Opsoek na Jagplek vir 2015

Post Reply
User avatar
JacoW
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Tue Sep 02, 2014 12:05 pm

Opsoek na Jagplek vir 2015

Post by JacoW »

Goeie dag al die mense,

Ons is opsoek na n jagplek vir 2015, ek weet dis nog n rukkie maar liewer te vroeg as te laat. Ons is ingelig dat die plaas waar ons jaarliks ons familie jag hou dalk aan die goewerment gaan verkoop word en in n beesplaas omskep word...

So die kort en die lank is, ons is n groep van so 10 Pa's en seuns wat jaarliks saam ietsie gaan jag, ouderdomme is van 9 tot 55. Doen maar die biltong jag ding. Ons doen dit dan ook gewoonlik so vir n week lank, kom die Sondag daar aan en ry weer gewoonlik die volgende Saterdag. Geniet ietsie om die braaivleis vuur maar ruk nie handuit nie.

As daar enige iemand is wat bietjie inligting het oor lekker jagplekke wat ons almal sal kan akkommodeer sal dit baie waardeer word.

Groete,
Jaco
9.3 x 62 Mauser
30-06 Tikka
6.5 Creedmoor Howa
.222 Krico
.22 Hornet Anschutz
.22 Mauser

"Everything happens for a reason"
Post Reply