Ek sien die temp is nog laag...die is nou wel hier by die Barage...Carl wrote:Hallo
Heng my lus hang nou al op die grond. Is daar enige manne wat belangstel in Saterdag 4 Oktober?
Die Jaracal Vlieg hengel
- henried
- Hero Member

- Posts: 2346
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Carl is jou reelings gemaak vir die naweek?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Ek hou die weer dop en MOET my goed pak vanaand. Van more tot Saterdag oggend in Johannesburg.
Henrie daai water is reg as hy by Potch uitkom is dit mos warmer. 'n Vloei van 20 is perfek.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Ek wil net noem dit is hoogs oneties om hierdie "spawning" vis te teiken vir hengel.
* Vis wat broei moet uitgelos word om te kan eiers lê en bevrug omdat hulle besig is met ons kinders se hengel genot. Wyfies wat versteur word gaan heel moontlik onder stress hulle eiers op 'n ander plek stort sonder mannetjies om dit te bevrug.
* Indien jy in daardie areas loop gaan jy heel moontlik op bevrugte eiers trap. Bevrugte eiers lê tussen die klein klippies en sal binne paar dae uitbroei waarna die kleintjies afspoel/swem na plante of ander veilige plekke.
* eiers wat versteur word uit die riffle water, spoel stroom af en ander vis eet dit of dit gaan lê in die modder, waar die embroei versmoor.
* hengel in dieper water ver weg van die broei/parende vise. Vermy om deur die dele te loop. Die rivier is groot daar is baie plek in die Vaal om te hengel.
* moet nooit vis vir lang tye uit die water verwyder, met droë hande hanteer of in 'n hou net sit nie.
* my reël met fotos is haal die vis uit die water solank as wat jy kan asem op hou. Dit maak buitendien mooier fotos as die vis in die water is wat net breek oor sy rug of net bo die water is met druppels wat afloop. 'n Vis wat hoog en droog gehou word is soos om fotos in die slagkamer te neem
Ja dit is maklik en baie onkundige mense doen dit. Maar dit is soos om koedoes by die lusern bakke te skiet.
Indien jy iemand teekom wat dit doen verduidelike die bogenoemde punte aan hom. Ek dra nou my Glock op die water ook, ek sal jou help om die boodskap oor te dra.
!! As jy enige nette vind in die water, verwyder dit. Maar wees veral versigtig in afgeleë dele dat die "visserman" nie kwaad raak vir jou nie. Die manne raak al hoe meer windgat.

