308 - Alfa & Omega

Post Reply
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

308 - Alfa & Omega

Post by Louis102 »

Hier is nou 'n onderwerp waar 308 aanhangers kan grootpraat oor hulle 308's se ongelooflike vermoe?ns.  Vermy asb. om elke ander belangrike onderwerp met julle snert te bederf.  Hier kan julle mekaar oortuig van julle kaliberkeuse se goeie eienskappe sonder om ander te irreteer.  As julle my inset nodig het om die onderwerp aan te help, laat weet net.

Johannic, begin sommer deur te vertel hoekom die 308 dan die ideale Jakkalsroer is, asb.
Goeie dade oortref goeie woorde.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Ek se nie dis ideaal nie ;) ek wag dat jy my STAP vir STAP gaan verduidelik hoekom dit nie is nie ;D
Aangesien jy so gese het!!!
Onthou ek skiet 4150vps 6mm 8)
En onthou asb ook party manne KAN skiet en party manne DINK hulle kan skiet.
Dis vir my duidelik jy ken nie vir GERT VISSER nie :'(
Verduidelik nou asb.
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Louis gaan lees ook weer Gert se post 308 was tong innie kies enige een behoort dit te weet
Hy het ook erinstig deelgeneem aan die BRANDSPOED!

Weet nie hoekom jy geiriteer is nie maar dit kan nie Gert wees nie,wonder maar net ;)
Last edited by JOHANNIC on Mon Dec 06, 2010 7:18 pm, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
jmb

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by jmb »

Louis wat is jou probleem met 308s. Ek het self een. Ek skiet nie jakkalse met hom nie. Ek dink hy is baie akkuraat solank jy die afstand het maar ek verstaan nie waar hierdie skielike agressie jeens 308s nie.
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by raychell »

Kan ons ladings vir 110gr Vmax en 125gr Btip kry met spoed asb
Ek het 125 teen 3200 geskiet dit maak die PB 269m
6mm    65gr      3600                            PB 290m
net 21m ! opdaai afstand
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by DSBW »

Manne, stadig nou, alhoewel dit nie nodig is nie wil ek graag vir Louis in die bresse tree. Hy is glad nie die aggresiewe soort nie, ek dink net Louis (en ander, myself ingesluit) het nie daarvan gehou dat 'n belangrike onderwerp soos brandspoed gekaap word deur losbandige .308 praatjies nie, daarom het hy dit geskuif.

Ek kan julle ook verseker hy het niks teen 'n .308 nie, tewens, ek en Louis is op hierdie stadium besig om na te vors oor die ideale jakkalsgeweer, welliswaar is die .308 nie een van die kalibers ter sprake nie, maar hy is beslis nie "hooked" op een gegewe kaliber nie.

Alles in goeie gees manne!

Dawie
jmb

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by jmb »

Dawie dankie vir jou poging. Ek verstaan ook Louis se probleem rondom afwyking van 'n topic. Daar is egter iets soos goeie maniere en dit was ongelukkig totaal en al afwesig by Louis se posts. Ek sien hy is 'n moderator. Ek sou bietjie meer van 'n moderator verwag het. Ek weet nie of hy en Gerrit Visser al voorheen vasgesit het nie maar ek dink dit was onbeleefd en onnodig.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Ek wag nog vir die Stap vir Stap ding ;D
Raynie
ek sien jy kom al nader aan die 6mm se trajek ;D ;D ;D
maar onthou jy mag nie afdraand skiet nie ;D ;D ;D
Biebers
Need for speed >:D
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by 222 »

Manne

Ek dink mens moet die hele dink in konteks sien. Jammer as ek nou die pot mis sit maar ek dink die hele gesprek kon net so wel oor die 303 gegaan het (net 'n voorbeeld) Ek suig nou niks uit my duim uit nie maar gee gepubliseerde data van Somchem, ek haal aan: (Hier gaan dit oor die trajek)

Alle wapens op 200jt ingestel

                                    spoed          100jt      250jt
7mmRem Mag      175gr    2850              +1.7"      -2.9"
30-06                180gr    2700              +1.97"    -3.27"
303 Brit              174      2500              +2.58"    -4.1"

Deur nou die 303 in te stel op 220jt
                           
                                    spoed              100jt      250jt
303BR                            2500                +3.19      -2.54


Die verskil is minder as 1", as die 303BR ingestel word om te tref op 220jt behels dit 'n aanpassing van minder as 'n duim op 100jt. Die val by 250jt sal -2.54" wees wat soortgelyk is aan die ander kalibers

Met die koele wat ons deesdae kry en die kruite wat beskikbaar is dink ek dat mens met enige (?) kaliber meer veelsydigheid het. Die man wat net 'n .308 het kan hom met .270 spoed laat loop, so 'n 270 met 'n sekere vervaardiger se koele teen amper 243 spoed.

