruik nie.
Groete
Jaco

