.375H&H vs .375Ruger
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
.375H&H vs .375Ruger
Manne gee bietjie lig hier asb.
Ek wil baie graag n .375 koop (of nee, ek GAAN n .375 koop) en ek wil bietjie weet wat die noemenswaardige verskille tussen die H&H en die Ruger is. Ek het geen kennis van die Ruger nie.
Spoed? Ammo pryse? Ammo beskikbaarheid? Doppe pryse? trajekte? Verskillende gewig koels uit hulle? Dis die tipe info wat ek nie het nie en graag meer oor wil top voor ek koop.
Ekt bietjie rondgekrap hier op die forum maar kry nie n "opweging" van die twee kalibers nie.
Dankie
Stef

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: .375H&H vs .375Ruger
Stefan,
Ek het ook daai twee teen mekaar opgeweeg.
My besluit was nie oor die een beter as die ander was nie, was maar net oor beskikbaarheid van komponenete.
Jy gaan tog nie die bokkie doder as dood kan skiet met meer spoed nie.
Hein

Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .375H&H vs .375Ruger
Steef
Pachmayer Decelerator Reciol Pad, Kwik staaf. Met ons poeiers ia daar so 50ft/sek wat die Ruger haastiger is op 23duim.
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: .375H&H vs .375Ruger
Performance is maar in dieselfde klas.
Gaan die geweer vir gevaarlike wild gebruik word? Indien jou antwoord Ja is, sou ek maar na die H&H kyk in 'n geweer met 'n magnum aksie en nie 'n oopgemaakte mauser of so iets nie.
Kyk eerder na beskikbaarheid van komponente. Hier is die H&H v?r voor.
Watter aksie gaan die geweer h?? Magnum aksie -> H&H, standaard aksie -> Ruger
Ek sal self nie omgee vir 'n CZ550 375 H&H nie ...
Gaan die geweer vir gevaarlike wild gebruik word? Indien jou antwoord Ja is, sou ek maar na die H&H kyk in 'n geweer met 'n magnum aksie en nie 'n oopgemaakte mauser of so iets nie.
Kyk eerder na beskikbaarheid van komponente. Hier is die H&H v?r voor.
Watter aksie gaan die geweer h?? Magnum aksie -> H&H, standaard aksie -> Ruger
Ek sal self nie omgee vir 'n CZ550 375 H&H nie ...
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: .375H&H vs .375Ruger
Dis presies die antwoorde waarna ek soek maats... So die H&H is dit dan??

Thanks vir die insette manne
Stef
Ja ou Kalahari-grapjas!!Kalahari Sands Varminting wrote: Stefan,
Ek het ook daai twee teen mekaar opgeweeg.
My besluit was nie oor die een beter as die ander was nie, was maar net oor beskikbaarheid van komponenete.
Jy gaan tog nie die bokkie doder as dood kan skiet met meer spoed nie.
Hein
Thanks vir die insette manne
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
jmb
Re: .375H&H vs .375Ruger
Komaan Stefan die H&H is die maatstaf al vir meer as 100 jaar. Hoekom nou met 'n goeie resep peuter. 
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: .375H&H vs .375Ruger
Dankie Johan...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
jmb
Re: .375H&H vs .375Ruger
Moet my nou net nie vertel dat jy nie daai antwoord verwag het nie. 
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: .375H&H vs .375Ruger
Ek wou nooit die Ruger bo die YSTER plaas nie, wou maar net bietjie navorsing doen, Forum-style....
Mar ek gan nou ophou my naam gat maak, thanks Johannes...
Mar ek gan nou ophou my naam gat maak, thanks Johannes...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .375H&H vs .375Ruger
Kom nou manne, julle skiet nou net n kaliber af sonder om mooi na al die gegewens te kyk. Die Ruger Hawkeye African is n uitstekende geweer vir sy prys, so om en by R14000 wat klaar jou ringe insluit. Die 375 Ruger pas in n standaard lengte aksie in, hy headspace op die skouer in pleks van n beld, hy is 80 ft/sek vinniger op 300 greiners, al wat basies teen hom tel is beskikbaarheid van doppe. As jy mos aan die begin 200 doppe koop is jy jets vir n paar jaar! Daar is mos nie n hengse prysverskil tusse sy doppe en H&H sin nie. Sy doppe behoort ook langer te hou as H&H. Dis mos lekker om so nou en dan iets anders te he as almal om jou.
Wag in spanning vir julle kommentaar
Wout
Wag in spanning vir julle kommentaar
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Taylor
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm
Re: .375H&H vs .375Ruger
Wouter
Jy kan alles by Safarie & Outdoor kry vir daai Ruger, het klaar uitgevind, seke so 2 weke terug.

