Skoonmaakmiddels
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Skoonmaakmiddels
Hallo Manne
Hierdie onderwerp is al verskeie kere aangeraak en selfs in diepte hier op die forum bespreek. Wat my baie keer opval is dat n persoon n sekere produk sal goed praat of as die beste afmaak net om my te laat wonder maar hoeveel produkte het die persoon al getoets?
Nou ek gaan vir n oomblik nie myself afmaak as iemand wat elke liewe produk al getoets het nie, maar het al met n redelike klomp geeksperimenteer juis vanwee my aantal gewere. Uit die aard van die saak soek n mens die vinnigste en effektiefste manier van skoonmaak wat dan veroorsaak dat n persoon soek na daai wonder produk. Om alles te kroon is ek ook een van daai persone wat n geweer nie vuil kan bere nie so dit maak hierdie nog meer relavant vir my.
Nou om sommer af te skop het ek nog nie daai wonder produk gekry nie, maar ek sal met julle deel wat wel werk. Die rede hoekom ek die skrywe begin het is oordat ek nou gister en vandag nou weer besig is met n nuwe geweer. Ek het met die geweer nie soos normaal my inbreek proses gedoen nie en het ses skote geskiet om die teleskoop in te stel en ook so bietjie te kyk hoe lyk die groepering. Hierdie was voordat ek my lisensie gehad het en oordat ek nie meer kon uithou nie. Gedult is maar n wetter! Loopskoonmaak by die geweer winkel is nie n opsie nie en het ek eers dit gister gedoen.
Gister het ek n nuwe produk gebruik nl Bore Tech se CU+2 Copper Remover wat hoogs aangeskryf word deesdae, nadat ek Bore Tech se Iliminator gebruik het om die koolstof te verwyder. Ek het gister 5 aplikasie van die CU+2 gedoen soos die gebruiks aanwending aanbeveel en toe dit oornag gelos. Vanmore was daar nog steeds koper te bespeur en het ek nog twee aanwendings gedoen sonder sukses. Ek gryp toe maar die een produk wat ek maar nog altyd sien as die laaste se in koperverwydering nl Forester Bore Foam en soos die lot dit wil he is die koper total verwyder nadat die skuim vir n half uur sy werk gedoen het. Ek maak van n spesiale flits gebruik om te kyk vir koper neerslag.
Nou verseker kan dit wees dat dit nou die laaste bietjie was en toe kom vat die Forester die koek, maar daar was nog heelwat koper oor gewees volgens my waarneming. Ek moet ook se dat wanneer ek die produk oornag los hy nog elke keer skoon uitgekom het die volgende more maak nie saak die hoeveelheid koper nie. Wat ek wel nie van die produk hou nie is dat ek eers op elke botteltjie n bietjie moeite moet doen om met insulation tape eers n plug te draai sodat daar nie skuim in die kamer kom nie. Hierdie wissel ook van kaliber na kaliber om alles nog meer ingewikkeld te maak. Ek het n ontsaglike probleem n klomp jare terug gehad met my 30-06 waar doppe in die kamer vasgesit het na so drie vinnige skote. Al gevolgtrekking waartoe ek kon kom nadat ons alles probeer was is dat daar van die skuim in die kamer oor n lang tyd se gebruik moes agter gebly het en die taai geraak het nadat die kamer na drie skote warm begin raak het en dus die rede vir die vassit van die dop. Ek en my broer(wat presies dieselfde oorgekom het aangesien ons dieselfde routine gevolg het) moes toe uiteindelik nuwe lope opsit, want ons kon nooit die probleem oplos nie maak nie saak wat probeer was nie. Tot vandag verkwalik hy my en gee Ackley's die skuld aangesien hy my soos n blinde skaap gevolg het. Hy het met die nuwe loop terug gegaan na die standard kaliber en fabrieks amminusie en is tot vandag toe n gelukkiger mens as ek om alles te kroon!