Ek het 'n 308 en ek is baie tevrede met hom, ek is baie tevrede met die koele wat ek in hom skiet. Ek glo dat as ek sukses met 'n sekere kaliber, kruit en koe?ls het, ek ander manne daarvan wil vertel. Dit sal hulle meskien 'n paar rand spaar. As ek net die 303, 308 of 222 gehad het, het ek probeer om die beste van die ding te maak omdat ek nie 'n ander een kon bekostig nie.

Hoop julle verstaan wat ek probeer s?.


Groete
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Louis102 »

Gerrit Visser wrote: ... Jammer manne het nie geweet "308" is so aandag afleibaar nie. Ek het ook nooit ges? ek het al 'n jakkals op 550m geskiet nie. Net probeer beklemtoon hoe belangrik konstante spoed is. Dan kan selfs 'n 7.62 'n jakkals groote teiken op 550m raakskiet. As my spoed 200f/s stadiger is mis ek die teiken. Louis dit is dan wanneer 'n skut begin gorrel. Net 'n vraag hoe ver skiet jy die jakkalse gewoonlik? ...    
Gerrit

Wat jy hierbo s? is uiteindelik vir my ook nou duidelik.  Jammer dat jy dit nie van die begin af so reguit gestel het vir dom mense soos ek nie, ek raai maar sleg as dit by sulke ompaaie kom.  Die slimmer manne het (lyk my) dadelik gesnap wat jy met die 550m & 308 jakkalskiet ding bedoel het.  Hopelik het jy my eerste post, waar ek gevra het wat die triek is, saam met my tweede post gelees.  Ek glo jy sal weet dat daar in die jakkalsjag-bedryf baie selde tyd is om 'n jakkals te range, verstellings te maak en dan nog aan te l? om 'n goeie skoot te skiet.  Met bokjag mag dit dalk werk, maar in die jakkalsjag-bedryf gaan daai plan nie in my boek vlieg nie - vandaar my opmerking dat jy gorrel.  Jammer as dit vreeslik ongeskik was, moenie dat ek jou enigsins met my swak maniere afsit om meer insette te lewer nie. (ek het reeds in my eerste antwoord jou baie welkom geheet)

Die tweede punt wat ek wil maak is dat 308-argumente reeds meer as een goeie onderwerp op hierdie forum laat ontspoor het.  Wonder hoekom die einste manne nie teen sulke swak maniere ook kapsie maak nie?  Nou ek is reeds op rekord op hierdie forum, dat die 308 'n goeie kaliber in my opinie is, solank dit vir die regte gebruik aangewend word.  Jakkalsjag is egter in my opinie (en vele ander s'n), nie die regte gebruik vir die 308-kaliber nie.  Ek sal later vir Johannic stap vir stap verduidelik hoekom ek so dink.

Ek vermoed dis dalk 'n strikvraag, maar ek skiet my jakkalse gemiddeld op 120m tot 150m as ek moet raai.  Sommige baie nader en sommige baie verder.  Ek kon ook nog nie een op 550m plattrek nie, maar het al baie naby daaraan gekom - met ooggetuies.  Moet s? dit was 'n poks en bitter v?r van die norm af.
Raait, ek hoop ek het nou die meeste van die klippe wat in my rigting vlieg ge-"dodge"!  Geniet die Forum!

Louis


Ns. hier is my eerste post wat miskien misgelees was:
Louis102 wrote:
Gerrit Visser wrote: ... O ja tot op 550m mik ek op jakkals gee niks toe ... 
Gerrit, welkom oppie Forum.

Jakkalse tot op 550m en jy gee niks toe nie?  Met 'n 308 nogal!  Julle het seker uitsonderlike groot jakkalse in julle area?  Of wat's die triek?