Gooi daai lood reguit !!!!
-
375Ruger
Re: .375H&H vs .375Ruger
My naam se dit alles. Ek het die twee behoorlik opgeweeg op papier voordat ek my Ruger gekoop het. Baie min verskil behalwe die aksies, magnum teenoor standaard. Die prys is ook n faktor. Ek het +- R5000 minder vir die Ruger betaal as wat die H&H in CZ in 2008 gekos het. Ek het 100 doppe gekoop in die begin en sal miskien nog 50 bykoop in die toekoms. Verder is alles vrylik beskikbaar.
Daar is 'n paar goeie artikels wat op die net beskikbaar is aangaande die twee kalibers wat die moeite werd is om te lees. Wouter vat die feite mooi saam in sy antwoord.

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: .375H&H vs .375Ruger
Sal dam glad nie omgee vir n .375 nie. Maar eendag sal ek ook een he. Tyd en geld sal leer.
Groetnis
SJ
Groetnis
SJ
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: .375H&H vs .375Ruger
Julle moet nou net onthou toe ek 5 jaar terug met my projek begin het was daar nog nie komponente vir dir Ruger gewees nie. Hell Gerrie het toe nie eens geweet van die kaliber nie.
Maar moet julle se onder 20mm op 100m met PMP fabrieks ammo is nie te versmaai nie.
Moet nou net n slag my lading ontwikkeling voltooi.
Lekker rustige aand vir julle!
Kalahari groete
Hein
Maar moet julle se onder 20mm op 100m met PMP fabrieks ammo is nie te versmaai nie.
Moet nou net n slag my lading ontwikkeling voltooi.
Lekker rustige aand vir julle!
Kalahari groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
-
jmb
Re: .375H&H vs .375Ruger
Die probleem hier is eenvoudig. Die 375 Ruger is die antwoord op 'n vraag wat nie eintlik bestaan nie. Die Ruger kan basies 4 grein meer kruit in sy dop vat en is op 'n korter aksie gebou. Dit is maar raar dat jy die hele dopkapasiteit gebruik. Die spoed verskil is onder 50 fps vir meeste ladings. Dit is op hierdie kalibers weglaatbaar. Die kwessie van skouer versus belt headspacing is ook 'n bietjie van 'n grap op hierdie klas van kalibers. Hulle is nommer een nie teikenskiet gewere nie. nommer twee gaan jy beslis nie die verskil in die jagveld op normale jagveld afstande agterkom nie. As jy jou doppe gefireform het en jy necksize space 'n H&H ook vir alle praktiese doeleindes op die skouer. Meeste H&H wat ek van weet is eintlik belaglik akkuraat vir so 'n groot kaliber.
So die besluit is eenvoudig. Wat hou jy van. Daar is geen praktiese verskille nie. Die Ruger gebruik 'n korter aksie en is miskien goedkoper. Jy gaan egter sukkel as jy nie herlaai nie en doppe is skaars. As S&O uit voorrad uit is soos hulle al die afgelope 6 maande met 375H&H Norma doppe is gaan jy sukkel. Die H&H is meer as 100 jaar oud, dit is 'n gewilde kaliber waar ammunisie en onderdele alom beskikbaar is.