Ek moet ook byse dat ons wel elke enkele keer met loopskoonmaak die skuim daai tyd gebruik het wat total onnodig was. Ons het ook nie ons kamers gemop na die skoonmaak proses nie en vandat ons dit doen was daar nog nooit weer so n insident nie. Ek hou van die feit dat die skuim basies geen meganiese aksie verlang behalwe aan die einde van die proses nie. Deur dit net te bly spuit verwyder dit self die koper soos wat dit voor uitborrel. Soos reeds gese is dit ook net iets wat n mens moet gebruik indien daar erge koper aanpaksel is. Lope wat oordentlik ingebreek is en gereeld skoongemaak word is n dubbeldoelige koolstof/koper verwyderaar al wat nodig is. Ek gebruik tans twee produkte hiervoor en werk baie goed nl. Bore Tech Eliminator en Butch's Bore Shine.
Ek het n ruk terug GS Custom se M98 ook gebruik nadat Gerhard hier op die forum gese het dit is die laaste se in koper verwydering. Sy woorde was dat jy enige ander produk kan gebruik en dan syne en daar sal nog steeds koper uitkom. Wel ek het die M98 tot op n druppel gebruik soos voorgestel totdat die lappies gewys het die loop is silver skoon. Ek het toe maar net om dit op die proef te stel n spuit Forester gegee en toe borrel die blou skuimpies voor by die loop uit om te wys daar was nog koper in. Ek het dit net weer met n tweede geweer bevestig. Nou ek se geensins dat M98 nie n goeie produk is nie, dat hy wel baie effektief en vining werk is so, maar is uit my eie ondervindinge nie die laaste se in koperverwydering nie.
n Produk met die naam van Wipe Out Foam Bore Cleaner wat ook n skuim is word ook baie hoog ge-ag deur van die Amerikaners. Ek het nog nie dit gekry om te probeer nie en sal graag dit n proeflopie wil gee. Blykbaar volgens sekere persone daar troef dit die Forester Bore Foam wat hulle vermoed die loop moontlik kan laat roes. Indien dit die geval is kan dit net n wenner in my oe wees. Ek kyk wel met n bore-scope na my lope en het nog nie roes of pitmerke ervaar nie. Ek sit wel n lappie met olie deur elke keer nadat ek n loop skoon gemaak het.
Ek is nog nooit n mens vir n bore paste nie. Ek hou nie van die skuur effek op my lope nie, maar daar is n magdom mense wat absoluut glo daarin. Wat ek wel kan se is hoekom daai ekstra komponent inbring(skuur effek) as jy iets het wat net so goed werk.
Ek het n klomp produkte nie hier genoem wat ek al gebruik het oor die jare maar dit is verseker nie te se hulle werk nie. Wat ek wel met die skrywe be-oog het is om van die beter produkte tot ons beskikking te bespreek aangesien opinies so wyd uiteenlopend is in die verband. Wat ons ook moet besef is dat hierdie veld verseker sal verbeter soos tegnologie vooruit gaan en ek sal verseker nog bly soek vir daai wonder produk.
Groetnis
Wouter
PS My intensie met die skrywe sowel as my versoek is dat ons nie hierdie draad n afspeel plek maak van produkte teen mekaar nie, maar eerder net ons ervarings met mekaar deel soos dit tog hoort hier.

Burger
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Thu Oct 04, 2012 10:47 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Wouter, ek het al self n paar produkte gebruik en ek stem heelhartig saam met jou dat Forest Bore Foam die kroon vat. Ek spuit hom in die loop van die kamer se kant en laat staan die geweer op sy "muzzle" met n 5ml pille houertjie wat mooi pas oor my loop se "muzzle". Die houertjie koop ek sommer by plastiek warehouse hier in Bloem.
