Roep en vang met honde

222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Roep en vang met honde

Post by 222 Sako »

Ek wil weet as ek in die nag jakkalse inroep en die honde op die eerste een wat opdaag sit, sal daar nog jakkalse inkom of is die kanse nie goed nie? Of sou julle eerder aanbeveel dat mens, maar skiet? Ek wil graag my honde in oefening hou met die jakkalse, maar ek is nie altyd in die dag so gelukkig om hulle op te spoor nie. Ek kan ook egter nie bekostig dat die goed wegkom nie!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Jaktrap »

Hallo 222 Sako
Jong ek is nou nie n honde man nie maar ek het n DVD van manne wat honde op Coyotes gebruik en dit wil lyk of hulle dan heelwat makliker van n mens vergeet en amper heeltemal op honde fokus. Dit wys selfs waar manne mis skiet en dan daai selfde Coyote terug bring met die honde.
Dit is egter in die dag en ek weet nie watter tyd van die jaar dit is nie. Of dit in nag sal werk is ander vraag.
Ander ding wat ek aan dink is die grote van honde wat jy gebruik moet seker nie te intemiderend wees nie,maar ek kan glad nie praat nie want ek het nog nooit jakkals/hond interaksie gesien nie.
Coyotes is wel groter as jakkalse en dit is dalk hoekom die manne hulle so kan inbring.
Ek sal graag lees wat die slim manne se.
Lekker dag.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by G-force »

Ek dink die kans vir ligsku en roep sku jakkalse is baie groter as jy die metode gebruik.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13642
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Geno »

G-force wrote:Ek dink die kans vir ligsku en roep sku jakkalse is baie groter as jy die metode gebruik.

Korrek.
So jaar of wat terug ophou jag by 'n boer wat die windhondmanne laat roep en vang.
Sodra die hasie skreeu op die foxpro, begin die jakkalse jou al gooi met die F-jou klank.
Goed, beter, 6millimeter!
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Roep en vang met honde

Post by 222 Sako »

Het julle nog sukses met kos roepe die tyd v d jaar? Ek weet hulle is hier want hulle het onlangs weer geslag.

Dink julle dit is meer as 1 jakkals se werk om 'n lam so te vreet? Die lam weeg +-15 kg.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by 222 Sako on Mon May 25, 2015 9:49 pm, edited 1 time in total.
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Jaktrap »

Ek wil ook net byvoeg dat die DVD wat ek het gebruik die manne nie die honde om Coyotes te vang nie maar meer as n decoy en n metode om hulle regtig naby te kry en hulle trek nogal daai 2de een lekker in as hulle gaan om die een wat geskiet ie te claim.
Die manne se honde is baie gehoorsaam en op Youtube can julle bietjie na Toby Tebbe se hond Gunner kyk.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Kalahari »

Jaktrap wrote:Die manne se honde is baie gehoorsaam en op Youtube can julle bietjie na Toby Tebbe se hond Gunner kyk.
Jaktrap

Kan jy dalk asseblief vir ons 'n skakel plaas na Youtube van Tony se hond Gunner?

Dankie
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Jaktrap »

Ek sal gou gaan soek en laat weet.
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Jaktrap »

Hy het baie clips op maar hier is een http://m.youtube.com/watch?v=6qJeB9m5MMo
Hoop ek het dit reg gedoen.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Kalahari »

Baie dankie Jaktrap, ek sal nou gaan kyk.
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Jaktrap »

Jammer man. Ek het self nou eers die een gaan kyk en dit is nie van sy better clips nie maar ander is baie lank. Omtrent 30 min maar mens kan nogal sien wat hy met honde doen.
Sal graag wil weet of dit op Jakkalse ook sal werk.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Kalahari »

Jaktrap wrote:Jammer man. Ek het self nou eers die een gaan kyk en dit is nie van sy better clips nie maar ander is baie lank. Omtrent 30 min maar mens kan nogal sien wat hy met honde doen. Sal graag wil weet of dit op Jakkalse ook sal werk.
Jaktrap, ek is 'n totale leek as dit by die jag met honde kom, maar soos jy sê, die video is nie soos ek dit seker sou gedoen het nie :o , ek dink as man so met jakkals werk maak jy die lewe vir jouself baie moeilik. :-\
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Jaktrap »

Dit is nie sy normale manier van jag nie. Hy was slegs besig om die nuwe swart hond bietjie te leer.
Hy doen nogal goed en ek sal bietjie na n meer verteenwoordigende clip gaan soek.
Dit was sommer die eerste een wat opgekom het.
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Roep en vang met honde

Post by 222 Sako »

Hallo Jaktrap

Dankie, dis baie oulik, maar ek dink die Yanks se jakkalse is nog besig met Sub A en ons sn is al lankal by varsity verby.

N vriend van my het gedurende die dag n jakkals gekwes. Sy Jack Russels het hom gepak en jakkie sit toe n vreeslike keel op. Dit was nie lank nie toe daag daar nog een op. Hy het nie n saak met d roeper of enigiets anders gehad nie - net met die bakleiery. Dink jy is reg as jy sê hulle voel nie geintimideer deur n kleiner dier as hulleself nie, maar ek twyfel of hulle dieselfde sal reageer met d boerwindhonde.

Ek wag nogsteeds vd manne met kennis v windhond jag, om v ons te sê hoe dit gedoen moet word. Wil v my so lyk of dit n metode is wat uitsterf en tog was honde vir baie jare gebruik.
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Jaktrap »

Ek lees wat jy se maar hulle se maar dieselfde van ons jakkalse. Dit hang maar net af hoeveel en watter tipe DRUK hulle onder is. En daarom moet ons al die middele tot ons beskiking gebruik en nie net een of die ander nie.
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Roep en vang met honde

Post by 222 Sako »

Ek stem. Weet nie of jy vroeer gelees het op die post. Ek sukkel die laaste tyd om in te roep met kos klanke tog vang hulle nog steeds nadat ons laas maand n hele paar afgehaal het. Watter klanke stel julle voor kan mens die tyd v d jaar gebruik?
Last edited by 222 Sako on Wed Apr 30, 2014 9:16 pm, edited 1 time in total.
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Jaktrap »

Hier is nog een van sy clips wat ek nogal geniet het. https://m.youtube.com/watch?v=xiOTHA6KPgI
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Roep en vang met honde

Post by 222 Sako »

Dis n goeie een. Ek sou graag wil sien wat rooijak in so geval sal maak. Dalk iets om te probeer hier by ons. Weet net nie hoe jy daai hond so mooi geleer kry nie.
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Jaktrap »

Ek is nie n honde man nie soos ek reeds erken het maar ek glo met die regte honde ras kan dit werk. Die remote waarmee hy die honde terug roep gaan dalk net n paar Rand kos.
User avatar
Turfjakkals
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Turfjakkals »

Naand Manne. Ekskuus dat ek eers so laat op die onderwerp inklim. Hier is n man in SA wat met sy hond al honderde jakkies op die roep metode gevang het. Ek weet nie of ek my verbeel nie maar dink hy is of was ook op n tyd lid op die forum. Ek weet hy het party keer sommer n hele paar op een aand gevang. Sy hond is baie bekend in die boer windhond kringe. Is een van daai wat nie net n uistekende jagter is nie maar nog die looks ook op die koop toe gehad het. Ek weet nie of die jagter graag sy naam of die van sy hond genoem sal wil het nie maar ek dink daar is min manne en dan sluit ek die Amerikaners in wat die man en sy hond met die manier van jag kon klop . Ek wil my ook verstout om te se dat die proffesionele manier waarop die man en sy hond dit gedoen het maak minder jakkalse ligsku as baie van die roep en skiet manne.
Ongelukkig is daar min windhond manne en hulle honde wat oor die kennis , dissipline en toewyding beskik om op n volhoubare manier te beoefen.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by tafjak »

Hallo

Baie gevaarlik om roep met honde toe te pas. As dit die enigeste 2 metodes is wat jy gebruik kan jou jakkalse teen beide metodes weerstand bied.

Mooiloop
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Cobus(Cobb) »

Turfjakkals wrote:Naand Manne. Ekskuus dat ek eers so laat op die onderwerp inklim. Hier is n man in SA wat met sy hond al honderde jakkies op die roep metode gevang het. Ek weet nie of ek my verbeel nie maar dink hy is of was ook op n tyd lid op die forum. Ek weet hy het party keer sommer n hele paar op een aand gevang. Sy hond is baie bekend in die boer windhond kringe. Is een van daai wat nie net n uistekende jagter is nie maar nog die looks ook op die koop toe gehad het. Ek weet nie of die jagter graag sy naam of die van sy hond genoem sal wil het nie maar ek dink daar is min manne en dan sluit ek die Amerikaners in wat die man en sy hond met die manier van jag kon klop . Ek wil my ook verstout om te se dat die proffesionele manier waarop die man en sy hond dit gedoen het maak minder jakkalse ligsku as baie van die roep en skiet manne.
Ongelukkig is daar min windhond manne en hulle honde wat oor die kennis , dissipline en toewyding beskik om op n volhoubare manier te beoefen.
Is dit die man van Vanderbijl park? Ek het al sy setup gesien, wil nog een aand saam met hom uit ook..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Turfjakkals
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Turfjakkals »

Dit is hy ja. Ek het gisteraand met hom gepraat. Hy jag nog steeds en die hond waarvan ek praat het al meer as 750 jakkies op sy kerfstok. Dalk is dit net ek maar ek glo nie daaraan om net een manier (soos roep en skiet) te gebruik om jakkalse en rooikatte te beheer nie. Na my mening is dit dieselfde as om vir n weermag te se hy mag net sy infanterie in n oorlog gebruik. Ek gebruik roep en skiet (dag en nag) ,windhonde ,spoorhonde en gatbrakke (dag en nag) , slagysters en vanghokke en voorle. Die enigste twee metodes wat ek nog nie toegepas het nie is gif (omrede dit onselektief is en ander persoonlike redes) en dan ook vanuit die lug beheer (Dis duur maar ek is besig om te kyk na n goedkoper opsie). Ek wissel die metodes op n gereelde basis om die jakkies aan die gis te hou. Waar n boer regtig n probleem het met n oormaat jakkalse of n hoe frekwensie predasie probeer ek skok taktiek gebruik deur hulle in n kort periode met al die verskillende metodes gelyktydig aan te val . Ongelukkig is dit net n kort termyn oplossing en moet mens dit opvolg met n langtermyn plan (guerilla taktiek).
Dit is vir my beter om eerder pro-aktief as re-aktief op te tree om verliese weens predasie uit te skakel of te ten minste te minimaliseer.
Last edited by Turfjakkals on Thu Nov 06, 2014 2:15 pm, edited 1 time in total.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Roep en vang met honde

Post by Smirre »

Vir beheer uit die lug, na watter opsies kyk jy?
'n helicopter is nie regtig duur as jy die hoeveelheid jakkalse per uur deel nie.

Smirre
User avatar
Turfjakkals
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm

Re: Roep en vang met honde

Post by Turfjakkals »

Die gemotoriseerde valskermtuig. Stem saam oor die helikopter maar om een te koop en te onderhou en dan nog te leer vlieg ook net om jakkies te beheer is ver bo my geldelike , verstandelike en koordinasie vermoens .Ek wil die jakkies doodmaak maar nie graag in die proses self omkom nie.
Post Reply