howa stainless steel loop en hout kolf te koop

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
Post Reply
imiel
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Mon Sep 15, 2014 7:26 pm

howa stainless steel loop en hout kolf te koop

Post by imiel »

Ek het die geweer ses weke terug by zimbi gekoop in pta maar kan hom ongelukkig nie meer vat nie . Dit is n .308 en nog nooit hanteer nie die geweer is nog by zimbi . Ek het 11500 v hom betaal en sal graag r 10000 vir hom wil he . kontak my gerus vir fotos. Imiel 0848141182
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: howa stainless steel loop en hout kolf te koop

Post by J le Roux »

Welkom Imiel

Ek verstaan jy is nuut hier en wil graag die wapen verkoop. Jy sal 'n beter kans he as jy jouself voorstel, moeite doen om nie sms taal te gebruik nie, en 'n foto van die wapen by te sit (of vol beskrywing). As jy sukkel e-mail my dan help ek met foto.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
tgg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm

Re: howa stainless steel loop en hout kolf te koop

Post by tgg »

julle moet maar eers hier lees, ek dink julle is op verkeerde thread

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=27649
imiel
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Mon Sep 15, 2014 7:26 pm

Re: howa stainless steel loop en hout kolf te koop

Post by imiel »

Ok nou waar moes ek dit gepost het ? Kon nie sien waar ek moes nie . Vra omverskooning
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13573
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: howa stainless steel loop en hout kolf te koop

Post by Capt. Yoda »

Jy moes dalk eers net bq deur die reels van die forum lees en bq deur die forum "browse"
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: howa stainless steel loop en hout kolf te koop

Post by Piet Breedt »

Imiel, kyk amper heel onder op die forum is "Klein Advertensies" gratis vir lede. Plaas jou advertensie daar.

Wat se kolf het die Howa op?
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: howa stainless steel loop en hout kolf te koop

Post by Piet Breedt »

Imiel, kyk amper heel onder op die forum is "Klein Advertensies" gratis vir lede. Plaas jou advertensie daar.

Wat se kolf het die Howa op?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: howa stainless steel loop en hout kolf te koop

Post by tripodmvr »

Geagte Lede

Neem asseblief kennis dat die minimum aantal posts alvorens n advertensie op Jaracal geplaas mag word 25 is.

Enige advertensie wat nie aan die vereiste voldoen nie sal verwyder word sonder dat die lid in kennis gestel sal word.

Lede word ook daarop gewys dat Jaracal geensins verantwoordelik gehou kan word vir enige transaksie wat voortspruit uit n advertensie wat hier geplaas word nie.

Verkopers word wel vermaan om goedere eerlik aan te bied met n volledige beskrywing daarvan. Daar word ook sterk aanbeveel dat n verkoopsprys die produk vergesel asook n foto van die goedere. Deur duidelik die terme van die verkoop uiteen te sit sal misversstande voorkom word.

Jaracal behou wel die reg om enige lid wat hom skuldig maak aan wanvoorstellings of bedrog se lidmaatskap sumier te beiendig.

Lede word ook gevra om op die titel van die skrywe "verkoop" of "sold" aan te bring sodra die produk verkoop is of nie meer beskikbaar is nie. Hierdie kan ook gedoen word deur net op die uitroep knoppie te druk by enige skrywe wat se "Report the post".

Ons vra dat alle lede asseblief hierdie reels sal nakom en dat enige oortredings in die verband gerapporteer word.

Ons doen ook n versoek aan alle lede om asb nie negatiewe of onnodige kommentaar te lewer op mense se advertensies nie. Indien jy nie saamstem met die prys nie weerhou jouself asb om iets te se op die draad. Elke person is geregtig om te vra vir sy item wat hy wil. Indien jy raad of kommentaar wil gee of lewer aan die verkoper dan versoek ons asb dat dit per PM gedoen word.

By voorbaat dankie vir al die lede se samewerink in die verband.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply