Turf ek stem 100% saam. Ek gebruik elke moontlike manier. Die roep en skiet doen elke Jan raap en sy maat en ek wonder hoeveel weet regtig wat hulle doen. Nie dat ek soveel weet nie. Ek het met die ander metodes baie meer sukses
die laaste tyd en ek gebruik nie gif nie.
My honde het vanoggend hulle 2de jakkals in n maand se tyd gevang helder oor dag. Hulle ry altyd saam veld toe.
Moet sê ek doen nie die roep en vang ding nie, juis a g v julle manne op die forum se raad. Sal graag wil sien hoe dit gedoen word, want ek bly maar lief v d honde.
Groete
Roep en vang met honde
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Roep en vang met honde
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Turfjakkals
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm
Re: Roep en vang met honde
222 Sako
Baie geluk met die kill. Aan die foto lyk dit na n teef wat soog wat nog n bonus is.

Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Roep en vang met honde
More
Weet nie of jy die valskerm sal kan stuur en skiet op die selfde tyd nie?
Huur maar 'n chopper
SMirre

- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Roep en vang met honde
Vir sweefskerm het jy jou twee hande permanent nodig vir die beheer daarvan. Geen manier hoe jy nog 'n geweer sal kan hanteer nie. Sweefskerm het ook net 'n baie klein gebruiksvenster as die by wind spoed kom. As jy dit met die motor gebruik is daardie venster darem heelwat groter. Die goed is ook baie gevoelig vir on stabiele lug soos wat gewoonlik in die binneland voorkom.
Jou micro ligte vleigtuie is dan die eerste volgende moontlikheid om te oorweeg.
Jou micro ligte vleigtuie is dan die eerste volgende moontlikheid om te oorweeg.
- Turfjakkals
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm
Re: Roep en vang met honde
More Manne
Dankie vir al die raad oor die vlieg ding . Ek kyk nou alreeds vir die afgelope drie jaar daarna. Van my vriende het mikro ligte vliegtuie en gyro copters wat hulle so nou en dan ook inspan om die jakkies rond te jaag en te skiet. Ja die die sweeftuie is baie wind gevoelig en moet mens liefs soggens vroeg en so voor skemer vlieg wanneer die lug meer stabiel is veral hier by ons in die binneland. Hulle is ook heelwat stadiger maar met n vinniger vlerk kan jy tot n spoed van 50km haal. Volgens die geleerde manne is n jakkals se top spoed so 42km per uur . Ongelukkig vir n jakkals is sy long kapasiteit nie so groot nie en kan hy dit nie lank volhou sonder om sy asem uit te hardloop nie. Dit is hoekom ons honde manne so daarvan hou om hulle vir die eerste km of wat hard te druk want n moee jakkie soek baie gouer n gat om in te duik en as jy n goeie gatbrak of twee het is die jakkals se jas in die fiets se wiel. Om terug te kom na die "powered parachute" toe .Ja die meeste van hulle is wel met n voet stuur meganisme toegerus . Mens kry tot vir "powered paraglider trike,s" vandag voet stuur meganismes te koop. En ja dit sal moeilik wees om met n enkel sitplek gemotoriseerde sweeftuig te stuur en te skiet , maar daar is baie twee sitplek tuie in die mark beskikbaar. O ja en daar is manne in Dagestan wat wolwe so jag en Amerikaners wat dieselfde doen maar baie teenkanting van die groenes kry want dis kwansuis nie "fair" nie. Gaan soek gerus op you tube.(Wolfhunting in Dagestan)
Ek het dit nog nooit self probeer doen nie maar as ek eendag sover kom om dit te waag sal ek laat weet en as dit nie werk nie sal julle dit heelwaarskynlik in een of ander koerant of op die forum lees.(Nog n Jakkals het sy g.... gesien of so iets)
Groete Turfjakkals

Dink julle nie die drone vleigtuie gaan ons honde manne baie help nie. Ek en my broer is baie lus vir so ding, maar wil ñ ordentlike een koop. Wens net ons skip wil kom. As jy met hom val is dit darem net jou sak wat seerkry of kom ons sê eerder jou beursie.
Groete.
- Turfjakkals
- Newbie

- Posts: 20
- Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm
Re: Roep en vang met honde
222 Sako
Ek het daai goed al bekyk op internet. Van hulle kan al tot 60km ver vlieg en kan jy met die GoPro kamera op een plek staan en alles wat onder op die grond gebeur sien. Ek het nou onlangs vir my een van die video brille gekoop (vir nagsig) en hulle werk regtig goed. O ja en daar is van die nuwe beheer stelsels wat so ontwerp is wat met GPS werk en outomaties na jou toe terugkeer deur net n knoppie te druk. Kan geen rede sien waarom dit nie kan werk nie