Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek stem met julle saam dat hierdie tehuis werklik kan baat by die kompetisie en fondse wat gegenereer word, ek het egter ook 'n versoek. Ons sit met 'n organisasie in Bloemfontein wat werk met dwelmveslaafde sowel as satanistiese kinders in en om Bloemfontein en werk aan die rehabilitasie van die kinders en geldnood by die mense is ook hoog en hier my versoek of voorstel, ek wil weet of ons nie 'n klein gedeelte 20% is my voorstel van fondse aan hulle kan beskikbaar stel nie. Die organisasie se naam is Auksano en sal ek meer inligting oor hulle plaas.
Manne oorweeg dit asb, ek sal werklik waardeer as ons hulle ook kan ondersteun.
Jaco
Ek dink ons moet waak daarteen dat te veel voorstelle gemaak word.
Dink jy en die mods moet eenkant besluit wie en wat die geld kry en die res van ons sal daarby staan.
Alaml hier op die forum het seker n instansie wat hy kan voorle.
Wat Smirre se is waar, en ook dat ons dalk elke jaar n ander provinsie moet vat. Laas jaar was die Loeries hier teen Pretoria, hoekom ondersteun ons nie Bloem die jaar nie, ek vir een is ten guste daarvan, volgende jaar dalk een uit die Kaap of so, dan voel die ander lede darm ook hulle bydraes kom na hulle streek toe ook.
Ek stem met julle saam dat hierdie tehuis werklik kan baat by die kompetisie en fondse wat gegenereer word, ek het egter ook 'n versoek. Ons sit met 'n organisasie in Bloemfontein wat werk met dwelmveslaafde sowel as satanistiese kinders in en om Bloemfontein en werk aan die rehabilitasie van die kinders en geldnood by die mense is ook hoog en hier my versoek of voorstel, ek wil weet of ons nie 'n klein gedeelte 20% is my voorstel van fondse aan hulle kan beskikbaar stel nie. Die organisasie se naam is Auksano en sal ek meer inligting oor hulle plaas.
Manne oorweeg dit asb, ek sal werklik waardeer as ons hulle ook kan ondersteun.
Groete
Jaco
Jaco, ek stem! Ek glo daardie tehuis waarvan geskryf word, het hulp nodig, maar omdat die berig wyd gelees is, glo ek daar sal baie instansies wees wat daar gaan hulp aanbied. Dalk moet ons uitvind en as daar reeds hulp daardie kant toe gaan, kan ons eerder die instansie in Bloem help! Dis my 2c....
Hierdie kompetisie moes vandag afgeskop het maar gaan ongelukkig nie vanjaar plaasvind nie.
Die redes is as volg:
1) Persoonlik dink ek die forum en hul lede is kompetisievoos a.g.v 'n klomp kompetisies en insamelings deur die jaar vir ander instansies met goeie meriete in elkeen.
2) Ek dink ook dat die kompetisie vir te laat gelos is voordat ons begin en vra ek persoonlik verskoning daarvoor.
Ek bedank elke borg wat soos in die verlede hul harte en hande oopgemaak het vir die kompetisie en weer bereid was om te help, ek gaan nie elkeen hier noem nie vir verskeie redes. Verder wil ek dankie se aan elke lid wat homself "commit" het om te help met die algemene bestuur en relings agter die skerm vir hierdie kompetisie.
Sou dit ons beskore wees kan ons dalk weer volgende jaar probeer.
ROBBIE1 wrote:Dis nou n jammerte maar ja is baie laat.
Dit is so, maar ek stem met Jaco saam dat die forum dalk bietjie voos is met insamelings vir hierdie jaar. Dit beteken natuurlik nie dat diegene wat graag wou bydra, niks hoef te doen nie. Ek is seker in elkeen van ons se gemeenskappe is daar iemand wat hierdie Kersfees gaan swaar kry en elkeen wat graag iets wou doen en wou bydra, kan hierdie jaar sommer persoonlik in sy eie gemeenskap of kring, iemand dalk help om hierdie feesseisoen draaglik te maak...
Ja dit is baie jammer. Lyk my die was n baie besige jaar vir baie mense.
Gevoel of mens nie grondvat nie.
Miskien is daar tog nog ander lede (ek sal beslis) wat sal bydra tot jou voorgestelde instansie indien ons bankbesonderhede het. Dit is maklik om EFT te doen vir die wat nie tyd het om te soek vir instansie om te ondersteun in die seisoen nie.
Ek sit nou met die Garmin E-TRex 20 soos in n vroeer post belowe is op die draad.
Ek het gedink dat ons sommer n veiling hou hier op die forum, die manne kan dan "bie" en die person wat hom dan koop betaal sommer die geld direk in die instansie se rekening in.Gaan op die stadium n baie eenvoudiger proses wees as om dit uit te loot, en as jy dit nie koop nie, kos dit jou niks ?

Net 'n voorstel. Begin 'n nuwe post en volg die volgende voorstel: Elke ou wat wil bie, dalk R50 oorbetaal aan die instansie, sou die bod nie op jou val nie?
douw wrote:Net 'n voorstel. Begin 'n nuwe post en volg die volgende voorstel: Elke ou wat wil bie, dalk R50 oorbetaal aan die instansie, sou die bod nie op jou val nie?