Snorkel

Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Snorkel

Post by Stefan764 »

Manne

Ek sien oom Andre wat so op KykNet met sy Amarok rondry en 4x4 roetes doen se snorkel is omgedraai.

Baie manne se mens moet nie n snorkel se kop so omdraai nie, man se mouter kry nie genoeg asem nie.

Wat is die antwoord? Kan n man so ry met die ding?

Myne wys maar so vorentoe, Cruiser like van diep houe asem vat

Ek luister by die radio
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Snorkel

Post by ruaanb »

Dit is volgens my net nodig as jy in n groep ry en daar is regtig baie stof agv voertuie voor jou.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Snorkel

Post by alecjohnson »

Ek het my ex colt se snorkel omgedraai. Die rede was ek het baie in die aand gery en 'n kleinhuisie vol goggas in die filter beland. Dit het geen infloed op krag of brandstof verbruik gehad nie. Wel moerse lekker gesing in my oor. Ek wil op my suzie nou n snorkel sit en dit sal ook omgedraai word.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Snorkel

Post by cassie_calvinia »

sal stof nie meer dwarrel agter die snorkel nie?
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply