Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- Ring
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- Ring
Ek is baie bly en opgewonde om weer n paar puik produkte uit eie bodem te kon toets en het hulle sommer dadelik gekoop.
Die vervardigers daarvan is Gerrie de Beer, en Sarel Smith.
Gerrie is self n Protea skut en is baie gesteld op die akurate herlaai van patrone. Nadat hy bykans elke Case Trimmer op die mark gekoop en gebruik het (hy het 6 verskillede make), was hy nogsteeds nie heeltemal tevrede met hul werkverigting, en het hy sy eie een ontwerp wat radikaal anders werk as die draaibank tipe waaraan ons gewoond is. Die een wat hy ontwerp het, bevat n collet vir elke kaliber wat in die cutter pas wat kaliber spesifiek is. Die collet pas in n bearing en word deur n "O - ring" in posisie gehou.
Jy ruil net eenvoudig die collet, verstel die lengte wat jy die dop wil korter sny en plaas jou dop in die collet en sny met behulp van n boormasjien. Jy hou die dop met jou vingers vas, en kan presies voel wanneer hy tot op sy lengte gesny is.
Hy bevat geen pilot of mandrill, en die collet wat dieselfde is as jou geweer se kamer, sentreer die dop en veroorsaak dat die skouer voor teen die skuinste van die kamer vas druk en maak dan dat die nek absoluut haaks gesny word met die skag van die dop. Dit werk absoluut maklik en n klomp doppe word sommer in n japtrap gesny.
So lyk die cutter met sy collets:
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/SudamiX-Ringprodukte001_zpsb16f1dab.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/SudamiX-Ringprodukte003_zps6a66b3cf.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/SudamiX-Ringprodukte004_zpse7db564b.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/SudamiX-Ringprodukte005_zps76cd5c48.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/SudamiX-Ringprodukte011_zps9dd81dbd.jpg
Hulle maak ook n Outside Neck Turner wat met die beste wt ek nog gesien het kan vergelyk. Ek self het n Foster, en hierdie een van hulle staan vir niks terug nie. Hulle maak ook n hele reeks pilots vir die cutters
So lyk die Outside Neck Turner en sy mandrills
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/SudamiX-Ringprodukte008_zps1d57ef05.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/SudamiX-Ringprodukte007_zpsf983d727.jpg
Hulle maak ook die beste Case Driver + Case Holder wat ek nog ooit gebruik het. As jou dop in hom is en jy sit hom in n boor, draai jou dop 100% true en wankel glad nie soos van die ander wat ek al gebruik het.
So lyk hy:
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/SudamiX-Ringprodukte014_zps7e44378f.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/SudamiX-Ringprodukte010_zps741449d6.jpg
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/SudamiX-Ringprodukte009_zps39fafdb1.jpg
Hulle vakmanskap is van uiterste hoogstaande gehalte en Gerrie se my hulle gebruik net CNC masjiene.
Ek is werklik beindruk met hierdie produkte en kan hulle baie sterk aanbeveel. My eie Redding Case Trimmer is reeds verkoop nadat ek hierdie case trimmer van Gerrie hulle begin gebruik het.
Ek het myne by Safari @ Outdoor gekoop, maar glo hulle sal by ander geweer winkels ook beskikbaar wees.
Hier is hulle webwerf http://www.sudami.co.za/products.html
Hulle maak nog ander interesande herlaai en skiet goed.

- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Dankie vir die deel oom Piet, lyk sommer na baie netjiese gereedskap.
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Piet
Ek net gister 'n pryslys van Laetitia gekry na ek dit gesien het, en is ook besig om te kyk. Ek beplan om ook vir my te bestel, want dit uitstekend. Ek is ook nou bly om te lees dat jy die positiewe ondervinding gehad het.
Dankie vir die bevestiging.

Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Hallo Piet (en Gerrie).
Lekker om die planne te sien. En die vakmanskap lyk soos julle teikens.
'n Vraag, hoop dis nie te dom nie: Daai "case trimmer" lyk of hy net die dop korter sny. Dan moet hy nog steeds ge-"de-burr" en ge"chamfer" word. Kyk ek reg?
Ek het lankal vir my RCBS draaibank-tipe "case trimmer" 'n "3-way cutter" gekry, wat sommer trim, camfer en de-burr, alles in een stap. (Die ding is natuurlik kaliber-spesifiek.) Spaar nogal tyd, veral met 'n boormasjien aandrywing.
Wat is die moontlikheid, om so 'n trimmer, soos die X-Ring hierbo, te bou met al 3 funksies in 1 stap? Of terg ek julle nou?
Groete,
338LM

- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Dit lyk of hierdie produk die meting doen van die nek van die dop af eerder as die hele lengte van die dop soos 'n gewone case trimmer. Gaan hierdie metode nie dan vir jou verskillende lengte doppe gee nie want die dop se liggaam rek ook mos so met die tyd saam?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
terven
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Fri Jul 06, 2012 9:52 am
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Goeie more
Ek het vir al my kalibers van die Sudami "case trimmers" gekoop en moet se ek het ook ander "case trimmers" en die Sudami is volgens my by verre die beste wat ek al gebruik het.Hulle is baie akuraat en vinnig en sny ook besonder skoon,die doppe het nie naastenby sulke groot "burrs" soos met my ander case trimmers nie.
Dankie en mooi dag
Terven

Terven Venter
.22 BRNO, .22 Ruger Precision , .22 Dasher ,.243 AI Weatherby, 6mm Dasher ,7x57 Mauser , 284 Shehane ,375 H&H Remington, 12 BR OU Fabarm , 284W Ruger no1 , 9mm Kel Tec p11.