Louis
Last edited by Louis102 on Tue Dec 07, 2010 3:59 am, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by henslin »

More manne

Hou daarvan as die kampvuur stories begin uitkom.  ;D Baie van die opmerkings sal seker ook net om die kole uitkom !

Louis - ek het ook net 'n .308 wat vanaf klein tot groot wild moet hanteer. Die ou-vrou is nie gebou vir wedvlugte nie. Daarvoor koop jy vir jou ietsie ligter en vinniger met baie blink goedjies aan. :-* Die tannies is gebou vir jag.

Jou aanhaling  ("Ek vermoed dis dalk 'n strikvraag, maar ek skiet my jakkalse gemiddeld op 120m tot 150m as ek moet raai.  Sommige baie nader en sommige baie verder.  Ek kon ook nog nie een op 550m plattrek nie, maar het al baie naby daaraan gekom - met ooggetuies.  Moet s? dit was 'n poks en bitter v?r van die norm af." ) . Dis die afstande waarmee die gewone jagter kan saampraat. Heeltemal 'n ander storie om papierbokke op die baan te skiet. Vir jou aanhaling van die gewone afstande hierbo sal ek my gradeboog vir jou leen en hom vir jou waarborg ook - selfs met die 180gr boskoels wat ek gebruik. Het ook al bygestaan met die 300m skote op koedoes ens. Met tong in die kies sal ek graag wil hoor wie van die gewone biltongjagters kan my daai skoot in die bosveld op 300m waarborg. Baie van die outjies wat ek al gesien het sal op 300m nie eers die jagkamp kry nie !

Nou kom die gedeelte waaroor ek pak gaan kry. Jakkiejag en biltongjag is twee verskillende sportsoorte. Jy speel tog nie krieket met 'n tennisraket in die swembad nie.

Geniet dit !!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Louis
Dankie dat jy vir Gert onverskoning gevra het,dit tel baie in my boek ;)
Stap vir Stap ding ;D  Regtig, dink jy dis nodig? ::) ;D ::)
Groete johan

Henslin
N Koedoe op 300m met n 308 in die bosveld(a walk in the park)
Daai bok is so groot soos n bus  ;D ;D ;D ;D ;D
Last edited by JOHANNIC on Tue Dec 07, 2010 7:42 am, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
Biltongjagter

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Biltongjagter »

henslin -
Jakkiejag en biltongjag is twee verskillende sportsoorte.
Bevrees nie een is 'n sportsoot nie!
Die een is probleemdier beheer en die ander is die kundige uitsoek en insameling van vleis vir die huis.
henslin, dis nou jou pak vir dit wat jy gekies het om te s? - so tong-in-die-kies di?, ou vriend!

Johan, kan nie anders as om met jou saam te stem nie! Mik nie eers op of af nie, looi hom net in die middel van die hart, van watter kant af ookal - net nooit deur die 'chutney' nie - maak glo die vleis taai!

.308
Altitude        : 3000 ft      Temperature      : 48.302  ?F 
Bullet Weight  : 130 gr      BC              : 0.3       
Xwind Speed    : 0 mph        Xwind Angle      : 0 ?       
Muzzle Velocity : 3080 fps    Zero Range      : 300 meters 

    Range  Height      Vel      Energy      TOF             
  -------  -------  -------  -------  -------           
        0    -1.50      3080.0  2738.1    0.000         
      50    1.86      2999.3  2596.5    0.054         
      100    4.07    2920.3  2461.5    0.109           
      150    5.06    2842.3  2331.8    0.166           
      200    4.76    2765.5  2207.5    0.225         
      250    3.10    2689.8  2088.2    0.285           
      300    0.00    2615.2  1974.0    0.347           
      350    -4.62    2541.7  1864.6    0.410           
      400  -10.85    2469.3  1759.9    0.476  (in minder as half sekond 0 tot 400m)

Groete,
Koos.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Stefan764 »

Manne, wat ek hier raaklees is dat as jy die 308 se gat so warm maak soos ou Koos se tabel hier se, jy nogsteeds tussen 0m en 350m n 9duim target nodig het om dood te vat?

