Slagyster bly wenner

User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Pvdw ek kry nog nie reg om met photobucket te laai nie.Nou gebruik ek my iPhone en n app Repix.Dis al manier wat ek op die oomblik fotos gelaai kry.Ja ek haal hul so een ,een uit.Almal is sover reuns.Lyk my die tewe le pregnant by die huis. Groete
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by 2vierniks »

Pieter h, hou so aan! Dit is goeie werk! Ons het my ou plasie redelik skoon gemaak met roep en skiet, helikopterskiet en ysters. Skielik is daar sommer 'n hele paar nuwe manne wat bereid is om die area hul eie te maak. Nou le daar werk voor om die hand aan hulle te hou!
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Zvierniks dankie.My agterent af gewerk met die ongediertes,tyd stil gewees nou het kat my gisteraand gevang.Het yster gestel maar gaan vanaand voor sit ook.Groete
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by smitjs »

foxripper wrote:Nou deel bietjie daai "hoe om hom te gebruik" asb..ek sukkel maar met die ysters..
Kook die ysters skoon, hanteer met handskoene, stoor hul in n sak met skaapwol, stel met skadunet maar jakkie loop tot voor hom, dan loop hy om hom en loop verder..
Nee, Nee! As dit gebeur is daar fout met die stel.
Die stel moet onsigbaar wees vir mens of dier. Dis nie so moeilik nie, sif grond oor die stel, borsel gelyk, en dan takkies of wat ook al daar was.
Peter Schneekluth op Prins Albert gee goeie kursusse.
Dan as jy alles gedoen het om die reuk van mens weg te hou, na jy grond oor gesif het, gebruik 'n spuitbotteltjie met water, en spuit liggies oor die stel. Dit laat finaal die reuk onder bly.
Werk op 'n seiltjie, gooi al die grond wat jy uithaal op die seiltjie, en wanneer jy klaar is, neem die seiltjie ent weg en gooi die oorblewende grond daar ent weg uit. Los daar bietjie reukmiddel.
Die een saak wat ek nie weet hoe om te vermy nie, is as volg:
Die slagyster was gestel vir 2Kg op die middel van die trapplaat. Daar word toe ongelukkig 'n ystervark gevang, en die jakkals loop dit raak.
Hy sien die yster en die ystervark. Daarna stel die plaas xxx op dieselfde plek, en met hul gewone manier van alles half doen.
Nou is daardie jakkals geleerd. Hy gaan le langs die yster en vee die yster oop.
Nou kla die boer, en hy moes nie toegelaat het dat die tabakspoegers ooit na aan 'n slagyster kom nie. Dis fisies onmoontlik om nie sagte grond en beweging van die trapplaat te vermy nie. As die jakkals eers dit ken, vang mens hom nie, tensy hy totaal onbewus van die yster is en op 'n draffie is. Dis nie so maklik nie.
Sukses!
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Smitjs indien daar nie veel ander spore in paadjie is nie behalwe jakkals en ek stel in paadjie gebruik ek altyd n been of skaapstert so n voet voor yster,teenoorgestelde kant v waar spore werk om sy aandag te trek en sy neus v die grond af te kry.Het al baie vir my gewerk.Stem saam met wat jy se.Ek stel maar self my ysters.Groete
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Saterdag darem weer n teef gevang wat kleintjies het.By graspol met jakkalsmis gestel.Lamstert gebruik om haar aandag te kry.
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by 222 Sako »

Pieter die stert wat jy gebruik, is dit vars afgesit van die lam of is hy droog en vang maar net die jak se oog? Ek spook met die ysters, maar dit gaan maar sukkel sukkel.
Dink jy daar is tye van die jaar wat jy hulle makliker vang as ander soos met die roepery ook maar?
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

222Sako dis n gevangde lam se stert.Waar spore vir jou wys die jakkals draf gereeld is jou kans baie beter maak nie saak watter tyd v die jaar dit is nie.Baie faktore kan jou kans beinvloed.As jy hul roete na jou lammerkamp kry is jou kans altyd goed.Maar dit bly maar harde werk.Groete
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by 222 Sako »

As jy die scent post stel, gebruik jy Peter S se lokmiddels en indien wel het jy n voorkeur no of wissel jy af?
Dankie v d raad. Groete.
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Hou daar van om canine call te gebruik.Het al baie sukses gehad met lamkarkas wat ek in hol miershoop langs voetpad sit en dan ysters stel of n stukkie wildsvleis.
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by 222 Sako »

Het canine call ñ no. want ek het drie botteltjies by my sonder name net no?
Ek het die vleis stel probeer, maar die rooi meerkaaie sleep die goed weg of as ek dit vasslaan dolwe hulle die plek om en maak soms die ysters so oop. Kry jy dit ook soms?
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

