308 - Alfa & Omega
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Gerrit - nee jong, ek sal nie weet hoe v?r eties vir jou is nie. Maar ek weet dat daardie skote wat JOHANNIC van vertel in my o? oneties was. Ek dink jy probeer in elk geval 'n strikvraag hier, terwyl jy weet wat ek met my post bedoel het.
650 meter in wind op 'n 2 -3 cm teiken wat v?r kan beweeg net nadat die skoot geskiet is?? Ek sal graag wil hoor van iemand wat dit op 'n jagters forum kan verdedig en s? dit was eties.
Lees bietjie hier:
http://www.sahunters.co.za/index.php?op ... Itemid=236
Jagters groete

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Ok Briek, Briek met die etiese,en oneties
Die vraag wat gevra moes word is hoekom so ver skiet?,en hoekom vir die kop op daardie afstand as jy vir die lyf kan skiet en mees belangrik dis waaroor die THREAD gaan is n 308 genoeg geweer vir daardie afstand op n springbok:antwoord ja verseker!!
Het die skut die vemoe gehad:Ja die man het n laaang "pedigree"(maar dis nie waaroor dit gaan nie)
Hoekom 650m?:dit was n gekwesde bok!!!
Hoekom dan vir die kop? Die ooie het voor die ram gestaan:veiliger om vir kop te gaan minder risiko om nog n bok te kwes
Ek persoonlik dink nie cowboys sal deel vorm van hierdie forum nie alhoewel ek met Madako saamstem,moet asb nie almal onder dieselfde kam skeer nie,voordat daar nie n paar vrae gevra word nie
Groete johan
hoop die pap is nie heelemal koud nie,lekker topic hierdie

Biebers
Need for speed
Need for speed
-
jmb
Re: 308 - Alfa & Omega
Madako ek stem emt jou saam. 'n 650m kopskoot poging is nie eties nie. Dit is ook nie eintlik jag nie. Gerrit is ook so klein bietjie orig om Simon in die argument in te bring aangesien hy glo 'n meester met 'n 308 is en 'n langafstand ongedierte jagter van formaat is.
Skote op bobbejane en ander ongediertes van oor die 500m is klink my algemeen. Hierdie het ook niks met jag te doen nie en word met Varmint punte gedoen wat basies amper net moet raak wees om te dood. Opvolg van kwes skote is ook nie so belangrik nie.
Bok skiet op 650m en ek praat nie eers van kopskote nie is iets heel anders. Hoekom wil jy dit doen? Daar is mos geen rede dat jy nie kan nader gaan nie.
As jy dit egter wil doen en jy het die afstand en jy kan wind lees is die 308 een van die beste kalibers om dit mee te probeer.