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Daai trimmer lyk vir my baie na n coy van die Worlds Finest Trimmers wat van ons gebruik. Werk uitstekend en baie gou om dope met hulle te sny.
http://www.nockandload.co.za/index.php/ ... -in-1.html

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

Plasmodium
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Mon Jan 04, 2010 5:01 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Ek't ook die trimmer en turner bestel... Kannie wag nie.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Kan iemand dalk hul pryslys vir ons hier op sit asb.Ek het hul n mail gestuur maar nog niks terug gekry nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Capt sodra ek by laptop kom sal ek hom plaas
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Ek vra net weer aan die manne wat die trimmer ken of klaar een gebruik - Lyk my die trimmers meet van die nek af en meet nie die totale lengte van die dop nie. As jy net so van die nek af meet gaan jy nie met doppe sit wat verkeerde lengtes het nie want die dop rek ook tog tydens gebruik - nie net die nek nie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Hier is die pryslys soos belowe, en my bestelling is oppad.
https://www.dropbox.com/s/ktqnt0v7ifvq9 ... S.pdf?dl=0
https://www.dropbox.com/s/ktqnt0v7ifvq9 ... S.pdf?dl=0
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Jy moet die doppe "trim" nadat jy hulle klaar ge"size" het. As jy dit reg doen, behoort die skouers almal op presies dieselfde posisie te eindig. En, siende dat die dop gewoonlik "headspace" op die skouer, is die afstand van die skouer na die bek die belangrikste. Dis presies wat hierdie oulike gereedkapstuk meet.Boesman10 wrote:Ek vra net weer aan die manne wat die trimmer ken of klaar een gebruik - Lyk my die trimmers meet van die nek af en meet nie die totale lengte van die dop nie. As jy net so van die nek af meet gaan jy nie met doppe sit wat verkeerde lengtes het nie want die dop rek ook tog tydens gebruik - nie net die nek nie.
-
Johannes Schoeman
- Jr. Member

- Posts: 72
- Joined: Wed Oct 31, 2012 12:14 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Werk soos n bom, weet nie hoe kon ek so lank sonder een klaar kom. Dankie oom Kassie.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Baie dankie Johan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Johan Reyneke wrote:Hier is die pryslys soos belowe, en my bestelling is oppad.
https://www.dropbox.com/s/ktqnt0v7ifvq9 ... S.pdf?dl=0
Jammer mense maar ek was gevra deur die verskaffer dat ek eerder die pryslys verwyder
Ek sal dit email vir die wat dit wil he. my email is johanr at feaestates dot za dot net of stuur my 'n pm
of julle kan dit by Laetitia de Beer kry by sudamixring at gmail dot com
Last edited by Johan Reyneke on Wed Aug 27, 2014 3:28 pm, edited 4 times in total.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Wat sal die rede daarvoor wees? Enige mens kan dit mos in die hande kry as hy regtig wil. Deur dit hier te plaas maak dit mos net makliker vir almal.Johan Reyneke wrote:Johan Reyneke wrote:Hier is die pryslys soos belowe, en my bestelling is oppad.
https://www.dropbox.com/s/ktqnt0v7ifvq9 ... S.pdf?dl=0
Jammer mense maar was gevra dat ek eerder die pryslys verwyder.
Ek sal dit email vir die wat dit wil he. my email is johanr at feaestates dot za dot net of stuur my 'n pm
Of meng dit in met die forum se advertensie reëls?
Groete
Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Dawie
Sal nie weet nie, Laetitia het net gese dat Gerrie dit so verkies.
Ek voldoen maar net aan hul versoek
Sal nie weet nie, Laetitia het net gese dat Gerrie dit so verkies.
Ek voldoen maar net aan hul versoek
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
NWK Handelstak op Lichtenburg het 'n redelike volledige reeks van die Sudami produkte ingekry en gister op hulle rakke uitgepak. Pryse is baie billik, ek het begin met die Neck Turner en die Comparator vir Ogief en Kopspasie. Ek kyk nog met 'n lang oog na die trimmer. Skakel vir Charles met navrae by 018 6325071
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Mooi Duracell dan sal ek sommer by hulle gaan kry
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Ek het die naweek die voorreg gehad om by Gerrie de Beer en sy vennoot, Sarel aan tafel te sit tydens die ete en prysuitdeling van die SAJWV se Nasionale Presidentskiet byeenkoms. Lekker met die manne gesels oor hulle produkte en hulle ervarings. Hulle is baie oop vir kommentaar, terugvoer en nuwe behoeftes wat die skieters/herlaaiers het. Het heelwat raad gekry en die motivering hoekom sekere dinge gedoen moet word.
Hulle gaan tydens die NWK Expo met die skietdag op 1 November 2014 hier in Lichtenburg wees met hulle produkte en inligting.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Enige verdere terugvoering op die gebruik van die verskillende produkte. ? Ek kyk na 'n paar van die produkte om aan te koop.
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Ek gebruik die Sudami produkte elke maal as ek herlaai. Die nekwandsnyer werk goed, konsekwent en maklik. Die lengte-trimmer werk soos 'n droom en maak die tydsame proses 'n plesier as jy die regte collet het. Die Sudami goed saam met die Mamba-produkte van Cassie, veral die konsentrisiteit- en nekwanddikte stel, is die beste goed wat ek in laas jaar vir die herlaaikamer aangekoop het.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 624
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Nog Trots Suid Afrikaanse Herlaai Produkte - Sudami X- R
Ek sou vreeslik bly wees as iemand hierdie snyer "modify" sodat hy kan trim, outside en inside debur.
N 3-in-1 trimmer wat op n boormasjien werk sou darem baie baie oulik gewees het.