Wat wil ons hier try bewys?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Geno »

Stefan764 wrote: Wat wil ons hier try bewys?
Dat dit nie saakmaak hoe warm jy 'n .308 laai nie, hy gooi nogsteeds so krom soos 'n klei-lat!
Ek weet, ek het als, van 110gr V-max tot 220gr Nosler Partitions al gelaai in hom.

Ek skiet nou net 150gr in hom. Trick is om sy trajek te leer ken, en te aanvaar dat dit die beste gewig koeel vir hom is.
As ek wil platskiet, dan wag ek net nog so paar wekies, dan is my .25-06 by my, ver skiet is eerder sy kos.

Stefaans,
Jy weet hoe baie ek van my kettie hou, maar hy is definitief nie die "be all and end all" nie. Daar IS beter, vinniger, akkurater, en lekkerder kalibers beskikbaar.

Gradeboog-Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
jmb

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by jmb »

Ja Stefan en Geno ek stem saam. Ek skiet nie jakkalse nie so ek weet nie wat werk of nie werk nie. Ek hou van 'n 308 se akkuraatheid maar jy moet ongelukkig seker wees van jou afstand. Dis hoekom ek eerder my 7mm Rem Mag en nou my STW gaan gebruik as ek moet verder as 200m skiet en nie tyd het om afstand te skat nie. Enigiets nader as 250 met 'n 200 zero is 'n 308 se kos. Jy mik waar jy wil skiet en die skoot gaan daar.
Biltongjagter

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Biltongjagter »

Stefan764 wrote: Manne, wat ek hier raaklees is dat as jy die 308 se gat so warm maak soos ou Koos se tabel hier se, jy nogsteeds tussen 0m en 350m n 9duim target nodig het om dood te vat?

Wat wil ons hier try bewys?
Stefan, vir 'n jong laaitie soos jy, sukkel jy blykbaar om daardie tabel te verstaan.

Maar voor ons daarby kom, daai tromp snelheid wat daar aangedui word is harde feite soos gemeet oor chronograaf en maak glad nie eers my .308 so vreeslik warm nie. Absoluut geen tekens van enige oormatige druk in die vorm van slot wat stram oopmaak of enigsins plat geslaande slagdoppies nie. Dood normale lading met die tipe koe?l wat ek mee jag.

My vraag aan jou is eerder wat probeer jy s??

Want al wat daardie tabel vir jou wys is dat as jy met daardie koe?l in jou .308 jou geweer gezero het op 300m, gaan jy op 250m ? 3" laag moet vat op die teiken se middelpunt om juis die middelpunt te tref.
Daarteenoor gaan jy op 350m ? 4.6" ho?r as die middelpunt van die teiken moet vat om steeds die middelpunt van die teiken te tref.

S?, dit is glad nie 'n kwessie van nou juis iets wat hier bewys wil word nie, dit is doodeenvoudig vanselfsprekende feite in hierdie spesifieke geweer en koe?l kombinasie wat al male sonder tal perfek gewerk het vir my in die jagveld - keer op keer.

Presies dieselfde soos met enige ander geweer en koe?l kombinasie die geval is - ken jou koe?l se trajek in kombinasie met jou geweer se verstellings op spesifieke afstande (lees watter afstand is zero) en dit is dit.

Al wat effens verskil in hierdie tabel se geval, is dat ek hiermee uitwys hoe kleiner die op/af variasies in jou koe?l se vlugbaan is op pad na die teiken toe, hoe makliker is dit om sonder baie op/af teleskoop verstellings uiteindelik die teiken op die verlangde punt te kan tref.

Verhoog dus die kanse op 'n beter skootplasing en meer suksesvolle jag!

 
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Stefan764 »

Exactly Geno!

Elke kalbier het sy plek. Of dit in die bosveld, op n skietbaan of in die vlaktes is. Jou kaliber het PERFEK gewerk vir ons OTA4-bydra-naweek, want ons het geweet die skote sal nie sommer verder as 150m wees nie en tot daar loop enige kaliber soos n muis met slippers.

Moet vir julle 308 manne, ter stawing van julle argument, tog die volgende noem: Die 2e laaste jakkals was op 250m in die nag deur Eugene met sy trie-O-eit geskiet. Die punt is, hy KEN sy geweer en hy KEN sy scope. Deur baie te skiet kon hy vasstel (skat) hoe ver die jakkals is en het toe die regte hoeveelheid toegegee, alles in n splitsekonde of twee, en die jakkals het gedood. Weereens, KEN jou geweer, teleskoop, trajek en eie selfvertoue vlak (vermoens).