Ja dit gebeur met my ook,gebruik baie keer iets wat aandag trek met ligte lokmiddel. Canine call bestel ek op naam.lanklaas bestel.Maak net seker as jy hul bel.As voetpad net jakkals spore wys en nie veel ander nie vat ek kans met n blinde stel.Ystervarke bly ook altyd maar n verpesting.
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by 222 Sako »

Kom vanoggend by laas naweek se vangs en kyk wie loer vir my van agter die miershoop waar ek vir hom nagereg ingesit het.
Dankie manne, lyk my die miershoop en slagyster loop mooi saam.

Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by 222 Sako on Tue Oct 28, 2014 10:08 pm, edited 1 time in total.
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

222Sako mooi so.Ek maak ook baie gebruik v uitgeholde miershoop langs n voetpad ,werk baie lekker.Groete Pieter
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by 222 Sako »

Pieter het jy al 2 na mekaar op dieselfde plek gevang of stel jy op nuwe plek elke keer?
Ek wil kyk of sy maat nie wil kom vanaand.
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

222Sako nie onmiddelik.Los gewoonlik daai plek vir n maand.Maar jy kan probeer mens weet nooit.As daar een saam met hom was het hy dalk gesien wat gebeur en sal die plek vermy.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by smitjs »

As jy 'n lewendige muis gevang kan kry in 'n hokkie, is jy reg vir hom dadelik.
Sit die muis in 'n glasvles. Deksel met gaatjies vir lug. Klompie droë blare vir geraas. Paar koringkorrels as jy wil.
Sit dan die fles in die hol miershoop met die onderkant buitetoe.
Muis skrik as hy jakkals sien en maak geraas. Jakkals kan dit nie weerstaan nie, hy moet kom kyk.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by BRNO (Pierre) »

smitjs wrote:As jy 'n lewendige muis gevang kan kry in 'n hokkie, is jy reg vir hom dadelik.
Sit die muis in 'n glasvles. Deksel met gaatjies vir lug. Klompie droë blare vir geraas. Paar koringkorrels as jy wil.
Sit dan die fles in die hol miershoop met die onderkant buitetoe.
Muis skrik as hy jakkals sien en maak geraas. Jakkals kan dit nie weerstaan nie, hy moet kom kyk.
;D ;D n Video hiervan kan nogals vrek snaaks wees.
Veiligheid eerste manne!
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by 222 Sako »

Dankie Smitjs.

Klink na ñ plan, wonder of my kinders gaan agterkom as 1 marmot kort. ;D
Hy was nie gisteraand daar nie. Het so 3mm reen gehad so ek kan mooi spore sien, maar hy is lief om so nag oor te slaan kom ek agter.
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by Armand9 »

Ek nie n bovin met ysters nie. Het een keer n jakklas gevang langs sy dooie maat wat ook met die yster gevang en gedood is. Die eerste een is gedood en die yster net langs hom gestel. Kan nie presies onthou nie maar 2 of 3 dae later het sy maat ook gesit. Was by n deurkruip plek. Dalk n poks gewees. Het nog nie weer probeer nie.
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by 222 Sako »

Armand het jy om die jakkals gestel of hoe het jy die ysters geplaas?
User avatar
Armand9
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by Armand9 »

Ek het net een yster strategies met bosse voor di jak gestel. Met n vorige dooie jak het ek na n paar dae gesien hoe ander op hom kom rol het(spore). Dit mag wees dat bakore of silwers dalk in di slag kan bly. Honde hou mos daarvan om in dooie goed te rol
Maar ek het geweet dis twee en was op di adres met di voetpad wat gekry. So dit was darem n berekende poks.
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by 222 Sako »

Dankie Armand ek 'file' hom so, as ek dalk weer een van ñ paar vang gaan ek probeer.

Groete
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Slagyster bly wenner

Post by 222 Sako »

Het laas nag die jong man gevang so 200m van sy maat se plek af. Al die raad wat ek hier gelees het help baie. Ek kom agter dit help om die lappie, spons of " pienk dak goed" so vir paar dae eers te begrawe voor mens daarmee stel. Nog iets wat ek hier geleer het.

Die foto van die skaap is die lot se werk. 3 vir die naweek. 2 moes ek keel afsny en een kon ek toewerk.

(En vir die mense wat hier mag lees en dink ons maak die goed net vir ons plesier dood.)

Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Slagyster bly wenner

Post by pieter h »

222Sako netjie lyk vir my die miershoop werk darem lekker.
Post Reply