Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
-
Albert84
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm
Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Middag manne,
Ek en n paar ou skool vriende is opsoek na n plaas (Oos-Kaap/Karoo area) waar ons volgende seisoen bietjie bymekaar kan kom vir n lekker jag. Ons wil nie trofee skiet nie en ook nie in n 5ster plek bly nie. Springbok, Kudu, Rooibok, Blesbok, BWB/SWB. Enige inligting sal baie waardeer word.
Groete,
Albert

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Hi maat jy kan so in die begin van die nuwe jaar kontak met my maak - sal bietjie by my maat hoor hoeveel hulle gaan laat skiet - dink daar sal Rooibok BWB en Blesbok beskikbaar wees. Daar is Kudu en Bosbok - Hulle is egter baie moeilik om te jag baie ruig - gooi my n pm vroeg in die nuwe jaarAlbert84 wrote:Middag manne,
Ek en n paar ou skool vriende is opsoek na n plaas (Oos-Kaap/Karoo area) waar ons volgende seisoen bietjie bymekaar kan kom vir n lekker jag. Ons wil nie trofee skiet nie en ook nie in n 5ster plek bly nie. Springbok, Kudu, Rooibok, Blesbok, BWB/SWB. Enige inligting sal baie waardeer word.
Groete,
Albert
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Dagse Albert84 - Ek het vir jou lekker jag plek in die Karoo naby Beaufort Wes met meeste van die spesies wat jy noem. Stuur epos aan master@wetdog.co.za en ek kan vir jou pryse aanstuur.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Jakkie07
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Jy kan moontlik hulle ook probeer
http://www.wildebeestkuil.co.za/Home.htm
http://www.wildebeestkuil.co.za/Home.htm
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Is jou pryse nog so rof??Boesman10 wrote:Dagse Albert84 - Ek het vir jou lekker jag plek in die Karoo naby Beaufort Wes met meeste van die spesies wat jy noem. Stuur epos aan master@wetdog.co.za en ek kan vir jou pryse aanstuur.
-
Albert84
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Dankie manne, ek sal bietjie gaan kyk.
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
@PWV - Ek soebat jou groot seblief om vir my beter pryse vir Karoo-Jag of Wes Kaap Jag te stuur as my eie. Ek sal dit vreeslik waardeur dan kan ek vergelykings tref tussen my pryse en die ander en sien hoekom jy se my pryse is rof. Net om te se mens se pryse is rof sonder om dit te staaf en met ander te vergelyk in soortgelyke areas en met soortgelyke geriewe is 'n moeilike een.PWV wrote: Is jou pryse nog so rof??
So asseblief - stuur vir my jou goedkoop pryse en dan kan mens vergelyking maak.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Bosman
Ek het nog nooit gehoor van R35.00+/kg vir springbokke nie. (Prys wat jy op 'n ander post genoem het.) Dit is waarom ek vra of jou pryse nog so rof is.
Daar is baie plekke waar jy springbokke goedkoper kan skiet.

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
R35/kg gaan die komende jaar van jou goedkoop springbokke wees vir die biltongjagter. As jy n Kalahari ram kan kry vir onder R700 die jaar en hy slag 20kg uit moet jy daardie plek baie BAIE goed geheim hou.
Oom PW, sekerlik kan Boesman tog vir sy wild vra wat hy wil?
Albert, ek hoop jy kom reg. As jy sukkel kan jy Jakkalsgat hier op die forum ook prober. Hy het vir ons 8x maters die jaar n moerske nice jagtrippie aanmekaargeslaan daar in die Hopetown omgewing. Dis heelwat Noord van waar jy graag wil jag sien ek maar vir n groot groep manne was dit vir ons n lekker uitstappie gewees.