Reg so. Daai diep kanaal aan die oorkant van Oord Nebo hou mooi grootbek ook.Carl wrote:Ek hou die weer dop en MOET my goed pak vanaand. Van more tot Saterdag oggend in Johannesburg.
Henrie daai water is reg as hy by Potch uitkom is dit mos warmer. 'n Vloei van 20 is perfek.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Na meer as 'n jaar se afwesigheid het die naweek geleentheid gehad om by die Vaal rivier uit te kom. Ek was op 'n plaas naby Schoemansdrif, stroom op van Elgro Lodge. Lente is in volle swang langs die rivier, orals bot bome, blomme versier die oewer en die meeste vis is besig met dinge wat in die lente gebeur.
https://lh6.googleusercontent.com/-yt0gcFFKiRc/VDGU8WiDqRI/AAAAAAAAFXo/lDfDXAKWnRA/w800-h450-no/20141004_095447.jpg
Ek reken met ouderdom het ek daai erger viskoors begin verloor. Ek kon rustig na die water kyk en my visstok gereed kry. Ek het besluit om eers tot by die water te stap en dan die eerste vlieg aan te sit. By die water gekom merk ek 'n paar babers vreet in die opdrifsel en ook heelwat aktiwiteit van die karp. Die water was skoon geneog dat jy die vis kon sien swem. Nou ja ek was nie lus vir meerminne nie, ek het met my vrou se ligter stok gehengel. Ek sit toe 'n "black woolly bugger" aan. Ek het eers nie in die water in beweeg nie om nie die vis skrik te maak nie. Die eerste karp is binne bereik so 2 stok lengtes, toe die vlieg naby hom val draai hy en ek kon sien hoe gulsig vreet hy die BWW. So lekker losmakertjie van 2kg.
https://lh5.googleusercontent.com/--LesrGNQY5k/VDGU9BpNgyI/AAAAAAAAFX0/PhaqYB89-R0/w800-h450-no/20141004_104244_Richtone%28HDR%29.jpg
Daar het nog 7 karpe gevolg, naderhand kon my arms nie meer nie, ek is visvang onfiks en die ligter stok het nie die ruggraat om die grotes te hanteer nie. Soos die bus wat ek reken seker so 5kg is. Al die karp het die BBW agressief gevat almal was op sig gevang.
https://lh4.googleusercontent.com/-270OZfJYW98/VDGU9Si9k5I/AAAAAAAAFX4/bp4I-0I7zRE/w800-h450-no/20141004_111811.jpg
Ek het toe die karp gelos en opgestap na die stroom versnelling om te gaan kennis maak met die geelvis.
https://lh3.googleusercontent.com/-FEVuZ0Nni70/VDGU_yaiBrI/AAAAAAAAFYE/62G-mSt0iUM/w800-h450-no/20141004_113925_Richtone%28HDR%29.jpg
Die water was dieper hier en ek kon nie die geelvis sien nie maar na so paar gooie het ek weer in die ritme gekom. Ek was in die middel van die stroom en kon nie weer fotos neem nie. Die vis was nie groot nie, maar almal was in baie mooi kondisie. Ek het so 20 geles geland en besluit om te gaan middag ete eet. Net om te wys Jaracal was darem op die water
https://lh3.googleusercontent.com/-DcA1q3oNsVg/VDGVAZPSLiI/AAAAAAAAFYQ/JFj2X03mDCw/w800-h450-no/20141004_141247_Richtone%28HDR%29.jpg
Die middag het ek my groter stok gevat en weer na die karpe gegaan. Terwyl ek hulle soek merk ek 'n paar geelvis wat net onder die oppervalk swem en insekte van die oppervalk eet. Nou ja, vis visueel en op droë vlieg is die beste wat enige vlieg hengelaar voor kan vra. Ek het 'n algemene vlieg bekend as 'n f-fly aangesit en toe begin die kat en muis speletjie. Twee visse het gegaan vir die vlieg maar gemis of ek het te vinnig gekap. Die vis is baie skrikkerig en ek kon nie naby kom nie, so dit het laang gooie geverg.
Na seker 'n uur het ek weer een gekry wat lekker vreet seker so 25m van my af. Ek het die vlieg stroom op laat land en gewag en toe vou daai lekker rubber lippe om die nommer 16 vliegie. Twee sekondes en toe is ek in 'n baie mooi vet geelvis. Nou ja na so lekker hengel sessie besluit ek, ek gaan vroeg oppak en die rugby gaan kyk in Potch. Ek is seker die Bokke gaan my net soveel plesier verskaf.
https://lh5.googleusercontent.com/-CDBPC7arB5Y/VDGVAIfR9lI/AAAAAAAAFYM/R4VZZK5j8tk/w800-h450-no/20141004_113821_Richtone%28HDR%29.jpg

- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Baie mooi oom Carl, dankie vir die lekker storie.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5132
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Manne ek gaam die een moet skip
. Ek het gou vandag 'n scan laat deurwerk en 3 nierstene gevind. 2 regs en 1 links.
Die regterste 2 lol nou al so rukkie maar word nou erg. Ek gaan die week maar die hospitaal ding laat doen sodat die 3 ongenooide gaste kan uit.
Manne geniet die Vaal, ek vis verseker eerder saam met julle as om nierstene uit te laat vis

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Peet
Sterkte met die stene dit is nie jou maat nie baid seer
Beretta
Sterkte met die stene dit is nie jou maat nie baid seer
Beretta
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Baie sterkte Peet, daai is maar eina.
Ek sal ook nie kan maak nie, ons skippie, maak nie die maand nie.
Ek sal ook nie kan maak nie, ons skippie, maak nie die maand nie.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Peet sterkte daar.
So manne het julle al n datum en plek vasgemaak, vra net want ek sal like om dalk as ek kan een aand te kom bladskut

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Ek moet ongelukkig die trip mis. Ek het 'n siek vrou by die huis.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2346
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Is daar fotos....?