Kersfondskompetisie 2014

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment

Moet Kersfonds kompetisie weer gehou word

Poll ended at Fri Sep 12, 2014 8:57 am

Ja
42
95%
Nee
1
2%
Elke tweede jaar
1
2%
 
Total votes: 44

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Kersfondskompetisie 2014

Post by Eugene »

Manne, Jaco het hierdie jaar bietjie sy hande vol met ander verpligtinge en het gevra of ek hom sal kan uithelp met die kompetisie vir hierdie jaar.

Ten eerste wil ek weet of die lede voel dat ons dit steeds moet doen, so stem asseblief in die poll hierbo.

Tweedens wil ek graag weet wie bereid is om betrokke te wees met die reelings daarvan asook die skenk van pryse?

Laastens sal ek graag voorstelle wil hê van organisasies wat ons kan ondersteun. Die kriteria hier is dat dit spesifiek oor minder bevoorregte kinders moet gaan en organisasies wat NIE reeds hulp van die staat of ander groot organisasies ontvang nie.

Julle kan my PM of 'n e-pos stuur na eugene (a.t.) eugeneharmse (.) co [.] za

Ek luister graag na enige voorstel en kritiek vir die kompetisie en formaat daarvan.
Aim small, miss small
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by GreyGhostGear »

Sal weer in wees met 'n paar pryse borg.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Smitstertjies »

Eugene, ek dink werklik dit sal goed wees om dit weer te doen. Laas jaar was n geweldige sukses gewees.

Nou dat lam pryse so hoog is sal ek dan maar n slagskaap ingooi as n prys, opgesny na jou keuse.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Beretta »

Ja ek sal kyk wat ek kan kry as n prys
Beretta
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Frikkiedbr »

As mens kan gee en ander uit help, dis waarom ons dit doen.
Ek glo daai mensies of kinders sal te bly wees om weer so ietsie te kan kry
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by NicoSmit »

Ja defnitief Sal my skoonma skenk ,tande is ok en voete is klein genoeg om lekker naby aan die wasbak en stoof te kom.
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Silent Hunting »

Sal self paar dempers weer skenk.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by cassie_calvinia »

Silent Hunting wrote:Sal self paar dempers weer skenk.
jy beter!
as iemand belangstel, is ek ook weer in
HOU HOM DAAI DIKTE
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by ROBBIE1 »

Verseker ek ook, dis n voreg om kinders te kan help.

Sal bietjie dink aan n borg maar van my kant af verseker een.

Skree as daar iets is waarmee ek kan help Eugene, enige tyd.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by ROBBIE1 »

Manne ek wil nou nie spoke opjaag nie, maar die tyd raak min, November is voor die deur!

Ek wil ook n voorstel maak dat ons dalk die jaar uit die boksie dink, en dit na buite ook bemark. Hiers baie van ons wat groot kliente basise het, en ook jou vriende kring, dit gaan tog op die einde van die dag oor die instansie wat ons die inkomste aan skenk, om dit so veel as moontli, te kry, of hoe dink julle?
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by douw »

Ek persoonlik hou van die idee van 'n "toe" kompetisie vir net Jaracal lede. Dan beteken dit ons almal ken darem die persone wat iets wen.

Ek dink mens moet ingedagte hou dat ons verlede jaar alreeds, net met jaracal manne, 'n baie groot skenking gemaak het.

Die is maar net my opinie.

Groetnis
Douw
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Eugene »

Manne, dinge by my het ongelukkig 'n paar onverwagse draaie gemaak en ek is redelik toegegooi onder die werk, waar dit normaalweg nou sou begin stiller raak het. Ek wil nie graag die ding halfwas doen nie, so ek gaan nie vreeslik betrokke kan wees nie... As een van julle voel julle sin kans, sal ek ondersteun waar ek moontlik kan, anders moet dit maar oorstaan na volgende jaar toe!
Aim small, miss small
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Jakkalsgat »

More Manne

Ek is self redelik besig maar is seker ek kan iewers die tyd ingeruim kry om dit weer te bestuur. Jean Marais het aangedui dat hy graag weer wil betrokke raak en waardeer ek dit opreg.

Kan die manne wat weer wil betrokke raak, Borge en op ander manier asb so spoedig moontlik vir my laat weet sodat ons die ding van die grond af kan kry. Daar is ongelukkig reeds nie baie tyd oor nie en wil ek afskop op 5 November met die opening en maar weer afsluit op 15 Desember. Ek persoonlik voel dis 'n Jaracal inisiatief en wil dit graag binne die forum hou. Ons het die 4000 kerf verbygesteek met baie nuwe aktiewe lede.

Ek sal dit waardeer as julle kan plekke voorstel wat kan baat by die skenking sodat ons 'n gepaste organisasie kan ondersteun. Ek myself het 'n taai jaar agter die rug met 'n familie krisis of 2 wat steeds nie 100/100 is nie en wil graag 'n paar dae vakanisie vat in Desember vanaf die 15de en vra ek dus of hier enige persoon behalwe Jean en Eugene (hulle het reeds aangedui dat hulle sal wil help) is wat iewers bietjie tyd in hul besige skedule kan afknyp om te help met die admin en toeken van nommers sal dit waardeer word.

Ek sal persoonlik weer paar manne bel en hoor vir borge en die manne wat reeds hier aangedui het dat hulle sal skenk baie dankie vir dit.

Ek kan ook gebel word op 082 494 5587 of e-pos jakkalsgat@hotmail.com

Groete
Jaco
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by ROBBIE1 »

Jaco as daar iets is waarmee ek kan help praat gerus.

Ek sal ook more kan se wat ek sal borg die jaar.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Smirre »

Jaco vir PRESIDENT ;D ;D
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by ruaanb »

Ek sal help met admin agter die skerms so laat weet maar vir my asb.
User avatar
Heinf
Full Member
Full Member
Posts: 141
Joined: Thu Mar 22, 2012 10:22 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Heinf »

Ek help ook graag manne.

Weet nie met wat julle hulp kan nodig kry nie , maar druk maar op my knoppie ek het so los hand of twee, en bietjie tyd in aande na 8 om goed op die rekenaar te organiseer .

Groete
Hein
073 1drie1 36een8
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Jakkalsgat »

Dankie manne ek waardeer en sal met julle kontak maak.

Groete
Jaco
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by douw »

Baie dankie Jaco!

Groetnis
Douw
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by GreyGhostGear »

Dalk is hierdie 'n opsie om te help?:
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/ ... d-20141029
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Geno »

GreyGhostGear wrote:Dalk is hierdie 'n opsie om te help?:
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/ ... d-20141029

+1
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Lourens Potgieter »

Stem saam, klink na 'n goeie opsie.
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by Alwyn »

Stem saam.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by DWB »

Stem Saam
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
MichielC
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

Re: Kersfondskompetisie 2014

Post by MichielC »

Goeiemore Manne,

Hyper Auto Fleet Management/Vehicle Tracking Solutions, sal n Garmin E-Trex 20 borg.

Groete,

Michiel
Post Reply