Watter Windbuks

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
Bulvegter
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm

Watter Windbuks

Post by Bulvegter »

Ek is op soek na 'n windbuks om probleem Kransduiwe te skiet. Die geweer moet so sag moontlik raas aangesien ek nie die bure wil pla nie. Klink my die Nitro piston-tipe sal die "Job" doen. Moet ook nie te duur wees nie.

Enige voorstelle asseblief.

Bulvegter.
User avatar
DiscoBiscuit
Full Member
Full Member
Posts: 201
Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am

Re: Watter Windbuks

Post by DiscoBiscuit »

Dagsê,

Ek het 'n Walther LGV met 'n silencer, muis met slippers en dodelik akkuraat met 8,44gr JSB Match Diablo pellets. Prys is ook nie sleg nie. S&O het van hulle gehad, weet nie of hulle nog het nie.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Watter Windbuks

Post by Pvdw »

Bulvegter ek weet jy vra meer uit oor watter maak en model windbuks maar ek wil net graag 'n eiertjie lê oor die kaliber.

Ek het 2 4.5mm windbukse en geniet hulle baie. Ek het egter ook 'n 5.0mm windbuks. Vir duiwe en grootter voëls maak daai 5.0mm windbuks verseker dat als soos kinderspeeletjies lyk. Hy skiet daai kraansduif dat hy knor.
User avatar
Bulvegter
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm

Re: Watter Windbuks

Post by Bulvegter »

Pvdw wrote:Bulvegter ek weet jy vra meer uit oor watter maak en model windbuks maar ek wil net graag 'n eiertjie lê oor die kaliber.

Ek het 2 4.5mm windbukse en geniet hulle baie. Ek het egter ook 'n 5.0mm windbuks. Vir duiwe en grootter voëls maak daai 5.0mm windbuks verseker dat als soos kinderspeeletjies lyk. Hy skiet daai kraansduif dat hy knor.
Pdvw noem hom by die naam asseblief.
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Watter Windbuks

Post by Philip J »

Naand sê.

CZ200 PCP
Meer as genoeg poeier vir kransduiwe, dodelik akkuraat en doodstil.
Dit is in my opinie seker een van die mees onderskatte windbukse beskikbaar.

Groetnis
Philip
Groetnis
Philip
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Watter Windbuks

Post by Francois Marais »

Bulvegter
Daystate Airwolf in .20cal en tot op 100m het daai duif nie n kans nie, die prys is die probleem.......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Bulvegter
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm

Re: Watter Windbuks

Post by Bulvegter »

Francois Marais wrote:Bulvegter
Daystate Airwolf in .20cal en tot op 100m het daai duif nie n kans nie, die prys is die probleem.......

Mooi loop
Francois
Dis juis die probleem. Ek wil nie te veel geld spandeer op 'n paar Kransduiwe nie.
Ek wil nie meer as R 3000 spandeer nie en die geweer moet sag wees.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Watter Windbuks

Post by Hein22 »

Walther LGV challenger. Gaan nie beter kry in hierdie prysklas nie. As jy pcp gaan is die gewere duurder en moet jy duikbottels en filling adapters kry.. baie geld.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter Windbuks

Post by Capt. Yoda »

Die vraag wat jy moet vra is hoe ver wil jy hulle skiet?

My beste PC geweer wat ek geahd het was n FX PCP wat jy die spoed met die hand kon stel en op 6fpb (is seker n 4.5mm koeltjie teen so 560fps) het hy die beste met duiwe gedoen as jy nie verder as 25m wou skiet nie.Teen daai stadige spoed het nie een beweeg na die skoot nie.Vir verder en groter het ek n 5 en 5.5 mm Daystate gebruik maar vir naby werk het mens nie spoed nodig nie.
As jy ver gaan skiet, enige iets verder as 60m raak n 12ftp 4.5mm bq lig en ongelukkig werk 5 en 5.5mm springers nie so lekker soos 4.5mm nie.n 4.5mm pellet wat baie vinniger as 890fps skiet is ook n mors van tyd in meetse gevalle.

Ongelukkig met enige spring pellet of dit nou n ram of n spring is gaan daar nog n mate van geraas uit die "aksie" uit kom wat jy nie met enige silincer sal kan stil maak nie.Dit sal nie regtig enige duif pla nie maar hy sal nie dood stil wees soos wat jy n PCP stil kan maak nie.Soos die manne se vir die prys sal jy nie die Walther LGV challenger kan klop nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Watter Windbuks

Post by Williel »

Kyk ook na die Weirauch reeks. Ek het die HW 35 @ 670 fps (4.5mm) wat seker so R 3500-00 prys. Ook baie akkuraat en raas nie baie nie. Die tipe koeels verkil baie met akkuraatheid. Die Match tipes skiet baie goed.
Groete, Willie
Post Reply