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Jy is doodreg Stefan, hy kan verseker vra wat hy wil.Stefan764 wrote:R35/kg gaan die komende jaar van jou goedkoop springbokke wees vir die biltongjagter. As jy n Kalahari ram kan kry vir onder R700 die jaar en hy slag 20kg uit moet jy daardie plek baie BAIE goed geheim hou.
Oom PW, sekerlik kan Boesman tog vir sy wild vra wat hy wil?
.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Voor julle oom Pieter kruisig daai r35 per kg is net pens uit......kop pote en vel nog aan. Vir my is dit te rof.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Ek stem saam dis te veel. Sekere jagters sal egter bereid wees om wel daarvoor te betaal.
Kop, pote en vel aan behoort 'n laer prys te wees in die huidige mark. So reken ek maar.
Kop, pote en vel aan behoort 'n laer prys te wees in die huidige mark. So reken ek maar.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Albert,
PM ook vir Wayne hier op die forum en gaan kyk ook op sy posts onder sy profiel. Hy het bietjie vroeer jaggeleenthede in sy omgewing van die Oos Kaap geadverteer en die pryse was baie goed gewees wat hy daar genoem het. Hy het toe al begin voorbrand maak vir die komende seisoen.

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
R 500 n springbok is nog redelik en nie n probleem om teen daardie prys te kry nie. Maar nog n groter probleem is die dag fooie wat julle nie nou hier noem nie.Boesman10 wrote:@PWV - Ek soebat jou groot seblief om vir my beter pryse vir Karoo-Jag of Wes Kaap Jag te stuur as my eie. Ek sal dit vreeslik waardeur dan kan ek vergelykings tref tussen my pryse en die ander en sien hoekom jy se my pryse is rof. Net om te se mens se pryse is rof sonder om dit te staaf en met ander te vergelyk in soortgelyke areas en met soortgelyke geriewe is 'n moeilike een.PWV wrote: Is jou pryse nog so rof??
So asseblief - stuur vir my jou goedkoop pryse en dan kan mens vergelyking maak.
Verblyf R50 n aand en dit is glad nie so sleg soos die prys dit laat klink nie.
En die plek waar ek hierdie pryse kry moet ek maar vir myself hou, het al klaar vir n paar manne gegee maar dit is nou klaar gedoen.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
@Henning - Daardie pryse is seker nie 'n 10 000 Ha+ komersiele beskikbare jagplaas met CAE en baie verskeidenheid spesies wild nie. Mens kan ook nie eers by 'n karavaan park 'n staanplek kry vir R50 meer nie. Daardie jagplaas se besonderhede moet jy amper beter as jou vrou beskermhenning wrote: R 500 n springbok is nog redelik en nie n probleem om teen daardie prys te kry nie. Maar nog n groter probleem is die dag fooie wat julle nie nou hier noem nie. Verblyf R50 n aand en dit is glad nie so sleg soos die prys dit laat klink nie. En die plek waar ek hierdie pryse kry moet ek maar vir myself hou, het al klaar vir n paar manne gegee maar dit is nou klaar gedoen. Groete Henning
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Boesman soos jy se. Die is n skaap boer en wild is n bysaak, maar so reg in my kraal, moet ook by se dat hy is aan getroude familie en weet nie of ander manne hierdie prys sal kry nie.Boesman10 wrote:@Henning - Daardie pryse is seker nie 'n 10 000 Ha+ komersiele beskikbare jagplaas met CAE en baie verskeidenheid spesies wild nie. Mens kan ook nie eers by 'n karavaan park 'n staanplek kry vir R50 meer nie. Daardie jagplaas se besonderhede moet jy amper beter as jou vrou beskermhenning wrote: R 500 n springbok is nog redelik en nie n probleem om teen daardie prys te kry nie. Maar nog n groter probleem is die dag fooie wat julle nie nou hier noem nie. Verblyf R50 n aand en dit is glad nie so sleg soos die prys dit laat klink nie. En die plek waar ek hierdie pryse kry moet ek maar vir myself hou, het al klaar vir n paar manne gegee maar dit is nou klaar gedoen. Groete Henning
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