Na so 30min spuit ek die loop weer mooi vol van die Forest sonder om die eerstes te laat uitloop, m.a.w. ek vul die loop verder op met Forest aangesien die skuim n vloeistof na n paar minute word en sak dan af in die loop a.g.v. grawitasie. Ek herhaal die proses tot die loop mooi vol Forest is en laat staan oornag.
Die vogende dag laat ek die Forest uitloop en druk droee lappies deur totdat loop mooi droog is. Alle koper is dan verwyder. Wil net graag noem ek skiet ook so 300 na 400 skote voordat ek die koper op die manier uithaal.

- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Dankie hiervoor, maar waar kry mens die skuim? Ek het al by verskeie plekke probeer maa kry nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Skoonmaakmiddels
Ek gebruik beide die Forrest Barrel Foam en Boretech se produkte. Albei werk vir my goed! Tans gebruik ek net BT se Carbon remover en het nog nie weer koper uitgehaal nie. Ek ken nie/gebruik nie tans enige ander produkte nie en kan my dus nie daaroor uitlaat nie....
Aim small, miss small
- Reggie Gerber
- Hero Member

- Posts: 1223
- Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Dankie Wout
Gaan die foam probeer.
Soos jy voel oor daai produk voel ek oor Barrel Magic copper remover maar kan ongelukkig nie meer kry nie want ek weet nie wie hou dit nog aan nie
Groete

- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Hi Wouter, ek is maar lui by nature en die bore foam is die beste produk wat ek nog gebruik het. Ek gebruik maar m98 meeste van die tyd en as ek moeite wil doen dan gebruik ek die bore foam na dit. Aan die einde vsn due seisoen maak ek my lope met m98 skoon gevolg deur borefoam en dan jbs bore paste en dan weer m98. Ek houdit tot die minimum aangesien ek glo dit jou loop gaan eet as jy dit gereeld doen. Daai proses het my 40 jaar oue 243 van bondskiet na 1/2 duim groepe toe terug gevat. Maar ek werk maar sagies en versigtig met die borepaste, tot so n mate dat ek dink daai een houer my nog 20 jaar sal hou
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13573
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Ek gebruik boretech van die dag wat s&o in pretoria oop gemaak het en ek is baie gelukkig met hul produkte.Dit gese het ek al met n klompie groot skieters in die US gepraat en hulle se ook as jy eers Wipe Out gebruik het is dit verby en jy gebruik nie vinnig weer iets anders nie. EK het so rukkie terug vir ek dink "sharp shooter" in die US wat die produk verspry n mail geatuur en gevra of ons nie van dit dalk erens in die hande kan kry nie maar nooit van hul gehoor nie.Sal hul more weer bq n email stuur en vra of ons nie n tester of 3 kan kry nie.Sal bq vir sinclair ook mail en vra of ons nie direk by hulle kan koop nie, ek dink hul verkoop dit vir 8 of $9 per blik.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Skoonmaakmiddels
Iemand het al 'n bont skiet geweer na my gebring, en die loop was sleg gekoper.
Ek het dit vinnig uitgehaal met kookwater, dit kom sulke lang repe uit.
Daarna moes die loop eers weer sowat twintig skote skiet, en toe was dit weer tip top.
My lope raak nooit so vuil nie, ek gebruik ook M98, boreTech Eliminator, en Forrest Bore Foam, net afhanklik van wat my hand eerste raak vat. Almal werk goed in my opinie.
Gebruik niemand anders dan kookwater nie?
Groete
Johan Smit
Ek het dit vinnig uitgehaal met kookwater, dit kom sulke lang repe uit.
Daarna moes die loop eers weer sowat twintig skote skiet, en toe was dit weer tip top.
My lope raak nooit so vuil nie, ek gebruik ook M98, boreTech Eliminator, en Forrest Bore Foam, net afhanklik van wat my hand eerste raak vat. Almal werk goed in my opinie.
Gebruik niemand anders dan kookwater nie?
Groete
Johan Smit
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Hallo Oom Johan
Vertel asb meer van die kookwater ontkopering.
