Ons het 'n March teleskoop wat rond toer en paar goed skiet.
Sy eerste stop was op Grünau, Namibië by Louis102.
Dis wat hy te sê het:
Nou trek die teleskoop noord, Windhoek toe. Daar sal Francois Marais en Wors hom bietjie gebruik voor hy afbeweeg Oos Kaap en Karoo toe.Manne, ek het vir 'n wyle die March (3-24 x 52) scope getoets. (jammer as ek goed van voorheen herhaal maar hier's my verslag)
Dis maar 'n storie om baie jakkalse hier te skiet, die goed is versigtig en baie skaars in vergelyking met die Wes Transvaal. Maar ek, het probeer:
9 jakkalse met hom geskiet en is oortuig dis 'n top scope, ek sien baie goed met hom in die nag. Verste een het ek gerange terug bakkie toe, was 256m en die jakkalsie was ongewissel (so teiken was maar klein) 1 jakkals gemis op 360m maar dit was my fout. Effe te veel toegegee en net bo-oor geskiet. Dink die Bergertjies loop dalk effe platter as die Blitskings, sal moet gaan kyk.
Alhoewel kleur deur die March vir my effe donkerder vertoon as met my Zeiss, maak ek steeds detail baie mooi uit in die nag. Net soos met ander scopes wat ek ken, verswak die beeld ook maar as jy na 12 plus vergroting toe draai.
Iets wat vir my belangrik is vir 'n jakkals-scope: Die field of veiw en eye relief is heel ok, kan glad nie, daaroor kla nie....
Wat my die meeste op hierdie spesifieke model pla, is die kruishaar. Hou nie van die first focal plane waarop dit monteer is nie. Alhoewel die waardes van die afmik merkies dieselfde bly, raak die kruishaar vir my te dik op 24 x vergroting en op 10 x vergroting is hy weer te fyn vir my oog. Die kruishaar is te besig vir my smaak, MAAR kan dalk aanklank vind by manne wat hom meerdoelig (Nagjag, veldskiet ens) wil gebruik. Persoonlik sou ek dalk na 'n ander kruishaar kyk, as ek so scope koop, suiwer vir nagjag.
Ek het nie eintlik die verstellings intensief getoets nie (ek stel nie sommer aan my jakkals scopes uit gewoonte nie), maar toe ek ingeskiet het, het die scope mooi positief vestel en die turrets werk duidelik. Plus punt op die scope vir my.
Die side fokus / paralaks verstelling is nie die beste wat ek al probeer het nie, maar sal daarmee kan saamleef. Baie klein verstelling maak groot verskil wat jy voor sien (dws die vestelknop is te sensitief vir my smaak)
Ek hou baie van die "sun shade"- adapter wat voor op skroef, dit neem al die refleksie van die lig op die knaldemper weg (op die vergroting waarop ek geskiet het)
So all-in-all dink ek dis 'n puik scope, sou graag so een wou besit. Miskien net 'n ander kruishaar, wat meer by my behoefte pas. Of hy beter (of net so goed) is soos die meer algemene name bo-aan die lys is, weet ek nie, hang maar af hang persoonlike voorkeure en wat pas by jou oog. Maar dat hy kan saamgesels, dit is so.
Dankie vir die geleentheid om die scope te toets, G&G, dit was baie lekker.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/1.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/2.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/FMA-2_3-24x_size.png
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/3.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/4.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/5.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/6.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/7.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/8.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/9.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/10.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/11.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/12.jpg