@henning - ek is seker dat jy sal saamstem dat jou R500 springbokke op die familie skaap plaas met R50 per aand akomodasie nie vergelyk kan word met 'n kommersiele publieke toegangklike jag plaas nie. Ek neem ook aan dat dit standard Springbokke is wat so 12kg uitslag is en nie Kalahari Springbokke wat 20+kg uitslag nie.
Dit bring ons dus terug na appels vir appels vergelyking so as daar enige iemand is wat Wes Kaap jag plaas pryse het wat gebruik kan word om vergelykings mee te tref met my pryse stuur dit asseblief aan master@wetdog.co.za.
Dit bring ons dus terug na appels vir appels vergelyking so as daar enige iemand is wat Wes Kaap jag plaas pryse het wat gebruik kan word om vergelykings mee te tref met my pryse stuur dit asseblief aan master@wetdog.co.za.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Ek en 'n vriend het die jaar 'n paar gewone Karoo bokke geskiet en almal het 17kg+ karkas gewig uitgeslag waaronder 'n ram van amper 23kg so die Karoo bokkies is nie so klein nie.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Hoe het n ou se soeke na jagplek ontaard in n stryery oor pryse?
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Frikkie, want party manne se springbokke is 40kg op die hoef en as jy nie die hartslag wil hê nie moet jy daarvoor betaal saam met die Eko vriendelike Jagplaas eienaar se vliegtuig se brandstof. Daar is dan nog die aanjaers se DSTV wat ook nog betaal moet word.
Hier is 'n paar vermoeënde manne wat dit seker so wil en kan doen, maar ek en jy sal maar by die boer in die stoepkamer slaap @ R200 en saans self die donkie stook.
O-ja, die Karoo rammetjies wat ek gaan haal weeg almal in die omgewing van 23kg, kop en pote af en hartslag uit. Daar is die uitsonderings. So nou en dan is van die ramme 27 tot 28 kg.
Indien ek 'n 13kg bokkie skiet, steek ek hom in my kostrommel weg en betaal die boer agter af. Ek sal te skaam wees. Geen wonder party man loop en verkoop die storie dat die bokke almal ver staan nie. Almal 350m plus. Se gat. Hulle is so ver, want hulle is nog so klein.
Terwyl ons nou besig is op die "topic", julle klomp Vaalies is lekker bederf. Julle wil almal twee ure ver ry en dan kuier en more skiet, weer braai en huis toe ry.
Ons Bolanders en Suid Kapenaars ry 'n minimum van 4 tot 6 ure om te gaan jag. Ons ry Donderdag na werk.
Skiet Vrydag en Saterdag en kom Sondag huis toe. Ons ry nie vir minder as 6 springbokke nie en om tussen 4 man dertig tot veertig bokke te skiet is nie 'n uitsondering nie. Ja dit is voorsit, maar dit is hoe ons dit doen en dit is hoe ons dit kan bekostig.
Indien jy net een bokkie wil skiet om vir jou kollegas te wys jy kan, is jy welkom, maar ek skiet om my yskas vir die jaar vol te kry.
@ R35 /kg kos daai een bokkie jou amper R3000.00 as jy al jou kostes en jou verlof moet by reken.
Wie gaan saam Carnarvon toe? Kontak my in die nuwe jaar. Ek en Kallie sal julle loop wys.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Ek het nog nooit n springbok geskiet wat 12kg uitslag nie, dit sluit Noordkaap, Namibië, Weskaap, Karoo, Vrystaat, en nog n paar plekke wat ek van vergeet het in. Die enigste duiker wat ek geweeg het was swaarder.
Ek vermoed as daar Karoo, Kalahari of kruisings op daai plaas is wat 12kg uitslag is daar dalk lang termyn erge wanbestuur rakende die genetika.
Ek vermoed as daar Karoo, Kalahari of kruisings op daai plaas is wat 12kg uitslag is daar dalk lang termyn erge wanbestuur rakende die genetika.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
-
Wayne
- Hero Member

- Posts: 1007
- Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Send me your email add. and I will forward you some details
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Oos-Kaap/Karoo jag plek gesoek vir 2015
Ja Grommit...stem...'n man soek lekker billike jagplek en nou is daar 'n stryery...maar so gaan dit gewoonlik hier op Jaracal...iemand vra iets en dan ontaard dit in 'n onaangenaamdheid....Dis ook seker Jan van Riebeeck se skuld...