Jakkals Challenge

Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Jakkals Challenge

Post by Suidwes »

More Manne,

Ek was gisteraand uit na n gatdam wat water het by my om te kyk of ek nie die skelm teef wat my uitoorle kan skiet nie. Wind was bietjie sterk, maar roep nie as ek voorsit nie, so teen 12:00 am toe gaan die win le en ek besluit ek gaan maar vir roepertjie uitsit en kyk wat gebeur. Trek weg met Tafjak 1 en na so 8 minute Springbok Sopkop.

En daar begin die jakkals my challenge, ek noem dit maar challenge want dit is presies dieselfde klank as Jakkals challenge op my roeper. Hy beweeg rond en challenge n goeie 7 minute lank, maar kom nie nader nie. Ek wag maar in stilte en kyk of hy nie wil inkom nie. Na so 15 minute, gooi ek hasie vir so 30 mintue, so nou en dan challenge hy my, maar bly op sy plek. Gooi toe weer Tafjak 1 en die proses herhaal hom weer vir so 4-6 minute, maar vir dood wil hy nie inkom nie. Hy was nie onder my wind nie hy was so 500-600 m na my linkerkant.

Nou volgens my dommigheid wou hy nie inkom nie want ek was nie in sy gebied nie, is ek reg met die stelling? Ek kon nie nader skuif nie, want daar waar hy is, is nie ordentlike staanplek nie. Wat kon ek doen om hom in te bring, watse klank sou hom oorreed om vir my te kom kuier?

Ek sukkel lank met die stel en is raadop, ek sal nou enige raad waardeer.

Groete
Suidwes
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by pieter h »

Klink na skelm stel wat al slim geraak het.Slagyster of dagroep.Gee kans en try miskien Tafjak41 op daardie challenge v hom.Het glo al gewerk,so het ek gehoor,nog nie self probeer nie.Groete
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Jakkals Challenge

Post by Dawie Malan »

Klink vir my soos die F@%&k jou roep.
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by Suidwes »

Ek kan n dagroep deurwerk, wil egter net weet...

Skelm jakkalse word nie met kos ingeroep nie, so het ek geleer. Nou as ek n dagroep doen, roep ek ook jakkals klanke of hoe?
En indien ek jakkals roepe in die dag gebruik, is dit maar dieslefde reel en klanke wat ek in die nag gebruik of watse klanke sal dit wees?

Groete
Suidwes
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by pieter h »

Jou standaard roep metodes vir verskillende tye v jaar en afhangende v jakkals reaksie geld nog steeds gedurende dag en jy kan v kosklanke gebruik maak.Ander manne kan my maar korregeer hier. Groete
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1889
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by jaracal »

Suidwes wrote: En daar begin die jakkals my challenge, ek noem dit maar challenge want dit is presies dieselfde klank as Jakkals challenge op my roeper. Hy beweeg rond en challenge n goeie 7 minute lank, maar kom nie nader nie.
Indien 'n jakkals dit doen is hy baie goed opgelei in die roep metode. Wat wel kan werk is baie minder roep met kosklanke (roep 1 min max en wag in stilte vir 10-15 min) en meer baklei klanke jakkals/Kat of Jakkals met jakkals.

Indien dit die enigste plek is waar gewoonlik geroep word is dit een van die oorsake dat die jakkals nie wil inkom nie. Jakkalse assossieer baie keer 'n spesifieke plek met gevaar veral as hulle daar mis geskiet of 'n maatjie doodgeskiet is. Kry 'n ander plek in daardie omgewing so 500+ weg van die plek waar gewoonlik geroep word.

Slagyster bly maar 'n staatmaker om op terug te val

Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by cassie_calvinia »

stem saam. jy het te veel geroep.
en, hoekom ry jy nie nader nie?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Jannie
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Wed Jan 28, 2009 5:27 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by Jannie »

Hallo Cassie, ek het hier by my al paar keer dieselfde situasie gehad as wat jy beskryf, een of twee keer wat ek die skelms in die hande gekry het was om paar keer terug te gaan en op ñ manier te roep dat hulle nie aan die skree gaan nie, kos en nuuskierig, sag en min, ek kan dit nie bewys nie, maar by my as n skelm Jakkals aan die skree gaan, vergeet, jy sien hom nie, en ek het al deeglik geëksperimenteer, ure der ure!

Groete Jannie
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by Suidwes »

Baie Dankie Almal vir die raad.

Sy is verseker al goed opgelei, ek haar nog nie mis geskiet nie maar al n paar maal van haar n weduwee gemaak. My strategie gaan maar wees as volg. Ek gaan vroeg middag so 16:00 inbeweeg te voet en wegkruip langs die watergat en kyk of ek haar nie kan skiet voor die son sak nie. Ek vermoed sterk sy dring deur die dag water, want al wag ek met die nagsig by die waters, kry ek haar nie in die nag nie en ek praat van heelnag wag.