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Teen US$12000 kan jy 'n 50 Barrett koop en dan begin jy eers vanaf 650m skiet. Hy sal nogal lekker mount agter op 'n bakkie met 'n skietstoel.jmb wrote: As jy dit egter wil doen en jy het die afstand en jy kan wind lees is die 308 een van die beste kalibers om dit mee te probeer.![]()
Sorry dis 'n siekte die.
Last edited by Christo on Sun Dec 12, 2010 7:21 am, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Madako
Ek lees wat jy s? van "etiese kode" by die skiet van skote op diere in die bedryf. My idee daarvan mag ook verskil van die neergelegde norme en standaarde en lyk so:
As ek met 222 'n sprinbok kan dood 10 uit die 10 keer op 'n sekere afstand(maak dit dan 150m) sal ek die kaliber en afstand as eties beskou. As ek egter met 222 dieselfde bok 7 uit die 10 keer dood op 250meter, maar met 'n 270 sal ek dieselfde bok 10 uit die 10 keer dood sal ek die kaliber in 1ste geval as oneties beskou en nie die afstand nie.
So, die punt vir my is om die die kaliber te kies met sy beperkinge om bok te kan skiet, maar te stop as beperkinge 'n sekere lyn vir my trek. Maar elke skut het ook onderling beperkings en moet daarvolgens in samewerking met die kaliber optree.
Alles genoem sal ek ook die Point Blank range as verwysing gebruik om die afstande vir myself as eties of oneties te merk. As ek moet van die teiken afmik(twyfelagtige aanl?prentjie) om die dier te dood sal dit 'n no-go area wees.
As 'n dier gekwes is moet alles in die jagter se vermo? gedoen word om gewonde dier vankant te maak, ongeag tyd, vleisskade ens. Dit sal egter nie deel van die etiese kode wees nie, maar net om eie gewete te sus.
Hierdie topic hardloop alweer rond, maar dink dit is tog vanpas om dan die 308 se onvermo? om op langafstande saam te gesels met sy groter, sterker en vinniger broers. Ons moet ook waak teen inligting op 'n openbare forum wat die Anti-jagtersoragnisasies skietgoed kan gee om ons teen te werk in voorstellings in toekomstige wetgewing. Pasop!
Al is jy die betse skut onder die son, is geen skote met watter kaliber ookal gewaarborg nie.
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Johan
Kom ons evalueer die 308 en nie die skut nie. Papierskiet! Jag is glad nie nou betrokke nie. Die manne kan nou seker so bietjie uithaal en wys.
Die vereistes van 308(ware 308Win) is natuurlik 25duim loop met 1in 12 twist. Geen ware 308 het ander spesifikasies nie. Wonder wat sou Lapua en Barrett op darie afstand(650m) met daardie springbok(onthou teiken) in die wind gemaak het? Christo, hier is meer iets in jou lyn en help ons reg. Laat loop!
Moenie terughou nie, asb!
....maar kom ons maak nog vuur!hoop die pap is nie heelemal koud nie,lekker topic hierdie
Kom ons evalueer die 308 en nie die skut nie. Papierskiet! Jag is glad nie nou betrokke nie. Die manne kan nou seker so bietjie uithaal en wys.
Die vereistes van 308(ware 308Win) is natuurlik 25duim loop met 1in 12 twist. Geen ware 308 het ander spesifikasies nie. Wonder wat sou Lapua en Barrett op darie afstand(650m) met daardie springbok(onthou teiken) in die wind gemaak het? Christo, hier is meer iets in jou lyn en help ons reg. Laat loop!
Moenie terughou nie, asb!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
JOHANNIC
Dit sou baie gehelp het as jy al daardie inligting in jou 1ste post gesit het wat meer geklink het na 'n
br?kerigheid as iets anders. Nou klink dit of jy "backpaddle" vir die vale. Ek laat my in elk geval nie vertel dat jy/julle nie die bok kon bekruip en van nader probeer dood skiet nie. Dis mos hoe julle volgens jou storie dit toe later gedoen het!!
Ons moet asb baie versigtig wees wat ons op hierdie openbare forum skryf. Daar is genoeg mense daar buite wat ook die goed lees met net een doel - om skietgoed bymekaar te maak om ons reg op wapeneienaars en jagters weg te neem.
Wakker Slaap!!!!!!!..............en al is daar niemand wat sal weet wat jy alleen in die veld gedoen het het, mag jou gewete jou die regte ding laat doen. DIS JAGETIEK!!!
Groete