Groetnis
Wouter
Vertel asb meer van die kookwater ontkopering.
Groetnis
Wouter
- BennieO
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Thu Feb 06, 2014 8:34 am
Re: Skoonmaakmiddels
Gaan dit nie dalk die probleem oplas as mens van die oorpluisies wat jy so plat druk en dan weer uitsit vat en die pypie deur hom druk nie. Dan kan jy hom vir alle kalibers gebruik. Ek het dit nog nie probeer nie maar dink dit kan werk.Wat ek wel nie van die produk hou nie is dat ek eers op elke botteltjie n bietjie moeite moet doen om met insulation tape eers n plug te draai sodat daar nie skuim in die kamer kom nie. Hierdie wissel ook van kaliber na kaliber om alles nog meer ingewikkeld te maak.
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Bennie
Die eerste botteltjies het met so swart rubbertjie uitgekom in n "cone" vorm. Die het baie lekker gewerk en ek wens ek het hulle gehou. Jou idiee kan wel werk glo ek en sal bietjie op die proef stel. Ek weet net nie of die oorpluisies groot genoeg gaan wees vir die pypie om deur te druk nie. Sal maar bietjie loer.
Groetnis
Wouter
Die eerste botteltjies het met so swart rubbertjie uitgekom in n "cone" vorm. Die het baie lekker gewerk en ek wens ek het hulle gehou. Jou idiee kan wel werk glo ek en sal bietjie op die proef stel. Ek weet net nie of die oorpluisies groot genoeg gaan wees vir die pypie om deur te druk nie. Sal maar bietjie loer.
Groetnis
Wouter
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Skoonmaakmiddels
Hello Wouter,Wouter Roets wrote:Hallo Oom Johan
Vertel asb meer van die kookwater ontkopering.
Groetnis
Wouter
My agterdeur is 'n bo en onder deur, en buite is trappies af.
Dan hang ek die geweer loop ondertoe sommer oor die oop onder deur. Ek het 'n tregter met 'n stukkie rubber pyp wat in die kamer gedruk word. Hou die tregter vas met 'n tang, want dit word baie warm. Gooi dan 'n ketel kookwater deur. Die koper kom los en vorm sulke lang drade, omdat die uitsetting van die loop en die koper verskil. Stoot dan die koper drade uit met die skoonmaak stok, en die loop is blink skoon. Die loop is ook onmiddelik droog, omdat die water so vinnig verdamp.
Mens moet net nie die kookwater op die hout laat kom nie, dit vlek.
Ek dink die skoonmaak proses kom van die tweede wereld oorlog af, maar ek is nie seker nie.
Groete
Johan Smit
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3125
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Skoonmaakmiddels
Ek het ook n paar produkte gebruik maar vir nou is ek op M98 en forest foam en bietjie jb bore paste. Die M98 is lekker om te gebruik in die sin dat dit vinnig werk en jy hoef nie lank te wag. Dit haal die koolstof uit en meeste van die koper. As jy daardie laaste bietjie koper wil uit kry dan gebruik ek die forest foam. Ek druk sy pypie tot in die keel en spuit di loop vol. Daar kom van dit in die kamer maar ek het nog nooit enige probleme gehad soos wat Wouter genoem het. Laat staan die geweer op sy kroon op n wit lappie en na so halfuur dan sien jy die blou kol op die lap. Dan is dit net droe lappies en dan n olie lappie en kluis toe met die geweer. Die jb borepaste sal ek net klein bietjie gebruik en nie met elke skoonmaak net vir daardie rare geval waar daar nog n klein bietjie hardegat koper sit en as ek die loop wil heeltemal skoon en gladder maak. Moenie te veel poleer nie net so 15 keer op en af. Jy moet sien hoe swart kom die lappies uit! Daar is ouens wat die borepaste gebruik om n nuwe loop te poleer voordat hy geskiet word en dit dien dan as hulle manier van loop inbreek.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13573
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Volgende ding wat ek geld in wil bele is n bore scope sodat ek my lope self kan bekyk voor en na ek skoon maak.Dink n mens sal baie vinnig leer wat jou loop nodig het as jy so aparaat in jou kluis het.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Die kookwater en 303 Bisley skiet loop tesame. Dit het al die skadelike soute uit die loop uit gewas en 'n lap met Youngs 303 olie daarna het die loop verder beskerm. Het nou nog so bottel Youngs - gebruik dit soos parfuum om die ou dae terug te bring.