Louis, die 308 is nie n IDEALE JAKKALS ROER nie, ek stem saam met jou. In die hande van n bekwame eienaar, soos Eugene, kan hy dodelik wees, MAAR net tot op n seker afstand. Ek dink n groot faktor wat ons in ag moet neem by die gesprek oor n ideale jak-roer is afstand. Vir iemand soos ons spannetjie (ek en Eugene) maak dit nie regtig saak nie, omdat 90% van ons omgewing en terrein nie skote verder as 100 -130m, 150m maks toelaat nie. Dus, ons kan maar enige van ons roere gebruik, 308 of 7x64, gaan nie verskil op 150 maak nie. Waar die "triek" inkom is by die manne wat wyd skiet. Tot op 300, 350m. DAAI manne moet die roer he wat die platse trajek het, 2,5duim op of af oor n afstand van 350m, en daar kan ons net sit en kyk, nie saamjag nie.

Groete en ek lees lekker verder!
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Stefan764 »

Biltongjagter wrote:
Stefan, vir 'n jong laaitie soos jy, sukkel jy blykbaar om daardie tabel te verstaan.
 
Koos

Dankie vir die ruk in die bek (weet nie of ek dit nodig gehad het nie maar nou ja)

Lees my post mooi:
Stefan764 wrote: jy nogsteeds tussen 0m en 350m n 9duim target nodig het om dood te vat?
dit beteken, as jy vinnig moet skiet, mik jy in die middel van die target. So, as jy n jakkals se blad (die "target" waaronder hierdie gesprek uitgeloop het) vat het jy n teiken van 5 duim in deursnee.
As jy vinnig moet skiet, soos wat 80% van die kere met jakkalsskiet die geval is, moet jy (of wil jy, maak dit net makliker) dood vat op sy blad. Dood vat beteken volgens my IN DIE MIDDEL VAN SY BLAD. Wys my asb tereg as ek dit verkeerd het of verkeerd uitdruk.

NOU. Jou tabel wat ek nie verstaan nie.
Biltongjagter wrote:
.308
    Range  Height      Vel      Energy      TOF             
  -------  -------  -------  -------  -------           
        0    -1.50      3080.0  2738.1    0.000         
      50    1.86      2999.3  2596.5    0.054         
      100    4.07    2920.3  2461.5    0.109           
      150    5.06    2842.3  2331.8    0.166           
      200    4.76    2765.5  2207.5    0.225         
      250    3.10    2689.8  2088.2    0.285           
      300    0.00    2615.2  1974.0    0.347           
      350    -4.62    2541.7  1864.6    0.410           
      400  -10.85    2469.3  1759.9    0.476  (in minder as half sekond 0 tot 400m)
Staan n jakkals van 0 tot 50 (dalk seker so 70, sien dit nie op die tabel nie of ek vertaan hom seker net nie) skiet jy hom moertoe. Mooi.
Staan nog n jakkals (jyt mos nou die vorige een vrek geskiet) enige iets van 100m tot 200m skiet jy enige iets van 1,5 tot 2,5 duim hoog (of in ander woorde, bo-oor die jakkals se rug) en jyt gemis. Slim jakkals. Nie n goeie ding.
Staan dieselfde jakkals (jyt hom mos nou gemis) op 250 (sal hom vi jou gee) tot 300m skiet jy hom nou wee vrek, jy zero mos op 300m. Mooi.
Staan nog n ander jakkals op 350m skiet jy hom vol stof aangesien jy nou weer 2duim onder jou teiken deurskiet.

DIT, my vriend, bedoel ek met dood vat. In die middel. Maak seker of jy en die ou wat jy in die bek ruk op dieselde songsheet is voor jy sommer begin om hom tereg te wys.