dirty harry
Re: .375H&H vs .375Ruger
More manne
Ek wil nou nie eintlik komentaar lewer nie, maar laat ek ook maar iets inkry. Ons Suid Afrikaners het mos n one track mind. ( Hou by dit wat werk ) Ek het die Ruger gekies net omdat die geweer ligter was en korter en dus baie makliker is om mee te loop in die digte dele van die bosveld. Ek het vanjaar met n vriend van my se H&H gestap in Thabazimbi en was na aan die dood. Het na 2 ure terug kamp toe gegaan. Daai wapen is HEL swaar. Al negatiewe deel van die ligter wapen is die recoil is aansienlik meer. Maar hoekom koop mens n groot kaliber as recoil jou pla? Ek het 200 doppe vir my gekoop en die manne op die forum is baie behulpsaam met ladings. Ek beplan om nog so 300 te kry dan gaan my seuns nog vir jare na ek al krom staan met die ding kan jag. Afterall skiet jy nie 100 rondtes n dag op die baan met hom nie. DIE LEWE GAAN OOR KEUSE! Koop die een waarvan jy hou.

Dirty harry jy is reg oor koop waarvan jy hou. Hier is dit 'n suiwer persoonlike keuse. Die gewig van die geweer het niks met die H&H of Ruger kwessie te doen nie aangesien jy die geweer kan laat bou vlgs jou smaak. Die 375 Rugers wat deur Ruger gebou word is baie lig. Hulle het egter in sekere gevalle probleme opgetel met gewere wat gebreek het. Ek is beslis nie iemand wat 'n kaliber net ondersteun omdat dit nog altyd daar was nie. My mening is maar net dat daar geen verskil tussen die 2 kalibers is nie en my voorkeur is die H&H.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .375H&H vs .375Ruger
Johan
Laat ek n bietjie lig op die kwessie gooi van hoekom ek n paar stellings gemaak het. As jy n bietjie in die Magnum gelees het sou jy dalk gesien het ou allesweetende Koos Barnard twee keer nou al die Ruger Hawkeye en die 375 Ruger redelik afgekraak met onder andere dat die koeel onder recoil terug in die dop geslaan word, nou ons almal weet dat al die groter kalibers met daai probleem sukkel en dat dit maklik met n stewige krimp regestel kan word. Tweedens het hy gese dat daar nie regtig n rede is vir meer krag as die 375H&H nie, al wat ek daarteen se is "Too much power is just about enough!". Seker daarom dat ek my 375 geakley het! Ek het nou al tot my furstrasie met n hele paar kalibers nie op die volgende sweetspot(node) kon uitkom nie agv te hoe druk, so daai ekstra 50-80ft/sek sou baie handig te pas in daai geval gewees het. Om n idiee van prysverskil te gee het my Ruger Magnum 375H&H my R30 000 uit die sak gejaag teenoor die R14 000 van die Ruger Hawkeye African. Jy kan dus vir so R1500 n Pachmayer Decelerator Pad en mercury staaf insit en genoeg geld oorhe vir n oordentlike teleskoop met nog n paar rand vir doppe. As ek alles kon oordoen sou ek defnetief mooi oor hierdie nommertjie besin het, om te dink alles wat die H&H kan doen kan die Ruger net beter doen! Ek weet dit is n harde een om te sluk!

As n mens in ag neem dat ons uitslytlik met hierdie nommertjies stap en jag maak n ligter en korter nommer tog n groot verskil. Vir twee 'goed gepleisterde
" manne soos ek en jy maak dit nie so groot verskil nie maar vir die meer normale manne wel. My 375 is ook hopeloos te swaar gebou en ek sou defnetief n ligter geweer verkies het. Die artikels van Koos het my sommer net dem#*r in gemaak! As daar nog een keer n ding vassuig in sy teleskoop dan gaan daar dalk iets van my op hom vassuig!!

