Janee die jagseisoen is nou al n skim in die skaduwees en ek skuld julle nog terugvoer oor my jagkombinasie.
Wat n kombinasie
Die Rudolph 6-24 x 50 iR T3 recticle werk soos n droom op my 300 Winmag.
Daar is niks wat ek sal verander nie.
Ek oorweeg dit sterk om my Lynx (Jagtersrecticle) af te haal van my 243 en vir my daar ook n Rudolph op te sit.
Helder duidelik en al daai mooi goed het gemaak dat ek hierdie seisoen heerlike Eland biltong by die huis het.
Die 300 loop soos stroop en het die eland platgeslaan soos n Dawid van ouds - Kolskoot 180m tussen die oe.
Ek sal die kombinasie aanbeveel vir enige een wat belangstel in jag.
Vriendegroete

