Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek was bevoorreg om verlede Donderdag saam te gaan op n Tiervis ekspedisie. Dit was in n rivier, maar ek mag ongelukkig nie noem waar dit was nie.
Ons het sommer lekker baljaar onder hulle en n paar grotes het kom hoek vat. Maar soos dit maar met Tiervisse gaan, is jou "hook up rate" seker maar net 15 - 20% en het ons baie vis verloor, so paar grotes ingesluit
Dit was vrek warm en bedompig, selfs my wit winters bene kon nie die son trip nie.
Op n vorige trip daarheen, het ek n paar lepeltjies verloor met groot visse wat geen ontsag getoon het vir my 19 pond lein op my baitcasret katrolle. Hierdie keer het ek hulle aangevat met 50 pond Braid met n Fluorocarbon leader van so 1,5m.
Daar is baie rotse en riete in die water, en jy moet keer dat dit bars om die tiere daaruit te hou as hy aan is.
Ek ry eerskomende Donderdag weer Komatipoort toe met my boot. Ons het toestemming om op die Komati rivier te vang by boere wat ons ken. Daar is sulke groot keerwalle in die rivier wat dan sowat 2km opdam en waar die boot kan vaar. Ek kan nie wag nie.
Dankie manne, Vd Walt, jou oe is weer te skerp vandag. Daar is groot visse daar. Die grootste wat ek van weet wat n vriend van ons in een van die riviere waar hierdie een by aansluit, slegs n paar kilometer van waar ons gevang het, gevang het, was amper 9kg gewees.
Ek het net gisteraand 'n bloeiende maagseer ontwikkel toe ek na Petri de Wet by Barotsi moes kyk op "Hier gaan ons alweer" en nou nog hierdie ook!!
'n 20-ponder is 'n een-in-'n-leeftyd tier en ek hoop die vooreg val my ook eendag te beurt!
Terloops- watter knoop gebruik oom om die braid en floro te verbind? Ek het al paar probeer maar is nie baie ingenome nie.... help nie die braid is 50lb en die die knoop net 15lb nie.
Piet Breedt wrote:
Ek ry eerskomende Donderdag weer Komatipoort toe met my boot. Ons het toestemming om op die Komati rivier te vang by boere wat ons ken. Daar is sulke groot keerwalle in die rivier wat dan sowat 2km opdam en waar die boot kan vaar. Ek kan nie wag nie.
Piet ek het gedink dis daar en julle het hierdie visse in die wildtuin gevang
daar is mooi plekke in die Komati het as laaitie daar laas gevang
geniet dit en groete vir sproete
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
henning wrote:Is tiervis n eetbare vis en hoe smaak dit?
Groete
Henning
Jy kan hom eet, maar hy het baie fyn graatjies en die vleis is nie besonders geurig nie. As jy lus het om te sit en sukkel om al die fyn graatjis uit te haal, maak hy lekker viskoekies. Beter om hulle maar weer terug te sit.
'n Roofkurper (Nembwe) aan die ander kant is koningskos - seker van die lekkerste varswatervis wat ek al geeet het. Jy braai hom soos galjoen (oopgevlek vanaf die rugkant) op die kole- hy kook ook soos galjoen in sy eie vetjies! Met suurlemoen, growwe sout en swartpeper...... my broer!!