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Ek stem met die meeste dinge saam ;)
Maar moenie vergeet dat n 243AI nie veel beteken met n poeph@l agter die scope nie,ek verkies dan eerder iemand soos Eugene wat sy al is dit n kettie is ken ;)
Ek dink ook almal behoort te weet, ek hoop so, dat n 308 nie idiaal is vir nagskiet nie(elkegeval nie verder as 250m nie)Ek het baaaaie jakkies met 308 geskiet maar nooit verder as 200m nie, jy skiet hulle eenvoudig mis want dis vrekmoeilik om in die nag afstand te skat.
Maar moet ook nie se boere moet nie 308 toelaat vir jakkies nie dit hang af WIE skiet EN HOE LYK DIE TEREIN ;)
KOOS ons almal is nie so slim soos jy nie kalmeer swaer ;D
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Gerrit Visser »

Louis jou verskoning is aanvaar, jy mag maar van my verskil. Afstand was nie strikvraag. Wil net weet wat ek moet saamneem as ek Dawie se uitnodiging aanvaar. Belowe ek sal nie my 308 bring. 150 - 160m doen ek met my 223.

Eugene 25-06 is van die lekker kalibers, maar dit is waar ek geleer het hoe belangrik brandspoed verskil is tussen lotte. Hy gaan jou nie vergewe as jy nie presies laai nie. 
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Freddie101 »

JOHANNIC wrote: jy skiet hulle eenvoudig mis want dis vrekmoeilik om in die nag afstand te skat.
Hier is die kruks van die saak.

As iemand my skelm jakkals misskiet met een dm omdat hy verkeerde kaliber( of sal ek se trajek) of misgis met afstand en hy kos my nog 40 000rand gaan ek ongelukkig wees.

Louis . Mooi vir die regmaak. Maar moet se ek het dit ook eers soos jy gesien.

Jagbehep. Stem saam met Stefan. 5dm hoog op 150m maak dit net moeiliker.

Groetnis Freddie 
yol bolsun
Biltongjagter

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Biltongjagter »

Johan, dis nie 'n kwessie van slim wees nie, dit is bloot 'n saak van lees wat daar staan en reg verstaan wat jy daar lees.
Want al wat daardie tabel vir jou wys is dat as jy met daardie koe?l in jou .308 jou geweer gezero het op 300m, gaan jy op 250m ? 3" laag moet vat op die teiken se middelpunt om juis die middelpunt te tref. Daarteenoor gaan jy op 350m ? 4.6" ho?r as die middelpunt van die teiken moet vat om steeds die middelpunt van die teiken te tref.
En dit alles is steeds so ampertjies binne die perk van -
So, as jy n jakkals se blad (die "target" waaronder hierdie gesprek uitgeloop het) vat het jy n teiken van 5 duim in deursnee.
Nie soos Stefan s?:
DIT, my vriend, bedoel ek met dood vat. In die middel.
Wat is die nut dan daarin om die koe?l se trajek goed te ken?

Freddie, dit hoef nie noodwendig 5" hoog te wees op 150m nie. Nee, mens zero jou geweer so na as moontlik aan die gemiddelde afstand wat jy tydens 'n spesifieke jag verwag om te skiet.

Dit bring jou dan weer terug na wat ek reeds hier ges? het:
Al wat effens verskil in hierdie tabel se geval, is dat ek hiermee uitwys hoe kleiner die op/af variasies in jou koe?l se vlugbaan is op pad na die teiken toe, hoe makliker is dit om sonder baie op/af teleskoop verstellings uiteindelik die teiken op die verlangde punt te kan tref.

Verhoog dus die kanse op 'n beter skootplasing en meer suksesvolle jag!
Stefan, ek hoop jy is nou op die regte plek in die 'songsheet' - geniet dit!

Groete,
Koos.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Geno »

