Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Middag Manne
Ek sal waardeer as iemand my dalk gou kan reg help.
Met die skietlig afgeskakel, meet ek basies regdeur vanaf die battery, sliprings en dimmer dieselfde Volt lesing. Maar sodra ek die lig aanskakel val die volts +-3Volts. Is dit normaal vir die volts om te val? Is dit normaal vir die volts om soveel te val?
Groete
Ruan

- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
My opinie is dat jou battery nie sterk genoeg is nie en dat jou lamo te veel stroom trek, as hy so baie stroom trek val jou spanning.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
sit lekker dik drade op na lig toe. ek het ook so gesukkel, met nuwe dik drade, is als oor.
en, soldeer al die las plekke
en, soldeer al die las plekke
HOU HOM DAAI DIKTE
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Of die drade soos Cassie noem.
My bad...
My bad...
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Hugo
Dit gebeur met 'n volgelaaide deepcycle battery. Dis wel 'n los battery wat ek op die bakkie saamry.
Dankie Cassie, ek sal dit probeer en kyk wat gebeur.
Is die draad waarmee die lightforce uitkom dik genoeg of moet hy ook dikker? Is dit nodig dat ek oorskakel na 'n driepunt prop toe? ek gebruik 'n heavy duty lighter socket. Wil nie graag die lighter prop op die lightforce afhaal tensy dit regtig nodig is nie.

- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
My lightforce drade werk soos hy uit fabriek kom...het wel 3punt plug opgesit....is die nou 'n nuwe probleem of was hy altyd so??
Watse dimmer het jy op??Hoor jy iewers 'n buzz klank??

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Cobus
Die is nou die eerste keer wat ek meet. Aanvanklik het ek maar gedink die battery het te pap geword maar na ek die laaste aand uit was op 'n vol gelaaide battery het die lig vir my nogsteeds te dof gelyk en toe besluit ek maar om te meet.
Dis 'n dimmer wat ek by Jackalpro (Allan Truter) gekoop het. Hy maak net 'n buzz geluid as ek begin dim.
Groete
Die is nou die eerste keer wat ek meet. Aanvanklik het ek maar gedink die battery het te pap geword maar na ek die laaste aand uit was op 'n vol gelaaide battery het die lig vir my nogsteeds te dof gelyk en toe besluit ek maar om te meet.
Dis 'n dimmer wat ek by Jackalpro (Allan Truter) gekoop het. Hy maak net 'n buzz geluid as ek begin dim.
Groete
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Wat ek sou doen....
Koppel lig direk aan battery...check voltage,as daar voltage drop is, fout lê by of lig of batery...
as daar geen Voltage drop is nie, lê probleen by stoel, sliprings of konneksies...proses van illiminasie
Sterkte en kom laat weet wat jy vind
Cheers
Koppel lig direk aan battery...check voltage,as daar voltage drop is, fout lê by of lig of batery...
as daar geen Voltage drop is nie, lê probleen by stoel, sliprings of konneksies...proses van illiminasie
Sterkte en kom laat weet wat jy vind
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Dankie Cobus
Ek sal so maak.

Ek wil nou net seker maak ek verstaan reg.
As ek my lig direk op die battery koppel is daar nie veronderstel om 'n voltage drop te wees indien ek die lig aanskakel nie. Indien daar wel 'n drop is, is daar dan iewers fout, hetsy met my lig of dimmer?
groete

- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Waar meet jy die Voltdrop? By die Battery of by die lig se kant?
Ek sal ook voorstel dat jy die battery neem na jou naase battery sentrum en vra dat hulle dit net met 'n battery toetser bevestig dat dit nog reg is. Meeste plekke behoort dit verniet te doen.

Jannie Welman
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Ek meet die aanvanklike volts op my battery sodat ek kan sien wat dit moet wees. Daarna meet ek aan die lig se kant.
Die battery is nog relatief nuut so ek glo/hoop nie die probleem lê daarso nie.

-
WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Mens kan natuurlik dit op 'n ander manier ook doen.
Met jou multimeter gestel op DC Volts en lig aangeskakel, meet vanaf jou + battery pool al verder op met + draad op elke punt waar jy kan meet tot by die lamp. Indien die konneksies goed is, sal jy slegs millivolts meet.
Sodra jy 1, 2 of meer volts meet dan veet jy die konneksie is nie goed nie en sodoende kan jy jou probleem "pinpoint". Herhaal ook vanaf die - battery pool tot by die lig.
Hoe dit werk is as jy 'n swak konneksie het dan het jy uiteraard weerstand in jou stroombaan.
Sodra jy weerstand het tesame met stroomvloei, dan genereer dit 'n spanning wat jy kan meet soos ek hierbo verduidelik het.
Ek hoop dit help julle.
Groetnis

Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Goeie raad hierbo. Meet veral weerskante so van jou skakelaars. Nie alle skakelaars kan doeltreffend DC skakel nie en hulle kontakte brand aan. Sodoende begin die gebrande kontakte weerstand opbou wat jou spanning kan afbring.
Jannie Welman
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Sou jy wel daai 3V spanningsval meet op die battery met die lig aan, dui dit vir my meer na 'n foutiewe battery. Dit is nou tensy die stroom so erg hoog is om die battery so af te trek, dan behoort dit iewers in jou stelsel baie hitte te genereer.
Dus sal jy voel een of ander skakelaar of komponent raak vreeslik warm. Behalwe natuurlik die lig se gloeilamp wat moet warm wees as dit brand
Sou die spanningsval by die battery maar slegs 'n paar milliVolt wees met die lig aan, dan lê die fout verder aan in jou stroombaan.
Dus sal jy voel een of ander skakelaar of komponent raak vreeslik warm. Behalwe natuurlik die lig se gloeilamp wat moet warm wees as dit brand
Sou die spanningsval by die battery maar slegs 'n paar milliVolt wees met die lig aan, dan lê die fout verder aan in jou stroombaan.
Jannie Welman
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Baie dankie vir die waardevolle raad. Sal kom terugvoer gee sodra ek alles getoets het.
groete
groete
-
WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Die volt drop wat jy op die battery terminale meet as die lig aan is maw die verskil in spanning wanneer lif af/aan is, dui nie noodwendig op 'n foutiewe battery nie.
Onthou dat enige battery 'n interne weerstand komponent het, en nieteenstaande die ampere-uur kapasiteit van die battery sal daar 'n mate van volt drop wees, afhangende van die lamp se rating (watts).
Indien jy met die lig aangeskakel dieselfde spanning meet oor die battery pole as by die lig (oftewel met 'n klein verskil) sal ook aandui dat die stroombaan ok is.
Die standaard volt drop vir 1.5mm draad is 29mV/Amp/meter en vir 2.5mm en 4mm draad is dit 18mV en 11mV onderskeidelik.
So dit is maklik om die sommetjie te maak as jy weet watter dikte draad jy het en hoe lank die draad is.
Dit geld slegs vir die geleier (koper draad). natuurlik is die ander beperkende faktore dus konneksies, slip rings, skakelaar, dimmer.
Groetnis
Onthou dat enige battery 'n interne weerstand komponent het, en nieteenstaande die ampere-uur kapasiteit van die battery sal daar 'n mate van volt drop wees, afhangende van die lamp se rating (watts).
Indien jy met die lig aangeskakel dieselfde spanning meet oor die battery pole as by die lig (oftewel met 'n klein verskil) sal ook aandui dat die stroombaan ok is.
Die standaard volt drop vir 1.5mm draad is 29mV/Amp/meter en vir 2.5mm en 4mm draad is dit 18mV en 11mV onderskeidelik.
So dit is maklik om die sommetjie te maak as jy weet watter dikte draad jy het en hoe lank die draad is.
Dit geld slegs vir die geleier (koper draad). natuurlik is die ander beperkende faktore dus konneksies, slip rings, skakelaar, dimmer.
Groetnis
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Musgrave270, watter grote battery en lamp gebruik jy?
Jannie Welman
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
JTM
Ek is nou nie doodseker nie maar as ek reg onthou is dit 'n 115 A/h deepcycle battery met die LF170. dink hy werk met 'n 100W gloeilampie
Ek is nou nie doodseker nie maar as ek reg onthou is dit 'n 115 A/h deepcycle battery met die LF170. dink hy werk met 'n 100W gloeilampie
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
ek sal pluk opsit. die lf se drade is reg, maar die drade van bat na stoel moet lekker dik wees
HOU HOM DAAI DIKTE
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Om jouself te help, teken vir jou die volledige stroombaan uit met alle komponente in die volgorde soos gekoppel. Doen dan al jou mates en skryf dit in op die tekening.
Dan kan jy dit sommer afneem en dan hier ook plaas sodat almal hulle insette kan lewer.
Voorspoed met jou foutsoek oefening!

- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Ruan,Miskien moet ons begin by die begin.
1. Watter soort laaier gebruik jy om die battery te laai.? Indien jy 'n gewone laaier gebruik dan het jy reeds die battery seergemaak en dus die rede vir die "voltage drop" .Normaalweg is daar 'n merkbare "voltage drop " eers na jy die battery gebruik het vir 'n wyle.Wanneer dit voorkom van die begin af is die battery nie meer op standaard nie (ouderdom) of indien verkeerde laaier gebruik was nie voldoende gelaai het nie.Hierdie batterye is baie sensitief vir verkeerd laai en word sommer baie vinnig swak indien die laai volgehou word met gewone laaier ipv 'n spesiale laaier vir "deep cycle" batterye.
Nog 'n maklike toets wat jy kan doen is om die lig op jou bakkie se battery te koppel en dieselfde toets lesings te doen met jou meter en kyk of daar verskil is.So sal jy onmiddelik agterkom waar jou probleem is indien daar 'n probleem is.
2. As jy die volts meet sonder enige spanning oor die battery hoeveel volts lesing meet
jy ? Indien dit onder 13.8 of selfs 14volts is , is die battery nie vol gelaai nie en is die 3volt drop moontlik.100 w lig kan nogal 'n battery sommer gou sy "output" laat verander binne minute..
Ek dink as die drade te dun was sou jou lankal "plastiek" geruik het om dit so te stel.Onthou as jou draad te dun was sou hulle baie warm geword het terwyl die lig in gebruik is en is dan ook 'n aanduidiging dat jou draad te dun is..
Hoop dit help en jy kry jou probleem.My geld is op die battery wat foutief is/verkeerd gelaai was maar mag verkeerd wees.Ek het baie met hierdie batterye gewerk in my werks opset en hulle is regtig soos babas met nat doeke as hulle nie reg behandel word van die begin af nie..
Nog iets wat jy kan onthou en dit is dat mens laai nie 'n deep cycle battery met jou voertuig se laaier sonder die nodige "interface" nie !! Gou gou sit jy met 'n battery wat nie meer reg werk nie..

Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
As ek gou gou hier mag inlas iets oor batterye, bedoel nie om post te hijack nie maar terwyl Ruan sy lesings neem, deel ek graag die info.
Ek pas, of probeer my boot se battery baie mooi oppas, maar elke 2e seisoen is dit maar weer battery koop tyd...ek het switches en onkoppelaars ens ens, niks werk nie....deep cycle en gewone tipes....
Praat toe annerdag met 'n bank klient wat by/vir Willard werk...hy sê my toe die volgende.
Ek moet 2 maande my boot batterty vir boot gebruik en kar battery vir kar...na 2 maande moet ek die 2 omruil..'n battery is soos 'n atleet,, te veel werk, dan is hy pap(skeur 'n hammy of iets), maar as hy niks lê en doen raak hy onfiks en moertoe vir weggooi se tyd.
So, nou ruil ek elke 2 maande my kar, boot en jakkals bakkie batterye....so far, so good
Klink my die Seatek herlaaiers het die selle effek deur aanmekaar te ontlaai en herlaai.
Cheers
Ek pas, of probeer my boot se battery baie mooi oppas, maar elke 2e seisoen is dit maar weer battery koop tyd...ek het switches en onkoppelaars ens ens, niks werk nie....deep cycle en gewone tipes....
Praat toe annerdag met 'n bank klient wat by/vir Willard werk...hy sê my toe die volgende.
Ek moet 2 maande my boot batterty vir boot gebruik en kar battery vir kar...na 2 maande moet ek die 2 omruil..'n battery is soos 'n atleet,, te veel werk, dan is hy pap(skeur 'n hammy of iets), maar as hy niks lê en doen raak hy onfiks en moertoe vir weggooi se tyd.
So, nou ruil ek elke 2 maande my kar, boot en jakkals bakkie batterye....so far, so good
Klink my die Seatek herlaaiers het die selle effek deur aanmekaar te ontlaai en herlaai.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voltage drop nadat skietlig aangeskakel is
Vriell
Baie dankie. Jy laat my nou hard dink. Ek weet dis nie gesond vir 'n deepcycle battery om op 'n gewone laaier gelaai te word nie, want jy kan hom nooit vol laai nie. Ek spaar nog vir my Ctek.
Ek het die battery maar nog net 2keer gelaai. Tans is die battery nie vol gelaai nie, ek besef dit, maar gaan die feit dat die battery nie vol gelaai is nie so groot effek hê? Ek dog dan dis hele doel van die deepcycle battery.
Ek het gisteraand begin met die toetse. Om een of ander rede het my dimmer die gees gegee, hy wil nou glad niks aan/af/of dim nie, die krag vloei net deur. Ek haal toe maar die dimmer af want dis dalk die rede vir my probleme.
Ek het nie die drade deur my stoel getoets nie. Ek het vir die toets die lig direk op my bakkie se battery gekoppel en toe op my deepcycle battery. Ek het 'n lesing op die battery gevat asook by die lig.
Bakkie:
lig af - battery = 12.77V
lig = 12.77V
lig aan - battery = 12.06V (-0.71V nadat lig aangeskakel is)
lig = 10.13V (-2.64V nadat lig aangeskakel is)
-1.93V drop
Deepcycle:
Lig af - Battery = 12.16V
lig = 12.16v
lig aan - Battery = 11.93V (-0.23V nadat lig aangeskakel is)
lig = 9.93V (-2.23V nadat lig aangeskakel is)
-2.00V drop
Ek ken nie krag nie. Lyk dit normaal?
Dis is daar +- 'n 2V drop as die lig aangeskakel word op beide batterye. Ek neem aan dis nie normaal nie. Dus kan die fout seker of by my LF se draad lê op by die LF se lighter prop.
Die foutiewe dimmer kon seker ook 'n effek gehad het maar ek sal dit toets sodra ek hom uitgesort het.
Die bogenoemde resultate is amper dieselfde as wat ek gekry het toe ek voorheen die krag op my skietstoel getoets het, so dit lyk vir my of my probleem op my LF se draad lê.

Die spanning wat jy op die lig neem, waar op die lig meet jy dit? Agter op die gloeilamp? Het dit nog die oorspronklike krul draad en sigaret plug op? Het die lig 'n skakelaar op dit self?
Jou volt drop gemeet direk op die battery lyk aanvaarbaar.