Taffie, hulle praat nie van wind nie maar kyk hierdie lekker stukkie tool - http://www.barrett.net/optics/borstafjak wrote: Johan
....maar kom ons maak nog vuur!hoop die pap is nie heelemal koud nie,lekker topic hierdie
Kom ons evalueer die 308 en nie die skut nie. Papierskiet! Jag is glad nie nou betrokke nie. Die manne kan nou seker so bietjie uithaal en wys.
Die vereistes van 308(ware 308Win) is natuurlik 25duim loop met 1in 12 twist. Geen ware 308 het ander spesifikasies nie. Wonder wat sou Lapua en Barrett op darie afstand(650m) met daardie springbok(onthou teiken) in die wind gemaak het? Christo, hier is meer iets in jou lyn en help ons reg. Laat loop!
Moenie terughou nie, asb!
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
As JOHANNIC se bokke papierbokke was, sou ek ook met my 308 vir die kop gegaan het
(want ek weet hy kan dit doen - dis net die ou agter die geweer wat dit nie met re?lmaat kan doen nie -
)
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Christo
Willewestefontein!!!!!!!!!!!!! Probleem daarmee is dat ek op 600meter in my silencer op die 308 vaskyk!
Willewestefontein!!!!!!!!!!!!! Probleem daarmee is dat ek op 600meter in my silencer op die 308 vaskyk!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
jmb
Re: 308 - Alfa & Omega
Tafjak jy is reg. Papierskiet en jag is nie dieselfde ding nie. My Pa en Oupa was vir meer as 15 jaar Bisley skuts. Ek het as kind altyd saamgegaan en eers skyfgetrek en toe later self geskiet. Is egter vandag lekker vies vir myself dat ek nie meer saam met hulle geskiet het nie. Dit was egter mos maar vir 'n tiener bietjie boring om elke Saterdag op jou maag te le saam met 'n klomp ou manne. Vandag is ek spyt want daardie manne kon kondisies lees. Dit wat hulle met 308s en army patrone kon doen is ongelooflik. Die 2 bane wat ek meestal by was was Worcester se baan en Woltemade. Nie een bestaan meer nie. Die wind kon regtig op albei hierdie bane baie sterk tekere gaan. Sommige van daardie ouens kon hou vir hou van sover as 800m met gaatjies visiere die skote in 'n 50cm sirkel sit. Dit was omdat hulle hul gewere presies geken het, kondisies kon lees en skote baie goed kon aftrek. onthou dit was nie oor sandsakke en "rests" nie maar uit die le met net 'n geweerband aan die skouer gehaak as steun.
Daar het ek gesien waartoe 308s instaat is. Met vandag se punte en doppe en scopes sou daai ouens seker die helfte kleiner kon skiet.
Daar het ek gesien waartoe 308s instaat is. Met vandag se punte en doppe en scopes sou daai ouens seker die helfte kleiner kon skiet.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Nou so lekker gelag dat die wind wat my weghou van obie xmas se kruis in die klippe nie eens meer saak maak.tafjak wrote: Christo
Willewestefontein!!!!!!!!!!!!! Probleem daarmee is dat ek op 600meter in my silencer op die 308 vaskyk!
Dankie Taffie.
Ek gaan gou more en Maandag daar in Lady Grey se weste draai
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
jmb
Die probleem in daardie jare was dat hulle met die 303's dieselfde resultate behaal het, maar omdat geweersmede so v?r was en ook die beskikbaarheid van nuwe lope het hulle later maar die geweer gebruik wat die minste "wear and tare" opgehad het.
....moet jou krediet gee vir die aanhaling. Dinge het egter baie sedertdien verander en reken darie manne(oumanne) kon ons 'n triek of 2 geleer van die wind. Reken ook as hulle die tyd gehad het om ervaring te bou in vandag se kalibers sou die kol op 800 meter net 20cm gewees het en nogsteeds dieselfde resultate behaal het.Daar het ek gesien waartoe 308s instaat is. Met vandag se punte en doppe en scopes sou daai ouens seker die helfte kleiner kon skiet.
Die probleem in daardie jare was dat hulle met die 303's dieselfde resultate behaal het, maar omdat geweersmede so v?r was en ook die beskikbaarheid van nuwe lope het hulle later maar die geweer gebruik wat die minste "wear and tare" opgehad het.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
jmb
Re: 308 - Alfa & Omega
Nee taf die ouens het 308s gebruik omdat die ammo verniet deur die Kasteel soos ons gepraat het verskaf is. Die 303s was net vir spesiale geleenthede uitgehaal. Die goed het die k*k uit my as skyftrekker geirreteer aangesien hulle op die lang afstande nie die backstop gehaal het nie. Jy moes die backstop dophou om te kyk vir stof want dan weet jy daar is op jou skyf geskiet. Die 303s het so skuins afgekom van 500m plus af dat hulle halfpad tussen die skyf en die backstop gaan vasslaan het. Hier was gewoonlik gras en onkruid en dit was soms baie moeilik om te sien watter skyf is op geskiet.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
jmb

....nou lekker gelag, julle moes seker nog koes ook!Die 303s het so skuins afgekom van 500m plus af dat hulle halfpad tussen die skyf en die backstop gaan vasslaan het. Hier was gewoonlik gras en onkruid en dit was soms baie moeilik om te sien watter skyf is op geskiet.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
jmb
Ook g'n wonner die oumense het die koedoes op die rug geskiet nie. Nogal sal hulle vir jou s? dat hulle daar gemik het!

Nee gelukkig was daar darem 'n m**rse dik beton dak bokant jou kop. Soms met 303 dae het die ouens nie die skyf gemaak nie dan skiet hulle in die wal voor die skywe vas dan krt jy soms dat 'n klip deur die skyf gaan en 'n gat so groot soos 'n piering maak. Dan strip jy darem want dink nou hoe plak jy so 'n gat met daai ronde plakkertjies toe.
Taf ek moet ook snoem. Ek en my Pa jag albei ons voorsit springbokke met 308 Ferlach RSA skyfskiet gewere met scopes. Die goed is dodelik vir daai joppie. Hulle is net ongelooflik swaar en jy moet van 'n bipod of 'n rus gebruik maak. Ons skiet egter glad nie kopskote nie. Skiet hom net agter die blad dan is daar min vleisskade en jy tel hom op waar jy hom geskiet het. Kopskote is maar die plaaseienaar en sy seuns met hul 243s en 22250s se werk. As jy alleen in die veld sit soos ons maar meestal doen wil ek nie 'n afbek bok aan die boer gaan verduidelik nie. Al wat jy dan kry is 'n redelike dikbek span wat moet help soek en die hele jag is in sy m*** in. Ons het ook 243s maar vir voorsit verkies ons die 308s. Hulle is ongelooflik akkuraat. Jy het klaar jou terrein gerange en wind is soveel minder van 'n probleem met die 308 as die ligter goed.