Koos,
Stefan verstaan jou tabel, jou zero en lading is fine, as jy net groot bokke soos koedoes skiet.
Die ideaal is 'n 5" pbr tot op 280m, en 'n 308 kan dit nie doen nie.
Oom Taffie sal jou wel kan vertel watse kaliber daartoe instaat is ;D
Range   Height      Vel      Energy      TOF              
 -------  -------   -------  -------  -------            
       0    -1.50      3080.0   2738.1    0.000          
      50     1.86      2999.3   2596.5    0.054          
     100     4.07     2920.3   2461.5    0.109            
     150     5.06     2842.3   2331.8    0.166            
     200     4.76     2765.5   2207.5    0.225          
     250     3.10     2689.8   2088.2    0.285            
     300     0.00     2615.2   1974.0    0.347            
     350    -4.62     2541.7   1864.6    0.410            
     400   -10.85    2469.3   1759.9    0.476
Daai 5" hoogskiet op 150m werk dalk vir jou, maar dit is vir my totaal onaanvaarbaar.
Rede hoekom ek so se is omdat daar altyd 'n kans is dat jou jakkals of bok sommer hier kort voor jou vassteek, dan moet jy gooi.
Ek wil nie dan nog onder my teiken mik nie, ek mik eerder op.
Vat byvoorbeeld 'n blesbok, staan hy tussen 100m en 250m en jy skiet met jou bg. lading, dan is jy los bo-oor die kop as jy dood vat vir 'n brein skoot (maklike skoot op 150m), of nog erger, jy skiet dalk sy horing raak (die boonste een, nie die een onder sy pens nie, alhoewel my 308 so baie val dat dit dalk kan gebeur :P ) Ek zero op 200m, dan is ek nie meer as 2.5" hoog op afstande tot op 200 nie, en dan 2" laag op 250 en 7" laag op 300, daarna raak dit maar moeilik. My geweer bly ook op een plek ingestel, of ek nou hier rond in die bos jag, en of ek op die hoeveld jag.
Dis maar my resep, en hy bevat nie chutney nie  ;)

Stefan, dankie vir die mooi komplimente. Give that man a Bells!

Johannic:
moenie vergeet dat n 243AI nie veel beteken met n poeph@l agter die scope nie
Stem 102% saam met jou!


JMB:
Ek hou van 'n 308 se akkuraatheid maar jy moet ongelukkig seker wees van jou afstand. Dis hoekom ek eerder my 7mm Rem Mag en nou my STW gaan gebruik as ek moet verder as 200m skiet en nie tyd het om afstand te skat nie. Enigiets nader as 250 met 'n 200 zero is 'n 308 se kos. Jy mik waar jy wil skiet en die skoot gaan daar.
Stem ook saam. Rede hoekom ek die .25-06 gekoop het...


Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Louis102 »

Gerrit Visser wrote: ...Louis jou verskoning is aanvaar, jy mag maar van my verskil. Afstand was nie strikvraag. Wil net weet wat ek moet saamneem as ek Dawie se uitnodiging aanvaar. Belowe ek sal nie my 308 bring. 150 - 160m doen ek met my 223...
Gerrit, ek's bly jy aanvaar die verskoning.  Sal egter waardeer as jy voorkant toe sommer die dinge reguit s?, eerder as met sulke ompaaie, want dit lyk of jy nogal baie het wat jy ons kan vertel.

T.o.v. die 150-160m jakkalsskiet ding - alhoewel dit dalk die gemiddeld is, is dit baie belangrik dat jy wel die 250-300m skoot kan skiet wanneer nodig.  Daardie is gewoonlik jou kritieke skoot want dit beteken of Dawie met 'n skelm jakkals gaan sit, aldan nie.  Wat ek van Dawie weet, mag hy dalk dan nie meer so oordentelik oorkom soos ons hom hier op die forum leer ken het, indien daar dalk so 'n foutjie op een van sy jakkalse insluip  nie.  Wat Freddie hier s? is werklik die kruks:
Freddie101 wrote: ...As iemand my skelm jakkals misskiet met een dm omdat hy verkeerde kaliber( of sal ek se trajek) of misgis met afstand en hy kos my nog 40 000rand gaan ek ongelukkig wees...
Een skelm jakkals en sy familie vreet sonder moeite Freddie se N$40 000 in een jaar op.  Daarvoor kan jy 'n soggerige jakkalsgeweer laat bou en 'n beter teleskoop laat opsit.  Lees sommer wat ons die Etiese Gedragskode vir Roofdierjagters hier op die forum oor toerusting (insluitend gewere) te s? het en dalk ook wat Jaracal se E Boek t.o.v. kaliber keuse vir roofdierjagters aanbeveel.  Enige ervare roofdierjagter wat sy sout werd is sal vir jou kan vertel dat dit uiters ho? risiko is om jagters met 'n 308 en selfs miskien jou 223 op jou jakkalse los te laat, waar daar met skaap geboer word.  Dit kos die boer groot geld op lang termyn, ongetwyfeld.

Jy is welkom om van my te verskil.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply