Hallo
Ek lees in die CHASA Oktober 2014 Nuusbrief, die vereniging het 'n Roofdier Beheer Tak gestig en bied 'n kursus aan.
Is iemand op die forum betrokke?
Wie bied die kursus aan?
Dit strek glo oor paar dae
Is PMF ook betrokke?
Hoe lank is hulle al aktief?
Ek kan seker vir Daan Bodenstein bêl, maar ek sal graag by iemand op die forum wil hoor, dan kan almal sommer sien wat aangaan.
Dankie
Dawie
Predasiebeheer deur Vrystaat Jagtersvereninging ?
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Predasiebeheer deur Vrystaat Jagtersvereninging ?
"Vrystaat Jagters en Wildbewaringsvereniging het, na aanleiding van die bedreiging, wat Jakkalse en Rooikatte vir boere inhou, besluit om ‘n projek, uit eie inisiatief van stapel te stuur, om die probleem aan te spreek. Na deeglike oorweging het Vrystaat Jagters ‘n Roofdierbeheer Tak gestig en ‘n Opleidingskursus vir hulle lede ontwerp om hierdie roofdiere te beheer.
Die Opleidingskursus vind oor ‘n periode van ‘n paar dae plaas en sodra lede die kursus geslaag het, word hulle deur Vrystaat Jagters gesertifiseer en word hulle by boere aanbeveel om hierdie roofdiere te jag. Streng dissipline word gehandhaaf en terugvoering word aan Vrystaat Jagters gegee.
Die Raad van CHASA ondersteun Vrystaat Jagters se projek ten volle aangesien goeie resultate behaal word. Vrystaat Jagters doen ’n beroep op lidverenigings in ander provinsies om die kursus onder hulle lede bekend te stel. Vrystaat Jagters is bereid om die opleiding plaaslik te verskaf indien getalle dit regverdig. Enige lid wat belangstel en verdere besonderhede verlang, kan vir Daan Bodenstein kontak by Sel: 083 489 9193."