Tips na Jakkals ge-antwoord het

Post Reply
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Tips na Jakkals ge-antwoord het

Post by Abrie Smit »

Ek wil nie Suidwes ( Wouter ) se topic kaap nie, so daarom 'n nuwe topic. Louis, met my opmerking op Wouter se topic wou ek eintlik net die manne uitlok om bietjie tips te deel. Party van ons is nog in die vroeë leerproses en van ons is al ver gevorder, maar om vir Taffie aan te haal " Vlekkie stel nooit teleur ". Ek dink ons almal leer elke keer iets by by vlekkie.

Ek het gisteraand gejag op weermag grond waar hulle net bees en wild aanhou. Ek is net gevra om te gaan skiet. Geen inligting rondom jakkalse nie. Loop gebiede, ens. Het maar 'n kans gevat op 'n mooi plek. Begin met Rooi Alleen, geen antwoord, onmiddelik weer Rooi Alleen. Toe gesels hulle saam. Nou kom dit wat Louis van praat. Nou moet jy nie aanjaag nie. Ek het met Erdman Juvilina na so 8 min begin. erdman vreet, Tafjak 8, Baklei 4. nog niks. Dis al 40-50 min later. weer Rooi Alleen. Gesels saam,maar op dieselfde plek. Skuif so 600 m nader. Na +- 10 min net van lig, Tafjak 2. Skaars begin, toe praat hulle. Mute onmiddelik. Na so 4 min, Hasie Glen Owen +. Twee min later klap die skote. Reun en teef.

Ek het nie noodwendig als reg gedoen nie. Jakkalse wat nog nie geroep was, so dit was maklik. My vraag, wat kon ek anders gedoen het wat ook sou werk en wat van as dit roepsku jakkalse is, wat deesdae meer die reël as die uitsondering geraak het. Ek hoop julle manne wil bietjie help met tips. Ook 'n ander vraag. As jy in 'n gebied kom waar jy nie inligting het nie, en die jakkalse moet soek. Is daar 'n resep wat goeie sukses het om hulle aan die gesels te kry.

Ek leer graag by.

Mooi Naweek
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Tips na Jakkals ge-antwoord het

Post by cassie_calvinia »

abrie.
ek is maar dom, maar kannie veel fout sien nie. jy het geroep, en na die jakkalse toe geskuif. jy was buite kern, toe binne kern ingeskuif. so gebied, werk enkel jakkals roep lekker.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Tips na Jakkals ge-antwoord het

Post by cassie_calvinia »

ek sou dalk die eerste sessie kos roepe meer suiwer kos, sonder vreet gehou het, na 2de jak roep so snaakse goed ingebring het.
dis is maar my leuke opienie
HOU HOM DAAI DIKTE
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Tips na Jakkals ge-antwoord het

Post by Louis102 »

Alla Heinrich Funck:

"Indien daar op enige stadium vokaal op ?n jakkals roep gereageer word:
Die eerste reaksie is gewoonlik om onmiddelik ?n haas of bokkie te speel nadat ?n jakkals vokaal gereageer het. Ek het gevind dat stilte in hierdie geval die beste resultate lewer. Wag in stilte vir ongeveer 10-15 minute en lig steeds elke 40 sekondes. Indien geen jakkals opdaag nie, speel saggies (volume van 3 uit 10)?n hasie vir ongeveer 1 minuut en wag weer in stilte vir 5-10 minute.

Ek gebruik die metode vir die volgende 30 minute. Ek het gevind dat jakkalse nie weer geredelik antwoord voordat ?n tydperk van 30 minute verloop het nie en indien hulle wel antwoord is die kanse skraal dat hulle sal inkom. Indien geen jakkalse hulle verskyning maak in di? 30 minute nie, speel weer die jakkals roep waarop die jakkalse die eerste keer reageer het. Indien die jakkalse weer vokaal reageer is die vraag
? het hulle nader gekom?
? weg beweeg ? 
? is hulle op dieselfde plek vanwaar hulle voorheen geantwoord het?
? het hulle spoorloos verdwyn?

Indien hulle nader gekom het hou aan met die metode van een minuut saggies speel en stilte van tussen 10-15 minute, een minuut saggies speel ens, vir die volgende 30 minute en speel dan weer die jakkals roep en hou so aan totdat hulle ingeroep en geskiet word. Dit is hier waar geduld regtig nodig is. Ons kan so vinnig moed opgee en gewoonlik is dit soos die spreekwoord s? - aanhouer wen.

Indien hulle wegbeweeg is dit gewoonlik ?n teken dat hulle skelm, uit hulle gebied, of bang is. Hier moet hulle agtervolg word en gepoog word om binne 500m van hulle te kom om te roep. Hier moet nie van aggressiewe jakkals klanke gebruik gemaak word nie (9;11;36) aangesien dit die jakkalse nog meer skugter kan maak.
Indien hulle op dieselfde plek bly antwoord is dit gewoonlik ?n teken dat jy buite hulle gebied is en moet jy daarom na hulle skuif. Probeer om nie te naby aan hulle te kom nie. Dit gebeur dikwels dat ek met die gebruik van die GPS die rigting so sekuur bepaal dat as ek stop om te roep, ek die jakkalse raak lig. Dit is gewoonlik ?n groot probleem want dan het hulle jou klaar gewaar en is dit gewoonlik onmoontlik om hulle in te roep.

Indien hulle spoorloos verdwyn het moet jy in die rigting skuif waar jy hulle laaste gehoor het. Nadat jy nader geskuif het, begin met ander hasie- of bokkie klank as wat jy voorheen gebruik het. Dit werk soms wondere om hier van ?n kombinasie klank soos ?n haas en kat/jakkals baklei of haas en jakkals baklei met tussen poses te gebruik."
Post Reply