Al raak sy weer n weduwee, sal ek ook bly wees, solank ek net die res van die familie in die hande kan kry dat daar minder bekke is om voor te sorg, want nou slag hulle vir my. Ek het vanogged n trop skaap bymekaar gemaak so 2 kampe van hulle af. (Die naaste trop aan hulle) En wragtag kry ek n ooi wat se bloed uit haar loop. Haar net dood gebuit en n stuk van die lies se vel afgeksser, die derms uitgetrek en toe is hulle weg, niks gevreet of enige iets nie. Kan die ooi darem gebruik vir haar vleis. Het die skaap maar geskuif.

Ek hoop rerig ek kry haar binnekort, want dit kom nou al nie n jaar lank nie, maar 3jaar wat hierdie teef my ontwyk. Ek roep egter baie min en het haar hierdie jaar eers in Augustus weer probeer roep na ek Februarie haar reun geskiet het. Maar die teef het n geheue soos n olifant.

Die wereld is ook vol grondhonde, so hopenlik maak sy iewers n voet fout.

Dankie
Suiswes
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by pieter h »

Sy sal n fout maak,jy moet maar net reg wees as sy hom maak.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by johans »

Suidwes wrote:Ek kan n dagroep deurwerk, wil egter net weet...

Skelm jakkalse word nie met kos ingeroep nie, so het ek geleer. Nou as ek n dagroep doen, roep ek ook jakkals klanke of hoe?
En indien ek jakkals roepe in die dag gebruik, is dit maar dieslefde reel en klanke wat ek in die nag gebruik of watse klanke sal dit wees?

Groete
Suidwes
ek het n ruk terug met n dagroep met klein jakkals distress die grote baie vinnig ingekry.ek glo as jy in die kerngebied is sal die ouers nogsteeds inkom op klein jak distres
hendrik steenkamp
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Tue Oct 14, 2014 10:20 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by hendrik steenkamp »

Ek het nou nie alles gelees nie maar ek het so tyd terug n locator klank gespeel toe challenge n jakkals my so 1.5km weg toe challenge ek maar terug want dis in n reservaat. Net toe challenge een my uit n an der rigting so 400m nou ja toe goi ek maar weer challenge en hy kom hardloop hom toe amper vrek teen die roeper. So hoekom nie haar terug challenge nie in plaas van kos klanke. My nederige mening.
Elohim. God is my sterkte.
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by pieter h »

Hendrik dit kan werk,maar jy weet mos hoe werk dit elke situasie verskil
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by Biker »

suidwes
Spaar maar altyd so klompie klanke wat jy nooit in die nag gebruik nie en speel van hulle tydens jou dagroep en soos H gepost het weg vanaf jou nagroep stands
Groete
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1889
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by jaracal »

hendrik steenkamp wrote:ek het so tyd terug n locator klank gespeel toe challenge n jakkals my so 1.5km weg toe challenge ek maar terug want dis in n reservaat. Net toe challenge een my uit n an der rigting so 400m nou ja toe goi ek maar weer challenge en hy kom hardloop hom toe amper vrek teen die roeper. So hoekom nie haar terug challenge nie.
Hallo Hendrik
Jy is baie gelukkig dat die jakkalse ingekom het deur hom/haar te antwoord/challenge nadat hulle geskreeu het. My ondervinding is dat die meeste jakkalse stil raak en verdwyn indien hulle skreeu en jy hulle antwoord of "challange", bygese^ daar is ook sukses in sekere gevalle (soos jou geval bevestig) maar dit is in die minderheid.

Baie van die klanke wat ons challenge gedoop het is glad nie 'n challenge klank nie. Ons maak afleidings van hoe die klank klink en dan dink ons dit is wat ons met die klank bedoel. Dit is amper soos om 'n Russiese ou te hoor skreeu en dan uit die stemtoon 'n afleiding te maak en dit dan vir 'n ander Russiese ou terug te speel. Ek het 'n CD uitgebring met 'n "Challenge" klank op wat vir ons geklink het soos 'n challenge maar eintlik was dit die skreeu van 'n 8mnde oue teef in gevangeneskap, so ons weet wat die ouderdom was. Baie ouens challenge jakkalse met die klank maar is dit nie werklik wat die jakkals ervaar (dat hy ge-challenge word) as die klank gespeel word nie.

Die veiligste opsie is om 'n baklei of jakkals distress klank te gebruik of 'n kombinasie van baklei met 'n draaijakkals, rooikat of bakoor. Selfs klein jakkalsies in distress werk goed al is dit buite seisoen. Kos klanke werk baie selde in superslim jakkase. 'n Ander baie belangrike faktor is dat hoe slimmer die jakkalse, hoe minder geroep moet word. Nuuskierigheid het die dood van baie jakkalse veroorsaak.

Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by Skolla »

Suidwes wrote: Ek was gisteraand uit na n gatdam wat water het by my om te kyk of ek nie die skelm teef wat my uitoorle kan skiet nie.
Hy beweeg rond en challenge n goeie 7 minute lank, maar kom nie nader nie.
Nou volgens my dommigheid wou hy nie inkom nie want ek was nie in sy gebied nie, is ek reg met die stelling?
Ek kon nie nader skuif nie, want daar waar hy is, is nie ordentlike staanplek nie.
Ek is ook al n paar keer uitoorlê by die water in die tyd wat jakkalse teritoriaal is. Ek begin glo dat jakkalse nie die water as hulle teritoriale gebied sien nie?Ek mag verkeerd wees.
Dit mag dan ook dalk verklaar hoekom hulle nie wou inkom nie.

Jy kon nie nader beweeg nie, want daar is nie n ordentlike staanplek nie.Ek sou n ander staanplek probeer al is hy nie so ideal nie, dit het in sulke gevalle al vir my gewerk, ek beskou dan net so n staanplek as n plek waar ek hom moet verras, en gewoonlik moet jy net baie wakker wees want as jy sien is hy baie naby jou.
Sterkte.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by tafjak »

Suidwes

As dit weer gebeur speel dadelik Vlekkie1, Jakkalsantwoord of Swartrug 1.

Mooiloop
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by tafjak »

My antwoord bo werk net as die jakkals/e uit eie wil begin roep. Nadat hulle geantwoord is moet daar gewaak word teen te veel klanke en sal stilbly en lig baiekeer sukses bring.

Voorspoed

Ps. Dit is enigste situasie wat ek weet waar dit werk om jakkalse te antwoord
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by 2vierniks »

Daai teef het na Februarie weer 'n nuwe reun gevat en ek dink dis nou 'n stel met kleintjies. Dalk gaan sy naby aan haar nes so te kere aangesien dit nie so ver van die water af is nie. Ek sal nie eers dagroep probeer op die plek waar jy was nie. Dink jy kan teelgat benadering oorweeg en soek na haar gate(moet tog nie 'n foutjie maak as jy die gate opspoor nie). Oorweeg dit sterk om 'n pro of baie ervare man in te kry om jou te help. Die finansies sal definitief klop as so iemand hulle kan klop, maar moenie te veel met daai jakkals neuk voor jy hulp soek nie anders sal niemand iets met haar uitrig nie.

Daai teef gaan geen roeper omhardloop nie en ek voorspel 'n ervare dasher gaan haar op 280 meter omdop naby haar nes.
hendrik steenkamp
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Tue Oct 14, 2014 10:20 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by hendrik steenkamp »

Hein julle moet slag weer by keetmanshoop kom kursus hou die jakkals populasie ruk nou lelik hand uit hier. Groete hendrik.
Elohim. God is my sterkte.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1889
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by jaracal »

Jakkalse ruk nogal orals hand uit en ons bly 'n opdraande stryd voer teen die anti manne. Jakkalse gaan net meer en meer raak en nog groter skades aanrig. Sterkte, maak dood voor hulle oor die grens loop :laugh:
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by Wayne »

Hein, 100% , this is the first time I have had mature sheep taken by Vlekkie, Normally lambs or weaners, never big sheep. weather not allowing me to hunt - loving the rain though.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by johans »

2vierniks wrote:Daai teef het na Februarie weer 'n nuwe reun gevat en ek dink dis nou 'n stel met kleintjies. Dalk gaan sy naby aan haar nes so te kere aangesien dit nie so ver van die water af is nie. Ek sal nie eers dagroep probeer op die plek waar jy was nie. Dink jy kan teelgat benadering oorweeg en soek na haar gate(moet tog nie 'n foutjie maak as jy die gate opspoor nie). Oorweeg dit sterk om 'n pro of baie ervare man in te kry om jou te help. Die finansies sal definitief klop as so iemand hulle kan klop, maar moenie te veel met daai jakkals neuk voor jy hulp soek nie anders sal niemand iets met haar uitrig nie.

Daai teef gaan geen roeper omhardloop nie en ek voorspel 'n ervare dasher gaan haar op 280 meter omdop naby haar nes.
hoekom sal jy nie n dagroep probeer nie?ek dink dit sal werk,behalwe as daar al in die dag geroep en misgeskiet is
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Re: Jakkals Challenge

Post by Abrie Smit »

Sorry manne, wil nie topic kaap nie, maar Hendrik, gee my 'n luitjie asb. 063-222888 Taffie het al twee kursusse in die jaar hier gehou. (Keetmanshoop) Ons gaan nog kursusse hier aanbied. Ek moes hier vra want daar is geen inligting onder jou profile nie.

Mooi dag
hendrik steenkamp
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Tue Oct 14, 2014 10:20 pm

Re: Jakkals Challenge

Post by hendrik steenkamp »

Hallo Abrie is reg sal sommer by jou n draai maak. Kursus volgende jaar sal nice wees. Groete.
Elohim. God is my sterkte.
Post Reply