Ek moet se dat my kaliberkeuses heeltemal anders sou gelyk het as ek van voor af kon begin en ek dink die 375 Ruger sou defnetief een gewees het.
Groetnis
Wout
Laat ek n bietjie lig op die kwessie gooi van hoekom ek n paar stellings gemaak het. As jy n bietjie in die Magnum gelees het sou jy dalk gesien het ou allesweetende Koos Barnard twee keer nou al die Ruger Hawkeye en die 375 Ruger redelik afgekraak met onder andere dat die koeel onder recoil terug in die dop geslaan word, nou ons almal weet dat al die groter kalibers met daai probleem sukkel en dat dit maklik met n stewige krimp regestel kan word. Tweedens het hy gese dat daar nie regtig n rede is vir meer krag as die 375H&H nie, al wat ek daarteen se is "Too much power is just about enough!". Seker daarom dat ek my 375 geakley het! Ek het nou al tot my furstrasie met n hele paar kalibers nie op die volgende sweetspot(node) kon uitkom nie agv te hoe druk, so daai ekstra 50-80ft/sek sou baie handig te pas in daai geval gewees het. Om n idiee van prysverskil te gee het my Ruger Magnum 375H&H my R30 000 uit die sak gejaag teenoor die R14 000 van die Ruger Hawkeye African. Jy kan dus vir so R1500 n Pachmayer Decelerator Pad en mercury staaf insit en genoeg geld oorhe vir n oordentlike teleskoop met nog n paar rand vir doppe. As ek alles kon oordoen sou ek defnetief mooi oor hierdie nommertjie besin het, om te dink alles wat die H&H kan doen kan die Ruger net beter doen! Ek weet dit is n harde een om te sluk!
As n mens in ag neem dat ons uitslytlik met hierdie nommertjies stap en jag maak n ligter en korter nommer tog n groot verskil. Vir twee 'goed gepleisterde
Ek moet se dat my kaliberkeuses heeltemal anders sou gelyk het as ek van voor af kon begin en ek dink die 375 Ruger sou defnetief een gewees het.
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
jmb
Re: .375H&H vs .375Ruger
Ou Wout ek hoor presies wat jy daar vertel. Ek dink ook die Ruger behoort 'n goeie kaliber te wees. Ek dink egter dat die verskil tussen die H&H en die Ruger op persoonlike smaak val. Die twee kalibers is basies net so na aan mekaar soos die 300WM en die 300H&H. Geweer koste is 'n ander saak. Ek koop maar basies wat el wil he en kyk maar nie altyd so fyn na die prys nie. Wat jy vertel maak egter sin as daar so 'n groot prys verskil is. Ek het egter gelees dat daar probleme met van die ligte Ruger gewere was in 375 ruger. Is dit so of lieg iemand alweer? 
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .375H&H vs .375Ruger
Jo
Ek was gister by VLT Arms, die invoerder van Ruger hierbo en het met Rouald oor die 375 Ruger en die geweer self gepraat en hy het my verseker dat hy nog nie n enkele "comeback" op die geweer gehad het nie. Ek het self daai model(Hawkeye African in 338 Win Mag) en het nog nie of kan ook nie sien hoekom daar enigsins n probleem op hom sal wees nie. Ek dink dit kom maar van manne wat se dat so kragtige kaliber in so ligte geweer sal maar "moet" probleme gee, en nou eweskielik word dit nou so aanvaar dat dit wel so is! Hoekom gebruik jy nie S355 in jou 375 nie? Jy kan dan nog gemaklik so paar foete per sekonde wen. Ek het eergister weer ladingontwikkeling gedoen op die 375 Ackley op die 260gr Nosler 2975ft/sek maks en die 300gr Spartan 2695ft/sek maks met die spatans wat 15mm gegee het op 2660ft/sek! Regter skouer voel bietjie "snaaks" vir die afgelope 2 dae! Het my nuwe haelgeweer ook gekry en so 100 skote deur hom ook gejaag wat seker n bydraeende faktor op die skouer was!
Wout
PS Wanneer kom jy nou kuier?
Op quickload en my eie ondervinding wys hy dat Barnes TSX en Frontier Spartan op konfesionele koeels se herlaaidata gelaai kan word maw hulle drukvlakke is vergelykbaar.
