Aanvalle op produkte/persone/maatskappye en ander plasings

Rapporteer enige foute of aanbevelings hier/Report any problems or suggestions here
Post Reply
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Aanvalle op produkte/persone/maatskappye en ander plasings

Post by jaracal »

Ons het opgemerk dat daar in die laaste tyd 'n negatiewe aanmerkings/opmerkings tendens op Jaracal posvat asook dat ongewensde "topics" en materiaal op Jaracal geplaas word. Dit reflekteer nie net sleg op die persoon wat dit geplaas het nie maar affekteer ook die beeld van die forum. Ons is 'n familie forum en ongewensde materiaal, vuil grappe, rassistiese aanmerkings sal in die vervolg nie geduld word nie.
Ons wil dit ook duidelik stel dat ons nie kan toelaat dat 'n produk, maatskappy of persoon op die openbare forum gekritiseer of aangeval word nie. Indien jy 'n probleem met X- persoon, maatskappy of produk het neem dit op met die verskaffers, verspreiders, persoon of maatskappy. Dit vorm ongelukkig faksies en dryf 'n wig in die samehorigheid van Jaracal lede. Indien jy nie geholpe raak nie stuur jou klagte aan een van die moderators waar ons dan weer van ons kant af sal navraag doen en die probleem probeer oplos.
Ons het nog altyd die siening van min ingryping maar is daar lede wat die voorreg misbruik.
Neem kennis dat daar nie eers 'n waarskuwings uitgestuur gaan word nie, jy sal jou lidmaatskap onmiddelik verloor.

Hou die forum lewendig en volg die tradisie wat gevestig is.

Heinrich (Jaracal) en Moderators.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Aanvalle op produkte/persone/maatskappye en ander plasin

Post by ROBBIE1 »

Amen daarop!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Aanvalle op produkte/persone/maatskappye en ander plasin

Post by theedge »

KLink na n wonderlike stap - dankie
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Aanvalle op produkte/persone/maatskappye en ander plasin

Post by DWB »

Amen!!!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Aanvalle op produkte/persone/maatskappye en ander plasin

Post by Chevvy SS »

ongewensde materiaal, vuil grappe, rassistiese aanmerkings sal in die vervolg nie geduld word nie.

Heinrich, mag ek asb. 'n versoek rig dat 'n moderator eers 'n waarskuwing stuur? Manne se sienings verskil en 'n ou kan dalk iets plaas wat nie as kwaadwillig of rassisties of as 'n vuil grap deur hom beskou is nie en dan verwyder/geskors word.

Ons is almal lief vir die forum en wil nie deur een nie-moedswillige plasing die voorreg om hier deel te neem en te leer verloor nie.

Oorweeg asb.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Aanvalle op produkte/persone/maatskappye en ander plasin

Post by Chevvy SS »

Die "Stiltste Silencer" draad het weer ontaard in 'n moddergooiery en persoonlike aanvalle op lede. Sodanig dat lede hulself onttrek het. Hoeveel lede wat waardevolle insette lewer of intelligente vrae vra wat intelligente en leersame antwoorde aan ons almal verskaf moet ons nog verloor?

Ek het ook 'n probleem met mense wat nie humor kan raaksien of verstaan nie. As iemand iets sê met 'n smiley, is dit tog duidelik in 'n humoristiese lig bedoel; tog word so 'n persoon aangeval. As jy twyfel oor so iets, weerhou jouself van 'n snydende opmerking. Dink 2x voordat jy vanagter jou sleutelbord regter speel.

Om lede links en regs aan moderators te rapporteer is ook nie baie vars nie. Hulle het ook nie lus en tyd vir twak nie en vertrou dat ons groot genoeg is om probleme met mekaar onderling uit te sorteer. Dit is waarvoor pm's daar is.

Genoeg gepreek.
Post Reply