tafjak ek jag gereeld in die Suide van Namibie by my vriend Flip Strauss. Ek het altyd my 308 gevat. Ek moes konstant hoor dat ek moet seker maak die ding se rekke is styf en dat 'n mens altyd weet wanneer 'n kopskoot met 'n 308 geskiet is want die gat sit bo tussen die horings. Al wat mos daar werk si die heilige kaliber wat hulle die 270 noem. Ek het my toe maar dwars gehou en 'n 7mm Rem mag aangeskaf. gaan hulle wragtag nie nog daai satisfaksie gee om met 'n 270 by hulle aan te kom nie. Wonder wat hulle vlgde jaar van my 7mm STW gaan te se he.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
jmb
.......ek gee jou toe op hierie een, en nie omdat die 308 nie dit kan doen nie, maar omdat dit wat jy noem gedoen kan word as die weer reg is en die bokke nie op twyfelagtige afstande geskiet word nie.Ek en my Pa jag albei ons voorsit springbokke met 308 Ferlach RSA skyfskiet gewere met scopes. Die goed is dodelik vir daai joppie. Hulle is net ongelooflik swaar en jy moet van 'n bipod of 'n rus gebruik maak. Ons skiet egter glad nie kopskote nie. Skiet hom net agter die blad dan is daar min vleisskade en jy tel hom op waar jy hom geskiet het. Kopskote is maar die plaaseienaar en sy seuns met hul 243s en 22250s se werk. As jy alleen in die veld sit soos ons maar meestal doen wil ek nie 'n afbek bok aan die boer gaan verduidelik nie. Al wat jy dan kry is 'n redelike dikbek span wat moet help soek en die hele jag is in sy m*** in. Ons het ook 243s maar vir voorsit verkies ons die 308s. Hulle is ongelooflik akkuraat. Jy het klaar jou terrein gerange en wind is soveel minder van 'n probleem met die 308 as die ligter goed.
...hoe ervaat jy die STW? Enige verbetering op Point Blank range?. Wonder wat hulle vlgde jaar van my 7mm STW gaan te se he.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: 308 - Alfa & Omega
Christo
Daai Barret sal darem mooi loop ini Kalahari, my maat.
Groetnis
SJ

Moet erken dat ek nog nie eers begin laai het vir hom nie. Dit gaan bietjie woes op die plaas op die oomblik. Ons doen nou ons oesvoorbereiding en het 300 mense in die werk. So daar is nie eintlik tyd nie. My vrou werk vir 'n uitvoer maatskappy en hulle het bietjie probleme daar so sy kom op die oombli nie voor 8 by die huis nie. Om te probeer laai terwyl jy na 'n 4 jarige en 5 maande baba moet kyk is ook nie 'n goeie idee nie. Hoop om more so bietjie tyd te kry. Moet egter nog my nuwe doppe sort ens.
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Madako
Dit sal ook baie help as jy verder as jou neus gedink het
As n bok gekwes is dan probeer jy hom so gou moontlik doodskiet(maak nie saak wat die afstand is nie)
Of moes ons hom vir nog n uur laat ly het en maar geleopardcrawl het tussen die karoo bosies???
"backpaddle" glad nie!!!
As ek wou brekerig wees so ek in my eerste post nie gese het dat ons die ander bokke van nader geskiet het nie(hulle was nie veel nader nie)elkegeval ek wil nie in n argument betrokke raak oor hoe ons bokke uitskiet in moeielike terein nie,hoop jy verstaan

Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Madako eties is nie 'n strikvraag nie, dink Tafjak het eties mooi beskryf.
Christo "ware 308" [25' loop 1:12 twist] kan jy jou stelling verduidelik?
Musgave lope was jare terug so akuraat dat die lope nie in internasionale kompetisies gebruik mag word nie.[ glo akuraatheids voordeel] so ons het selfs daardie tyd goei tegnologie en kundiges gehad. Isolasie
het ons daardie tyd leer dink. Deesdae wil ons net volg.