Ek het al die kookwater gedoen met my 7x64 en gevind dat die Forrest foam verdik en 'n taai bruin neerslag vorm.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Oom Johan - dit is werklik baie interessant! Dink dis die moeite werd om dit in elkgeval te probeer, aangesien ek nie kan sien dat daar enige nadele/risikos aan die proses vebonde is nie.
Luan- Ek het presies dieselfde oor gewonder ivm die inbreek van 'n loop. Ek het al die drade oor loop inbreek noukeurig gevolg die laaste tyd, aangesien ek binnekort my lisensie vir my nuwe geweer verwag. Almal is dit eens dat die doel van loop inbreek is "om jou loop-oppervlak te poleer", en JB borepaste behoort dus teoreties die proses te vergemaklik. E
Luan- Ek het presies dieselfde oor gewonder ivm die inbreek van 'n loop. Ek het al die drade oor loop inbreek noukeurig gevolg die laaste tyd, aangesien ek binnekort my lisensie vir my nuwe geweer verwag. Almal is dit eens dat die doel van loop inbreek is "om jou loop-oppervlak te poleer", en JB borepaste behoort dus teoreties die proses te vergemaklik. E
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Hallo Oom Johan
Dankie vir die deel met ons. Nie gedink dit is so maklik nie. Oom Maruis waar het Oom hierdie bruin verdukking waargeneem met die Forrest? Ek kon sweer daar was so bruin neerslag in my 30-06 en my broer s'n destyds.
Groetnis
Wouter
Dankie vir die deel met ons. Nie gedink dit is so maklik nie. Oom Maruis waar het Oom hierdie bruin verdukking waargeneem met die Forrest? Ek kon sweer daar was so bruin neerslag in my 30-06 en my broer s'n destyds.
Groetnis
Wouter
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Die skuim beland in die sluitnok gleuwe en met die warm water word dit in die kamer uitgewas. Die hitte veroorsaak dat dit verdik is al afleiding wat ek kan maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Hallo Oom Maruis
Ek verstaan nou, dit is met die gebruik saam met kook water waar dit gebeur.
Groetnis
Wouter
Ek verstaan nou, dit is met die gebruik saam met kook water waar dit gebeur.
Groetnis
Wouter
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Skoonmaakmiddels
EK het Boretech Eliminator en copper remover van Barnes wat al oud is. Dan het ek eendag by Guns & Bows ingestap en gevra vir M98 en die ou gee my die botteltjie. EK kom by die huis en gebruik soos op die bottel staan. Eendag besef ek die goed se naam is G98 en 'n Amerikaanse produk. Dit werk vir my vrek goed en Terry Harrison het my 7mm se loop bekyk en was baie beindruk met die loop se skoon oppervlak. Ek gebruik dit nadat ek die Boretech eliminator gebruik en dan kom daar nog koper los.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Ek hoop jy is ernstig oor die kookwater ontkopering?smitjs wrote: Ek het dit vinnig uitgehaal met kookwater, dit kom sulke lang repe uit.
Gebruik niemand anders dan kookwater nie?
Ek vermoed dit gaan nou heelwar gebruik word?
Moet die loop heeltemal vuil wees of maak mens hom eers skoon?
Groete
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Ek het die koper loskom nog nie so ervaar met kookwater nie. Ek dink die loop moet baie vuil wees voor mens dit sien.