Ek was gister by VLT Arms, die invoerder van Ruger hierbo en het met Rouald oor die 375 Ruger en die geweer self gepraat en hy het my verseker dat hy nog nie n enkele "comeback" op die geweer gehad het nie. Ek het self daai model(Hawkeye African in 338 Win Mag) en het nog nie of kan ook nie sien hoekom daar enigsins n probleem op hom sal wees nie. Ek dink dit kom maar van manne wat se dat so kragtige kaliber in so ligte geweer sal maar "moet" probleme gee, en nou eweskielik word dit nou so aanvaar dat dit wel so is! Hoekom gebruik jy nie S355 in jou 375 nie? Jy kan dan nog gemaklik so paar foete per sekonde wen. Ek het eergister weer ladingontwikkeling gedoen op die 375 Ackley op die 260gr Nosler 2975ft/sek maks en die 300gr Spartan 2695ft/sek maks met die spatans wat 15mm gegee het op 2660ft/sek! Regter skouer voel bietjie "snaaks" vir die afgelope 2 dae! Het my nuwe haelgeweer ook gekry en so 100 skote deur hom ook gejaag wat seker n bydraeende faktor op die skouer was!
Wout
PS Wanneer kom jy nou kuier?
Op quickload en my eie ondervinding wys hy dat Barnes TSX en Frontier Spartan op konfesionele koeels se herlaaidata gelaai kan word maw hulle drukvlakke is vergelykbaar.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
jmb
Re: .375H&H vs .375Ruger
hi Wouter. Ek gaan defnitief vroeg in Januarie daardie kant toe kom. Die rede vir die lading is dat ek 2600fps wou he. Daar is 'n studie op barnes punte gedoen wat wys dat hulle beter werk teen laer snelhede. As die spoed te hoog is vou die "petals" terug en kry jy 'n wondkanaal wat net so groot is soos 'n gewone omklink tipe punt. As die "petals" nie terugvou nie vergroot jy die wondkanaal aansienlik en dood die punte nog beter. Die optimum spoed vir gewone jag afstande was vlgs die ouens rondom die 2450fps. Ek dink die een ou wat die studie gedoen het was 'n patoloog. hulle het op varkkarkasse geskiet en dan die punt en wondkanaal ondersoek. Dit was vir my baie insiggewend. kan nie nou die artikel kry nie. Ek gebruik ook nie my 375 vir eintlik verder as 200m nie so ek is baie gemaklik met die spoed. Dit gee ook nie onnodige terugskop nie. As ek wil ver skiet sleep ek maar die 7mm nader.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .375H&H vs .375Ruger
Jo
Jou redenasie dra absoluut water en ek het die artikel ook gelees. As ek reg kan onthou was dit Doctari in die Magnum en die spoed met die Hornet was in die 2252-2350 klas, dit het ook my nogal erg verbaas. Jy moet gou maak ou maat ek kan nie wag nie!
Woutie
Jou redenasie dra absoluut water en ek het die artikel ook gelees. As ek reg kan onthou was dit Doctari in die Magnum en die spoed met die Hornet was in die 2252-2350 klas, dit het ook my nogal erg verbaas. Jy moet gou maak ou maat ek kan nie wag nie!
Woutie
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Andy
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm
Re: .375H&H vs .375Ruger
Ek het Oktober 2009 my .375 Ruger gekoop. het ses maande serious navorsing gedoen tussen die twee. Die probleem het egter by prys gekom, ek het die ruger met 'n leupold teleskoop gekoop vir dieselfde prys as wat ek die goedkoopste tweedehandse HH kon kry.
Op die einde het die prys klas en nuwe geweer gewen, ek was nog nie eendag speit nie. Van recoil het ek nie gehou nie maar ek kom agter daar is manne wat minder daarvan hou as ek. Die ruger byt net op die baan.
Andy

"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: .375H&H vs .375Ruger
Andy
Pacmayer Decelerator pad(jy kan dit self doen jy bestel hom net vir jou model) en n kwikstaaf(ongelukkig gunsmith) en jy sal daai roer van jou nie ken nie. Beste R1300(omenby) wat jy sal spandeer.
Groete