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
Gert
Johan
Gert
jmb
Mooi loop, en hoog vat.
Francois
Meer akuraater, enige 6mm Br is akuraater as n 308, vinniger, sommer daardie selle 6mm BR, met regte punte en kruit, en beter, sommer daardie selle 6mm BR, as hy vinniger en akkuraater is, is hy mos beter, dan nie, nou gaan jy seker weer met die "wind backing" redinasie kom??FM dit is nie lekker om aleen te speel op 'n groot veld nie. Almal s? daar is beter,vinniger en meer akkurater, maar s? nie wat?
Ek weet nie wat reeds in jou kas staan, en vir watter aplikasies jy dalk nog n roer benodig, so kan my nie veel hieroor uitlaat, maar, so goed soos julle manne met n 308 skiet het jy heel waarskynliks niks meer/beter nodig nie.Ek wil graag vir my nog 'n stofopgaarder bou, help 'n bietjie.
Johan
Ek glo jou, Simon klink na n kranige 308 skut, maar as ek jou en Gert se redinasies so luister, gaan dit meer om die skuts as die kaliber, wonner wat daai man met n rerig akkuraate roer sal kan vermag??Ok FM ek sal my beste gee,hiers een vir die manne Cool
Ons was 4 manne het op die neus van n plato gele Springbokke gerange as ek reg onthou 650m een man met 308 skiet ons ander kyk deur scopes om te spot tropie van 6 bokke een ram(erg wind)man stel vir wind en afstand skiet vir kop mis(kan sien deur scope hoe die koeel die lug versteur,baie nice)elkegeval eerste skoot mis tweede skoot ook mis en bokke laat wiel na die hoek van kamp,uur later almal dood geskiet op korter afstande.
Kyk na die ram se kop wragties een koeel deur sy hare,mooi reguit strepie(308 kan mos so iets doen Grin Grin Grin)dis n waar storie die hoor Wink
Gert
Ek kry nie n balistiese program wat die spoed kan vat nie, maar probeer n 30gr Berger punt teen 5278Ft/sec, met die regte zero reken ek is ons baie naby, of dalk n 35gr Berger punt teen 5130ft/sec. 22-243 Middlestead en n 22-250 Ackley. Moet bietjie buite die 308 box dink. Sopas altwee hierdie punte getoets met n 4450ft/sec, en met n 300m zero het altwee n PBR van 320m, da is gewere en ladings wat jou kriteria redelik maklik haal.Ek glo nie daar is iets wat plat genoeg skiet dat ek nie hoef te stel of op te mik, van 100m na 300m vir 'n 4" teiken nie,
jmb
Probeer ook n slag buite die 308 box dink, daar is BAIE ander gewere wat STUKKE beter is, oor jou windlees uitlating wil ek byvoeg dat ek dink selfs in die Bisley dae het slegs die top 5% van alle skuts regtig die kondisie lees ding gewen gehad, en dalk ook nie aldag nie. Het self n bietjie skyfskiet ondervinding.As jy dit egter wil doen en jy het die afstand en jy kan wind lees is die 308 een van die beste kalibers om dit mee te probeer.
Mooi loop, en hoog vat.
Francois
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: 308 - Alfa & Omega
FM
100%, goeie redenasies van jou kant af. Ek sal 2 punte wat jy maak beaam:
Eerstens, ek glo nie hier is baie manne (uitgesluit jouself) wat ondervinding van die BR het nie. Ek moet jou s?, ek is totaal uit die veld geslaan! Ek het self 'n .308, 'n ou, maar 'n akkurate een (hulle is mos almal, of hoe?) Maar, die .308 lyk na 'n redelike middelmatige kaliber in vergelyking met die BR as dit by akkuraatheid kom. Sonder om dramaties te klink, dis eenvoudig 'n ongelooflike kaliber. Wat meer verstommend vir my was, is dat die effens langer (250 tot 342meter) skote wat ek in die dag op springbokke geskiet het, met 'n sterk Noordewind, absoluut geen probleem was nie. Beste van alles is natuurlik dat mens dit kan doen met slegs 29gr S335!
Ek moet eerlik wees, vir my persoonlik, met my behoeftes, en die tipe wild/ongediertes wat ek by my skiet, en die afstande wat ek moet skiet (150 tot 350meter maks) weet ek nie of ek ooit 'n beter kaliber gaan kry nie, behalwe 'n 7mm vir die groter wild (koedoe's & gemsbokke as hulle v?r staan)
Tweedens, jou punt oor Bisley skuts, 100% reg. Oor tyd het ek 'n paar manne in aksie gesien vir wie kondisies lees 'n natuurlike aanvoeling is, en hulle is absolute uitsonderings, die res van ons het letterlik jare (gewoonlik 'n leeftyd) nodig om redelik goed te raak met die ding.
Groete
Dawie