Ek gebruik M98 omdat goed werk en bekostigbaar is. Vir lui skoonmaak gebruik ek Forrest Bore Foam - kom van die skietbaan af spuit en bere in kluis.
Ek gebruik M98 omdat goed werk en bekostigbaar is. Vir lui skoonmaak gebruik ek Forrest Bore Foam - kom van die skietbaan af spuit en bere in kluis.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Skoonmaakmiddels
Ernstig? Dis soos ek groot gemaak was, my Pa het ook geskiet in kompetisies wat destyds Bisley genoem was.Skolla wrote: Ek hoop jy is ernstig oor die kookwater ontkopering?
Ek vermoed dit gaan nou heelwar gebruik word?
Moet die loop heeltemal vuil wees of maak mens hom eers skoon?
Groete
Die loop kan so skoon of so vuil wees soos dit kom.
Na 'n ketel kookwater en 'n droee lappie daar deur is dit totaal skoon, dalk te skoon.
Onthou die kookwater haal nie die koper uit nie, dit maak die koper los. Dan stoot die lappie die koper uit. Natuurlik sal 'n loop sleg gekoper wees voor dit sulke lang drade uit kom. 'n Bietjie koper sal nie so sleg lyk wanneer dit uit kom nie.
Sommige lope skiet beter met 'n bietjie koper in.
Ek het al baie gewonder wat die ghries was wat hul destyds die koeel se punt in gedruk het voor hul geskiet het. Deesdae doen niemand so iets nie.
Ek trek wel 'n lappie met Moly ghries deur die loop, dan koper so 'n loop baie minder.
Groete
Johan Smit
-
OJM
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Sat May 02, 2015 8:42 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Ek het ook by 'n kennis met baie ondervinding gehoor van die kookwater. Hy het as student in die Musgrave fabriek gewerk en die raad by Oom Ben Musgrave homself gekry. Hy was ook van mening dart die hitte van die kookwater die staal van die loop "destress" na baie skiet. Hy het voorgestel jy doen dit na die skoonmaakproses om al die chemikalië uit te was(want baie van die produkte is op die lang duur maar sleg vir staal) en dan om die staal te "destress"
Ek het dit al 'n keer of wat beproef en moet sê dai loop bly deksels lank warm en met die droogmaakslag kom daar nog 'n klop vuilgoed uit.
Ek stem ook saam dat party gewere beter skiet met 'n mate van koper in die loop. Weet nie of van julle die Sniper101 reeks op Youtube gekyk het nie. (soek: Sniper101 Part40)Die man het ook die mening en noem dit "coper equilibrium" wat die loop moet bereik. Kyk bietjie sy clip oor skoonmaak en decoper en laat weet wat julle dink. Hy meen dat jy slegs koper uithaal as die geweer nie meer groeppeer nie en dan neem dit weer 'n paar skote(tussen 5-15) om koper op te bou en dan sal hy weer mooi skiet. My 30-06 Remington gedra hom presies so.
Hy waarsku kwaai teen te veel skoonmaak en wys elektronmikroskopiese fotos van die skade van te veel skoonmaak. Sal graag julle opinie hieroor wil hoor?

.117 AirArms S410, .22 Marlin, .22 CZ452 LH, .243win Brno, 6.5x55 Blaser ProfSuccess LH, 30-06 RemingtonCDL, .303 Enfield, .375H&H Winchester Safari, 12br Beretta SP1, Glok19 9mmPAR.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Skoonmaakmiddels
Wouter
Wat is jou opinie oor Robla Solo Mil? Ek gebruik dit is is baie tevrede daarmee maar het nog nooit eintlik iets anders gebruik nie. Het wel 'n bottel M98 wat nog nie oopgemaak is nie en is nogal nuuskuurig om te hoor van die ouens wie nou al verskeie produkte gebruik het. Ek weet wel dat die Robla nie op die blou van die wapen of hout moet kom nie.

Maak 'n verskil